Ons ken die uitdrukking ‘slaap soos ’n baba’. Maar wat beteken dit? Hier’s die antwoord, plus nog dinge wat jy dalk nie van slaap geweet het nie.

1. Ons spandeer 'n derde van ons lewens aan slaap.

2. 'n Volledige slaapsiklus duur gemiddeld tussen 90 en 110 minute. Ongeveer 75% van die siklus vind plaas in die vier nie-REM-stadiums, en die res in die REM-stadium (REM is die afkorting vir “rapid eye movement”). Dit is noodsaaklik om deur al die fases te gaan om verfris te voel.

3. Mense is die enigste soogdiere wat slaap gewilliglik vertraag.

4. Babas benodig gewoonlik ongeveer 16 uur slaap per dag.

5. 'n Baba kan veroorsaak dat sy ouers in die eerste jaar ongeveer 400 tot 750 uur slaap verloor.

6. Sewentien uur volgehoue wakkerheid lei tot 'n afname in prestasie gelykstaande aan 'n bloedalkoholvlak van 0,05 persent.

7. Die onwillekeurige spierspasmas wat ons soms ervaar net voordat ons aan die slaap raak, is bekend as 'n hipniese ruk.

8. See-otters hou mekaar se pote vas as hulle slaap sodat hulle nie van mekaar wegdryf nie.

9. Volgens die Amerikaanse Nasionale Instituut vir Neurologiese Afwykings en Beroerte word ons neurone sonder slaap só getap van energie en só besoedel met die neweprodukte van normale sellulêre aktiwiteite dat hulle begin wanfunksioneer.

10. Jou immuunstelsel het ook rustyd nodig. Navorsing het getoon dat wanneer jy te min slaap reageer jou immuunstelsel op dieselfde manier as wanneer jy onder stres is. Met verloop van tyd kan dit jou gesondheid in gevaar stel en jou meer vatbaar maak vir infeksie.