KROASIË

Mini-Camino + Dalmasië se hoogtepunte

Lok die potblou kuslyn van Kroasië jou?
Kom ervaar dié unieke gebied saam met ons in 2026!

Getty Images

Getty Images

Kroasië se antieke Camino-roetes is in onlangse jare hervesting om nuwe pelgrims te verwelkom. Kom stap ’n pragtige kusroete uit historiese Split en geniet daarna die ikoniese hoogtepunte van die Dalmasiese kus!
Dobar dan*!
*Goeiedag! in Kroasies

Kroasië Mini-Camino +
Dalmasië se hoogtepunte

WANNEER?
TOER 1:
6-15 SEPTEMBER 2026

TOER 2: 17-26 SEPTEMBER 2026

TOERPRYS
Omdat die wisselkoers gereeld wipplank ry, word die toerprys in Euro aangedui.
Suid-Afrikaners betaal egter die toerpys in Rand met ’n gewone EFT-transaksie.

€3 450
Netwerk24-intekenare betaal die afslagprys van €3 400 per persoon wat deel.

ENKEL-REISIGERS
*
'n Aanvulling geld vir enkel- reisigers. Kontak ons vir besonderhede.

BESPREEK JOU PLEK
Vul die aanlynvorm hieronder in.

Split, Kroasië (Foto: Getty Images)

Split, Kroasië (Foto: Getty Images)

Eers verken jy ’n deel van die Dalmasiese kus wat min mense sien op ’n 5-dag Camino staptog. Daarna geniet jy ’n welverdiende blaaskans en beleef Kroasië se kroonjuwele: Die historiese stede van Split, Trogir en Dubrovnik, die versameling eilande met spierwit strande en potblou seewater en die skouspelagtige teras-watervalle van Krka nasionale park.

MINI-CAMINO-ROETE
Marina, 'n kusdorpie buite Split tot Vodice

AFSTAND
80 km

TYDPERK
6 dae

KOM ONS STAP!

DAG 1
AANKOMS IN SPLIT & VERKEN DIE ANTIEKE STAD

Welkom op Kroasië se Dalmasiese kus! Die streek se hoofstad, Split, is ’n Unesco-erfenisstad met ’n unieke geskiedenis wat uit die Romeinse era dateer.

Vandag verken ons dié stad wat ontstaan het in en om die paleis van Diocletianus, die 51ste Romeinse keiser (284 tot 305 n.C.) voor ons aansit vir ons eerste smullekker aandete saam.

Porto
Porto
aerial photography of bridges and buildings

DAG 2
MARINA - ROGOZNICA

Afstand: 19 km
Tyd: 5 - 7 ure

’n Kort busrit neem jou na Marina, ’n kusdorpie noord van Split. Hier kry jy die eerste stempel in jou Camino paspoort en gee die eerste treë van jou pelgrimstog.

Vandag lei die roete jou eers langs plaaspaaie deur olyfboorde en dennewoude voor jy weer die kuslyn bereik en die laaste 5 km seelangs na jou eindbestemming stap. Onthou jou baaikostuum!

DAG 3
REGOZNICA - PRIMOŠTEN

Afstand: 14 km
Tyd: 4 - 6 ure

Vandag mik die roete weer binneland toe verby uitgestrekte olyfboorde met skitterende uitsigte van die kuslyn.

Jy sien die prentjiemooie kusdorp Primošten van ’n afstand af, en ook die standbeeld van die Maagd Maria van Loreto wat vanaf ’n heuwel waak hou oor die dorp. Die oudorp van Primošten, geleë op ’n skiereiland, is een van die Dalmasiese kus se mooiste tonele.

Op die tweede helfde van die roete draai jy weg van die see af en stap effe aan die binneland voor jy weer kus toe draai na jou bestemming vir die aand.

