Suid-Afrikaanse Lugdiens
The New Age
Suid-Afrikaanse Inkomstediens

Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL)

DIE ROLSPELERS

• Oudpres. Jacob Zuma
• Dudu Myeni, voorsitter van SAL-direksie (Desember 2012 tot Oktober 2017) en stigterslid van die Jacob G. Zuma-stigting
• Adv. Nontsasa Memela, voormalige verkrygingshoof van die SAL se tegniese filiaal SAL Tegnies (SAAT)
• Yakhe Kwinana, voormalige voorsitter van SAL Tegnies (SAAT)
• Babadi Tlatsana, sakevrou van Noordwes en ’n direkteur van Koreneka Trading

• Brian van Wyk, voormalige kommersiële bestuurder van SA Express
• Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes
• Kalandra Viljoen, eienaar van Asset Movement Financial Services, ’n kontant-transito-onderneming
• Vivien Natasen, direkteur van Neo Solutions
• Prof. Job Mokgoro, voormalige premier asook voormalige direkteur-generaal van Noordwes

In die hoofrol

Dudu Myeni

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-direksie, is op 27 Mei 2020 tot misdadige direkteur verklaar in die hooggeregshof in Pretoria.

Myeni het in haar getuienis voor die kommissie geweier om te antwoord op aantygings van Angelo Agrizzi, oudbedryfshoof van Bosasa, dat hy maandeliks R300 000 aan haar gegee het vir die Jacob G. Zuma-stigting. Myeni is ’n stigterslid van dié stigting.

Sy het ook geweier om vrae te beantwoord oor ’n bewering van Agrizzi dat hy ’n Louis Vuitton-handsak met R300 000 daarin aan haar gegee het.

Myeni se getuienis is gekenmerk deur haar herhaaldelike antwoord dat sy nie gaan antwoord nie, omdat sy haarself nie wil inkrimineer nie.

Dudu Myeni (Foto: Gallo Images)

Dudu Myeni (Foto: Gallo Images)

ZONDO SE BEVINDINGS

Zuma het gevlug eerder as om verdere vrae voor die kommissie te beantwoord omdat hy geweet het daar sou vrae wees oor die SAL wat hy nie kan beantwoord nie.

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Gallo Images)

Die SAL het agteruitgegaan toe Myeni voorsitter van die SAL-direksie was, maar Zuma het daarop aangedring dat sy in haar posisie bly.

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-direksie (Desember 2012 tot Oktober 2017) en stigterslid van die Jacob G. Zuma-stigting (Foto: Deaan Vivier)

Myeni se optrede om die finansiering vir die aankoop van Airbus-vliegtuie te vertraag, het die SAL R800 miljoen gekos.

Myeni het ook gunste van die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) gekry waarop sy nie wetlik geregtig was nie en sy het SVA-agente misbruik vir haar eie doelwitte.

Mense wat vir die bestuur van die SAL, SAL Tegnies en SA Express verantwoordelik was, het die standaarde wat gestel word vir die bestuur van staatsbeheerde ondernemings roekeloos geminag.

Kwinana is R4,3 miljoen betaal vir die rol wat sy gespeel het in die toeken van ’n kontrak aan die maatskappy Swissport, waarby nog ’n maatskappy, JM Aviation, baat gevind het.

Yakhe Kwinana, voormalige voorsitter van SAL Tegnies (SAAT) (Foto: Gallo Images)

Die ouditeursmaatskappye PwC en Nkonki het vir vyf agtereenvolgende jare – van 2012 tot 2016 – skoon oudits aan die SAL gegee. Dit was in die tyd toe die SAL-direksie in ’n staat van agteruitgang was en daar korrupsie en bedrog gepleeg is, maar niks hiervan is deur die ouditeurs bespeur nie.

Wat SA Express betref, sê Zondo daar is herhaaldelik in getuienis voor die kommissie gehoor hoe individue wat inligting oor staatskaping, korrupsie en bedrog wou blootlê, gedreig en geïntimideer is.

Uitgebreide korrupsie is in getuienis voor die kommissie blootgelê oor SA Express se kontrakte van meer as R400 miljoen met Noordwes se departement van vervoer.

Dit is duidelik dat Brian van Wyk geld wou wegsteek en Natasen genader het om daarmee te help

Brian van Wyk, voormalige kommersiële bestuurder van SA Express (Foto: Gallo Images)

Viljoen is ook genader om ’n betaling van R9 miljoen in haar onderneming se rekening in kontant uit te betaal.

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Gallo Images)

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Gallo Images)

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-direksie (Desember 2012 tot Oktober 2017) en stigterslid van die Jacob G. Zuma-stigting (Foto: Deaan Vivier)

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-direksie (Desember 2012 tot Oktober 2017) en stigterslid van die Jacob G. Zuma-stigting (Foto: Deaan Vivier)

Yakhe Kwinana, voormalige voorsitter van SAL Tegnies (SAAT) (Foto: Gallo Images)

Yakhe Kwinana, voormalige voorsitter van SAL Tegnies (SAAT) (Foto: Gallo Images)

Brian van Wyk, voormalige kommersiële bestuurder van SA Express (Foto: Gallo Images)

Brian van Wyk, voormalige kommersiële bestuurder van SA Express (Foto: Gallo Images)

ZONDO SE AANBEVELINGS

Myeni moet verder ondersoek word en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) moet dit oorweeg om haar vir bedrog te vervolg.

