Nasionale tesourie
EOH Holdings
Alexkor
Vrystaatse asbesdak-skandaal
Vrystaatse behuisingsprojek
Eskom

Nasionale tesourie

DIE ROLSPELERS

gray steel gate closed with padlock

• Oudpres. Jacob Zuma
• Gupta-familie, veral Rajesh "Tony" Gupta
• Tina Joemat-Pettersson, destydse minister van energie
• Dudu Myeni, destydse voorsitter van die direksie van die SAL
• Nhlanhla Nene, toe adjunkminister van finansies

• Des van Rooyen, wat op 9 Desember 2015 as minister van finansies aangestel is
• Mcebisi Jonas, destydse adjunkminister van finansies, wat deur die Guptas die pos van minister van finansies aangebied is, maar hy weier dit
• Duduzane Zuma, ’n seun van oudpres. Jacob Zuma, wat afsprake namens die Guptas reël
• Brian Molefe, vir wie Zuma as minister van finansies wou aanstel

In die hoofrol

Duduzane Zuma

Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, het in Oktober 2019 voor die kommissie getuig en Tony Gupta as ’n geliefde en nabye vriend en sakevennoot beskryf.

“That’s my guy,” is die woorde waarmee hy Tony Gupta beskryf het.

Hy het bevestig dat hy ’n wit Rolls-Royce gehad het en gesê: “Ek het goed gevaar, voorsitter. Ek het goed gevaar.”

Duduzane was die sleutelfiguur wat Mcebisi Jonas, toe adjunkminister van finansies, op 23 Oktober 2015 na die Gupta-woning in Saxonwold geneem het. 

Jonas het hieroor getuig dit was die keer toe een van die Gupta-broers vir hom gesê het hy moet die volgende minister van finansies word.

Hy was nie seker watter van die Gupta-broers dit was nie.

Volgens Jonas het die Gupta-broer R600 miljoen aan hom belowe en na Duduzane gewys en gesê hulle (die Guptas) het van hom ’n miljardêr gemaak en hy kon ’n eiendom in Dubai koop.

Duduzane Zuma (Foto: Gallo Images)

Duduzane Zuma (Foto: Gallo Images)

ZONDO SE BEVINDINGS

Daar was van 2012 tot 2017 pogings deur Zuma, Joemat-Pettersson en Myeni om die nasionale tesourie te beïnvloed om transaksies goed te keur wat nie in die land se belang was nie of nie finansieel bekostigbaar was nie.

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Gallo Images)

Nene het getuig hy het die Gupta-woning ses keer en Sahara Computers twee keer besoek. Hy voer aan dat hy nooit enige gunste gevra is nie. Dit is moeilik om te glo.

Daar is egter nie genoeg getuienis om ’n bevinding te maak dat die Guptas nooit enige gunste van Nene gevra het nie.

Van die belangrike gebeure is:

• Die Guptas wat die pos van minister van finansies aan Mcebisi Jonas aangebied het (Jonas het hierdie aanbod geweier.);

• Die afdanking van Nhlanhla Nene as minister van finansies op 9 Desember 2015;

Joemat-Pettersson wat ’n brief, wat bedoel was vir die Russiese owerhede, aan Nene gegee het om te teken vir ’n kernkrag-ooreenkoms. Hy het geweier en ook aan Zuma gesê hy kan dit nie teken nie;

Tina Joemat-Pettersson, destydse minister van energie (Foto: Getty Images)

• Die aanstelling van Des van Rooyen as minister van finansies op dieselfde dag asook die aanstelling van raadgewers met Gupta-bande vir Van Rooyen. Daar is geen twyfel dat Van Rooyen ’n Gupta-minister was nie. Hy het die Gupta-woning verskeie kere besoek;

• Die skuif van Van Rooyen na die ministerie van samewerkende regering en tradisionele sake;

Des van Rooyen is op 9 Desember 2015 as minister van finansies aangestel. (Foto: Lisa Hnatowicz)

• Die teistering van Pravin Gordhan in sy tweede termyn as minister van finansies deur die Valke; en

• Die afdanking van Gordhan en Jonas op 31 Mei 2017 met Malusi Gigaba wat Gordhan vervang het;

Dit het gevolg nadat Gordhan en Nene onder meer teenkanting gewys het teen die kernkrag-ooreenkoms, die Airbus-transaksie deur die SAL, die Khartoem-roete van die SAL, die PetroSA-transaksie en Denel se Asië-planne.

