Die Portugese Camino is die tweede gewildste Camino-roete na Santiago de Compostela.
Volg ’n pragtige kusroete uit die prentjiemooie Porto vir ’n onvergeetlike pelgrimstog langs die see!
So lyk die roetekaart.
Die totale afstand van Porto na Santiago de Compostela is sowat 280 km. Jy stap elke dag vir 13 dae en stap ’n daaglikse gemiddelde afstand van 21 km. Sommige dae is gemaklik en plat langs die see, ander dae klim en daal die roete.
WAAR BEGIN ONS?
PORTO
Die wegspringpunt is die stad Porto in die noorde van Portugal. Porto is een van die oudste stede in Europa en boonop ’n Unesco-wêrelderfenisgebied. Ons stap langs die Portugese Kusweg, een van die gewildste alternatiewe Camino roetes na Santiago de Compostela.
Porto. Foto: Evan Naudé
Porto. Foto: Evan Naudé
VIANA DO CASTELO
In Viana do Castelo besoek jy ’n indrukwekkende katedraal bo-op ’n heuwel met ’n skitterende uitsig oor die stad.
Viana do Castelo. Foto: Canva
Viana do Castelo. Foto: Canva
PONTEVEDRA
In Pontevedra kan jy gaan kyk na die La Virgen Peregrina, ’n kerk wat bekend is vir sy Camino-skulpie argitektuur.
Foto: Canva
Foto: Canva
SANTIAGO DE COMPOSTELA
Hierdie is die grootste oomblik van jou Camino, die voltooiing van jou pelgrimstog!
Foto: Canva
Foto: Canva
KOM SAAM!
CAMINO-KUSROETE, PORTUGAL
WANNEER?
28 Mei - 11 Junie 2026
KOSTE
2 950 euro* per persoon wat deel
*Netwerk24-intekenare kry afslag op die toerprys.
'n Aanvulling geld vir enkelreisigers.
Jy kan ook dadelik jou naam op die lys voeg deur die aanlynvorm hieronder in te vul.
PORTUGESE CAMINO REISPLAN
ROETE
Porto tot Santiago
AFSTAND
280 km
TYDPERK
15 dae
DATUMS
28 Mei - 11 Junie 2026
KOM ONS STAP!
DAG 1
AANKOMS IN PORTO
HOOGTEPUNT
Sononder-bootrit op die Dourorivier
Welkom in pragtige Porto! Hierdie prentjiemooi stad langs die Dourorivier is een van Europa se oudste stede en is bekend vir sy indrukwekkende brûe, antieke argitektuur en natuurlik ook port wyn wat na dié stad vernoem is.
Vandag verken ons die stad en vaar met ’n bootrit op die Douro voor ons aansit vir ons eerste smullekker aandete saam.
DAG 2
PORTO - VILA DO CONDE
Afstand: 21 km
Tyd: 5 - 7 ure
Foto: Maryke Cumpsty
Foto: Maryke Cumpsty
Hier spring jy weg en neem die eerste treë van ’n onvergeetlike avontuur.
’n Kort busrit neem jou na die kuslyn op die buitewyke van die stad. Druk gerus jou tone in die seewater en groet die noordelike Atlantiese oseaan, want dis ’n ewige metgesel soos die Camino jou noord lei.
Hier spring jy weg en neem die eerste treë van jou Camino. Vandag lei die roete jou seelangs op plankpaadjies verby klein kusdorpies met uitgestrekte strande tussen-in.
Foto: Evan Naudé
Foto: Evan Naudé
Foto: Evan Naudé
Foto: Evan Naudé
DAG 3
VILA DO CONDE - FAÕ
Afstand: 23 km
Tyd: 4 - 6 ure
Op jou tweede stapdag verken jy die kuslyn verder. Verwag nog strande en kusdorpe met netjiese promenades, vissersbote en seekosrestaurante. Kyk uit vir die antieke klipsteen-windmeulens.
Foto: Evan Naudé
Foto: Evan Naudé
Foto: Evan Naudé
Foto: Evan Naudé
Op die tweede helfde van die roete draai jy weg van die see af en stap effe aan die binneland voor jy weer kus toe draai na jou bestemming vir die aand.
