CAMINO FRANSE WEG

Kom stap saam met Netwerk24

Foto: Evan Naudé

Foto: Evan Naudé

Die gewildste pelgrimsroete is die Franse Camino wat in St. Jean Pied de Port in Frankryk begin en sowat 780 km verder in Santiago de Compostela, Spanje, eindig.

ONS ROETEKAART

Tydens die Netwerk24-Camino-toer stap ons die laaste sowat 260 km van dié Franse Camino.

ASTORGA: Die Netwerk24-Camino-toer begin op Astorga en saam pak ons die lang pad aan tot in Santiago de Compostela.

La Catedral de Santa María de Astorga (Foto: Evan Naudé)

La Catedral de Santa María de Astorga (Foto: Evan Naudé)

Cruz de Ferro: Die Cruz de Ferro, waar jy ’n klip van jou tuisland moet neerlê, is die hoogste punt op die Camino. Vertoef ’n paar minute en dink aan die seëninge in jou lewe.

Lê jou spesiale klippie hier neer. (Foto: Gerda Engelbrecht)

Lê jou spesiale klippie hier neer. (Foto: Gerda Engelbrecht)

O’Cebreiro lê op die spits van die berg en bied asemrowende uitsigte in alle rigtings.

Sarria: Dít is die besige deel van die Camino. Omdat jy minstens 100 km moet aflê om ’n Compostela (sertifikaat van voltooiing) te kry, begin baie pelgrims eers by Sarria stap.

Ons eindpunt sowat 260 km later! Santiago de Compostela

Die eerste groep Netwerk24-pelgrims kom in Oktober 2023 by die Catedral de Santiago de Compostela aan (Foto: Evan Naudé)

Die eerste groep Netwerk24-pelgrims kom in Oktober 2023 by die Catedral de Santiago de Compostela aan (Foto: Evan Naudé)

KOM SAAM! BESPREEK HIER

Hoe werk die Netwerk24-Camino-toere? En hoeveel kos dit?

Jy kan ook dadelik jou naam op die lys voeg deur die aanlynvorm hieronder in te vul.

DIE FRANSE WEG REISPLAN EN HOOGTEPUNTE

Santiago de Compostela-katedraal

Santiago de Compostela-katedraal (Foto: Evan Naudé)

Santiago de Compostela-katedraal (Foto: Evan Naudé)

ROETE: Astorga tot Santiago

AFSTAND: 260 km

TYDPERK: 14 aande, 15 dae

DATUMS: 1 tot 15 Oktober 2024

>> Só het ons eerste toergroep gestap


Die moeilikheidsgraad vir elke dag word só aangedui:

1 Camino-skulpie:
"Ag, dit was nou maklik"
2 Camino-skulpies:
"Dit was oukei, maar ek verdien ’n bier."
3 Camino-skulpies:
"Nou begin dinge ernstig raak!"

4 Camino-skulpies:
"Hou bene, hou"

5 Camino-skulpies:
"Hoekom op aarde wou ek dié doen?!"

KOM ONS STAP!

DAG 1:
Astorga na Rabanal del Camino

Afstand: 20 km

HOOGTEPUNT
Die Episkopaalse paleis, Astorga

Astorga gaan jou voete onder jou uitslaan met sy sjokolade- en pelgrimswinkels, talle straatkafees (wat ook tapas by koffie bedien!) en sy pragtige katedraal.

Iets wat egter uitstaan, is die Episkopaalse paleis wat deur Antoni Gaudí ontwerp is. Die gebou lyk soos ’n kasteel en was bedoel as ’n pastorie en kantoorgebou vir die biskop van Astorga.

Foto: Maryke Cumpsty

Foto: Maryke Cumpsty

Bouwerk het in 1887 begin, maar die biskop én Gaudí is oorlede voordat die projek voltooi is. Die werk is dus eers heelwat later, in die 1960’s, afgehandel. Die paleis is oop vir die publiek en huisves ’n Camino-museum. Die toegangsgeld hiervoor is ingesluit in jou toerprys.

Foto: Maryke Cumpsty

Foto: Maryke Cumpsty

Die eerste stapdag lei jou deur plattelandse gehuggies met keistene, kliphuise en kapelle wat al vir eeue lank pelgrims verwelkom.