Zondo het bevind die grootste transaksie wat die Suid-Afrikaanse regering nog wou beklink (die kernkragbouprogram), sou ’n geskatte R1 000 miljard kos, maar daar is probeer om die proses te versnel ondanks ernstige leemtes.

Wat die PetroSA-ooreenkoms betref, was die plan dat PetroSA al die Engen-aandele oorkoop teen R18,67 miljard.

Net soos die kernkrag-ooreenkoms, is daar ’n tekort aan behoorlike sorg wanneer daar kontrakte met groot bedrae staatsgeld betrokke is, het Zondo bevind.

’n Mens sidder om te dink wat met die tesourie sou gebeur het as Zuma suksesvol was om Brian Molefe as minister van finansies aan te stel, in ag genome die skade wat hy en die Guptas aan Transnet aangerig het.

Brian Molefe, wat Zuma as minister van finansies wou aanstel. (Foto: Gallo Images)

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Gallo Images)

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Gallo Images)

Tina Joemat-Pettersson, destydse minister van energie (Foto: Getty Images)

Tina Joemat-Pettersson, destydse minister van energie (Foto: Getty Images)

Des van Rooyen is op 9 Desember 2015 as minister van finansies aangestel. (Foto: Lisa Hnatowicz)

Des van Rooyen is op 9 Desember 2015 as minister van finansies aangestel. (Foto: Lisa Hnatowicz)

Brian Molefe, wat Zuma as minister van finansies wou aanstel. (Foto: Gallo Images)

Brian Molefe, wat Zuma as minister van finansies wou aanstel. (Foto: Gallo Images)

ZONDO SE AANBEVELINGS

Die NVG moet oorweeg om strafregtelike prosedure teen Rajesh "Tony" Gupta in te stel vir omkopery en korrupsie in ag genome die miljoene rande wat hy aan Jonas aangebied het as hy sou instem om die minister van finansies te word en saam met die Gupta-familie te werk.

EOH Holdings

DIE ROLSPELERS

brown wooden tool on white surface

• Zizi Kodwa, huidige adjunkminister van staatsveiligheid
• Jehan Mackay, EOH se voormalige hoof met betrekking tot staatskontrakte

ZONDO SE BEVINDINGS

Die geval van EOH is uniek, sê die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.

EOH het proaktief opgetree en is die enigste van al die maatskappye waaroor getuig is voor die kommissie wat die kommissie genader het om in die openbaar bekend te maak wat in die verlede by die maatskappy gebeur het en wat gedoen is om die saak reg te stel.

EOH is ’n IT-maatskappy wat op die JSE genoteer is.

Foto: Verskaf

Stephen van Coller, uitvoerende hoof van EOH, het voor die Zondo-kommissie getuig dat hy kort ná sy aanstelling in September 2018 bewus geword het van onreëlmatighede met tenders wat deur die staat aan EOH toegeken is. 

Daarna het hy ’n ondersoek deur ENS Forensics laat doen en daar is bevind ’n klein groepie werknemers het glo tenderprosesse omseil en onregmatig subkontrakteurs aangestel.

Die kommissie bedank Van Coller en die direksie van die maatskappy oor hul benadering.

Stephen van Coller, uitvoerende hoof van EOH, het voor die Zondo-kommissie getuig dat hy kort ná sy aanstelling in September 2018 bewus geword het van onreëlmatighede met tenders wat deur die staat aan EOH toegeken is. 

Jehan Mackay, EOH se voormalige hoof met betrekking tot staatskontrakte, het Zizi Kodwa, huidige adjunkminister van staatsveiligheid, na bewering probeer manipuleer

In daardie stadium was Kodwa nie regstreeks betrokke by die regering om tenderprosesse te kon manipuleer nie.

