Enige materiaal kan baat vind by Comfort se geurtegnologie en beskerming, maar elkeen het sy eie soort sorg nodig.

As daar al ooit iets met jou wasgoed verkeerd gegaan het, sal jy weet om jou klere in hopies van lig en donker te verdeel is nie al wat 'n mens moet doen om jou klere te beskerm nie. Volg dié riglyne en laat Comfort die res doen.

Kies koue water en gebruik eerder minder wasgoedseep. Vermy die tuimeldroër of stel dit op 'n laer temperatuur. Plaas sportbra's in 'n gaassakkie vir ekstra beskerming en om te keer dat die wasmasjien dit vervorm.

Kies Comfort om daardie sweterige reuke aan te spreek. Die kapsule-gebasseerde geurtegnologie, wat diep in materiaalvesels intrek tydens die was en oopbreek soos wat jy beweeg, sal sorg dat jou klere so lank as moontlik vars en geurig bly tydens jou oefensessie.

Lees altyd die etiket voor jy 'n trui of gebreide item in die was gooi. Sommiges moet net met die hand gewas word, afhangende van die soort materiaal waarmee dit gebrei is. Kasjmier, byvoorbeeld, moet met die hand gewas word, terwyl wol gewoonlik in die wasmasjien kan gaan solank dit op 'n koue temperatuur gestel is. Laat gebreide items plat droogword om te keer dat hul rek, en vermy die tuimeldroër.

Of jy nou met die hand was of in die masjien, maak wel seker jy kies jou gunsteling Comfort geur vir daardie vars, sagte gevoel. Die beskerming en tegnologie wat help om die klere se vorm te behou help veral wanneer jy truie was.

Lees altyd eers die etiket wanneer jy delikate items was om seker te maak dit mag in die wasmasjien gesit word. Gebruik 'n gaassakkie vir onderklere om te keer dat dit vashaak aan ander klere of skade kry. Kies eerder 'n laer temperatuur en vermy die tuimeldroër. Moet nooit bleikmiddel op kant gebruik nie. Hou jou onderklere sag en vars met Comfort se kleur- en vormbeskermende tegnologie.  

Comfort Pure is 'n geur spesiaal ontwerp vir kleintjies se sagte vel en klein neusies. Geen oorweldigende geure nie, net sagte varsheid.

Vir babaklere sal jy dalk 'n paar vlekverwyderingswenke nodig hê voor jy was. Kies 'n hoë temperatuur om enige bakterieë aan te spreek (veral vir klere en beddegoed), maar lees eers die etiket, veral van spesiale items, om seker te maak hul kan die hoë temperatuur hanteer.

Comfort sal die res doen: die kleur en vorm van die klere beskerm, en hul maklik maak om te stryk.   

Die tipe wasbondels is mal oor Comfort! Kies jou gunstelinggeur en vertrou dit om diep in die materiaalvesels te trek sodat jy omvou word in die vars geur wanneer jy in die bed of uit die stort klim.

Kies 'n warm temperatuur om bakterieë te elimineer en maak dit droog soos gewoonlik. Kies weer die hoogste temperatuurstelling wat die klere sal verduur. Vervang jou lakens en beddegoed elke week met 'n vars stel, en maak seker jy was denim minstens elke vierde keer wat jy dit gedra het.

Vind hier meer wenke oor hoe om donker en ligte kleure te was.