Die eerste Netwerk24-toergroep trek weg uit Astorga in 2023. (Foto: Evan Naudé)

Die eerste Netwerk24-toergroep trek weg uit Astorga in 2023. (Foto: Evan Naudé)

Dis ‘n rustige stapdag met ‘n geleidelike opdraand wat jou uiteindelik tot by jou volgende bestemming neem.  

Foto: Evan Naudé

Foto: Evan Naudé

As jy lief is vir fotografie, lees hier:
Die Canon EOS R10 is kompak en die perfekte kamera vir die Camino.

Episkopaalse paleis deur Gaudi in Astorga.

Episkopaalse paleis deur Gaudi in Astorga. (Foto: Evan Naudé)

Episkopaalse paleis deur Gaudi in Astorga. (Foto: Evan Naudé)

Episkopaalse paleis deur Gaudi in Astorga.

Episkopaalse paleis deur Gaudi in Astorga. (Foto: Evan Naudé)

Episkopaalse paleis deur Gaudi in Astorga. (Foto: Evan Naudé)

Die Astorga-katedraal

Die Astorga-katedraal (Foto: Evan Naudé)

Die Astorga-katedraal (Foto: Evan Naudé)

DAG 2:
Rabanal del Camino na El Acebo

Afstand: 16 km

HOOGTEPUNT
Die Cruz de Ferro (die “ysterkruis”), net buite Foncebadón

Vandag se roete neem jou stelselmatig nader aan die berge van die Leon-streek.

Die ysterkruis tussen die dorpe Foncebadón en El Acebo is die hoogste punt van die hele Camino (1 505 meter bo seespieël) en ’n hoogtepunt op die Camino.

Die kruis staan al soveel eeue (moontlik sedert die 11de eeu) daar dat verskeie teorieë oor sy geskiedenis bestaan, soos dat dit oorspronklik deur die Kelte opgerig is.

Pelgrims los ’n klip by die kruis wat vanaf hul tuisland kom as simbool van hul reis tot daar, of as simbool van iets wat hulle in hul lewe wil aflê. Baie versier hul klippe met vlae of die name van geliefdes.

Die Cruz de Ferro

DAG 3:
El Acebo na Ponferrada

Afstand: 16 km

HOOGTEPUNT
Die Tempelridderkasteel, Ponferrada

Die roete na Ponferrada is meestal afdraand wat beteken jy stap vandag rustig. Dis wel die eerste 4 km van die dag waar los gruis jou spoed kan breek en daarom 'n moeilikheidsgraad van 3 uit 5 kry.

Padlangs loop jy oor ‘n Middeleeuse brug na die oulike dorpie Molinaseca, die ideale plek om jou voete in die Meruelo-rivier af te koel.

Foto: Evan Naudé

Foto: Evan Naudé

Was die Tempelridders ’n klomp eerbare mans wat pelgrims op hul Camino beskerm het, of ’n bende rampokkers wat amok gemaak en ’n skrikbewind gevoer het? Jy sal nie maklik die antwoord daarop kry nie.

In Ponferrada kan jy egter die kasteel van die Tempelridders besoek wat in 1178 deur Ferdinand II gebou is om die pelgrims te beskerm.

Die kasteel behoort deesdae aan die koning van Spanje en bied ’n museum, Camino-biblioteek en pragtige uitsigte op die stad. Die toegangsgeld hiervoor is ook ingesluit in jou toerprys.

DAG 4:
Ponferrada na Villafranca del Bierzo

Afstand: 24 km

Vanoggend volg jy eers die loop van die Sil-rivier uit Ponferrada voor jy deur die pragtige wingerde van de El Bierzo-streek beweeg.

Die roete wys jou ook weer ‘n reeks klein dorpies voor dit geleidelik begin klim na Villafranca del Bierzo, jou volgende oorslaapplek.

Die roete lei jou deur verskeie klein dorpies.

Die roete lei jou deur verskeie klein dorpies. (Foto: Evan Naudé)

Die roete lei jou deur verskeie klein dorpies. (Foto: Evan Naudé)

Dag 5:
Villafranca del Bierzo na Las Herrerias

Afstand: 21 km

Oor die volgende twee dae klim die roete na die hoogste op die Camino, want die Serra dos Ancares-berge lê voor.