Van Coller het getuig die vorige bestuur van EOH het mense met politieke verbintenisse gebruik as tussengangers om kontrakte te verkry. Dit was voordat hy aangestel is.

Hy het ook getuig oor skenkings aan die ANC en ANC-amptenare, asook betalings vir uitgawes van die ANC deur tussengangers of subkontrakteurs.

Dit sluit in ’n betaling van R582 100 aan die ANC in die Groter-Johannesburg-streek; ook R20 527 aan die Sandton-konferensiesentrum namens die ANC; ’n verdere betaling van R70 000 aan die ANC op 22 Augustus 2014; ’n skenking van R151 000 op 1 November 2013; ’n skenking van R2 miljoen op 13 Desember 2013 en ’n skenking van R3 miljoen op 16 April 2014; en ’n betaling van R1,5 miljoen aan die Groter-Johannesburg-ANC-tak. 

EOH-entiteite het R1,68 miljoen betaal aan Kodwa. Dit was volgens Kodwa ’n lening.

Kodwa het getuig sowat R1,7 miljoen is aan hom betaal toe hy geldelike probleme gehad het, maar dit was nie vir enige gunste van sy kant af nie.

Zizi Kodwa, huidige adjunkminister van staatsveiligheid (Foto: Getty Images)

Dit is duidelik dat Mackay probeer het om invloed te verkry deur die “lenings” aan Kodwa en om aan hom luukse akkommodasie te verskaf, het Zondo bevind.

Hoewel daar geen bewyse voor die kommissie was van onreëlmatighede wat deur Kodwa gepleeg is nie, moet dit uitgewys word dat die kommissie weens te min tyd nie ’n ondersoek kon doen oor wat Kodwa gedoen of nie gedoen het nie.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Stephen van Coller, uitvoerende hoof van EOH, het voor die Zondo-kommissie getuig dat hy kort ná sy aanstelling in September 2018 bewus geword het van onreëlmatighede met tenders wat deur die staat aan EOH toegeken is. 

Stephen van Coller, uitvoerende hoof van EOH, het voor die Zondo-kommissie getuig dat hy kort ná sy aanstelling in September 2018 bewus geword het van onreëlmatighede met tenders wat deur die staat aan EOH toegeken is. 

Zizi Kodwa, huidige adjunkminister van staatsveiligheid (Foto: Getty Images)

Zizi Kodwa, huidige adjunkminister van staatsveiligheid (Foto: Getty Images)

ZONDO SE AANBEVELINGS

Pres. Cyril Ramaphosa moet Kodwa se posisie as adjunkminister heroorweeg in ag genome dat Kodwa in ’n netelige posisie is teenoor Mackay en geld aan hom skuld.

As ’n adjunkminister is Kodwa nou in die onhoudbare posisie waar hy moontlik ’n verdagte is in verskeie  ondersoeke.

Mackay moet ondersoek word met die oog op ’n strafregtelike vervolging.


Foto: Getty Images

Foto: Getty Images

Alexkor

DIE ROLSPELERS

brown wooden tool on white surface

• Oudpres. Jacob Zuma
• Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings
• Gupta-familie
• Scarlet Sky Investments, ’n Gupta-verwante maatskappy

• Daniel Nathan en direkteure en werknemers van Scarlet Sky Investments
• Rafique Bagus, wat in September 2021 deur die destydse minister Malusi Gigaba aangestel is as voorsitter van die Alexkor-direksie
• Gavin Craythorne, ’n kontrakteur wat jare vir Alexkor diamante in die see ontgin het

ZONDO SE BEVINDINGS

Die kommissie het gehoor Alexkor het die waarde van die diamante wat nog onder sediment in die see was grootliks onderbeklemtoon volgens Gavin Craythorne, ’n kontrakteur wat jare vir Alexkor diamante in die see ontgin het.

Craythorne het getuig Bagus het in ’n parlementêre voorlegging aanbeveel dat dit die beste vir die inwoners van Namakwaland en die Richtersveld sou wees as die diamantmaatskappye Trans Hex en De Beers die aandeel van Alexkor in die diamantbedryf uitkoop.

