Die gesondheidsorg-
kenner
Begin die gesprek oor privaat mediese sorg
Vind jou weg deur die gesondheidsorg-doolhof
Maak gesondheidsorg makliker om te verstaan, te bestuur en meer toeganklik.
Vir baie Suid-Afrikaners voel dit deesdae al hoe moeiliker om ingeligte besluite oor hul gesondheidsorg te neem. Tussen mediese fondse, gapingsdekking, spesialiste se tarieftekorte en stygende mediese koste probeer talle huishoudings uitwerk hoe hulle hulself en hul geliefdes kan beskerm sonder om hul begroting onder verdere druk te plaas.
Al hoe meer mense heroorweeg wat mediese beskerming beteken. Hulle is op soek na praktiese, buigsame oplossings wat hulle toegang gee tot gehaltesorg wanneer hulle dit die nodigste het.
In hierdie opvoedkundige inhoudreeks kyk NetcarePlus na die gesondheidsorgvrae waarmee baie gesinne reeds worstel. Die doel is om lesers te help om moderne gesondheidsorgopsies, onverwagte uitgawes en die waarde van vooruitbeplanning beter te verstaan sodat hulle met groter sekerheid besluite oor hul gesondheid kan neem.
Die onvoorsiene noodgeval
DIE ONVOORSIENE NOODGEVAL
Die werklike koste van 'n mediese noodgeval in Suid-Afrika
R200 000 teenoor R300 – 'n enkele mediese noodgeval kan jou finansies ontspoor. Die koste van 'n ernstige mediese noodgeval kan maklik meer beloop as waarop die meeste huishoudings voorbereid is. Daarteenoor kan bekostigbare maandelikse beskerming vanaf sowat R300 per maand help om jou finansies teen onvoorsiene uitgawes te beskerm en uiteindelik 'n lewensveranderende verskil maak.
DIE ONVOORSIENE NOODGEVAL
Jy het nie 'n mediese fonds nodig om 'n noodgeval te oorleef nie
Vir die 85% van Suid-Afrikaners wat nie aan 'n mediese skema behoort nie, is dit nie net slim om vir die onverwagte voor te berei nie, maar noodsaaklik. NetcarePlus se mediese nooddekking bied toegang tot lewensreddende privaat noodsorg vir ongelukke en beserings, wanneer elke sekonde tel.
Die vodsending is in Engels.
Waarom nooddienste lewens kan red
Jy hoop jy sal nooit mediese noodsorg nodig kry nie. Maar ongelukke maak nie afsprake nie. 'n Botsing op die snelweg, 'n ernstige val, 'n skielike besering . . . Wanneer die noodlot tref, kan die spoed waarmee jy die regte sorg ontvang, die verskil tussen lewe en dood beteken.
Bestuur mediese koste
BESTUUR MEDIESE KOSTE
Verstaan gesondheidsorgkoste in Suid-Afrika
NetcarePlus GapCare bied 'n bekostigbare manier om uitgawes te help dek wat nie altyd ten volle deur jou mediese fonds betaal word nie. Dit sluit onder meer spesialiste se tarieftekorte, bybetalings en sekere hospitaalverwante uitgawes in. Lede geniet ekstra beskerming en groter gemoedsrus vanaf so min as R11,50 per dag.
BESTUUR MEDIESE KOSTE
Hoekom jy gapingsdekking moet oorweeg
Wanneer jy privaat gesondheidsdienste gebruik, kan daar 'n verskil wees tussen wat jou siekefonds betaal en wat 'n dokter of ander gesondheidsverskaffer hef. Gapingsdekking is spesifiek ontwerp om in sekere gevalle met hierdie tekort te help en bied waardevolle aanvullende beskerming bo en behalwe jou mediese fonds.
Die vodsending is in Engels.
Waarom gapingsdekking 'n sleutelrol in jou gesondheid speel
Die beste besluite oor jou gesondheidsorg word dikwels geneem lank voordat jy 'n hospitaal binnestap. Deur vandag die tyd te neem om jou gesondheidsdekking beter te verstaan, kan dit môre 'n groot verskil maak wanneer jy belangrike besluite oor jou behandeling moet maak.
Vir meer inligting besoek Netcare.co.za/NetcarePlus
