Vreeslose vroue

Hierdie Vrouemaand vertel 12 uitsonderlike vroue hul stories.

GEBORGDE INHOUD

Wendy Petersen,
SA Olive

Wendy Petersen, hoof van SA Olive, staan aan die voorpunt van ’n bedryf wat stadig maar seker ’n groter impak op die Suid-Afrikaanse landboulandskap maak. Met haar strategiese visie en onwrikbare toewyding, transformeer sy nie net die plaaslike olyfbedryf nie, maar daag ook die tradisionele persepsies van leierskap in die landbou uit.

Joani Jacobs,
Mev. SA

’n Vreeslose vrou wat daarin glo om nie net haar kop omhoog te hou nie, maar ook diĆ© van ander – dĆ­s wie Joanie Jacobs (44), uitvoerende hoof van Mev. Suid-Afrika, is.

Joani se reis in skoonheid, bemagtiging en die model-bedryf strek oor amper drie dekades. ā€œDit het alles begin met ’n diep begeerte om vroue te help om hul waarde te sien – nie net in die spieĆ«l nie, maar in hul identiteit, stem en doel,ā€ sĆŖ sy.

Sy is ’n trots Vrystaatse vrou, gebore en getoĆ« in Welkom. Vir die afgelope 20 jaar het sy Johannesburg haar tuiste gemaak, waar sy haar lewe en haar besighede gebou het.

Dr. Christa Engelbrecht,
tandarts

Dis belangrik om te glo jy hoort in ’n vertrek, al lyk jy anders as die ander mense, meen dr. Christa Engelbrecht, wat al vir meer as twee dekades as tandarts praktiseer.
Dit is geen geheim nie dat vroue in die wetenskappe met verskeie uitdagings te kampe het. Maar sy het aanhou glo dat diƩ veld diverse stemme, perspektiewe en leiers benodig.
ā€œAs ’n vrou wat ’n beroep betree het wat vir baie jare deur mans oorheers is, het ek vinnig bewus geword van die subtiele Ć©n die openlike uitdagings wat steeds bestaan – of dit nou was om harder te moet werk om respek te verdien, onderskat te word in leierskapsrolle, of om loopbaan-ambisies met die samelewing se verwagtinge rondom gesin en sorg te balanseer.ā€
Sy sĆŖ hierdie uitdagings het haar nie ontmoedig nie, maar dit het haar wel gevorm.

Elaine van Eeden,
Syngenta Seed

Tussen die goudgeel koringlande van Bethlehem in die Vrystaat, waar die winterwind oor eindelose velde waai, het ’n klein dogtertjie met ’n groot droom op ’n dag haar eie saadversameling begin. 

Meer as drie dekades later is Elaine van Eeden die eerste vroulike plantteler in Syngenta Seed se geskiedenis en ’n pionier wat met haar vreeslose ingesteldheid grense in die Suid-Afrikaanse landboubedryf verskuif. Wat as ’n kinderdroom begin het, het met toewyding en deursettingsvermoĆ« ontwikkel tot ’n loopbaan aan die voorpunt van wetenskaplike innovasie. 

Brenda Wilkinson,
Rio Largo

Die passievolle Brenda Wilkinson, mede-eienaar van die bekroonde Rio Largo-olyfplaas in die Klein-Karoo, bemoedig vroue wat hul doelwitte wil bereik met die volgende woorde: As jy ’n idee het, veral een wat jou pla en wat jy nie kan laat gaan nie, glo daarin.

ā€œDie idee van 'n herbruikbare kraffie het al lank in my hart en kop gewoon voordat dit in die wĆŖreld bestaan het. Ons vroue twyfel dikwels aan ons instinkte, maar daardie vonke van inspirasie is kragtig. My raad: glo in jouself. Jy hoef nie alles te weet om te begin nie, begin net. Begin klein. Die res sal volg.ā€

Sy sĆŖ as jy wil, kan jy natuurlik met jou vriende praat, maar moenie voel jy moet na almal se raad luister nie.

Elizabeth Galloway

Elizabeth Galloway is in haar grootwordjare geĆÆnspireer deur haar ouma, ’n kleremaker en onderwyser. Omdat haar ouers ook ’n materiaalwinkel besit het, was naaldwerk en kleremaak deel van haar erfenis.