Gavin Craythorne, ’n kontrakteur wat jare vir Alexkor diamante in die see ontgin het. (Foto: Gallo Images)

Nadat Malusi Gigaba in 2010 deur oudpres. Jacob Zuma as minister van openbare ondernemings aangestel is, is ’n plan glo geformuleer om Alexkor se kernfokus te verskuif van diamante na die myn van steenkool in Mpumalanga, wat glo deel was van die Guptas se planne om steenkool aan Eskom te verskaf.

Gavin Craythorne, ’n kontrakteur wat jare vir Alexkor diamante in die see ontgin het. (Foto: Gallo Images)

Gavin Craythorne, ’n kontrakteur wat jare vir Alexkor diamante in die see ontgin het. (Foto: Gallo Images)

ZONDO SE AANBEVELINGS

Die direksie van Alexkor, die staat se diamantmaatskappy in Alexanderbaai, moet ’n deeglike ondersoek doen oor betalings aan die Gupta-verwante maatskappy Regiments om te bepaal watter dienste Regiments gelewer het.

Die maatskappy Scarlet Sky Investments (’n Gupta-verwante maatskappy) moet verder ondersoek word oor diamante van 196,15 karaat met ’n waarde van R5,1 miljoen, wat nie in die maatskappye se register aangeteken is nie.

Ondersoek moet ook gedoen word ingevolge die diamantwet oor ’n onderbetaling van R1,7 miljoen ná die verkoop van diamante in ’n transaksie bekend as die 248-transaksie.

Daar moet ook ondersoek word of al die mense wat ongeslypte diamante gekoop het en betrokke was by Scarlet Sky Investments die nodige lisensies daarvoor gehad het.

Die mynkontrak en verdeling van inkomste tussen Alexkor en kontrakteurs moet ondersoek word.

Korrupsie weens bepaalde praktyke en die betrokkenheid van sekere individue by Alexkor moet uitgeroei word.

Die kontrak tussen Alexkor en Scarlet Sky Investments moet ondersoek word omdat Scarlet Sky Investments nie ’n lisensie gehad het om met diamante te handel nie en dit ook nie bemark kon word nie.

Die moontlike vervolging van Daniel Nathan en direkteure en werknemers van Scarlet Sky Investments moet oorweeg word.

Lede van die Alexkor-tenderkomitee en ook Rafique Bagus, wat in September 2021 deur oudminister Malusi Gigaba aangestel is as voorsitter van die Alexkor-direksie, moet verder ondersoek word.

Wetstoepassers moet ’n ondersoek doen met die oog op vervolging van enige direkteur, uitvoerende hoof of werknemer van Scarlet Sky Investments vir die oortreding van die diamantwet.

Die hawe by Alexanderbaai. Foto: Argief
Foto: Unsplash

Vrystaatse asbesdak-skandaal

DIE ROLSPELERS

brown wooden tool on white surface

• Oudpres. Jacob Zuma
• Edwin Sodi, sakeman van Gauteng
• Ignatius “Igo” Mpambani, Sodi se sakevennoot
• Ace Magashule, voormalige Vrystaatse premier
• Thabane Zulu, voormalige direkteur-generaal van menslike nedersettings
• Nthimotse Mokhesi, geskorste hoof van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings

In die hoofrol

Edwin Sodi

Op 6 Oktober 2020 word beslag gelê op Edwin Sodi se spogmotors nadat die hooggeregshof sy bates voorlopig bevries het in verband met die asbesdakke-saak in die Vrystaat.

Die voertuie het ingesluit ’n bloedrooi Ferrari F151 FF en ’n blinkswart Porsche Cayenne met ’n geraamde gesamentlike waarde van R5,6 miljoen.

Altesame 29 voertuie was op die lys wat die nasionale vervolgingsgesag saamgestel het waarop daar beslag gelê moes word.

Benewens die Ferrari en Porsche, was daar ook ’n Rolls-Royce, ’n tweede Porsche en twee Bentleys op dié lys.
 