Foto: Evan. Naudé

Foto: Evan. Naudé

Foto: Evan Naudé

Foto: Evan Naudé

DAG 4
PRIMOŠTEN - GREBAŠTICA

Afstand: 14 km
Tyd: 4 - 5 ure

Vanoggend volg jy ’n voetpad al langs die kuslyn wat jou ewig noordwaarts lei van een baai na die volgende. Vandag is die potblou water van die Adriatiese see heelpad langs jou en dis die perfekte dag vir swem en piekniek hou op die strand.

Net buite jou volgende bestemming, Grebaštica, is ’n 15de-eeuse muur wat die skiereiland teen die magte van die Ottomane beskerm het.

Foto: Evan Naudé

Foto: Evan Naudé

DAG 5
GREBAŠTICA - ŠIBENIK

Afstand: 21 km
Tyd: 5 - 7 ure

Jou vierde stapdag van die Camino is die langste, maar wys jou weer ’n ander deel van die Dalmasiese landskap.

Die roete klim uit Grebaštica na die binneland en kort voor lank is jy op ’n voetpad in die natuur sonder ’n teerpad of gebou in sig.

Jy stap deur dennewoude en verby wingerde voor jy weer afsak na die stad van Šibenik. Hier kan jy gerus die Saint James Cathedral, ’n Unesco-erfenisgebou, besoek.

Saint James Cathedral. Foto: Getty Images

Saint James Cathedral. Foto: Getty Images

DAG 6
ŠIBENIK - VODICE

Afstand: 10 km
Tyd: 3 - 4 ure

Die laaste stapdag begin met ’n watertaxi wat jou oor die baai voor Šibenik vervoer na die kusdorpie van Jadrija. Op pad sien jy die seefort van St. Nicolas (ook met Unesco erfenis status) wat deur die Venesiërs in die 16de eeu gebou is.

Van Jadrija af het jy ’n luilekker stappie kuslangs na jou eindpunt. Dis die perfekte dag vir ontspan en piekniek langs die see!

DAG 7
KRKA-NASIONALE PARK & TROGIR

Dis nie net die Adriatiese see wat helder potblou is nie, die water van Kroasië se riviere en mere is ewe asemrowend. Vandag besoek jy die indrukwekkende Skradinski Buk watervalle in Krka-nasionale park.

In die namiddag reis jy na Trogir, nog een van die Dalmasiese kus se juwele. Verken die ou stad se nou stegies, eet roomys op die promenade en maak ’n draai by die gotiese Saint Lawrence katedraal.

Trogir. Foto: Getty images

Trogir. Foto: Getty images

DAG 8
BOOTRIT OP DIE ADRIATIESE SEE

’n Mens kan nie Kroasië besoek sonder ‘n bootrit op die Adriatiese see nie en vandag is die dag!

Op hierdie daguitstappie verken jy nabye eilande, geniet middagete en stop by weggesteekte baaie om te swem na hartelus.

Jy is weer terug in Trogir in die namiddag vir meer tyd om dié pragtige UNESCO kusdorp te beleef.

Foto: Getty Images

Foto: Getty Images

DAG 9
TROGIR NA DUBROVNIK

Na ontbyt vertrek jy per bus na Dubrovnik. Die busrit volg die kuslyn suidwaarts - kyk uit vir die eilande Brač, Hvar en Korčula padlangs.

’n Merkwaardige 2,4 km-lange brug neem jou na die Pelješac-skiereiland, ’n wynstreek veral bekend vir uitstekende rooiwyn. Hier stop jy vir ’n wynproe.

Jy arriveer in Dubrovnik in die namiddag, betyds vir skemerkelkies!

DAG 10
DUBROVNIK: VERKEN DIE STAD

Vandag het jy ’n vrye dag om Dubrovnik te verken. Die Ou Stad, ’n UNESCO-wêrelderfenisgebied, is bekend vir sy middeleeuse stadsmure, rooi dakke en helderblou see. Dubrovnik is ook bekend vir tonele uit Game of Thrones wat hier verfilm is. Stap op die historiese stadsmure, dwaal in die nou stegies en besoek historiese paleise.

