PORTUGESE CAMINO

Kom stap saam
met Netwerk24!

Foto: Canva

Foto: Canva

Die Portugese Camino is die tweede gewildste Camino-roete na Santiago de Compostela.

Volg ’n pragtige kusroete uit die prentjiemooie Porto vir ’n onvergeetlike pelgrimstog langs die see!

So lyk die roetekaart.

Die totale afstand van Porto na Santiago de Compostela is sowat 280 km. Jy stap elke dag vir 13 dae en stap ’n daaglikse gemiddelde afstand van 22 km, maar gelukkig is die oorgrote meerderheid daarvan plat terrein teen seevlak.

WAAR BEGIN ONS?

PORTO

Die wegspringpunt is in die stad Porto op die noordelike kus van Portugal. Van hier af stap jy langs ’n pragtige kusroete wat jou deur historiese kusdorpies, uitgestrekte strande en plattelandse gedeeltes met digte woude lei na jou eindbestemming in Santiago de Compostela.

Foto: Canva

Foto: Canva

VIANA DO CASTELO
In Viana do Castelo besoek jy ’n indrukwekkende katedraal bo-op ’n heuwel met ’n skitterende uitsig oor die stad.

VIANA DO CASTELO

Foto: Canva

Foto: Canva

PONTEVEDRA
In Pontevedra kan jy gaan kyk na die La Virgen Peregrina, ’n kerk wat bekend is vir sy Camino-skulpie argitektuur.

Foto: Canva

Foto: Canva

SANTIAGO DE COMPOSTELA
Hierdie is die grootste oomblik van jou Camino, die voltooiing van jou pelgrimstog!

Foto: Canva

Foto: Canva

KOM SAAM! BESPREEK HIER

Hoe werk die Netwerk24-Camino-toere? En hoeveel kos dit?

Jy kan ook dadelik jou naam op die lys voeg deur die aanlynvorm hieronder in te vul.

REISPLAN EN HOOGTEPUNTE VAN DIE PORTUGESE CAMINO

Foto:Canva

Foto:Canva

ROETE: Porto tot Santiago

AFSTAND: 280 km

TYDPERK: 14 aande, 15 dae

DATUMS:
11 - 26 September 2024


Die moeilikheidsgraad vir elke dag word só aangedui:

1 Camino-skulpie:
"Ag, dit was nou maklik"
2 Camino-skulpies:
"Dit was oukei, maar ek verdien ’n bier."
3 Camino-skulpies:
"Nou begin dinge ernstig raak!"

4 Camino-skulpies:
"Hou bene, hou"

5 Camino-skulpies:
"Hoekom op aarde wou ek dié doen?!"

KOM ONS STAP!

DAG 1
AANKOMS IN PORTO

Afstand: 0 km

HOOGTEPUNT
Sononder-bootrit op die Dourorivier

Welkom in pragtige Porto! Hierdie prentjiemooi stad op langs die Dourorivier is een van Europa se oudste stede en is bekend vir sy indrukwekkende brûe, antieke argitektuur en natuurlik ook port wyn wat na dié stad vernoem is.

Vandag verken ons die stad en vaar met ’n sononder-bootrit op die Douro voor ons aansit vir ons eerste smullekker aandete saam.

Porto

Foto: Unsplash

Foto: Unsplash

Porto

Foto: Unsplash

Foto: Unsplash

a river that has a bunch of boats in it

Foto: Unsplash

Foto: Unsplash

DAG 2
PORTO - VILA DO CONDE

Afstand: 22 km

"Hier spring jy weg en neem die eerste treë van ’n onvergeetlike avontuur. "

’n Kort busrit neem jou na die kus op die buitewyke van die stad. Druk gerus jou tone in die seewater en groet die noordelike Atlantiese oseaan, want dis ’n ewige metgesel aan jou linkerkant soos die Camino jou noordwaards lei.

Vandag lei die roete jou seelangs op plankpaadjies verby klein kusdorpies met uitgestrekte strande tussen-in. Onthou jou baaikostuum!

Foto: Unsplash

Foto: Unsplash

DAG 3
VILA DO CONDE - ESPOSENDE

Afstand: 24 km

Op jou tweede stapdag verken jy die kuslyn verder. Verwag nog aanloklike strande en kusdorpe met netjiese promenades, seiljagklubs en seekosrestaurante.