Edwin Sodi (Foto: Getty Images)

Edwin Sodi (Foto: Getty Images)

ZONDO SE BEVINDINGS

Wat dié tenderskandaal betref, fokus Zondo veral op die sakeman Edwin Sodi, wat in getuienis voor die Zondo-kommissie betrek is by die Vrystaatse asbesdak-projek van R255 miljoen

Sodi was een van twee sakevennote wat die projek aan die Vrystaatse regering voorgestel het.

Edwin Sodi, sakeman van Gauteng (Foto: Gallo Images/Papi Morake)

Sodi se vennoot, Ignatius “Igo” Mpambani, is in Junie 2017 helder oordag doodgeskiet waar hy in sy Bentley van sowat R3 miljoen in Sandton gesit het. Daar is R1 miljoen kontant in sy motor gekry.

Die lyk van die sakeman Ignatius “Igo” Mpambani naby die Bentley wat hy bestuur het toe hy in 2017 in sy motor geskiet is.  (Foto: Michael Butler/Sandton Chronicle)

Sodi en Mpambani se name is genoem in getuienis voor die Zondo-kommissie deur Mxolisi Dukwana, voormalige LUR vir ekonomiese ontwikkeling in die Vrystaat.

Dukwana het getuig Sodi se maatskappy, Blackhead Consulting, en Mpambani se maatskappy, Diamond Hill Trading 71, het ’n vennootskap gevorm en die kontrak van die Vrystaatse regering gekry sonder dat daar ’n oop tenderproses was.

Die kontrak was om ou asbesdakke, wat nog deel is van huise wat voor 1994 gebou is, te tel en ’n verslag daaroor te skryf.

Die twee vennote het die werk uitgekontrakteer aan Mastertrade 232, wat weer die werk uitgekontrakteer het aan die ORI Group.

Dukwana het getuig daar was ’n lys van betalings wat Mpambani glo gemaak het met voorletters en verwysings na amptenare wat omkoopgeld sou ontvang. Daarin is voorletters soos “AM” en “OM” asook name soos Steve en Martin en dan bedrae agter hul name: R10 miljoen aan “AM” en R1 miljoen aan “OM”.

Dukwana het in sy getuienis na Ace Magashule, voormalige Vrystaatse premier, verwys en gesê sy betrokkenheid by die asbesdak-oudit en die “kaping van R255 miljoen” wys hy is nie geskik vir sy amp in die ANC nie. Magashule was in daardie stadium die sekretaris-generaal van die ANC.

Ace Magashule (Foto: Gallo Images)

Dukwana het getuig die kaping van die asbesdak-projek is deur Magashule georganiseer en deur sy kantoor uitgevoer en dat dit niks anders as geldwassery was nie.

Edwin Sodi, sakeman van Gauteng (Foto: Gallo Images/Papi Morake)

Edwin Sodi, sakeman van Gauteng (Foto: Gallo Images/Papi Morake)

Die lyk van die sakeman Ignatius “Igo” Mpambani naby die Bentley wat hy bestuur het toe hy in 2017 in sy motor geskiet is.  (Foto: Michael Butler/Sandton Chronicle)

Die lyk van die sakeman Ignatius “Igo” Mpambani naby die Bentley wat hy bestuur het toe hy in 2017 in sy motor geskiet is.  (Foto: Michael Butler/Sandton Chronicle)

Ace Magashule (Foto: Gallo Images)

Ace Magashule (Foto: Gallo Images)

ZONDO SE AANBEVELINGS

Mokhesi moet verder ondersoek word vir moontlike vervolging op ’n klag van korrupsie oor sy besluit om ’n ooreenkoms aan te gaan met Blackhead Consulting en Diamond Hill. 

Die regering moet ’n regsmening kry oor moontlike regstappe om die geld te probeer terugkry vir die projek van Mokhesi en ander regeringsamptenare.

’n Regsmening moet verkry word om geld terug te kry van Blackhead Consulting en Diamond Hill.

Die NVG moet dit ernstig oorweeg om ’n klag van korrupsie teen Sodi te ondersoek vir die betaling van R600 000 aan ’n motorhandelaar, waarby Thabane Zulu baat gevind het vanweë sy rol om die tender toegestaan te kry.

