Comfort se veseltegnologie beteken jou klere hou beter vorm. Daarby is die formulasie so saamgestel dat klere makliker stryk. Hier is wel 'n paar bykomende wenke wat wasdag selfs nog makliker sal maak.

Niemand kan sê hulle is versot op die huistakie van klere was nie. Maar wat 'n mens veel meer moedeloos kan laat voel, is as jy dit weer moet doen - of nog erger, as jy die klere beskadig in die proses. Ma's en ouma's, stuur tog hierdie handige inligting vir die jonklomp in die familie wat nou op hul eie bly en hul eie wasgoed moet doen!

1 Sorteer jou wasgoed reg. Eerstens skei jy die delikate items van sterker items soos linne, handdoeke en denim. Baie vuil klere kan ook in die sterker bondel wees, solank die materiaal 'n warm, hewige was kan hanteer. Binne daardie twee bondels haal jy weer wit items uit om apart te was.

2 Doen 'n kleurvaste toets. As jy wonder of 'n donker item jou ander klere sal vlek, maak 'n klein stukkie van die donker item nat en druk 'n wit lap daarteen. As daar enigsens kleur afkom, of as die donker stuk effe dof of vaal lyk so gou dit nat is, weet jy dis nie kleurvas nie. Hou die item en was dit apart in koue water.

3 Maak ritssluiters toe. Maak seker baadjies, broeke, rompe en rokke se ritssluiters is almal toe. 'n Oop ritssluiter kan veroorsaak dat dit haak en trek aan ander klere en skade veroorsaak. Dit keer ook dat baadjies of bloese skeef trek in die was.

4 Maak knope los. Ja, dis die teenoorgestelde met knope. As hulle los is in die was verhoed dit onnodige spanning op die knope, wat keer dat hulle afruk in die was of die klere rek waar dit vas is nie.

1 Kies die regte wasgoedseep. Waspoeier werk goed vir gemengde bondels en is gewoonlik goedkoper, maar hulle los nie altyd goed op nie en kan oorblyfsels of wit merke op klere agterlaat. Vloeibare wasgoedseep is goed om vlekke vooraf te behandel en om baie vuil klere mee te was. Omo Auto + Comfort het die lieflike Comfort geur ook by, wat beteken jy geniet varsheid deur die dag. Enkeldosis tablette is baie gerieflik en keer dat jy te veel seep bygooi, maar kan duur wees.

2 Beskerm jou wasgoed. Met Comfort se gekonsentreerde formaat het jy net 'n doppie vol nodig om jou wasgoed te beskerm teen dof word of vorm verloor, en dit help jou die beste resultate kry uit elke bondel wasgoed - eindelose varsheid en die heerlike gevoel van 'n bed met silwerskoon, kraakvars lakens en beddegoed.

3 Kies die korrekte temperatuur. As 'n reel help koue water om klere langer te laat hou. Dis ook die beste opsie vir delikate items, klere wat maklik krimp of donker klere wat maklik kleur verloor. Louwarm water werk beter vir vuil items wat uit sintetiese of half-sintetiese materiaal gemaak is. Warm water is die beste vir beddegoed en handdoeke, katoen en wit klere, sowel as baie vuil werksklere vans terk materiaal - veral die met olievlekke. As jy iets bleik help die warm water ook om die bleikmiddel beter te aktiveer.

4 Moet nooit bleikmiddel op rek of Lycra-materiaal gebruik nie, maak nie saak watter kleur dit is nie. Die bleikmiddel sal die rek wegeet.

5 Draai donker klere, veral swart items, binneste-buite. Dit keer dat die klere bleik.

1 Lees die etiket mooi. Sommige klere was goed in warm water, maar lyk beter as dit op die draad droog word eerder as in die droër.


2 Hou die donker items omgekeer. Dit sal help om die kleur verder te beskerm, veral as jy dit in die son hang.

3 Kies sonlig vir wit items, maar probeer die tyd in die son vir donker items kort hou.

4 Truie of gebreide en rekbare items moet plat lê om te droog en nooit in die droër gesit word nie. Die platlê wanneer dit droogword keer dat die gewig van die water die item uitrek.

1 As jy met Comfort gebruik, is die eerste stap reeds geneem. Dit spog met tegnologie wat klere maklik maak om te stryk, wat beteken die materiaal reageer beter op die strykyster as wanneer jy ander soort versagters gebruik.


2 Vir moeilike kraag- of mou-areas, gebruik 'n haaryster. Ja, jy het reg gelees! Die vorm van 'n haaryster gee 'n mens beter vashou- en beweegplek. Daarby is dit 'n lekker vinnige oplossing as jy gou iets voor werk wil netjies maak sonder om die strykplank te moet uitruk.

3 Trek jou strykplank met foelie oor, blink kant bo. Waarom? Dit help die strykproses vinniger gaan. Die foelie reflekteer die hitte, wat beteken jy doen albei kante van die kledingstuk met een stryk.