Om vlekke te verwyder is beide 'n meganiese en chemiese proses, en dit ruik nie altyd so fantasties nie. Gelukkig is Comfort daar om die geur van varsheid terug te sit in jou wasgoed.

Daar is niks erger as 'n vlek op jou gunsteling uitrusting nie. Die bron van die vlek sal bepaal hoe jy dit behandel, maar sommige maatreëls geld vir meeste vlekke - en hier is hulle.

Die nommer 1 reel is om nooit 'n vlek vir more te los nie. So gou dit gebeur - of so gou jy dit raaksien - moet jy plan maak. Of dit nou beteken jy sprinkel sout oor 'n olievlek, of jy gooi witwyn oor 'n rooiwynvlek, die dadelike aksie sal keer dat die vlek set. .

Die nommer 2 reel is om nie te hard te skrop nie. In sekere gevalle kan dit veroorsaak dat die vlek dieper in die materiaalvesels intrek, wat die teenoorgestelde is van wat jy wil hê moet gebeur.
Gebruik eerder 'n lap of spons om saggies en stelselmatig die vlek te van binne na buite uit te vryf en dit te 'lig' van die kledingstuk af, eerder as om dit in te vryf.

Moenie aanneem dat elke vlek sal reageer op dieselfde behandeling nie. Olievlekke, byvoorbeeld, reageer goed op iets wat die olie kan absorbeer. Daarom werk dit goed om sout te sprinkel oor die olyfolie vlek wat jy in 'n restaurant gemors het. Jy kan selfs 'n stukkie brood gebruik, of as jy het, mielieblom daaroor sprinkel. Grasvlekke reageer goed met plein wit tandepasta (die pasta, nie die gel nie), en bloed reageer goed met 'n tikkie peroksied - en dan onmiddellik was toe. Lig daardie bruin vlekke in jou kraag met sjampoe, terwyl ink en boomgom met chirurgiese alkohol uitkom. Gras-, sap- en tee- en koffievlekke reageer ook goed op asyn.

As jy nog nie die vlek gewas of behandel het nie, of as jy dit gewas het om te kyk of dit uitkom in die was maar daar is nog oor, vermy die warm droër. Die hitte kan veroorsaak dat die vlek set en dan is dit bykans onmoontlik om te verwyder.

Soms is al wat 'n vlek nodig het, die toedien van 'n goeie wasgoedseep. Meeste hoë gehalte wasgoedseep – soos Omo – is gemaak om die algemene huishoudelike vlekke waaraan ons klere blootgestel word, aan te spreek. Dus is daar 'n goeie kans dat dit sal werk. Dis veral 'n goeie idee as jy nie regtig weet waar die vlek vandaan kom nie. Meng die wasgoedseep met 'n bietjie water om 'n pasta te vorm en wend dit versigtig aan op die vlek. Wees versigtig om dit nie na die res van die materiaal te versprei nie, want dit kan veroorsaak dat die vlek 'bloei' of groter word. Plaas 'n lappie of servet oor die probleemarea wat kan help om die vlek uit te trek. Spoel uit en doen dit weer tot die vlek gelig het, en was dan soos normaal. Onthou om Comfort by te gooi sodat jy daardie vars gewasde geur kan geniet wanneer jy jou - nou weer skoon en ongevlekte - klere aantrek. Veral as jou vlekverwyderingsmetode asyn, alkohol of wyn betrek het!