Transnet
Denel

Transnet

DIE ROLSPELERS

gray steel gate closed with padlock

• Oudpres. Jacob Zuma
• Malusi Gigaba, voormalige minister van openbare ondernemings
• Die Gupta-familie, veral Rajesh "Tony" Gupta, en Salim Essa, ’n Gupta-meeloper
• Salim Essa, Gupta-meeloper
• Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Transnet
• Anoj Singh, voormalige finansiële hoof van Transnet
• Siyabonga Gama, voormalige uitvoerende hoof van Transnet
• Phetolo Ramosebudi, eertydse tesourier van Transnet
• Eric Wood, vennoot van die finansiële raadgewers Trillian

• Garry Pita, wat in Singh se plek as finansiële hoof van Transnet aangestel is
• Stan Shane, ’n voormalige Transnet-direkteur met Gupta-bande
• Thamsanqa Jiyane, voormalige hoof van Transnet Engineering
• Ravi Nair, voormalige hoof van Transnet Freight Rail
• Kuben Moodley en sy maatskappy Albatime
• Francois van der Merwe, voormalige bestuurder van Neotel
• Mohamed Akram Khan, wat geld wou hê om ’n kontrak te fasiliteer

In die hoofrol

Anoj Singh

Singh het volgens getuienis voor die kommissie agt bewaarkissies by Knox Vault gehad – saam opgestapel sou hulle 1,6 m hoog gestaan het.

’n Getuie wie se identiteit nie deur die kommissie bekend gemaak is nie, het getuig hy het Singh ses of sewe keer van die Gupta-woning reguit na Knox Vault geneem.

Singh het ontken dat hy kontant by die Guptas gekry en in die kissies gaan versteek het.

Nadat die kommissie Knox Vault gedagvaar het om inligting te verskaf, het dit aan die lig gekom hy het die kluisgeriewe 22 keer besoek.

Singh het getuig hy kan regtig nie onthou wat in die kissies was nie, dit was goed soos geboortesertifikate, identiteitsdokumente en ander dokumente.

• Singh is in Julie 2012 as die finansiële hoof van Transnet aangestel en is in 2015 gesekondeer om van Transnet na Eskom te skuif om daar die nuwe finansiële hoof te word.

• Singh is een van die voormalige grootbase van Eskom wat vir R3,5 miljard gedagvaar word.

• ’n Uiteensetting van die presiese betalings wat Gupta-verwante entiteite van Transnet sou ontvang, is regstreeks per e-pos na Singh gestuur. Hy het getuig hoewel hy die e-posboodskap oopgemaak het, het hy nie geweet die inligting was deel daarvan nie.

Singh het op 23 April 2021 siek geword toe hy voor die kommissie oor sy banksake moes getuig. Hy moes antwoord oor sy inkomste van Transnet wat langer as drie jaar net so in sy bankrekening gelos is.

In Oktober 2015 was daar R19,8 miljoen in die rekening. Die vraag is aan hom gestel watter geld het hy dan gebruik om van te lewe. Hy het egter siek begin voel en die sitting moes vroeg verdaag.

Spotprent: Fred Mouton

Spotprent: Fred Mouton

Anoj Singh (Foto: Gallo Images)

Anoj Singh (Foto: Gallo Images)

Guptas stroop Transnet-pensioenarisse se geld

Die geld wat die Guptas gebruik het om die Optimum-steenkoolmyn buite Middelburg in Mpumalanga te koop, is op só ’n onwettige manier verkry dat die batebeslagleggingseenheid van die nasionale vervolgingsgesag genoeg bewyse behoort te hê om op die myn beslag te lê.

So het Paul Holden, ’n onafhanklike ondersoeker van die nieregeringsorganisasie Shadow World Investigations, voor die kommissie getuig.

Holden het duisende transaksies nagegaan van hoe die geldwasskema van die Guptas gewerk het om bates soos Optimum Coal Holdings te bekom. Dit was die maatskappy wat deel was van die Guptas se skema om die Optimum-steenkoolmyn van die mynmaatskappy Glencore oor te neem.

Holden het getuig die Guptas het hul toegang tot Mosebenzi Zwane (minister van minerale bronne van September 2015 tot einde Februarie 2018) asook hul toegang tot Eskom gebruik om te verseker dat hulle die Optimum-myn kon oorneem.