Teen skemer vaar jy per boot rondom die stadsmure en geniet ’n onvergeetlike afsluitingsete met jou mede-reisigers. Hvala Kroasië!

Pontevedra

Foto: Getty Images

Foto: Getty Images

Pontevedra

Foto: Getty Images

Foto: Getty Images

Dubrovnik. Foto: Getty Images

Dubrovnik. Foto: Getty Images

DINGE OM IN GEDAGTE TE HOU

Ons maak jou Kroasië avontuur so gemaklik as moontlik. Al wat jy moet doen is opdaag!

HOE WERK DIT?

Die Camino deel van die toer is ’n slenterstap wat jy op jou eie pas stap terwyl jy die Dalmasiese kuslyn verken. In die tweede helfte van die toer besoek jy verdere hoogtepunte, per bus en boot, na die uiteindelike eindpunt in Dubrovnik. Jou bagasie word daagliks van een oornagplek na die volgende vervoer.

EK DRA DUS NIE MY HELE VAKANSIE SE BAGASIE ELKE DAG SAAM NIE?

Nee, jy stap slegs met ’n dagsak met ’n warm baadjie, jou waterbottel, swembroek en handdoek.

WAAR BEGIN ONS?

Die ontmoetingspunt is in die stad Split op Kroasië se Dalmasiese kus maar jou pelgrimstog begin in Marina, ’n kusdorpie buite die stad. Van hier af stap jy ’n skitterende kusroete wat jou na kusdorpe en -stede, deur olyfboorde en dennewoude en langs wit strande met helderblou water lei.

 HOE VER STAP EK?

Die Camino se totale stapafstand is sowat 80 km. Jy stap elke dag vir 6 dae en stap ’n daaglikse gemiddelde afstand van 16 km. Sommige dae is gemaklik en plat langs die see, ander dae klim en daal die roete.

 STAP ONS IN ’N GROEP?

’n Toerleier stap die hele roete saam, maar jy is nie verplig om in ’n groep te stap nie. Elkeen stap op sy eie pas. Die Camino is immers ’n pelgrimstog en dit is vir baie pelgrims belangrik om alleen tye te ervaar. Op die dae ná die Camino beweeg ons saam as ’n groep tussen bestemmings en aktiwiteite.

WAAR SLAAP EK?

Op hierdie toer slaap jy in hotelkamers met jou eie badkamer, nie in die tipiese Camino albergues (herberge of backpackers) met stapelbeddens en gedeelde badkamers nie. Jy hoef dus nie enige beddegoed of ’n handdoek saam te bring nie.

Wat is ingesluit in die toerprys?

  • Alle verblyf in hotelle en B&Bs
  • Alle ontbyt en aandetes
  • ’n Toerleier wat die roete saam stap
  • 'n Ondersteuningspan
  • Daaglikse vervoer van jou bagasie
  • Besoeke aan UNESCO-erfenisstede: Split, Trogir, Šibenik en Dubrovnik
  • Besoek aan Krka-nasionale park
  • ’n Bootrit tussen die eilande van die Adriatiese see
  • Wynproe in Pelješac-wynstreek
  • Sonsondergang-bootrit in Dubrovnik
  • Alle bus, boot & watertaxi vervoer op toerdae
  • Camino-paspoort en inligtingspakket
  • Advies met jou visumaansoek en reisplanne

Wat is uitgesluit?

  • Internasionale & plaaslike vlugte
  • Vervoer vanuit Dubrovnik ná die toer Visumaansoeke (Suid-Afrikaners benodig ’n Schengen-visum)
  • Middagetes en drankies
  • Persoonlike aankope
  • Persoonlike reis- en mediese versekering
  • Fooitjies

VUL DIE AANLYNVORM IN OM JOU PLEK TE BESPREEK