Vandag stap jy deur 'n pragtige bewoude vallei met die oulikste dorpies die res van die dag. Die roete klim net 200 m, maar dis ‘n geleidelike opdraand heel dag. Rus dus goed in die dorpies langs die pad en geniet die landskap rondom jou.

Dag 6:
Las Herrerias na Fonfria

Afstand: 20 km

HOOGTEPUNT
O’ Cebreiro

Die eerste 7 kilometer van vandag se roete is taai. Jy klim sowat 600 m in net 7 km!

Foto: Evan Naudé

Foto: Evan Naudé

Vanoggend steek jy ‘n provinsiale grens oor en betree Galisië, ‘n bergagtige streek wat veral bekend is vir heerlike seekos.

Jy kry die piepklein dorpie, O’ Cebreiro, net anderkant die grens van Galisië en op die spits van die Cebreiro-berg. (Die naam klink sommer na “O Seer Been-ou”!)

Dit is egter een van die dorpe in die streek wat ook baie “gewone” toeriste in toeristebusse lok om die pallozas op die dorp te besigtig – kliprondawels met rietdakke wat byna 1 500 jaar gelede deur die Kelte gebou is.

Foto: Evan Naudé

Foto: Evan Naudé

Die kerkie op die dorp is besonders en is in die 11de eeu gebou. Dit is dus die oudste kerkgebou op die hele Camino wat in sy oorspronklike vorm behoue gebly het. As jy Paulo Coelho se The Pilgrimage gelees het, sal jy weet dat daar ’n belangrike gebeurtenis by dié kerk afspeel.

Kyk uit vir die borsbeeld van die man met die bril in die kerk se tuin. Vader Elías Valiña het in die jare tagtig in sy gekrokte Citroën deur Spanje gery en die eerste Camino-pyle met ’n blik geel verf aangebring. As jy die Camino stap, sal jy die waarde van dié geel pyle en vader Elías se bydrae besef.

Die Vader Elías Valiña-standbeeld.

Die Vader Elías Valiña-standbeeld. (Foto: Evan Naudé)

Die Vader Elías Valiña-standbeeld. (Foto: Evan Naudé)

Ná O' Cebreiro wag daar nog ’n lastige bultjie vir die dag.

Dag 7:
Fonfria na Sarria

Afstand: 27 km

HOOGTEPUNT: Sarria

Vandag se roete is die langste op jou pelgrimstog, maar dis gelukkig afdraand! Spring dus vroeg weg en gee jouself genoeg tyd vir ‘n rustige stapdag tot in Sarria.

Sarria is ’n bedrywige studentedorp in Spanje en bruis van die pelgrimsenergie omdat verreweg die meeste pelgrims hier wegspring.

Die minimum afstand wat jy vir ’n Compostela (sertifikaat van voltooiing) moet aflê, is 100 km, wat Sarria die laaste groot dorp maak waar jy in die pad kan val.

Verwag ’n energieke atmosfeer by die talle straatkafees op die roete, met verskeie tale wat van vrolike tafels sal opklink.

Neem jou foto by die Sarria-naambord bo by die uitgang van die stad.

Die minimum afstand wat jy vir ’n Compostela (sertifikaat van voltooiing) moet aflê, is 100 km, wat Sarria die laaste groot dorp maak waar jy in die pad kan val.
Gerda Engelbrecht, Camino-kenner

Foto: Unsplash

Foto: Unsplash

DAG 8: Sarria na Portomarin

Foto: Evan Naudé

Foto: Evan Naudé

Afstand: 22 km

HOOGTEPUNT
Die dorp onder water, Portomarin

Die roete is skielik besiger met meer pelgrims en daarmee saam ook meer herberge, geskenkwinkels en koffiewinkels langs die pad. Nietemin is hierdie ‘n mooi deel van Galisië, tipies platteland met mooi ou plaashuise, klipkrale en inheemse woude.

Sowat 25 km buite Sarria steek jy ’n hoë brug oor ’n rivier oor na Portomarín. Die hele dorp is in die 1960’s, toe daar ’n dam gebou is, verskuif na ’n hoërliggende deel, en die kerk is klip vir klip geskuif en herbou.

