Kies die regte TV vir jou huis sonder om die spaarvarkie te breek en verbeter wedstryddag, fliekaand en jou speletjies-ervaring.
Ontdek iets waarvan jy hou by Cash Converters!
Wanneer dit by tweedehands kom, word kwaliteit nooit ingeboet nie. Jy kan die elektronika wat jy wil hê, teen ’n fraksie van die prys kry, wat jou dikwels in staat stel om ’n beter model te bekostig as wanneer jy dit nuut sou koop. Boonop is dit ’n meer ekovriendelike keuse. En vir ekstra gemoedsrus kom die meeste produkte met ’n 6-maande waarborg, sodat jy jou TV met gemoedsrus huis toe kan neem.
Hier is ’n paar bykomende dinge om in gedagte te hou voordat jy jou naaste Cash Converters-winkel besoek om die perfekte TV vir jou te kry.
1. Oorweeg jou behoeftes
Is jy ’n alleenlopende wat iets wil koop om jou speletjies-aand of wedstryddag te verbeter? Of doen jy inkopies vir tieners, kinders en fliekaand? Het jy ’n slim-TV nodig of sal jy tevrede wees met iets wat nie direk van die internet af kan stroom nie? Hoe jy dit gaan gebruik, sal die produkeienskappe wat jy nodig het, beïnvloed.
2. Doen vooraf jou huiswerk oor die model wat jy oorweeg
Lees resensies aanlyn, kyk na die spesifikasies vir die skerm en vergelyk dit met ander in dieselfde kategorie.
3. Groter is nie altyd beter nie
Oorweeg die vertrek en muur waarteen dit sal staan, en dink weer oor waarvoor jy dit gaan gebruik. As dit bv. ’n tweede TV vir fliek-kyk in die kamer is, wil jy dalk kleiner gaan.
4. Ondersoek die TV se toestand
Kyk vir sigbare skade soos skrape of duike. Maak seker dat knoppies en poorte werk. Vra om dit te toets sodat jy die skerm kan sien werk en die klankgehalte kan hoor. Neem die resolusie en beeldkwaliteit in ag: 1080 piksels word beskou as die minimum vir duidelike, skerp beelde.
5. Oorweeg versoenbaarheid met bykomstighede
As jou TV-vereistes ’n bietjie omvattender is, oorweeg die bykomstighede wat jy nodig het en of die TV wat jy wil koop, versoenbaar is met dit wat jy het. Cash Converters het laebasluidsprekers (subwoofers), koppelstasies, stereo- en boksluidsprekers sowel as klein AirPods en Bluetooth-luidsprekers in voorraad – so jy kan jou klank ook maklik opgradeer.
Waarvoor wag jy? Besoek vandag nog jou naaste Cash Converters-winkel om te kyk wat jy kan kry.