Die NVG moet ernstig oorweeg om strafregtelike klagte van korrupsie teen Zulu in te stel.

Die NVG moet ernstig oorweeg om ’n klag van korrupsie in te stel teen Modi vir die betaling van R600 000 vir ’n eiendom wat Mokhesi of sy familietrust gekoop het. Daar moet ook ernstig oorweeg word om ’n klag van korrupsie teen Mokhesi in te stel.

Daar word aanbeveel dat Sodi strafregtelik vervolg word weens bedrog en ander oortredings wat verband hou met die asbesdak-tender.

Edwin Nthimotse Mokhesi, geskorste hoof van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings (Foto: Getty Images)
Ace Magashule (Foto: Getty Images)

Vrystaat-behuisingsprojek

DIE ROLSPELERS

• Oudpres. Jacob Zuma
• Ace Magashule, oudpremier van die Vrystaat
• Mosebenzi Zwane, gewese LUR vir menslike nedersettings in die Vrystaat
• Mpho Moses Mokoena, hoof van die landboudepartement in 2010 en 2011

ZONDO SE BEVINDINGS

Daar is net een manier om dié projek te beskryf: ’n debakel, sê Zondo.

Hy bevind Mosebenzi Zwane, gewese LUR vir menslike nedersettings in die Vrystaat, het totaal misluk om leierskap te wys met dié projek en Ace Magashule moes as premier seker gemaak het dat daar nagevolge vir Zwane daaroor is.

Mosebenzi Zwane, gewese LUR vir menslike nedersettings in die Vrystaat (Foto: Adrian de Kock/Netwerk24)

Magashule het Zwane egter bloot na ’n ander portefeulje geskuif. Hy moes hom nie eens toegelaat het om as LUR aan te bly nie.

Boonop het die departement waarheen Zwane verskuif is, die Vrystaatse landboudepartement, bygedra daartoe dat Zwane kon voortgegaan met sy swak besluitneming. Die Estina-melkplaasdebakel het daaruit ontstaan.

Magashule moes geweet het wat in 2010 en 2011 in die departement van menslik nedersettings gebeur het, maar hy het nie opgetree nie.

Ondanks die asbesdak-projek, die behuisingsprojek en die Estina-projek in die provinsie wat onder sy leierskap gebeur het, het die ANC Magashule se prestasie nie behoorlik gemonitor nie. 

Hy is toegelaat om vir twee termyne as premier van die provinsie te dien.

Ace Magashule (Foto: Argief)

Dit is belangrik om op die ANC te fokus, want dit is die ANC wat Zwane aan die Vrystaat gegee het en dit is die ANC wat Magashule aan die provinsie gegee het, lui die Zondo-verslag.

Zwane is in getuienis voor die kommissie betrek by ’n plan om die nasionale tesourie in die laaste vier maande van die 2010-’11-boekjaar te bedrieg om R1 miljard vir behuisingsprojekte te bekom.

Zwane het volgens getuienis ’n lys van 106 name van kontrakteurs aan Mokoena, destydse hoof van die departement van menslike nedersettings, oorhandig om in die stelsel in te voer sodat hulle geregistreer en betaal kan word.

Zwane het glo ook druk op amptenare uitgeoefen om betalings te doen sodra die kontrakteurs hul fakture aangestuur het. 

Buiten dat daar nie ’n oop tenderproses was nie, is die kontrakteurs glo betaal sonder enige bewyse dat huise voltooi is.

Uiteindelik het sowat R500 miljoen se belastinggeld verdwyn met geen bewyse van huise wat daarvoor gebou is nie.

Mosebenzi Zwane, gewese LUR vir menslike nedersettings in die Vrystaat (Foto: Adrian de Kock/Netwerk24)

Mosebenzi Zwane, gewese LUR vir menslike nedersettings in die Vrystaat (Foto: Adrian de Kock/Netwerk24)

Ace Magashule (Foto: Argief)

Ace Magashule (Foto: Argief)

ZONDO SE AANBEVELINGS

Verdere ondersoek moet gedoen word om te bepaal of die NVG Zwane, Moses Mokoena, hoof van die Vrystaatse landboudepartement in 2010 en 2011, en ander amptenare van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings vir bedrog moet vervolg.

