Dit verminder stres, verbeter jou bui, immuniteit en geheue en hou jou gesond – is daar iets wat ’n goeie nagrus nie kan doen nie? Net jammer dis mens nie altyd beskore nie, of hoe?

In haar nimmereindigende soeke na lekker slaap, het Marli Meyer ’n paar slaapwenke getoets – hier’s wat sy geleer het.

 

Die aanbeveling

Verdof die ligte ’n uur voor slaaptyd en skakel alle skerms twee uur voor die tyd af.

“Gloeilampe kan melatonien onderdruk,” sê Matthew Walker, ’n professor in neurowetenskap en een van die wêreld se voorste slaapkenners.

Melatonien is die hormoon wat jou brein produseer in reaksie op donkerte en wat help met die tydsberekening van jou sirkadiese ritmes – jou inwendige horlosie wat siklusse van waaksaamheid en slaperigheid reguleer deur te reageer op ligverandering.

Een uur se iPad-lees teenoor een uur se lees van ’n boek in dowwe lig wys dat ’n uur se iPad-lees die afskeiding van hierdie belangrike hormoon met ongeveer drie uur vertraag,” sê Walker. “Jy kry dus nie die regte hoeveelheid REM-slaap nie.

“Gloeilampe kan melatonien onderdruk.”
Matthew Walker

My ervaring

Dit was ’n baie groot uitdaging, want my aandroetine is om Netflix te kyk of deur Instagram te blaai tot ek aan die slaap raak.

Toe ek dit uiteindelik regkry, het dit ’n groot verskil gemaak. Ek was teen 21:30 vaak.

Maar die moeilikste was om my foon van my bedkassie af weg te hou, want dis my opstaanwekker en ek gebruik dit gereeld in die bed om reëlings vir die volgende dag te tref.

Ek het dus my foon buite die slaapkamer gelaai en eerder ’n analooghorlosie as wekker gebruik.

In plaas van Instagram, WhatsApp en Netflix voor ek gaan slaap, lees ek nou met net my bedlampie aan. Ek het ook die meeste ligte sowat twee uur voor slaaptyd afgeskakel, en dit het beslis gehelp om my vaak te laat voel.

Die aanbeveling

Dra ’n oogmasker om soveel lig as moontlik uit te sluit. Volgens dr. Walker is ons ’n duisternis-beroofde klomp weens moderne gebruike soos skermtyd en verligte stede.

In ’n studie waar mense in ’n gesimuleerde intensiewesorg-omgewing met helder ligte geplaas is, is bevind dat deelnemers wat oogmaskers en oorpluisies gedra het, verhoogde melatonienvlakke, beter slaapgehalte en meer REM-slaap gehad het.

My ervaring

Ek het ’n bietjie gesukkel om aan die oogmasker gewoond te raak, want dit skuif rond en die rekkie kan irriterend wees.

Na twee nagte het ek agtergekom ek raak makliker aan die slaap en wanneer ek in die nag wakker geword het, het ek vinniger weer aan die slaap geraak, want as mens jou oë toehou, beteken dit jy word nie heeltemal wakker nie.

Woolies het ’n slaapmasker (R189) gemaak van sagte satyn wat sag is op die gesig en oogarea en wat ’n rekband het wat dit gemaklik laat pas. Kry dit hier.

Die aanbeveling

Gaan saans op dieselfde tyd bed toe en word soggens op dieselfde tyd wakker – maak nie saak of dit naweek of ’n weeksdag is nie.

’n Gereelde slaaptydroetine is die belangrikste ding vir ’n goeie nagrus,” sê dr. Walker.

Ek het krities na my slaaptydroetine gekyk en besef daar is baie werk wat gedoen moet word. Ek het my iPhone se slaaptydfunksie in die wekker-app ingespan – jy kan kies hoeveel ure jy wil slaap en die tyd instel waarop jy wil wakker word. Dit herinner jou tussen 15 minute en 1 uur voor slaaptyd om in die bed te kom.

Nog ’n nuttige app is Sleep Cycle, wat jou help om jou slaapgehalte te meet. Dit meet hoeveel diep slaap jy gekry het en of jy gesnork het.