Ouma Dollie het haar klere gemaak, en Elizabeth het haar met fassinasie dopgehou terwyl sy gewerk het. As baie jong meisie het sy al begin om haar eie klere te maak, net soos haar ouma haar geleer het.

Rebekka Botha,
AdVini SA

ā€œDoelgerig, regverdig, betroubaar.ā€ Só beskryf Rebekka Botha van AdVini SA haarself.

Sy is in Gqeberha (toe nog Port Elizabeth) gebore, maar op ’n baie vroeĆ« ouderdom het hulle verhuis na die piepklein Karoo-dorpie Murraysburg, waar sy grootgeword het.

ā€œDie Karoo sal altyd ’n plek in my hart hĆŖ – dit het my ’n diep waardering vir goeie waardes, gemeenskap en volharding geleer,ā€ sĆŖ sy.

Karlin Nel,
Vrede & Lust

Karlin Nel (nĆ©e Kleynhans) is ’n wynmaker en wynliefhebber in murg en been. Sy leef volgens die woorde: ā€œWork hard in silence, and let success make the noiseā€ en ā€œDo small things with great love.ā€

Hierdie lewensfilosofie herinner haar daaraan dat die grootste impak dikwels in die kleinste dade skuil en dat alles wat jy aanpak met liefde en toewyding gedoen moet word.

Maar wie is diƩ merkwaardige vrou?

Annette Human,
Vrede & Lust

Annette Human, die veerkragtige wingerdboukundige by Vrede en Lust, het grootgeword op ’n plaas en dit, tesame met haar liefde vir die wetenskap, het diĆ© beroep die perfekte keuse gemaak.

Vandat sy kan onthou, was sy nuuskierig.

ā€œEk kom uit ’n klein dorpie bo in die noorde, waar wynbou iets was waaraan niemand as ’n beroep gedink het nie. Dit het my gefassineer en ek moes meer uitvind,ā€ sĆŖ sy.

Elunda Basson,
Steenberg

Elunda Basson is die lewende bewys dat passie en vasberadenheid in die wynbedryf kan seĆ«vier, selfs in ’n sektor wat steeds grotendeels deur mans oorheers word.

Reeds vir meer as drie dekades druk Elunda haar stempel af op die Suid-Afrikaanse wynlandskap. Vandag, as keldermeester by die prestigeryke Steenberg-wynlandgoed in Constantia, beliggaam sy die krag van deursettingsvermoĆ« en toewyding – eienskappe wat haar in staat gestel het om elke hindernis op haar pad te oorkom.

Thabile Cele,
Steenberg

As jong vrou in die wynbedryf weet Thabile Cele (26) hoe belangrik mentorskap is. Dit het immers daartoe bygedra dat sy vandag haar skoene as assistentwynmaker by die Steenberg-wynlandgoed kan volstaan.
Hoewel Thabile aanvanklik effens skaam voorkom, is haar vreeslose reis in die wynwĆŖreld voorwaar ’n inspirasie.

Helena van der Westhuizen,
Simply Bee

Baie mense, veral vroue, is vertroud met Simply Bee-skoonheidsprodukte, maar min is bekend oor die stigter van hierdie suksesvolle handelsmerk.

Jy kan netsowel vir Simply Bee se eienaar, Helena van der Westhuizen – ’n boorling van Hopefield aan die Kaapse Weskus – die koningin van heuning- en byeprodukte noem. Sy sĆŖ haar reis in die skoonheidsbedryf het begin weens haar vel se sensitiwiteit vir sintetiese bestanddele en preserveermiddels wat die meeste skoonheidsmiddels bevat.

Die vroue wat in hierdie projek genoem word, is deur hul onderskeie maatskappye en organisasies voorgestel vir insluiting in die Vreeslose vroue-projek.

Uitleg: Lizelle van Jaarsveld
Subredakteurs: Elizabeth de Villiers en Adele Myburgh
Bedryfsredakteur: Mari Zeelie
Joernaliste: Danielle Daniƫls, Tasneem van Rooyen en Mauricia Petersen