Regstappe moet oorweeg word om die geld terug te kry by Zwane, Mokoena en ander wat aan die projek bestee is en waarvoor daar nie waarde gekry is nie.

Estina-melkery, Vrede (Foto: Conrad Bornman, Netwerk24)

Eskom

DIE ROLSPELERS

brown wooden tool on white surface

• Oudpres. Jacob Zuma
• Die Gupta-familie
• Lynne Brown, oudminister van openbare ondernemings
• Mosebenzi Zwane, toe minister van minerale hulpbronne
• Malusi Gigaba, voormalige minister van finansies
• Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die direksie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, stigterslid van die Jacob G. Zuma-stigting en ’n vertroueling van Zuma

• Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Transnet en daarna Eskom
• Anoj Singh, voormalige finansiële hoof van Transnet en daarna Eskom
• Matshela Koko, voormalige uitvoerende hoof van Eskom
• Salim Essa, Gupta-meeloper

ZONDO SE BEVINDINGS

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die direksie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, was saam met oudpres. Jacob Zuma gewillige deelnemers aan die Guptas se plan om Eskom te kaap.

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die direksie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, stigterslid van die Jacob G. Zuma-stigting en ’n vertroueling van Zuma

Zuma en Myeni het vrywillig deelgeneem aan die plan om Eskom-amptenare te skors en hulle het uit eie wil deelgeneem aan die Guptas se groter plan om Eskom te kaap, het Zondo bevind.

Dit het begin met die vergadering tussen Zuma en Myeni in 2015 waar gesê is Eskom moet ondersoek word en sekere uitvoerende beamptes moet geskors word.

Myeni het geweier om talle vrae in haar getuienis voor die kommissie te beantwoord oor haar latere vergadering met Nicholas Linnell, ’n regskenner wat bekend was as Myeni se “fixer”.

Nicholas Linnell, ’n regskenner wat bekend was as Myeni se “fixer”. (Foto: YouTube)

Sy was oneerlik in haar getuienis in ’n poging om Zuma te beskerm. Sy het aangevoer dat Zuma volgens haar niks te doene gehad het met die voorstel om Eskom te ondersoek en die uitvoerende beamptes te skors nie. 

Haar ontkenning dat Zuma betrokke was by ’n vergadering in sy ampswoning in Morningside in Durban, waarheen Zola Tsotsi, destydse voorsitter van die Eskom-direksie, ontbied is, was oneerlik en sy het probeer om Zuma te beskerm.

Sy het geweier om vrae voor die kommissie te beantwoord.

Wanneer Myeni se getuienis in ag geneem word teenoor dié van Linnell en Tsotsi, word dit verwerp deur die kommissie.

Linnell het in sy getuienis erken Myeni en Zuma se optrede dui op politieke inmenging.

Myeni kon nie verduidelik waarom die vergadering by Zuma se huis gehou is as dit niks met hom te doen gehad het nie.

Haar weergawe van wat daarna op ’n vergadering by Zuma se ampswoning in Pretoria gebeur het, is ook ’n poging om Zuma te beskerm.

Lynne Brown se houding dat sy onskuldig is, moet verwerp word. Die bewyse is duidelik dat sy deel was van die skema om Eskom te kaap.

Lynne Brown, oudminister van openbare ondernemings (Foto: Gallo Images)

Brown is in Mei 2014 as minister van openbare ondernemings aangestel. ’n Nuwe Eskom-direksie is in Desember 2014 aangestel.

Gegrond op die inligting wat deur die kommissie verkry is oor Brown en haar interaksie met die Guptas en hul meelopers, is daar geen twyfel nie dat sy geweet het van haar persoonlike assistent, Kim Davids, se interaksie met Salim Essa, ’n Gupta-meeloper.