DAG 4
FAÕ - VIANA DO CASTELO
Afstand: 33 km
Tyd: 6 - 8 ure
Vanoggend kruis jy die Cavadorivier en volg ’n mooi promenade langs die see voor die roete jou deur woonbuurte en pragtige woude lei.
Anderkant die Limiarivier bereik jy Viana do Castelo met sy indrukwekkende tempel bo-op ’n berg.
Esposende Foto: Maryke Cumpsty
Esposende Foto: Maryke Cumpsty
Die trappe na die Castelo de Neiva-kerk. Foto: Evan Naudé
Die trappe na die Castelo de Neiva-kerk. Foto: Evan Naudé
Viana do Castelo. Foto: Canva
Viana do Castelo. Foto: Canva
DAG 5
VIANA DO CASTELO - VILA PRAIA DE ANCORA
Afstand: 19,5 km
Tyd: 4 - 6 ure
Vandag lei die Camino jou deur ’n reeks woonbuurte bo die kuslyn voor jy weer deur ’n woudagtige gedeelte stap.
Jou eindbestemming, Vila Praia de Ancora, is ’n oulike kusdorp langs die monding van die Ancorarivier wat gewild is onder branderplankryers.
Vila Praia de Ancora. Foto: Evan Naudé
Vila Praia de Ancora. Foto: Evan Naudé
DAG 6
VILA PRAIA DE ANCORA - A GUARDA
Afstand: 14 km
Tyd: 3 - 4 ure
Neem foto’s en eet vir oulaas jou gunsteling Portuguese kos, want vandag groet jy vir Portugal en steek die grens oor na Spanje.
Eers loop jy weer langs ’n rotsagtige kuslyn voor jy die Minhorivier, die grens tussen Spanje en Portugal, bereik. Hier neem jy ’n watertaxi na die oorkant en betreë Spanje.
Foto: Maryke Cumpsty
Foto: Maryke Cumpsty
Die Netwerk24 Camino-stappers op koers. Foto: Maryke Cumpsty
Die Netwerk24 Camino-stappers op koers. Foto: Maryke Cumpsty
DAG 7
A GUARDA - OIA
Afstand: 16 km
Tyd: 4 - 5 ure
Die Atlantiese Oseaan is weer heeldag jou metgesel aan linkerkant. Vandag lei die Camino jou langs die see, deur woonbuurte en met tye op die voetheuwels bo die kuslyn.
In Oia kry jy ’n pragtige klooster, die Royal Monastery of Santa Maria de Oia, wat uit die 12de eeu dateer.
A Guarda. Foto: Maryke Cumpsty
A Guarda. Foto: Maryke Cumpsty
DAG 8
OIA - BAIONA
Afstand: 21 km
Tyd: 5 - 6 ure
Vandag draai die kuslyn ooswaarts in die rigting van Baiona. Dié stad is bekend vir die plek waar een van Christopher Columbus se skepe, die Pinta, aangeland het en ná sy verkenningstog na die Amerikas. Jy kan gaan kyk na ’n replika van sy skip in die hawe, en ook die Monterreal-kasteel besoek.
Foto: Maryke Cumpsty
Foto: Maryke Cumpsty
Foto: Evan Naudé
Foto: Evan Naudé
DAG 9
BAIONA - VIGO
Afstand: 25 km
Tyd: 6 - 8 ure
Vanoggend steek jy die Miñorivier met ’n middeleeuse brug oor en stap verby woonbuurte voor die roete weer deur woude vleg.
In die namiddag, soos jy die buitewyke van Vigo nader, stap jy langs besige strate en geboue maar die pragtige oudorp in die middestad maak op daarvoor.
DAG 10
VIGO - ARCADE
Afstand: 25 km
Tyd: 6 - 8 ure
Vanoggend stap jy vir ’n wyle deur die buitewyke van die stad voor die roete jou terug na die skadu van die woude lei.
In die namiddag stap jy deur Redondela waar jy meer pelgrims oplet. Dis hier waar die sentrale Camino by die kusroete aansluit vir die laaste ent tot in Santiago de Compostela.
Foto: Evan Naudé
Foto: Evan Naudé
DAG 11
ARCADE - PONTEVEDRA
Afstand: 14 km
Tyd: 3 - 4 ure
Vandag volg jy die Camino se pyle langs nou paadjies, grondpaaie en woude met ’n paar mak heuwels padlangs. Die klein dorpies en plattelandse paaie wat jy hier kry is tipiese Camino tonele.
