Somervakansie 2025
Lekker doendinge vir die warmer weer
6 aktiwiteite in en om die Kaap om jou mee besig te hou
In die Kaap is aktiwiteite volop en die kanse maar skraal dat jy nie genoeg sal kan vind om jou tyd mee te verwyl nie. Daar is die bekende gunstelinge soos die Tafelberg-sweefspoor, die akwarium, die kasteel en die Rooibus, maar die Moederstad het nog soveel meer om te ontdek – unieke ervarings wat jou lank daarna nog sal bybly. Danielle Daniëls het gaan ondersoek instel na alternatiewe aktiwiteite wat die moeite werd is.
Die Kaapse Wynlande is maar 'n katspoegie van die Moederstad. Verken van die wêreldbekende wingerde hier.
Die Kaapse Wynlande is maar 'n katspoegie van die Moederstad. Verken van die wêreldbekende wingerde hier.
Safari's
Die bewaring van diersoorte is belangrik vir die omgewing se voortbestaan en reservate kan help om te verseker dat inwoners en besoekers ingelig bly. Foto: iStock
Die bewaring van diersoorte is belangrik vir die omgewing se voortbestaan en reservate kan help om te verseker dat inwoners en besoekers ingelig bly. Foto: iStock
Reservate speel sleutelrol in bewaring van ons omgewing
Natuurreservate is bewaarde gebiede wat ’n veilige heenkome aan inheemse plant- en diersoorte bied en ’n deurslaggewende rol in die beskerming van Suid-Afrika se biodiversiteit speel. Tasneem van Rooyen het met kenners gaan gesels oor die voordele en volhoubaarheid van natuurreservate.
Geniet ’n safari by hierdie plekke
Geborgde inhoud
Aquila
Die Aquila- privaat wildreservaat en
-spa bied ’n onvergeetlike Groot Vyf-safari-ervaring, net minder as twee uur se ry van Kaapstad. Die reservaat is geleë in ’n 10 000 ha-bewaringsgebied en is ideaal vir ’n daguitstappie of ’n oornagbesoek.
Gaste kan tradisionele 4x4-wildritte geniet, die avontuur deur perdry- of kwadfiets-safari’s ervaar, by die Tranquila Spa ontspan, of in die 35-meter swembad afkoel.
Gesinne sal mal wees oor die kindervriendelike speelplek en die Junior Ranger-program.
Verblyf wissel van kothuise tot stylvolle lodge-kamers met asemrowende uitsigte oor die reservaat.
Etes is ’n hoogtepunt, met plaaslike geregte en tradisionele Suid-Afrikaanse nageregte wat in ’n ruim, verwelkomende atmosfeer bedien word. Saans kan gaste rondom die vuurput kuier of sterrekyk onder die helder Karoo-naghemel – ’n magiese afsluiting van die dag.
Inverdoorn
Net minder as twee-en-’n-half uur vanaf Kaapstad bied die Inverdoorn-privaat wildreservaat ’n uitmuntende Groot Vyf-safari-ervaring in die hart van die Tankwa-Karoo.
Die reservaat van 10 000 hektaar is die tuiste van die Groot Vyf, ’n groot verskeidenheid inheemse wild en meer as 140 voëlspesies.
Gaste kan kies uit 4x4-wildritte, perdry-, kwadfiets- en e-fiets-safari’s, asook Karoo-pieknieks en middagtees. Vir ekstra ontspanning is daar spabehandelings in jou kamer of langs die swembad, en saans wag sterrekyk onder die helder Karoo-hemel.
Luukse verblyf, fynproeweretes en ’n wêreldklas Jagluiperd-bewaringsprojek wat van sy toewyding tot die beskerming van bedreigde spesies getuig, maak van Inverdoorn die ideale plek om na weg te breek, te verken en die natuur te herontdek.
Goats Window Luxury Safari Lodge
Waar elke dag ’n storie word, en ’n asemrowende wegbreek wag.
Skaars twee uur vanaf Kaapstad wag Goats Window Luxury Safari Lodge, ’n stil toevlug deur Bonnievale se pragtige berge. Hier vloei luuksheid en die natuur moeiteloos saam, met skouspelagtige uitsigte, wild wat vrylik beweeg, en verblyf wat jou laat stilbly en asemhaal. Dis nie net ’n wegbreek nie, dis ’n ervaring.
Dis wat jy kan verwag:
’n Kol Kol-warmbad met sonsopkoms-uitsig;
’n privaat dek met vuurput vir wyn, stilte en sterre; en
’n ongeëwenaarde uitsig, waar wilde diere jou dalk van naby kom groet.