Wanneer jy op die brug staan, kyk in die water vir die dakke van die ou hoofdorp, wat steeds plek-plek sigbaar is. In baie van die ondernemings op die dorp sal jy foto’s sien van die ou dorp. Neem jou foto by die mooi pelgrimstandbeeld op die plein oorkant die kerk.

Foto: Evan Naudé

Foto: Evan Naudé

Dag 9:
Portomarin na Palas de Rei

Afstand: 24 km

Jy groet Portomarin en volg die roete weswaards deur ‘n digte woud voor jy weer padlangs verder deur die platteland met vele klein dorpies, kerkies, klipkruise en uitkykpunte beweeg.

Foto: Evan Naudé

Foto: Evan Naudé

Dag 10:
Palas de Rei na Melide

Afstand: 14 km

HOOGTEPUNT
Melide

Vandag is ‘n relatief rustige stapdag met ‘n kort afstand, alhoewel die roete in plekke op en af oor heuwels klim. Neem jou tyd deur hierdie gebied en spaar jou bene vir die laaste twee dae wat voorlê.

As jy op die oulike dorp, Melide, kom, is jy omtrent 50 km van die eindpunt af. Melide is veral bekend vir die seekat-dis, pulpo, en twee bekende plekke waar jy dit kan eet, is Pulpería A Garnarcha of Pulpería Ezequiel. Die twee restaurante is baie naby aan mekaar en albei is op die Camino-roete.

Lyk die kerkdeur van die Iglesia de San Pedro, skuins oorkant die pulpo-eetplekke, dalk bekend? Sommige gidsboeke beweer dit is die presiese deur wat op die 10 euro-noot geteken is, maar die locals sê dit het bloot die skets op die geldnoot geïnspireer.

Foto: Pixabay

Foto: Pixabay

Iglesia de San Pedro (Foto: Wikipedia)

Iglesia de San Pedro (Foto: Wikipedia)

Dag 11:
Melide na Arzua

Afstand: 14 km

HOOGTEPUNT
Die wit kerk op Boente

Het jy pulpo in Melide geproe? Maak seker jy doen dit voor jy die dorp verlaat!

Vandag se roete daal weer verskeie kere met ‘n paar stewige steiltes.

Niemand sal jou kwalik neem as jy die wit kerkie op die piepklein dorp Boente, sowat 45 km voor Santiago de Compostela, miskyk nie, maar die kerk het ’n belangrike rol in die Camino-geskiedenis gespeel.

Igrexa de Santiago de Boente (Foto: Pinterest)

Igrexa de Santiago de Boente (Foto: Pinterest)

Foto: Maryke Cumpsty

Foto: Maryke Cumpsty

Tydens die Spaanse Griep van 1918 tot 1920 het die Camino by dié kerk geëindig omdat pelgrims destyds weens die inperkings nie Santiago mag binnegegaan het nie. Word ’n oomblik stil by die gedenkteken vir slagoffers van Covid-19 wat in die kerk se tuin opgerig is.

Dag 12:
Arzua na Amenal

Afstand: 23 km

Van Arzua af kan jy amper-amper die eindpunt van jou Camino op die horison uitmaak. Daar is nog net een oorslaapplek tussen jou en Santiago de Compostela, die spikkel van ‘n dorpie Amenal.

Volg ‘n geleidelike roete deur die laaste stukkie oop platteland voor jy die buitewyke van die stad begin sien.

Vandag sluit pelgrims uit ander Camino-roetes by jou aan vir die finale ent na Santiago.

Dag 13:  Amenal na Santiago de Compostela

Foto: Evan Naudé

Foto: Evan Naudé

Afstand: 16 km

HOOGTEPUNT
Die aankoms op Praza do Obradoiro, Santiago de Compostela

Die opwinding is groot, want jy voltooi vandag jou pelgrimstog!

Die staptog het minder natuurskoon as vorige dae hoe nader jy aan die stad beweeg, maar is vol gedenktekens vir die duisende pelgrims wat oor die jare hier gestap het.

Maak ‘n draai by die uitkykpunt by Monte do Gozo waar jy die eerste keer die katedraal in die verte kan uitmaak.

In Santiago volg jy die Camino se geel pyle vir oulaas deur Santiago se pretjiemooi strate tot by die Praza do Obradoiro, die plein voor die Santiago katedraal.