Volgens Holden het die Guptas met ’n geldwasskema op 14 April 2016 ’n bedrag van R2,84 miljard beskikbaar gestel om die myn te koop. 

Nadat Holden die vloei van geld tussen verskillende Gupta-entiteite en hul bankgeriewe by onder meer die Bank of Baroda in Indië en die Bank of Bermuda nagegaan het, het hy bevind R1,8 miljard van die bedrag is op misdadige wyse deur die Guptas bekom. Honderdmiljoene rande daarvan het gekom van die Transnet-pensioenfonds wat ook deur die Guptas gestroop is, volgens Holden.

Dit is geld van Transnet-pensioenarisse,” het Holden getuig.

Meer as R1 miljard het gekom uit Eskom-transaksies toe die Guptas ook dié staatsentiteit gestroop het, het Holden getuig.

ZONDO SE BEVINDINGS

Staatskaping by Transnet het begin toe oudpres. Jacob Zuma in 2009 Suid-Afrika se president geword het.

Transnet was die instansie waaruit staatskapers die meeste munt geslaan het.

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Gallo Images)

Transnet-kontrakte van gesamentlik R41,2 miljard is onregmatig toegeken en entiteite wat met die Gupta-familie of hul meeloper Salim Essa verbind kan word, het daarby baat gevind.

Zuma het ’n sleutelrol in die kaping van Transnet gespeel en sy getuienis daaroor voor die kommissie was ’n algehele verdigsel, onwaar en vals.

Zuma se getuienis voor die kommissie dat hy nie aangedring het op Gama se aanstelling as uitvoerende hoof van Transnet nie, was onwaar en vals en dit moet verwerp word.

Zuma het oudminister Barbara Hogan in November 2010 deur Gigaba vervang as minister van openbare ondernemings.

Molefe, Singh en Gama was die drie hoofargitekte van staatskaping by Transnet en hulle het gereeld die Guptas se huis in Saxonwold besoek.

Anoj Singh, voormalige finansiële hoof van Transnet (Foto: Getty Images)

Ná Gama se aanstelling as uitvoerende hoof van Transnet was hy ten nouste betrokke by sleutel-transaksies waarin Gupta-ondernemings begunstig is.

Siyabonga Gama, voormalige uitvoerende hoof van Transnet (Foto: Gallo Images)

Die ministers Jeff Radebe en Siphiwe Nyanda, die ANC, die SAKP, die South African Transport and Allied Workers Union en die ANC se jeugliga, waarvan Julius Malema in daardie stadium die voorsitter was, het Gama sterk ondersteun toe hy as uitvoerende hoof van Transnet Freight Rail geskors is.

Gama het die steun gehad van die ANC se komitee vir kaderontplooiing. Dit het uiteindelik tot sy aanstelling as uitvoerende hoof van Transnet in 2016 gelei.

Gama is in September 2009 as uitvoerende hoof van Transnet Freight Rail deur Transnet geskors hangende ’n dissiplinêre verhoor weens twee kontrakte waarmee daar na bewering ernstige onreëlmatighede was en wat hy afgeteken het.

Hogan het voor die kommissie getuig Zuma het in dié tyd ’n gesprek gehad met haar. Hy was glo onwrikbaar daaroor dat Gama as uitvoerende hoof van Transnet aangestel moet word. Zuma het gesê daar kan gewag word totdat Gama se dissiplinêre proses afgehandel is en hy kan dan aangestel word as uitvoerende hoof van Transnet. Hogan, wat van Zuma verskil het, is in dié tyd afgedank.

Gama is op 29 Junie 2010 deur Transnet afgedank as finansiële hoof van Transnet se vragafdeling ná ’n lang dissiplinêre proses.

In Desember 2010 is ’n nuwe Transnet-direksie aangestel en in Februarie 2011 is Gama heraangestel by Transnet Freight as uitvoerende hoof. In April 2015 is hy as waarnemende uitvoerende hoof van Transnet aangestel en in April 2016 is hy permanent in die pos aangestel.

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Gallo Images)

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Gallo Images)

Anoj Singh, voormalige finansiële hoof van Transnet (Foto: Getty Images)

Anoj Singh, voormalige finansiële hoof van Transnet (Foto: Getty Images)

Siyabonga Gama, voormalige uitvoerende hoof van Transnet (Foto: Gallo Images)

Siyabonga Gama, voormalige uitvoerende hoof van Transnet (Foto: Gallo Images)

ZONDO SE AANBEVELINGS

Gigaba moet verder ondersoek word saam met Zuma weens die opdrag om Gama as uitvoerende hoof van Transnet aan te stel. Vervolging kan moontlik daaruit spruit.

