SARIE
VOORBLADGESIG
2024

pink and white smoke painting pink and white smoke painting

Is jy ons 14de wenner?
Tussen 1949 en 2008 gebore?
Skryf in in jóú dekade

 Die gesig betower. Wink jou nader. Vir 75 jaar sit SARIE onthou-voorblaaie op die rak. Die eerste op 6 Julie 1949 met dié belofte aan derduisende Afrikaanssprekende vroue: Dis jóú tydskrif!

Van SA se bekendstes was al op die voorblad: Carike, Minki, Nataniël. Anna-Mart, Amy. Sedert 2011 elke jaar ook ’n leser, ons SARIE Voorbladgesig. ’n Wedstryd wat al meer as 75 000 inskrywings gelok het. Nou in die 14de jaar, is dit gróter as ooit.

Vanjaar vier ons SARIE se 7 dekades met 7 kategorieë en 7 finaliste.

Is jý die eindelike wenner – SARIE Voorbladgesig 2024? Of die vyfde SARIE Nuwe Gesig?

Dis ’n kans in ’n leeftyd. Sê ja!

Kategorieë

7 dekades, 7 kategorieë,
7 finaliste

Die eerste Sarie Marais (6 Julie 1949)

Die eerste Sarie Marais (6 Julie 1949)

Kategorie 1
1949 – 1959

Die eerste Sarie Marais tref die rakke. Die voorblad vroulik, stylvol, geïnspireer deur ontwerper Christian Dior se na-oorlogse gewilde New Look. Die dekade behoort aan Grace Kelly en Marilyn Monroe. Mettertyd word Coco Chanel se “slim look’’ met ’n reguit romp en kort, vierkantige baadjie ook die tydskrif se stempel. En lippe is rooi!

* Gebore tussen 1949 en 1959? Skryf nóú in.

macro shot of jelly fish

Modehuis Coco Chanel se "slim look" op die voorblad van Sarie Marais (22 Julie 1959).

Modehuis Coco Chanel se "slim look" op die voorblad van Sarie Marais (22 Julie 1959).

Kategorie 4
1980 – 1989

Individualiteit seëvier, Madonna ook. Modes is uitspattig, kleure neonhelder, juweliersware oordadig. Fiksheid is ín en rolprente soos Dirty Dancing en Flashdance trek vol teaters. Maar dis nie net beenkouse en kopbande nie, die power suit en skouerkussings maak hul buiging met die TV-sepie Dynasty en die gewildheid van prinses Diana.

* Gebore tussen 1980 en 1989? Skryf nóú in.

Uitspattige modes, kopbande en oordadige juweliersware op die voorblad van 'n Sarie-modebylae.

Uitspattige modes, kopbande en oordadige juweliersware op die voorblad van 'n Sarie-modebylae.

Twiggy-wimpers en mode-inspirasie van Jackie Kennedy (Sarie Marais, 29 April 1964).

Twiggy-wimpers en mode-inspirasie van Jackie Kennedy (Sarie Marais, 29 April 1964).

Kategorie 2
1960 – 1969

Jackie Kennedy is die stylikoon. Dis ook die Swinging 60’s en Twiggy met haar pixiestyl-hare waarskynlik die eerste supermodel. Die tydgees is vryer, meer uitdagend, vol pret. Mary Quant gee ons die miniromp en sjoebroekie en YSL die eerste tuxedo vir vroue. Dis die tyd van ruimtereise en groot drome – en lang Twiggy-wimpers.

* Gebore tussen 1960 en 1969? Skryf nóú in.

Kategorie 3
1970 – 1979

Die dekade van hippies, die Volkswagen-kewer, poliëster en ABBA. En televisie in SA. Blink uitklokbroeke en platformskoene pronk in disko’s, met Ralph Lauren se prairie-rok en brei-, hekel- en borduurwerk ewe gewild. Pastel-oogskadu kleur oë en Farrah Fawcett se feather cut is die haarstyl van die dag. Die 30’s se oorvourok is weer gewild.

* Gebore tussen 1970 en 1979? Skryf nóú in.

Die dekade van die hippies en Ralph Lauren se prairie-rok (Sarie 2 November 1977).

Die dekade van die hippies en Ralph Lauren se prairie-rok (Sarie 2 November 1977).

GROOT PRYSE OP DIE SPEL

Hou SARIE.com dop vir nog oor SARIE Voorbladgesig 2024

Sarie word 50 met Charlize Theron op die voorblad (14 Julie 1999).

