As jy moeg is vir kosmaak, jou gereelde resepte nie meer kan verdra nie en voel of jy ’n vars aanslag nodig het, lê die antwoord dalk in ’n eenvoudige toestel...
By Cash Converters sal jy ’n reeks kombuistoestelle kry wat dalk net is wat jy kortkom om nuwe lewe in jou kombuis te blaas. Van kap-en-opsnygereedskap tot mengers, smoothie-makers, lugbraaiers en prutpotte – jy sal verbaas wees oor wat jy kan kry en hoe dit jou benadering kan verander. Hier is ’n paar toestelle wat jy dalk nie besef jy nodig het nie.
1. Menger
’n Goeie menger kan jou lewe verbeter. Kyk uit vir een met ’n kragtige motor en staallemme en doen jou navorsing oor goeie handelsmerke. Die regte menger kan ys fynmaak, smoothies maak, groente kap, sop puree en babakos maak. Dit verdubbel omtrent die aantal dinge wat jy kan doen!
3. Multikoker
’n Multikoker het baie name: ’n kitspot, ’n alles-in-een-koker, ’n superpot. Wat jy of jou voorkeurhandelsmerk dit ook al wil noem, dit doen alles deur ’n drukkoker, prutpot, ryspot, stoompot, soteerpan en meer in een toestel te kombineer. Die veelsydigheid daarvan beteken jy kan alles van jogurt tot chillidisse optower – en in sommige huishoudings maak dit sin om ander, konvensionele maar groter toestelle soos ’n oond heeltemal te laat vaar.
5. Lugbraaier
As jy nog nie aan die lugbraaier-gier toegegee het nie, het jy dit óf aktief vermy óf onder ’n klip gebly! Jy weet dit waarskynlik, maar hierdie handige toestel vervang diepbraai deur lug te gebruik om groente, skyfies en vleis bros te maak sonder al die vet. Deesdae is dit nie ongewoon om in jou lugbraaier te bak nie, en baie mense sê dat hulle amper nooit meer hul oond gebruik nie, aangesien lugbraaiers tyd en elektrisiteit bespaar. By Cash Converters sal jy ’n magdom opsies in verskeie groottes en handelsmerke vind – al wat jy hoef te doen, is om ’n winkel te besoek om te sien watter een jy verkies!
7. Spiraalmaker, opkapper of mandoliensnyer
Verander groente in prettige vorms met ’n verskeidenheid groentesnyers, spiraalmakers en opkappers of mandoliensnyers. Dis ideaal vir die skep van murgpampoentjienoedels, voeg ’n nuwe kinkel by tradisionele geregte en moedig kinders aan om bekende groente in nuwe vorms te probeer. By Cash Converters sal jy ’n verskeidenheid opsies kry wat gemotoriseer of meganies is.
2. Sous vide
Dis maklik om geregte van restaurantgehalte by die huis te maak met ’n sous vide-stoof. Kosmaak in ’n waterbad verseker elke keer perfekte gaarheid. Dit gebruik die ou, maar byna teenintuïtiewe wetenskap om kos vir ’n lang tyd teen ’n baie lae temperatuur gaar te maak, met water om die temperatuur te stabiliseer. Van steak tot poeding, dis vir die presisiesjef wat daarvan hou om ’n baie presiese benadering tot kos te volg.
4. Staafmenger
’n Staafmenger laat jou toe om sop direk in die pot te meng, wat ekstra opruimwerk uitskakel en jou in staat stel om in een pot te kook en te bedien. As jy nie ’n bekermenger het nie, is dit die meer bekostigbare, maar hoogs effektiewe neef. Jy kan babakos puree, en doopsouse sowel as smoothies op dié manier maak. Soek kwaliteit-lemme en ’n sterk motor.
6. Dehidreerder
Hou jy van droëvrugte, maar skrik jy vir die prys? Hou jy van biltong, maar jy kan nie goeie gehalte bekostig nie? Maak jou eie! ’n Voedseldehidreerder maak dit moontlik om vrugte, groente en selfs verskeie soorte vleis te bewaar – insluitend vis! Dis ook ’n wonderlike geskenk vir diegene wat lief is vir kampeer, want jy kan al jou eie langlewe-reiskos op hierdie manier maak. Dit is ook ’n ideale hulpmiddel om tuis gesonde versnaperinge vir kosblikke te maak.
Om in hierdie moet-hê-kombuistoerusting te belê, vergemaklik nie net maaltydvoorbereiding nie, maar inspireer ook kreatiwiteit en verbeter jou kulinêre vaardighede. Besoek jou naaste Cash Converters-winkel om te kyk wat jy vandag kan kry!