Wetstoepassingsowerhede moet ondersoek of Molefe, Singh en Gama vir bedrog vervolg kan word weens Transnet se aankoop van 1 064 lokomotiewe in 2014.

Ondersoek moet gedoen word na Molefe, Singh en Gama vir die moontlike oortreding van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies (PFMA).

Gama, Molefe en Singh kan van bedrog en die oortredings van die PFMA aangekla word omdat hulle Transnet se direksie mislei het.

Singh kan moontlik van bedrog aangekla word omdat hy ook die minister van openbare ondernemings met wanvoorstellings mislei het.

Bestaande of vorige Transnet-amptenare moet ondersoek word vir moontlike vervolging weens bedrog deurdat die pryse wat China South Rail (CSR) en China North Rail (CNR) vir die lewering van lokomotiewe aangebied het, onreëlmatig aangepas is sodat dit in die maatskappye se guns sou tel.

Singh en Thamsanqa Jiyane, voormalige hoof van Transnet Engineering, moet vir moontlike bedrog ondersoek word omdat hulle die prys van die 1 064 lokomotiewe wederregtelik met R2,7 miljard verhoog het.

Singh moet ondersoek word vir bedrog omdat hy die Transnet-direksie mislei het deur voor te gee dat die lokomotief-projek winsgewend sou wees.

Gama en Ravi Nair, voormalige hoof van Transnet Freight Rail, moet ondersoek word om vas te stel of hulle nalatig was en nie in Transnet se belang opgetree het nie toe daar in 2014 en 2015 met die Kanadese maatskappy Bombardier en die plaaslike konsortium van CNR onderhandel is om die vervaardiging- en monteerlyne vir lokomotiewe na Durban te verskuif. Dit sou tot bykomende betalings van R1,2 miljard lei waarvoor daar geen gronde was nie.

Ramosebudi en Eric Wood moet van korrupsie en rampokkery aangekla word. Dit volg nadat Ramosebudi in September 2015 afslag gekry het by ’n motorhandelaar as aansporing om Trillian in die plek van die bankgroep JP Morgan as hoofraadgewer vir ’n lening van R12 miljard aan Transnet aan te stel. Trillian het R93,4 miljoen daaruit verdien.

Ramosebudi kan saam met Garry Pita, voormalige finansiële hoof van Transnet, asook Regiments Fund Managers en Stan Shane, ’n voormalige Transnet-direkteur met Gupta-bande, vir bedrog en korrupsie ondersoek word. Dit is weens die verlies van meer as R1,5 miljard wat Transnet deur die optrede van Regiments Fund Managers gely het. Dit hou verband met verskeie rentekoers- en valutatransaksies wat Regiments van 2015 tot 2019 namens Transnet aangegaan het.

Molefe, Singh, Wood, Regiments en ander verwante persone moet ondersoek word vir korrupsie, rampokkery en ander oortredings van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad asook die PFMA weens geldwassery rondom R79,2 miljoen wat Transnet op 30 April 2014 aan Regiments betaal het.

Gama moet ondersoek word vir oortredings van die PFMA weens die kontrak van R500 miljoen wat hy in 2017 aan die ouditfirma Nkonki toegestaan het.

Singh moet ondersoek word vir die oortreding van die PFMA weens ’n voorstel van Regiments wat Singh by die Transnet-direksie aanbeveel het vir die lening van $1,5 miljard teen ’n prys wat bo die markmaatstaf was.

Gama, Singh, Wood, Kuben Moodley en sy maatskappy Albatime, asook die Guptas se IT-maatskappy, Sahara Computers, moet vir korrupsie ondersoek word weens die R189,2 miljoen wat Transnet op 11 Junie 2015 aan Regiments betaal het en waarvan R147,6 miljoen aan Albatime en Sahara Computers oorbetaal is.

Die Gupta-verwante maatskappy Homix, die telekommunikasiemaatskappy Neotel, Francois van der Merwe van Neotel en Mohamed Akram Khan moet ondersoek word vir korrupsie en rampokkery omdat Khan kommissie van R34 miljoen by Neotel wou hê as hy amptenare van Transnet kon oortuig om ’n tender aan Neotel te gee.

