Bosasa


Foto deur GR Stocks op Unsplash

Bosasa

DIE ROLSPELERS

red and white abstract painting

• Oudpres. Jacob Zuma
• Wyle Gavin Watson, stigterslid van Bosasa
• Nomvula Mokonyane, oudminister van water en sanitasie, voormalige premier van Gauteng en ’n groot bondgenoot van Zuma
• Dudu Myeni, voormalige uitvoerende hoof van die SAL en stigterslid van die Jacob G. Zuma-stigting

• Gwede Mantashe, destydse sekretaris-generaal van die ANC, nou voorsitter van die ANC en minister van minerale bronne en energie
• Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa
• Linda Mti, voormalige hoof van die departement van korrektiewe dienste (DKD)
• Patrick Gillingham, voormalige finansiële hoof van die DKD
• Cedric Frolick, ANC-LP
• Pres. Cyril Ramaphosa

Spotprent: Fred Mouton

Spotprent: Fred Mouton

ZONDO SE BEVINDINGS

Korrupsie was die sakemodel van Bosasa, het Zondo bevind.

Zuma, saam met minstens een ander lid van die nasionale gesag, amptenare en die voorsitter van ’n staatsentiteit, het volgens getuienis voor die kommissie die Grondwet en wetgewing oortree deur die onwettige toekenning van tenders – dit sluit in Nomvula Mokonyane, Linda Mti, voormalige hoof van die departement van korrektiewe dienste (DKD), en Patrick Gillingham, voormalige finansiële hoof van die DKD.

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Gallo Images)

Bewyse voor die kommissie is dat daar grootskaalse korrupsie was met die toeken van kontrakte en tenders aan Bosasa deur staatsdepartemente, -entiteite en -agentskappe. Dit was oor ’n tydperk van minstens 17 jaar.

Daar is genoegsame bewyse dat Mokonyane gunste gekry het van Bosasa.

Nomvula Mokonyane, oudminister van water en sanitasie, voormalige premier van Gauteng en ’n groot bondgenoot van Zuma (Foto: Gallo Images)

Volgens Agrizzi se getuienis het Mokonyane ’n invloed gehad op Zuma en sy was baie magtig in die politiek. Sy het ’n invloed gehad op die nasionale vervolgingsgesag en individue in talle staatsdepartemente.

Agrizzi het geen rede gehad om te lieg oor maandelikse betalings van R50 000 aan Mokonyane nie.

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Gallo Images)

Bosasa het op reuse-skaal lede van die uitvoerende gesag probeer beïnvloed. Dit sluit Mantashe in.

Bosasa het veiligheidstelsels aangebring by drie van Mantashe se eiendomme, twee in die Oos-Kaap en een in Boksburg. Mantashe het nie gedoen wat Bosasa van hom wou hê nie, maar hy moes geweet het dat die maatskappy hom nader met ’n korrupte doel voor oë.

Agrizzi se getuienis voor die kommissie was allesbehalwe perfek en Agrizzi, wat reeds van korrupsie aangekla word, het eerder uit eiebelang as in die openbare belang opgetree.

Dudu Myeni het moontlik die Grondwet en ander wette oortree en het duidelik probeer help dat Bosasa tenders bekom. 

Dudu Myeni, voormalige uitvoerende hoof van die SAL en stigterslid van die Jacob G. Zuma-stigting (Foto: Gallo Images)

Agrizzi het getuig Watson was openlik daaroor dat hy maandeliks R300 000 kontant aan Myeni betaal het en dat dit bedoel is vir die Jacob G. Zuma-stigting, waarvan Myeni toe die voorsitter was.

Gavin Watson, stigterslid van Bosasa

Geen bevinding is gemaak oor Bosasa se skenking aan pres. Cyril Ramaphosa se CR17-verkiesingsveldtog om president van die ANC en uiteindelik die land te word nie. Geen bevinding is ook gemaak oor die president se seun Andile Ramaphosa nie, nadat Bosasa R500 000 in sy persoonlike bankrekening inbetaal het voordat dit later na sy pa se verkiesingsfonds oorbetaal is.

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Gallo Images)

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Gallo Images)

Nomvula Mokonyane, oudminister van water en sanitasie, voormalige premier van Gauteng en ’n groot bondgenoot van Zuma (Foto: Gallo Images)

Nomvula Mokonyane, oudminister van water en sanitasie, voormalige premier van Gauteng en ’n groot bondgenoot van Zuma (Foto: Gallo Images)

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Gallo Images)

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Gallo Images)

Dudu Myeni, voormalige uitvoerende hoof van die SAL en stigterslid van die Jacob G. Zuma-stigting (Foto: Gallo Images)

Dudu Myeni, voormalige uitvoerende hoof van die SAL en stigterslid van die Jacob G. Zuma-stigting (Foto: Gallo Images)

Gavin Watson, stigterslid van Bosasa

Gavin Watson, stigterslid van Bosasa

ZONDO SE AANBEVELINGS

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie en huidige voorsitter van die ANC, moet verder ondersoek word met die oog op moontlike vervolging weens korrupsie ingevolge art. 3 van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede.

Daar moet opgetree word teen Mokonyane. Daar is genoegsame bewyse dat sy gunste van Bosasa ontvang het. Sy moet verder ondersoek word met die oog op vervolging.

Cedric Frolick, ANC-LP, moet vir moontlike korrupsie ondersoek word weens bewerings dat hy omkoopgeld ontvang het om ontmoetings te reël tussen Bosasa en Vincent Smith, ’n voormalige ANC-LP. (Smith is reeds van korrupsie aangekla.)

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) moet verder ondersoek doen na persone en entiteite wat moontlik belasting ontduik het.

Agrizzi en Johannes van Tonder het hulself geïmpliseer deur te getuig dat elektroniese data en lêers vernietig is, asook hardeskywe, om te verhoed dat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) dit in die hande kon kry.

Mense wat daarby betrek word, is Agrizzi, Johannes van Tonder, Leon van Tonder, Matthew Leeson, William Brander en Brian Blake. Hulle kan moontlik ook skuldig wees aan dwarsboming van die gereg en dit moet verder ondersoek word.

LEES OOK:
Zondo meen Mantashe, Mokonyane kan straks vervolg word