Sarie word 50 met Charlize Theron op die voorblad (14 Julie 1999).

Kategorie 5
1990 – 1999

Swart is die ín kleur en supermodelle oorheers. Oorgroot hemde en die aangliprok is hoogmode, en Britney Spears en die Spice Girls pure girl power. Dis die dekade van Friends op TV en die fliek Titanic. Die wêreld is aanlyn en SARIE word 50 met Charlize Theron op die voorblad. Madiba word SA se eerste demokraties verkose president.

* Gebore tussen 1990 en 1999? Skryf nóú in.

Kategorie 6
2000 – 2005

Sepiesterre is nou die nuwe stylikone. Dis ’n tyd van fast fashion, en loopplankmodes is byna oornag in winkels te kry. 9/11 verander als – die little black dress maak sy terugkeer, ook grys, bruin en dieppers. Geskeurde jeans soos Paris Hilton en JLo dit doen is oral, en verkope van rooi lipstiffie skiet die hoogte in as ’n teken van vasbyt.

* Gebore tussen 2000 en 2005? Skryf nóú in.

Sepiesterre soos Quinne Brown is die nuwe stylikone (Sarie November 2008)

Sepiesterre soos Quinne Brown is die nuwe stylikone (Sarie November 2008)

Minki op die voorblad van Sarie Junie 2006.

Minki op die voorblad van Sarie Junie 2006.

Kategorie 7
2006 – 2008

Onthou gladiator-sandale, vierkantige naels, winged eyeliner en ’n korset oor ’n hemp, soos dié SARIE-voorblad met Minki.  Pienk en teenverouderingsprodukte is gewild, en die woorde Me Too vestig die eerste keer op sosiale media die aandag op seksuele teistering. Finansiële markte stort in 2008 ineen en dit neem die wêreld vyf jaar om te herstel. Ons leer ken die woord photobomb!

* Gebore tussen 2006 en 2008? Skryf nóú in.

Wat is nuut?

1 wedstryd, 7 kategorieë,
7 finaliste en steeds
2 wenners:
SARIE Voorbladgesig en Nuwe Gesig

Hier’s die sewe kategorieë!

 SARIE is vanjaar 75 en vier dit met 7 kategorieë, een vir elk van die 7 dekades van SARIE se bestaan.
Hier is die kategorieë per dekade. Jy val in die dekade waarin jy gebore is. As jy bv. in 1982 gebore is, is jy in kategorie 4, die 1980’s-dekade.

Kategorie 1: 1950’s
Jy’s gebore 1949-1959
Kategorie 2: 1960’s
Jy’s gebore 1960-1969
Kategorie 3: 1970’s
Jy’s gebore 1970-1979
Kategorie 4: 1980’s
Jy’s gebore 1980-1989
Kategorie 5: 1990’s
Jy’s gebore 1990-1999
Kategorie 6: 2000’s
Jy’s gebore 2000-2005
Kategorie 7*: 2000’s
Jy’s gebore 2006-2008
(Díe kategorie is die SARIE Nuwe Gesig-wedstryd spesiaal vir hoërskoolleerders van graad 10-12)

Vyf finaliste per kategorie 

Daar word 5 finaliste in elk van die 7 kategorieë aangekondig, dus 35 finaliste in totaal. Die 35 finaliste word in SARIE se Mei/Junie-uitgawe aangekondig.

Daarna kies ons een finalis per kategorie wat in ware voorbladstyl in die Julie/Augustus-uitgawe van SARIE verskyn. Kategorie 7 se finalis is die SARIE Nuwe Gesig-wenner, wat op SARIE.com en Netwerk24 aangekondig word.

SARIE se Voorbladgesig-wenner 2024 verskyn op die voorblad van die September/Oktober-uitgawe, en die Nuwe Gesig-wenner op die voorblad van haar eie kleiner weergawe van SARIE.

Jy skryf in nét op sosiale media

Vanjaar is inskrywings slegs op sosiale media en nie op ’n webwerf nie. Skryf in op Facebook of Instagram. Sien die reëls en hoe om in te skryf hiernaas.

Inskrywings oop vir een maand

Vanjaar open die inskrywings op 1 Maart en sluit 3 April stiptelik om 23:59.

Skryf só in!

Elk van hierdie stappe moet gevolg word om in aanmerking te kom. Jou inskrywing sal nie geldig wees indien een of meer stappe uitgelaat is nie.

