Van raad tot resepte — alles wat die tuiskok benodig op een plek.
'n Proesel resep-inspirasie uit die app
Warm wintersoppe vir elke smaak
Gaan na die soekfunksie in die app en filter 'sop' onder Maaltydgang.
As jy lief is vir kosmaak, is hierdie app net vir jou. Hier vind jy ’n keur van resepte uit Huisgenoot, SARIE, Landbouweekblad, Tuis, Weg! en meer. Die app kan jou help met maaltydbeplanning en selfs ’n inkopielys.
Só lyk dit
Soek vinnig en maklik
Heel onder op jou skerm sal jy die balkie hierbo sien. Dit neem jou met die druk van een knoppie waar jy wil wees.
Stel eers jou profiel op
Profiel
Hier kan jy aanmeld met jou e-posadres en wagwoord. Jy kan ook meer lees oor Netwerk24 en as jy enige vrae of hulp nodig het, is dit die blad waarheen jy kom.
Omskakelingsgids
Nog ’n opsie op die profielblad is die omskakelingsgids. Hier vind jy volume-omskakelings, algemene kook- of bakbestanddele en klein maat-omskakelings vir teelepels en eetlepels.
Stel 'n maaltydplan op
Wanneer jy op die balkie onderaan jou skerm op "Maaltydplan" klik, kom jy by die skerm hiernaas uit. Hier kan jy jou maaltye vir die week beplan. Dink net hoeveel makliker dit is as alles op een plek kan wees. Klik op "Beplan ’n maaltyd", waar jy jou resep-soektog kan verfyn. Onder "Bekyk beplande maaltye" kry jy jou kalender met beplande maaltye.
Begin só jou maaltye beplan
Om jou te help om die regte resep te kry, kan jy hier 'n paar goed invul, soos maaltydsoorte – ontbyt, middagete, aandete, peuselhappies of drankies. Stipuleer na watter soort maaltyd jy op soek is, hoe jy dit wil gaarmaak, porsiegrootte, gaarmaaktyd, dieetvoorkeure en meer.
Bêre jou gunstelinge
Wanneer jy op "Gunstelinge" klik op die balkie onderaan jou skerm, kom jy by die blad hiernaas uit. Een van die vele nuttige funksies binne hierdie app, is dat jy al jou gunsteling-resepte op een plek kan bêre. Dink net hoe maklik jy dan jou gunstelinge sal kan opspoor wanneer jy dit vir jou vriendin wil aanstuur.
Hoe werk dit?
Voor jy dit oopmaak, is daar by elke resep 'n sterretjie. As jy klik op die sterretjie, sal daardie resep hier onder "Gunstelinge" kom lê. As jy een van die kosredakteurs volg, sal sy of haar profiel ook hier lê. Só kan jy al jou gunstelinge op een plek hou.
Verwyder 'n gunsteling
As jy een van jou bêre-resepte wil verwyder, kan jy net weer klik op die sterretjie en klik op "Verwyder".
So maklik soos dit!
Nóg nuttige funksies
Resep van die dag
Jy kry elke dag 'n resep van die dag en voorstelle vir resepte.
Kosvennote
As jy nog verder op dieselfde blad afbeweeg, kry jy die kosvennote soos Huisgenoot, SARIE, Landbouweekblad, Tuis en Weg! Jy kan klik op die naam van elk van die kosvennote. As jy byvoorbeeld op Huisgenoot klik, sal jy resepte kry wat in Huisgenoot was. As jy op een van die sterretjies klik. sal dit gaan lê onder "My bêre-resepte".
Wanneer jy bietjie meer tyd het
As jy nog verder op die tuisblad afbeweeg, kry jy resepte vir kos wat bietjie langer vat om te maak, asook gewilde resepte. By albei afdelings kan jy klik op "Sien alles" om al die resepte op een blad te sien.
Kosredakteurs
As jy nog verder op dieselfde blad afbeweeg, kry jy al nege kosredakteurs. Klik weer op "Sien alles" om almal te sien. Jy kan klik op elke persoon om die volgende blad te kry.
Inkopielys
Onder aan elke resep is daar die opsie om dit by jou inkopielys te voeg. Gaan dan na die Inkopielys op die balkie onderaan die skerm, klik op "Sien Inkopielys", dan kom jy by hierdie blad. Dit sal inkopies sommer baie makliker maak wanneer jy winkel toe moet gaan.
Hoe werk dit?
Toegang tot hierdie splinternuwe app word verkry deur die Netwerk24 + Kook-bondelaanbieding op te neem. Teen net R179 per maand kry jy toegang tot Netwerk24 en sy volledige lees-, luister- en kykinhoud, sowel as Netwerk24 Kook met sy meer as
5 000 resepte. Dit is net R30 ekstra vir bestaande intekenare.
Die Netwerk24 + Kook-bondel is tans beskikbaar vir bestaande intekenare op Netwerk24 se standaardpakket (wat deur middel van debiet-/kredietkaart of debietorder betaal), sowel as nuwe intekenare wat spesifiek die Netwerk24 + Kook-bondelintekening opneem. Klik hier om die Kook-bondelaanbod te kies.
Bestaande intekenare wat kwalifiseer, sal die nuwe kook-aanbod aantref deur na die My Profiel-oortjie regs bo op die navigasiebalk op die Netwerk24-webwerf te navigeer, en op My Netwerk24-intekening te klik. Die opgraderingsaanbod sal onder die aanbiedinge-oortjie lê. Sodra jy suksesvol na die bondel opgegradeer het, kan jy die Netwerk24 Kook-app aflaai en aanmeld.
Lekker kook!
Vir meer inligting en algemene vrae, klik hier en blaai af tot by die afdeling oor Netwerk24 Kook. Bel ook gerus die dienssentrum by 087 353 1300, of stuur e-pos na diens@netwerk24.com.
Kry die app hier
Diegene met Apple-fone kan dit hier aflaai.
Diegene met Android-fone kan dit hier aflaai.
Bladuitleg: Lizelle van Jaarsveld
Grafiese uitleg: Perumal Braaf
Video: Evano Smith
Subredakteur: Liz de Villiers
Bedryfsredakteur: Mari Zeelie
Assistent-redakteur: Projekte + Platformontwikkeling: Maryke Cumpsty