Ek het kerse in die badkamer en slaapkamer aangesteek, die ligte verdof, my kussing en lyf met ’n kalmerende kamersproei gespuit en ongeveer ’n uur geneem om op ’n rustige manier gereed te maak vir die bed.

My ervaring

Ek is ’n oggendmens en ek het drie keer per week om sesuur ’n gimklas, so dit was nie te moeilik om vroeg en op dieselfde tyd elke dag wakker te word nie.

Die slaaptydritueel was die groot verandering. Voorheen het ek ongeveer 15 minute geneem om gereed te maak vir die bed, so my nuwe aandritueel het ’n groot verskil gemaak. Dit het my die kans gegee om tot bedaring te kom, my te bederf met ’n uitgerekte skoonheids- en lyfroomroetine en gereed te voel vir slaap.

Ek lees nou meer, en dis ook die beste manier om my vaak te maak.

Die aanbeveling

Dit gons oor Cannabidiol (CBD) en hoe dit jou help om te slaap.

CBD is een van die belangrikste kannabinoïede of verbindings in die cannabisplant. Kannabinoïede tree in interaksie met jou liggaam se endokannabinoïede stelsel, wat jou help om ’n toestand van balans en stabiliteit te handhaaf.

THC, die verbinding in cannabis wat ’n mens bedwelm, word in sommige CBD-olies in verskillende verhoudings aangetref. Kyk mooi voordat jy koop. Vir ’n rustige nagrus benodig jy ’n CBD-olie met 0% THC, soos Goodleaf CBD-druppels. Dit is aanlyn beskikbaar by woolworths.co.za. Kry dit hier.

My ervaring

Dit was loshande die doeltreffendste slaapmiddel vir my. Dit het onmiddellik gewerk en is veilig om as ’n kitsoplossing of meer gereeld gebruik te word.

Ek het voor slaaptyd ’n drupper CBD-olie by ’n glas vonkelwater of kombucha gevoeg en na 10 tot 15 minute kon ek voel hoe my liggaam en gees diep ontspanne raak, hoewel ek nie bedwelm gevoel het nie. Dit is ’n goeie middel as jy sukkel om te slaap weens stres.

Die aanbeveling

Kamersproei en vlugtige olies kan help om jou te kalmeer sodat jy rustig slaap. Vlugtige laventelolie help blykbaar met stadige-golf-slaap.

Die Apothecary-reeks van Woolworths het kamersproei, geurverspreiders en kerse vir ’n kalmerende en strelende ervaring.

Daar is drie opsies om van te kies: Sleep, Restore en Tranquil, almal met verskillende geure.

Kamersproei

Vir ’n spuitjie betowerende geur is daar Woolworths Apothecary se kamersproei in twee kalmerende geure om by jou bui te pas.

Geurverspreiders

Omring jouself met die heerlike en terapeutiese geur uit die Apothecary-reeks, toegedien met ’n mengsel van spesiaal gekose vlugtige olies vir ’n kalmerende en strelende ervaring.

Kerse

Kerslig gekombineer met ’n spesiale mengsel van vlugtige olies skep die stemming vir ’n rustige, ontspannende ervaring.

Die geure

Sleep bevat vlugtige olies soos laventel, bloekom, vetiver en jasmyn.

Restore bevat essensiële olies van malva, sederhout, bloekom en laventel.

Tranquil bevat hennepsaadolie met vlugtige olies van patchouli, mandaryn, balsem en sandelhout.

Kry die reeks hier.

My ervaring

Ek het ’n bakkie met kookwater gevul, ’n paar druppels vlugtige laventelolie bygevoeg en dit langs my bed geplaas. Ek het ook van die olie in ’n brander gebruik, wat ek baie geniet het.

Die geur het beslis ’n kalmerende effek gehad en ek sal my oliebrander baie meer gebruik, maar ek sou nie sê dit het my noodwendig aan die slaap gemaak nie.

Die kamersproei het almal ’n lieflike geur. Ek het vir ’n naweek weggegaan en een aand het ek een daarvan op my kussing gespuit. As jy die spuit by die huis gebruik en dit saamneem wanneer jy reis, gee dit ’n gevoel van bekendheid. Ek het ’n rustiger nag gehad as wat ek gewoonlik in ’n vreemde omgewing sou hê. Dit is iets wat ek graag in die toekoms by my roetine sal insluit.