In Pontevedra kan jy gaan kyk na die La Virgen Peregrina, ’n kerk wat bekend is vir sy Camino-skulpie argitektuur.
Arcade. Foto: Maryke Cumpsty
Arcade. Foto: Maryke Cumpsty
DAG 12
PONTEVEDRA - CALDAS DE REIS
AFSTAND: 24 km
Tyd: 5 - 7 ure
Jy groet vandag die kuslyn en volg die Camino na die binneland. Nog klein dorpies en agterpaaie, dié keer verby wingerde hier en daar, is op vandag se roete. Caldas de Reis is bekend vir sy warmwaterbronne (caldas).
Die dorp het daarom ontstaan en jy kan een van die warmbaddens besoek om jou spiere te ontspan.
Caldas de Reis. Foto: Canva
Caldas de Reis. Foto: Canva
Foto: Evan Naudé
Foto: Evan Naudé
DAG 13
CALDAS DE REIS - PADRON
Afstand: 19 km
Tyd: 4 - 6 ure
Die roete lei jou vandag deur pragtige woude en stil plaasgebiede voor jy die Ullarivier duskant Padron oorsteek.
Padron is bekend vir twee dinge: Sy gewilde groen rissies, padron peppers, en die legende dat die oorskot van die Apostel Johannes per boot tot hier uit Jerusalem gekom het voor dit na Santiago de Compostela vervoer is.
Die gewilde groen rissies (padron peppers) van Padron. (Foto: Canva)
Die gewilde groen rissies (padron peppers) van Padron. (Foto: Canva)
Padron. Foto: Evan Naudé
Padron. Foto: Evan Naudé
Padron. Foto: Evan Naudé
Padron. Foto: Evan Naudé
DAG 14
PADRON - SANTIAGO DE COMPOSTELA
Afstand: 25 km
Tyd: 6 - 8 ure
Die opwinding is groot, want jy voltooi vandag jou pelgrimstog! Geniet elke oomblik se stap deur die Spaanse platteland soos jy die eindpunt nader. In Santiago volg jy die Camino se geel pyle vir oulaas deur Santiago se prentjiemooi strate tot by die Praza do Obradoiro, die plein voor die Santiago katedraal.
Dis die grootste oomblik van jou Camino, die voltooiing van jou pelgrimstog!
DAG 15
SANTIAGO DE COMPOSTELA
Laaste dag
Geniet ’n rustige dag in Santiago de Compostela om die stad behoorlik te verken. Vandag ontvang jy jou compostela (die amptelike Camino sertifikaat van voltooiing), besoek die katedraal vir ’n nagmaaldiens en snuffel deur die versameling museums, koffiewinkels en aandenkingswinkels.
Die stapgroep geniet ’n laaste aandete saam en vier fees ná die ervaring van ’n leeftyd.
Die katedraal in Santiago de Compostela en pelgrimstradisies
Tydens die nagmaaldiens, sal jy die botafumeiro (sien video onder) in die katedraal sien, ’n tradisie waar ’n yslike wierookbak deur agt mans opgehys en deur die lug geslinger word. Die tradisie is dat jy ’n draai by Jakobus se graf maak (onder die katedraal).
Die Netwerk24-toergroep wag rustig vir die botafumeiro-seremonie om te begin. (Foto: Evan Naudé)
Die Netwerk24-toergroep wag rustig vir die botafumeiro-seremonie om te begin. (Foto: Evan Naudé)
Onthou om die beeld van Jakobus (binne die katedraal) ’n drukkie te gee en ’n versoek in sy oor te fluister.
Die katedraal bied ook Engelse toere waar jy op die dak kan staan en sien hoe dit deur die eeue herbou is. Dit bied boonop ’n heerlike uitsig op die plein.
Die stapgids sal jou Compostela namens jou by die pelgrimskantoor gaan haal. Jy hoef dus nie in 'n lang ry hiervoor te gaan staan nie.
Geniet die dorp se heerlike atmosfeer en kuier vir oulaas saam met medepelgrims in die straatkafees.
Kan jy glo jy het te voet tot hier gekom?