Hier en daar draai die roete weg van die see af en jy stap deur plaasgebiede. Kyk uit vir die antieke klipsteen- windmeulens langs die pad.

DAG 4
ESPOSENDE - VIANA DO CASTELO

Afstand: 21 km

HOOGTEPUNT
Viana do Castelo se katedraal

Die eerste helfte van die roete lei jou weer kuslangs, maar hierdie keer langs ongerepte strande aan die een kant en plaaslande aan die ander.

In die namiddag swaai die roete effe binneland toe en deur mooi woudagtige gedeeltes tussen-in plattelandse kusdorpies.

In Viana do Castelo besoek jy ’n indrukwekkende katedraal bo-op ’n heuwel met ’n skitterende uitsig oor die stad.

Foto: Canva

Dag 5
VIANA DO CASTELO - VILA PRAIA DE ANCORA

Afstand: 19 km

Vandag is die kuslyn meer rotsagtig met plekke wat jou aan die Weskus in Suid-Afrika sal herinner.

Jou roete loop vandag deur aaneenlopende dorpies met keisteenstrate en huise met terracotta dakteëls, maar ook woude en plase vir ’n bietjie afwisseling van die see.

Foto: Canva

Foto: Canva

Dag 6
VILA PRAIA DE ANCORA -
A GUARDA

Afstand: 17 km

HOOGTEPUNT
Mond van die Minhorivier waar jy ’n watertaxi neem.

Neem foto’s en eet vir oulaas jou gunsteling Portuguese kos, want vandag groet jy vir Portugal en steek die grens oor na Spanje.

Eers loop jy weer langs ’n rotsagtige kuslyn voor jy ’n ellelange strand voor die mond van die Minhorivier bereik. Hier neem jy ’n watertaxi na die oorkant en jy neem jou eerste treë in Spanje.

Foto: Canva

Foto: Canva

DAG 7

A GUARDA - BAIONA

Afstand: 30 km

Hou steeds die see aan jou linkerkant soos jy noordwaards vorder. Vandag wys die roete jou weer ’n reeks klein dorpies - kyk gerus uit vir die mooi kerk op die seefront in Oia.

Net voor Baiona klim jy die eerste noemenswaardige heuwel van jou Camino tot dusver, slegs ’n beskeie 90m hoog!

Baiona is bekend vir die plek waarvandaan Christopher Columbus weggetrek het op sy verkenningstog na die Amerikas en jy kan gaan kyk na ’n replika van sy skip.

Foto: Canva

Foto: Canva

Dag 8
BAIONA - VIGO

Afstand: 26 km

Vanoggend steek jy die Miñorivier oor en stap verby woonbuurte teen die see en ’n reeks strande tussen-in.

In die namiddag, soos jy die buitewyke van Vigo nader, stap jy langs besige strate en geboue maar die pragtige oudorp in die middestad maak op daarvoor.

Foto: Canva

Foto: Canva

DAG 9
VIGO - REDONDELA

Afstand: 16 km

’n Lekker kort stapdag lê voor soos die roete binneland toe swaai. Jy stap vandag hoog bo die kuslyn met beeldskone uitsigte van wye baaie en eilande onder jou.

In Redondela sal jy meer pelgrims oplet: Dis hier waar die sentrale Portugese Camino by die kusroete aansluit vir die laaste ent tot in Santiago de Compostela.

Foto: Canva

Foto: Canva

DAG 10
REDONDELA - PONTEVEDRA

Afstand: 20 km

Uit Redondela volg jy die Camino se pyle langs nou paadjies, grondpaaie en woude met ’n paar mak heuwels padlangs.

Die klein dorpies en plattelandse paaie wat jy hier kry is tipies aan die Camino en verskaf lekker tonele vir jou fotoalbum.

In Pontevedra kan jy gaan kyk na die La Virgen Peregrina, ’n kerk wat bekend is vir sy Camino-skulpie argitektuur.

DAG 11
PONTEVEDRA - CALDAS DE REIS

Afstand: 22 km

Jy groet vandag die kuslyn en volg die Camino na die binneland. Nog klein dorpies en agterpaaie, dié keer verby wingerde hier en daar, is op vandag se roete.

Caldas de Reis is bekend vir sy warmwaterbronne (caldas). Die dorp het rondom dit ontstaan en jy kan een van die warmbaddens besoek om jou spiere te ontspan.