Ontspan. Ontdek. Herleef die natuur.
By die see
‘Supertubes’, son en sand: Ontdek die vele gesigte van Jeffreysbaai!
Hierdie kusdorpie, bekend as die Mekka van branderplankry, lok wêreldwyd aandag met sy ongelooflike branders en uiteenlopende wateraktiwiteite. Tasneem van Rooyen gesels met ’n avonturier wat dié dorp gereeld besoek.
Barry Vorster is ’n branderplankryer van Kaapstad.
Barry Vorster is ’n branderplankryer van Kaapstad.
Besoek hierdie plekke
Geborgde inhoud
City Sightseeing
Kaapstad
Verken Kaapstad met die ikoniese City Sightseeing hop-on, hop-off-roetes. Besoek topbesienswaardighede soos Tafelberg, die V&A Waterfront, Kampsbaai, Kirstenbosch-tuine, Houtbaai en Groot Constantia. Kies uit pragtige roetes soos die Red City Tour, Blue Mini Peninsula en Purple Wine Tour. Busse ry elke 20 minute. Ontdek Kaapstad se skoonheid en kultuur op jou eie tyd. Pryse begin vanaf R315 per persoon aanlyn vir 'n een-dag klassieke kaartjie.
City Sightseeing Johannesburg
Ontdek ook Johannesburg met die ikoniese City Sightseeing hop-on, hop-off-toere. Die bus neem jou verby die stad se belangrikste besienswaardighede. Verken gewilde voorstede, historiese en kulturele hoogtepunte soos Constitution Hill, Gold Reef City, Melrose Arch-gebied, Rosebank, die Johannesburg-dieretuin en die lewendige Newtown-gebied. Busse ry elke 40 minute. Dit is die maklikste manier om Johannesburg op jou eie tyd te verken. Pryse begin vanaf R315 per persoon aanlyn vir 'n een-dag rooi buskaartjie.
Windsor Hotel & Apartments
Windsor Hotel & Apartments, wat onafhanklik besit word, troon trots teen die rand van Hermanus se asemrowende Walkerbaai uit. Panoramiese uitsigte sorg dat gaste die beste walviskyk-ervaring kan hê.
Die suidelike noorkapper-walvisse doen jaarliks van Julie tot November hier aan om hul kalfies te kry, en gaste keer geslag ná geslag terug om hierdie wonderlike natuurverskynsel te beleef.
Die hotel, wat reeds meer as 120 jaar oud is en naby die dorpskern met sy uiteenlopende restaurante, galerye en winkels geleë is, is sorgvuldig gemoderniseer, maar behou steeds sy warm gesinsatmosfeer en huislike gasvryheid.
Marine Dynamics
Geniet ’n bekroonde haaihokduikervaring of Mariene Groot Vyf- en walviskyktoere, en skep onvergeetlike herinneringe vir die hele gesin! Hulle bied dié toere as standaard of eksklusief aan. Vir Suid-Afrikaners is daar ook spesiale tariewe – die ideale kans om jou eie land se wonderwerke op ’n nuwe manier te beleef.
Elke ervaring met Marine Dynamics maak ’n verskil: jou deelname ondersteun bewarings-, navorsings- en opvoedingsprogramme. Lees meer hieroor by dict.org. Dit beteken jy geniet nie net ’n unieke avontuur nie – jy help om Suid-Afrika se mariene wêreld vir die toekoms te bewaar.
Wen ’n ervaring
Een gelukkige leser het die kans om ’n haaihokduikervaring vir twee ter waarde van R4 200 te wen. Dié avontuur duur sowat drie uur en vertrek vanaf die Kleinbaai-hawe in Gansbaai.
Om in aanmerking te kom, klik hier. Klik dan die “like”-knoppie en laat weet in die kommentaar waarom jy graag dié ervaring wil wen.
Die kompetisie sluit 27 Oktober om 23:00. Die wenner sal op 28 Oktober op Marine Dynamics se Facebook-blad angekondig word. Die prys is geldig tot 30 Junie 2026, maar kan nie tussen 15 Desember 2025 en 15 Januarie 2026 gebruik word nie.
Elandsbaai-hotel
Vir ’n luilekker seevakansie hoef jy nie verder as die Elandsbaai-hotel te ry nie. Dié gewilde Weskusdorp lê net 220 km vanaf Kaapstad en is bekend vir smullekker seekos en natuurwonders. Hierdie kusoord is hemel op aarde vir branderplankryers, seekosliefhebbers en voëlkykers.