Zola Tsotsi, voormalige voorsitter van die Eskom-direksie, se beëdigde verklaring aan die kommissie is aan Brown gegee waarin sy daarvan beskuldig is dat sy met die Guptas en Essa saamgesweer het om komiteelede van die Eskom-direksie aan te stel, en dat sy vir Tsotsi na haar huis genooi het waar hy haar in die geselskap van Tony Gupta en Essa aangetref het.

Zola Tsotsi, voormalige voorsitter van die Eskom-direksie (Foto: Getty Images)

Volgens Tsotsi het Brown voor Gupta en Essa aan hom opdrag gegee oor hoe die direksiekomitees saamgestel moet word.

’n Kenmerk van Brown se getuienis is haar geneigdheid om aan te voer dat sy nie bepaalde feite kan onthou nie en dat sekere besluite deur amptenare in haar departement geneem is. Dit word deur die kommissie verwerp.

Zondo sê Brown het nie ontken dat sy gesprekke met Essa gehad het nie. Daar is geen verduideliking daarvoor dat Brown agt keer met Essa selfoongesprekke gehad het in die tydperk toe die Guptas hul plan om Eskom te kaap in plek gestel het nie.

Zondo verwerp Brown se getuienis dat sy niks van die gesprekke kan onthou nie en sê sy het ’n doelbewuste leuen daaroor vertel. 

Die enigste moontlike verduideliking is dat sy doelgerig deelgeneem het aan die Guptas se planne om Denel en Eskom te kaap.

Uitvoerende beamptes van Eskom het hul posisies van mag gebruik ten gunste van die maatskappy Trillian.

Brian Molefe, eers uitvoerende hoof van Transnet en wat na Eskom gesekondeer is, asook Singh en Koko het al drie op verskeie maniere baat gevind by die Guptas en die Gupta-meeloper Salim Essa.

Molefe en Singh was deel van die Eskom-direksie se besluitneming en is verantwoordelik vir verskeie onreëlmatighede wat deur die Eskom-direksie gepleeg is.

Zondo sê dit is baie duidelik dat oudminister Mosebenzi Zwane as minister van minerale hulpbronne aangestel is weens sy verbintenis met die Guptas.

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die direksie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, stigterslid van die Jacob G. Zuma-stigting en ’n vertroueling van Zuma

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die direksie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, stigterslid van die Jacob G. Zuma-stigting en ’n vertroueling van Zuma

Nicholas Linnell, ’n regskenner wat bekend was as Myeni se “fixer”. (Foto: YouTube)

Nicholas Linnell, ’n regskenner wat bekend was as Myeni se “fixer”. (Foto: YouTube)

Lynne Brown, oudminister van openbare ondernemings (Foto: Gallo Images)

Lynne Brown, oudminister van openbare ondernemings (Foto: Gallo Images)

Zola Tsotsi, voormalige voorsitter van die Eskom-direksie (Foto: Getty Images)

Zola Tsotsi, voormalige voorsitter van die Eskom-direksie (Foto: Getty Images)

ZONDO SE AANBEVELINGS

Die nasionale vervolgingsgesag moet onder andere vir Matshela Koko, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, strafregtelik vervolg.

Zondo beveel aan dat daar regsprosedure ingestel word teen die hele direksie van Eskom van 2014, behalwe Norman Baloyi, om al die geldelike verliese te probeer herwin wat in dié tydperk onder die direksie gely is.

Daar word aanbeveel dat Anoj Singh, voormalige finansiële hoof van Eskom en voor dit ook Transnet, en Koko strafregtelik vervolg word vir hul aandeel in die Guptas se verkryging van die Optimum-steenkoolmyn.

Al die Eskom-amptenare wat deel van die skema was om druk op die maatskappy Glencore te plaas om die steenkoolmyn aan die Guptas te verkoop, en die verkryging van ’n lening van R659 miljoen asook ’n waarborg van R1,68 miljard aan die Guptas om die Optimum-myn te kon oorkoop, is waarskynlik aan diefstal skuldig en behoort strafregtelik vervolg te word.

Foto: Getty Images

Matshela Koko, voormalige uitvoerende hoof van Eskom