Pontevedra

Pontevedra (Foto: Canva)

Pontevedra (Foto: Canva)

Caldas de Reis

Caldas de Reis (Foto: Canva)

Caldas de Reis (Foto: Canva)

DAG 12
CALDAS DE REIS - PADRON

AFSTAND: 18 km

Die roete lei jou vandag deur pragtige woude en stil plaasgebiede voor jy die Ullarivier duskant Padron oorsteek.

Volgens legende het die oorskot van die Apostel Johannes per boot tot hier uit Jerusalem gekom voor dit na die katedraal in Santiago de Compostela vervoer is.

Padron is bekend vir twee dinge: Sy gewilde groen rissies (padron peppers), en ’n legende wat vertel dat die oorskot van die Apostel Johannes per boot tot hier uit Jerusalem gekom het voor dit na die katedraal in Santiago de Compostela vervoer is.

Gewilde groen rissies (padron peppers)

Die gewilde groen rissies (padron peppers) van Padron. (Foto: Canva)

Die gewilde groen rissies (padron peppers) van Padron. (Foto: Canva)

DAG 13  
PADRON - SANTIAGO DE COMPOSTELA

Die Santiago de Compostela-katedraal

Die Santiago de Compostela-katedraal (Foto: Unsplash)

Die Santiago de Compostela-katedraal (Foto: Unsplash)

Afstand: 16 km

HOOGTEPUNT
Die aankoms op Praza do Obradoiro, Santiago de Compostela

Die opwinding is groot, want jy voltooi vandag jou pelgrimstog!

Geniet elke oomblik se stap deur die Spaanse platteland soos jy die eindpunt nader. In Santiago volg jy die Camino se geel pyle vir oulaas deur Santiago se prentjiemooi strate tot by die Praza do Obradoiro, die plein voor die Santiago katedraal.

Hierdie is die grootste oomblik van jou Camino, die voltooiing van jou pelgrimstog!

Hierdie is die grootste oomblik van jou Camino, die voltooiing van jou pelgrimstog!

Gooi ’n paar munte in by die musikant wat pelgrims al dekades lank op die plein verwelkom met sy doedelsak, ’n instrument wat in Galisië ontstaan het.

DAG 14
RUSDAG IN SANTIAGO DE COMPOSTELA

Geniet ’n rustige dag in Santiago de Compostela om die stad behoorlik te verken.

Vandag ontvang jy jou compostela (die amptelike Camino sertifikaat van voltooiing), besoek die katedraal vir ’n nagmaaldiens en snuffel deur die versameling museums, koffiewinkels en aandenkingswinkels.

Die stapgroep geniet ’n laaste aandete saam en vier fees ná die ervaring van ’n leeftyd.

DAG 15
VAARWEL PELGRIM!

Vandag groet jy jou mede-pelgrims en begin die reis huistoe, of elders, op jou eie. Mag die credo van Buen Camino! ewig met jou omgaan.

Die katedraal in Santiago de Compostela

Santiago de Compostela (Foto: Canva

Foto deur rafael furtado op Unsplash

Die katedraal in Santiago de Compostela en pelgrimstradisies

As jy gelukkig is, sal jy die botafumeiro (sien video onder) in die katedraal sien, ’n tradisie waar ’n yslike wierookbak deur agt mans opgehys en deur die lug geslinger word. Die tradisie is dat jy ’n draai by Jakobus se graf maak (onder die katedraal).

Die Netwerk24-toergroep wag rustig vir die botafumeiro-seremonie om te begin. (Foto: Evan Naudé)

Die Netwerk24-toergroep wag rustig vir die botafumeiro-seremonie om te begin. (Foto: Evan Naudé)

Onthou om die beeld van Jakobus (binne die katedraal) ’n drukkie te gee en ’n versoek in sy oor te fluister.

Die katedraal bied ook Engelse toere waar jy op die dak kan staan en sien hoe dit deur die eeue herbou is. Dit bied boonop ’n heerlike uitsig op die plein.

Die stapgids sal jou Compostela namens jou by die pelgrimskantoor gaan haal. Jy hoef dus nie in 'n lang ry hiervoor te gaan staan nie.

Geniet die dorp se heerlike atmosfeer en kuier vir oulaas saam met medepelgrims in die straatkafees.

Kan jy glo jy het te voet tot hier gekom?

Foto: Evan Naudé

Foto: Evan Naudé

Wil jy eerder die Camino Franse Weg stap?

Die Franse Weg-toer vind 1 tot 15 Oktober 2024 plaas.