* Gaan na een van dié 2 sosialemedia-platforms: Facebook en Instagram

* Volg @sarietydskrif op jou gekose sosialemedia-platform

* As jy nie wil inskryf deur een van hierdie platforms nie, gebruik hierdie vorm om jou besonderhede in te vul.

* Laai 3 foto’s op (nie ’n video nie)

Jou 3 inskryf-foto’s moet só lyk

’n Kop-en-skouersfoto – jy moet direk na die kamera kyk

’n Kop-en-skouersfoto – met jou gesig effens weggedraai terwyl jou oë direk na die kamera kyk

’n Driekwart- tot vollengte-foto

TAG: @sarietydskrif en ons borg die Isa Carstens Akademie: @isacarstens

Skryf in jou onderskrif (caption): 

Jou naam en van
Plek waarvandaan jy kom
Jaar waarin jy gebore is

Voltooi die volgende 3 sinne in net ’n paar woorde:

Ek is . . .
SARIE is . . .
Suid-Afrika is . . .

Jou inskrywing moet 'n PLASING wees
en nie 'n STORIE wat ná 24 uur verdwyn nie.

Eindig met die toepaslike hutsmerk: #SARIEVoorbladgesig2024 of #SARIENuwegesig2024

'n Terugblik

Item 1 of 15

Vorige wenners

VOORBLADGESIG

13 jaar, 15 Voorbladgesigte (in twee jaar, 2016 en 2017, het twee wenners die titel gedeel)

Vorige wenners

NUWE GESIG

Blitsfeite

Carike Keuzenkamp op die 1990-Kersuitgawe verkoop 258 263 kopieë, die hoogste in SARIE se bestaan.

Die meeste kere op die voorblad was Diana. Dan Anna-Mart van der Merwe en Margaret Gardiner.

’n Handvol mans was al op die voorblad.

Dikwels Nataniël, ook Ryk Neethling nadat hy deel was van die aflos-swemspan wat in 2004 goud vir SA by die Spele gewen het. 

Model Bernice Dodd pryk op die Junie 2002-uitgawe van SARIE, die tydskrif se eerste glans-maanduitgawe.

Teen die nuwe millennium was sepie-akteurs dié sterre. Binnelanders se Nadia Valvekens (Pippa) en Nina Swart, Wilmien van 7de Laan, was talle kere op die voorblad.

Michelle Pienaar het haar Egoli-rol losgeslaan deur in 2001 ’n SARIE-wedstryd te wen.

Interessant

75 000+ inskrywings (een en half keer ’n volgepakte Loftus Versfeld)

50% van inskrywings word van brunette ontvang

Oudste: ’n 75-jarige SARIE-leser

Gewildste name: Angelique, Bianca, Monique, Nadia. Ook name wat met ’n “C” begin: Chané, Chandré, Carlize, Christelle, Chantelle en vele meer

Beroepe sluit in . . . Aptekers, veeartse, boervroue, kunstenaars, dokters, sjefs, rekenmeesters, operasangeresse, dansers, welvaartbestuurders, studente, onderwyseresse, ingenieurs, musikante, tuisteskeppers.

Pretoria. Die plek wat verreweg die meeste inskrywings opgelewer het: 5 keer meer as Kaapstad in die tweede plek, dan Bloemfontein, Stellenbosch, die Paarl, George en Johannesburg.

Een persent van inskrywings kom van Namibië

WEDSTRYDREËLS

* Voorbladgesig: gebore tussen 1949 en 2005

* Nuwe Gesig: gebore tussen 2006 en 2008

* ’n SA of Namibiese burger en daar woonagtig

* 3 verskillende foto’s is nodig en GEEN digitale filters bo-oor foto’s word aanvaar nie. Foto’s moet so natuurlik as moontlik en getrou aan jou ware self wees

* Alle vereistes soos gemeld moet aan voldoen word vir suksesvolle inskrywings, anders word dit nie in aanmerking geneem nie

* Afrikaans magtig

* Beskikbaar vir SARIE-fotosessie in April/Mei 2024

LET WEL:

* Jou inskrywing moet ’n PLASING wees en nie ’n STORIE wat ná 24 uur verdwyn nie. Jou sosialemedia-profiel moet openbaar wees sodat SARIE jou inskrywing kan sien en beoordeel.

* Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere kommunikasie sal plaasvind nie. Alle bepalings en voorwaardes geld.

SARIE
VOORBLADGESIG
2024