Myeni en Kwinana kan ingevolge art. 162 van die Wet op Maatskappye tot misdadige direkteurs verklaar word.

Die polisie moet die beweerde betalings aan Tlatsana se onderneming so gou as moontlik verder ondersoek.

Die NVG moet ernstig oorweeg om Natasen vir geldwassery te vervolg en die SAID moet hom ondersoek.

Die SAID moet Viljoen se optrede ondersoek. Haar onderneming moet ook vir moontlike geldwassery ondersoek word.

LEES OOK:
Zuma vlug van Zondo ‘omdat hy nie kán antwoord oor Myeni’
Polisie ‘doen niks’ aan geldwassery-klag van R400 m.
Nedbank een van dié wat bekyk moet word

Hoofregter Raymond Zondo (Foto: Getty Images)

Spotprent: Fred Mouton

Spotprent: Fred Mouton

Die dagblad The New Age (TNA Media)

DIE ROLSPELERS

• Oudpres. Jacob Zuma
• Die Gupta-familie, veral Tony Gupta word uitgesonder
• Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Transnet
• Collin Matjila, voormalige uitvoerende hoof van Eskom
• Mzwanele Manyi, oud-direkteur-generaal van die regering se kommunikasiediens (GCIS)

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Transnet (Foto: Getty Images)

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Transnet (Foto: Getty Images)

Collin Matjila, voormalige uitvoerende hoof van Eskom (Foto: Gallo Images)

Collin Matjila, voormalige uitvoerende hoof van Eskom (Foto: Gallo Images)

Mzwanele Manyi, oud-direkteur-generaal van die regering se kommunikasiediens (GCIS) (Foto: Gallo Images)

Mzwanele Manyi, oud-direkteur-generaal van die regering se kommunikasiediens (GCIS) (Foto: Gallo Images)

ZONDO SE BEVINDINGS

Molefe en Matjila het moontlik die Wet op Openbare Finansiële Dienste (PFMA) oortree.

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Transnet (Foto: Getty Images)

Collin Matjila, voormalige uitvoerende hoof van Eskom (Foto: Gallo Images)

Die rol wat die Guptas gespeel het, skets ’n prentjie van ’n berekende strategie om belastingbetalersgeld van staatsbeheerde ondernemings in te palm.

Die Guptas was deel van die besluit om Themba Maseko, direkteur-generaal van GCIS, te vervang met Mzwanele Manyi, bondgenoot van Zuma en tevore ook sy woordvoerder.

Mzwanele Manyi, oud-direkteur-generaal van die regering se kommunikasiediens (GCIS) (Foto: Gallo Images)

Zuma het Maseko met Manyi vervang.

Kontrakte wat TNA met Transnet, Eskom en die SAL gehad het, was onreëlmatig en ’n verkwisting van geld.

Die direksies en uitvoerende hoofde van Transnet, Eskom en die SAL, wat die kontrakte met TNA gefasiliteer en ondersteun het, is waarskynlik skuldig aan wanbestuur.

ZONDO SE AANBEVELINGS

Molefe en Matjila kan vervolg word vir hul aandeel in die ooreenkomste wat Transnet en Eskom met TNA aangegaan het.

Molefe en Matjila moet verder ondersoek word, veral hul wanvoorstelling dat die ooreenkomste met TNA vennootskappe was, terwyl dit eerder borgskappe was.

Rajesh "Tony" Gupta behoort saam met Molefe en Matjila aangekla te word.

Wetstoepassingsagentskappe behoort ondersoek in te stel na die TNA-ooreenkomste.

LEES OOK:
‘Guptas het aansienlike invloed op Zuma uitgeoefen’ – kommissie

Oudpres. Jacob Zuma voor die Zondo-kommissie (Foto: Getty Images)

Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)

DIE ROLSPELERS

empty room

• Oudpres. Jacob Zuma
• Tom Moyane, afgedankte kommissaris van die SAID
• Jonas Makwakwa, hoof van interne oudit by die SAID
Die konsultasiemaatskappy Bain & Company

ZONDO SE BEVINDINGS

Die SAID is doelbewus gekaap met Zuma en Moyane wat ’n deurslaggewende rol daarin gespeel het.

Zuma het Moyane vooraf in die geheim verseker hy sal aangestel word as kommissaris van die SAID.

Tom Moyane, afgedankte kommissaris van die SAID (Foto: Getty Images)

Die SAID is een van die duidelikste voorbeelde van staatskaping.

Moyane het die SAID op roekelose wyse bestuur. 

’n Klimaat van vrees en ’n geboelie is by die SAID gevestig, daar is van bevoegde amptenare ontslae geraak en onderdanige individue is in strategiese poste geplaas.

Makwakwa het klaarblyklik sensitiewe inligting laat uitlek.

Dudu Myeni, voorsitter van SAL-direksie (Desember 2012 tot Oktober 2017) en stigterslid van die Jacob G. Zuma-stigting

Tom Moyane, afgedankte kommissaris van die SAID (Foto: Getty Images)

Tom Moyane, afgedankte kommissaris van die SAID (Foto: Getty Images)

ZONDO SE AANBEVELINGS

Moyane moet van meineed aangekla word.

Weens Bain se beweerde onwettige rol by die SAID moet alle staatskontrakte wat deur die SAID met die konsultasiemaatskappy Bain & Company aangegaan is, herondersoek word.

LEES OOK:
Zuma, Moyane speel groot rol in SAID se kaping – Zondo

Bain and Company (Foto. bain.com)