’n Verskeidenheid van grondsoorte in die streek verseker oorvloedige plantlewe in die lente.
Grotte in die omgewing het waardevolle argeologiese vondse opgelewer oor die mense wat deur die jare hier gewoon het. Die manjifieke Verlorenvlei, wat in die Atlantiese Oseaan by Elandsbaai uitmond, is ’n toevlug vir sowat 240 voëlsoorte en ’n groot trekpleister vir voëlliefhebbers.
Bel die hotel by 022 972 1640, stuur e-pos na info@elandsbayhotel.co.za
of besoek elandsbayhotel.co.za.
Lambertsbaai-hotel
Die skilderagtige Lambertsbaai is ryk aan geskiedenis en bekend vir sy matige klimaat, kilometers se ongerepte strande, en interessante voëllewe. Die dorp is geleë aan die Weskus, sowat 280 km noord van Kaapstad, by die Clanwilliam-afrit vanaf die N7. By die gesellige Lambertsbaai-hotel word tradisionele Weskus-gasvryheid, uitstekende kookkuns en ’n eindelose verskeidenheid van interessante uitstappies gekombineer om ’n onvergeetlike besoek te verseker.
Kom geniet heerlike ontbyt by die Waves-restaurant.
Bel 027 432 1126, stuur e-pos na reslb@kingsley.co.za of gaan na lambertsbayhotel.co.za vir meer inligting en besprekings.
Reis
Ontsnap na die luilekker platteland
As ’n wêreldbekende toerismebestemming kan Kaapstad besig raak gedurende vakansietye. Danksy ’n ruim aanbod van plaaslike juwele wat outentieke ervarings vir reisigers bied wat na stilte en natuurskoonheid op soek is, is ’n daguitstappie platteland toe egter die ideale manier om die Wes-Kaap beter te leer ken. Maricelle Botha bekyk ’n paar van dié dorpies.
McGregor is bekend vir sy witgekalkte kothuise, rietdakke en historiese 19de-eeuse argitektuur. Foto: Getty Images
McGregor is bekend vir sy witgekalkte kothuise, rietdakke en historiese 19de-eeuse argitektuur. Foto: Getty Images
Evita se Perron is Darling se kulturele middelpunt. Foto: Getty Images
Evita se Perron is Darling se kulturele middelpunt. Foto: Getty Images
Daar is nog
Geborgde inhoud
Paarl-Wellington-omgewing
Vernuwe jou gees, liggaam en siel met 'n besoek aan die Paarl-Wellington-omgewing, waar elke ervaring jou nader aan die natuur bring. Hier kan jy weer harmonie en balans in jou menswees vind met volhoubaarheid as jou kompas.
Of jy organiese wyn kom geniet, deur wingerde fietsry of die geur van wilde kruie ontdek, wag hier ’n reis geskoei op volhoubare gewoontes en praktyke wat die aarde eer en plaaslike gemeenskappe ondersteun.
Kom span uit in die rustigheid wat Paarl en Wellington, die hart van ekovriendelike toerisme in die Kaapse Wynlande, bied.
#visitPaarl #visitWellington
Airlink
Airlink is in 1992 gestig en is Suider-Afrika se voorste binnelandse en streekslugredery in privaat besit. Met ’n vloot van meer as 65 moderne Embraer-vliegtuie bedien Airlink hierdie stede en ander bestemmings oor Suider-Afrika heen, sowel as Madagaskar en St. Helena-eiland. Die redery bied wêreldwye verbindings deur sy vennote, wat baie vertroude en bekende internasionale rederye, sowel as sy FlyNamibia-vennoot insluit.
Airlink se innoverende Skybucks-program beloon sy lojale gereëlde kliënte.
Airlink is ’n lid van die Internasionale
Lugvervoervereniging (IATA), geakkrediteer onder sy IOSA-veiligheidsouditprogram, en gesertifiseer deur die IATA- omgewingsassessering (IEnvA) -organisasie.
5 onvergeetlike ervarings by Plettenbergbaai
Plettenbergbaai, die juweel van die Tuinroete, is die perfekte afpakplek vir ’n langnaweek gevul met natuurwonders en onvergeetlike ervarings. Mauricia Petersen vertel meer.
Walviskyk is maar een van die die hoogtepunte van ’n Tuinroetevakansie. Foto: Getty Images
Walviskyk is maar een van die die hoogtepunte van ’n Tuinroetevakansie. Foto: Getty Images
Uitleg: Lizelle van Jaarsveld
Subredakteur: Elizabeth de Villiers
Bedryfsredakteur: Mari Zeelie