LEES OOK:
Zondo-verslag: Zuma het kernrol gespeel in staatskaping by Transnet
Zondo beveel bedrog-ondersoek aan oor lokomotiewe
Zondo-verslag: Zuma bygestaan deur Gigaba, Brown, Mantashe
Transnet: Afslag vir Range Rover Sport in Zondo-visier
Transnet-hoë kry ‘nie ’n sent’ van Guptas, hoor Zondo
‘Zuma-man’ een van dié in hof oor beweerde Transnet-staatskaping
Só is daar oor Gama se Gupta-kuiers voor Zondo getuig

Malusi Gigaba, voormalige minister van openbare ondernemings
image

Photo by Jan Sents on Unsplash

Denel

DIE ROLSPELERS

brown wooden tool on white surface

• Oudpres. Jacob Zuma
• Die Gupta-familie
• Lynne Brown, voormalige minister van openbare ondernemings
• Salim Essa, vennoot van die Guptas

• Daniel Mantsha, voormalige voorsitter van die Denel-direksie, en daarna prokureur in Johannesburg wat Zuma in 2020 verteenwoordig het
• Refiloe Mokoena, voormalige Denel-direksielid wat daarna deur Tom Moyane as regshoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aangestel is. Sy is in 2019 afgedank omdat sy na bewering gehelp het met ’n terugbetaling van R150 miljoen BTW aan die Guptas

ZONDO SE BEVINDINGS

Lynne Brown het alles in haar vermoë gedoen om die Guptas se vennote by Denel in te bring.

Brown is ’n bondgenoot van Zuma wat in 2015 die hele direksie van Denel vervang het met mense wat na die Guptas se wil sou optree.

Lynne Brown, voormalige minister van openbare ondernemings (Foto: Gallo Images)

Die kaping van Denel het begin in 2012 toe die Gupta-familie vir Riaz Saloojee, voormalige uitvoerende hoof van Denel, opdrag gegee het om talle vergaderings by die Guptas se huis in Saxonwold by te woon.

Die Guptas se huis in Saxonwold. (Foto: Gallo Images)

Brown het glo haar mag gebruik om Gupta-gesindes in die Denel-direksie aan te stel.

Die direksie wat in 2015 aangestel is, was verantwoordelik vir die ineenstorting van die staat se vervaardiger van wapentuig.

Brown het die Guptas en Zuma opsetlik gehelp met hul agenda om die staat te kaap.

Brown het die omstrede Daniel Mantsha as voorsitter van Denel aangewys. Mantsha is in 2007 skuldig bevind aan die wanbestuur van sy trustrekening

Toe die direksie vervang is, was die enigste persoon wat behou is Nkopane “Sparks” Motseki, wat ’n verbintenis met die Guptas gehad het.

Mantsha was sentraal tot Salim Essa, vennoot van die Guptas, se plan om Denel te kaap.

Salim Essa, vennoot van die Guptas (Foto: Gallo Images)

Lynne Brown, voormalige minister van openbare ondernemings (Foto: Gallo Images)

Lynne Brown, voormalige minister van openbare ondernemings (Foto: Gallo Images)

Die Guptas se huis in Saxonwold. (Foto: Gallo Images)

Die Guptas se huis in Saxonwold. (Foto: Gallo Images)

Daniel Mantsha, voorsitter van die Denel-direksie, en daarna prokureur in Johannesburg wat Zuma in 2020 verteenwoordig het. (Foto: Gallo Images)

Daniel Mantsha, voorsitter van die Denel-direksie, en daarna prokureur in Johannesburg wat Zuma in 2020 verteenwoordig het. (Foto: Gallo Images)

Salim Essa, vennoot van die Guptas (Foto: Gallo Images)

Salim Essa, vennoot van die Guptas (Foto: Gallo Images)

ZONDO SE AANBEVELINGS

Die 2015-direksie van Denel moet ondersoek word met die oog op vervolging vir hul versuim om hul wetlike pligte na te kom en ook vir hul rol in staatskaping en korrupsie.

Mantsha is klaarblyklik ongeskik om as direkteur van enige maatskappy op te tree en die aanbeveling is dat hy as misdadig verklaar word.

LEES OOK:
Brown verkoop Denel se siel om Guptas tevrede te hou
Denel-kaping: Dis dié direksie se geknoei