Hierdie is die grootste oomblik van jou Camino, die voltooiing van jou pelgrimstog!

Die aankoms op die plein langs die katedraal op Santiago de Compostela is ’n emosionele ervaring, veral as jy in ’n groep gestap het.

Neem ’n “voetselfie” by die gedenksteen in die middel van die plein, die amptelike eindpunt vir al die Camino-roetes, en kyk om jou heen. Jy sal waarskynlik heelwat gesigte herken omdat jy die pelgrims al langs die pad ontmoet het.

Gooi ’n paar munte in by die musikant wat pelgrims al dekades lank op die plein verwelkom met sy doedelsak, ’n instrument wat in Galisië ontstaan het.

Die katedraal in Santiago de Compostela en pelgrimstradisies

Die katedraal in Santiago de Compostela

Foto deur rafael furtado op Unsplash

Foto deur rafael furtado op Unsplash

As jy gelukkig is, sal jy die botafumeiro (sien video onder) in die katedraal sien, ’n tradisie waar ’n yslike wierookbak deur agt mans opgehys en deur die lug geslinger word. Die tradisie is dat jy ’n draai by Jakobus se graf maak (onder die katedraal).

Die Netwerk24-toergroep wag rustig vir die botafumeiro-seremonie om te begin. (Foto: Evan Naudé)

Die Netwerk24-toergroep wag rustig vir die botafumeiro-seremonie om te begin. (Foto: Evan Naudé)

Onthou om die beeld van Jakobus (binne die katedraal) ’n drukkie te gee en ’n versoek in sy oor te fluister.

Die katedraal bied ook Engelse toere waar jy op die dak kan staan en sien hoe dit deur die eeue herbou is. Dit bied boonop ’n heerlike uitsig op die plein.

Die stapgids sal jou Compostela namens jou by die pelgrimskantoor gaan haal. Jy hoef dus nie in 'n lang ry hiervoor te gaan staan nie.

Geniet die dorp se heerlike atmosfeer en kuier vir oulaas saam met medepelgrims in die straatkafees.

Kan jy glo jy het te voet tot hier gekom?

AS JY NOG TYD HET:
Tot by Finisterre en Muxía
As jy nog verlof en energie het, stap die laaste stuk tot by Finisterre Fisterra, die “einde van die wêreld”, waar jy die son kan sien sak op die krans by die 0 km-baken. Eet van die lekker seekos op die seefront.

WIL JY EERDER DIE PORTUGESE CAMINO STAP?

Die eerste Portugese Netwerk24-Camino-toer vind 11 tot 26 September 2024 plaas.

PROE DIÉ HOOGTEPUNTE

Die geregte en peuselhappies op die Camino gaan vir goeie herinneringe sorg. Hier is enkeles wat jy moet proe:

  • Pulpo is seekat wat ure lank gekook en daarna in medalje-vormige stukke in olie gebraai en met paprika voorgesit word. Dit word gewoonlik op ’n groot bord met tandestokkies bedien. Dis ryker as die calamari wat ons in Suid-Afrika ken en jy sal óf mal wees daaroor óf nie jou lippe daaraan sit nie. Die dorp Melide is veral bekend vir sy pulpo, maar jy kry dit oral langs die Camino.
  • Tortilla de patatas is pelgrim-manna! Dis ’n groterige omelet met aartappels wat soos ’n quiche in skywe gesny en voorgesit word.
  • Tarta de Santiago (Santiago-tert) is ’n tert van amandelmeel waarop die kruis van Jakobus met versiersuiker gestensil is. Dit word dikwels as nagereg by die pelgrimsmaal voorgesit.
  • Lus vir koffie met melk? Bestel café con leche.
  • As jy ’n wynliefhebber is, proe die Mencía-rooiwyn in Villafranca del Bierzo of ’n crianza. Dit is eintlik die La Rioja-streek (in die omgewing van Logroño en Burgos) wat bekend is vir sy crianza, maar jy sal dit ook op die latere deel van die Camino kan bestel.

Pulpo (Foto: iStock)

Pulpo (Foto: iStock)

Foto: Pixabay

Foto: Pixabay

cafe con leche

Foto deur Jon Tyson op Unsplash

Foto deur Jon Tyson op Unsplash