Jou klere wag al lankal vir die bederf van Comfort se veselsorg tegnologie, maar as jy wil seker wees jy gaan nie met 'n pienk hemp sit wat eens wit was nie, volg hierdie wenke vir die regte sortering en was van verskillende bondels wasgoed.

Die sleutel tot 'n effektiewe was is die regte sortering. Sodra jy die hoop wit wasgoed geskei het van die helder kleure, is jy reg vir die volgende stappe.

1 Kies Comfort. Dit bied kleurbeskerming, sal verhoed dat jou klere uitrek, hard raak of vervorm, en - beste van alles - jou klere kom vars en sag uit die was en bly die heeldag so.

2  Doen 'n bloeitoets – Wonder jy of iets saam met ander goed gewas kan word en kan niks wys raak uit die etiket nie? Maak dan 'n klein, onopmerklike stuk van die kledingstuk nat. Gebruik 'n wit lappie om oor die nat kolletjie te vee. Doen dit versigtig om te verhoed dat jy skade aanrig, maar aanhoudend genoeg om te sien of daar kleur afkom op die wit lap. As daar kleur afkom of as die kol effens verdof nadat dit nat was, moenie 'n kans vat nie - was dit eerder apart van die res van jou wasgoed.

3 Was enige nuwe goed eers apart. Kledingstukke soos denims en ander donkerkleurige klere het dikwels eers 'n eerste, aparte was nodig voor hulle veilig saam met die res van die wasgoed ingegooi kan word. Kies 'n koue of louwarm verstelling op die wasmasjien en was die item apart voor jy dit by 'n ander bondel gooi.

4  Sorteer korrek - 'n tweede keer. Moenie dink omdat al die klere in 'n bondel donker is, kan hulle dieselfde gewas word nie. Delikate items soos onderklere of handgemaakte klere kan nie dieselfde wasverstellings hanteer as denims, handdoeke of linne nie. Verdeel jou donker wasgoed in kleiner bondels van delikate items teenoor sterk vesels soos denim en handdoeke. Kyk ook of die materiaal sinteties of natuurlik is. Oefenklere is dikwels sinteties, terwyl goed soos gordyne of dekens en beddegoed dikwels van natuurlike lap gemaak is soos linne. Sintetiese lap kan nie vreeslike hoë temperature verduur nie, maar natuurlike vesels kan. Kies dus eerder louwarm water as baie warm wanneer jy 'n gemengde bondel insit.

5  Kies die regte watertemperatuur. Koue tot lou water is beter vir donker wasgoed, want die hoë temperature kan soms maak dat jou klere se kleure dof word.

1 Behandel vlekke voor jy was. Moupunte, krae en 'n gemorsde kol op 'n hemp of rok - al dié goed moet eers vooraf behandel word. Meng 'n bietjie wasgoedseep soos Omo met water en wend dit soos 'n smeer aan op die kol. Die soort vlek wat jy probeer verwyder bepaal egter wat die beste sal werk om dit uit te kry. Sjampoe werk byvoorbeeld goed op 'n geel- of bruin-gevlekte kraag, terwyl sout of witwyn goed werk vir rooiwynvlekke - as jy die vlek vinnig vang. Lees hier meer oor hoe om vlekke uit te haal.

2 Laat baie vuil items eers 'n bietjie week. Ons wonder almal of dit nou regtig nodig is - maar waar wit wasgoed betrokke is maak dit 'n groot verskil. Dit hou die ergste vuil uit die groter bondel se was en keer dat dit in die ander klere intrek. Dit beteken ook jou wassiklus is meer effektief.

3 Kies baie warm water. Anders as gekleurde wasgoed, doen wit wasgoed beter met hoë temperature. Lees die etiket en kies altyd die hoogste temperatuur wat die materiaal sal hanteer.

4 Gebruik die regte seep en versagter. Kies 'n wasgoedseep met 'n bleikalternatief of ensieme, soos Omo Auto Liquid of Skip Auto Liquid, en gebruik die maksimum aanbevole hoeveelheid. Moenie bang wees om 'n doppie Comfort hier by te gooi nie - dit help die wasgoed om vorm te behou en sal seker maak jy kry daardie vars-gewasde geur uit die bondel. Dis veral lekker met dinge soos handdoeke en beddegoed.

5 Maak seker jou wasmasjien is skoon. Oorblyfsels van 'n wasmasjien se vorige siklusse kan maklik agterbly op klere, en wit wasgoed is veral vatbaar. Om jou wasmasjien te was, stel dit op die grootste bondel en die warmste temperatuur. Voeg 'n liter asyn en een koppie koeksoda by en begin die siklus. 'n Paar minute in, kan jy die masjien stop en laat week vir 'n ruk. Skrop die binnekant as jy die masjien kan oopmaak, anders laat die masjien net die siklus klaarmaak en skrop na die tyd. Stel dan die masjien op spoel (rinse) en doen 'n tweede, vinnige siklus op die warmste verstelling.  

6 Kies sonskyn. As die weer en jou verblyf dit toelaat, hang jou wasgoed in die son. Dit sal help om geel uit te lig en hul witter en helderder hou vir langer.