Word Huisgenoot se Mej. Tiener 2024 en wen!

Van perms en broeke wat uitklok, tot boyfriend jeans en TikTok!

Dekades lank het Huisgenoot jaarliks ’n Mej. Tiener aangewys. En nou, ná al die jare, is Huisgenoot weer op soek na ons eie Mej. Tiener – ’n rolmodel vir ’n nuwe generasie.
Sy is gemaklik met wie sy is, mooi van binne én buite.
Sy is sjarmant en slim. Sy het deernis vir ander en hoop vir die toekoms.
Sy droom nie net nie, sy is ’n doener en maak ’n verskil op haar eie manier.
Is dit jy? Of klink dit soos iemand wat jy ken?
Is jy of jou tiener tussen 13 en 18?
Skryf dan nou in!

  • Jy kan net aanlyn op Huisgenoot se
    Mej. Tiener-kompetisieblad inskryf.
  • Vul jou besonderhede in, asook jou ouers/voogde se besonderhede, en laai ’n foto van jou op saam met ’n kort motivering oor die redes waarom jy Mej. Tiener 2024 moet wees.
  • Gaan volg Huisgenoot op TikTok en deel met ons ’n kreatiewe video waarin jy meer oor jouself vertel. Onthou, tag @Huisgenoot en gebruik #HGMejTiener2024.
    Dit sal ons help om jou video te vind.
  • Huisgenoot sal die 10 finaliste aanwys, en hulle kontak vir ’n onderhoud wat in Huisgenoot en op huisgenoot.com sal verskyn.
  • Die TikTok-video's van die 10 finaliste sal aanlyn gepubliseer word op die Mej. Tiener-kompetisieblad en op huisgenoot.com.
  • Die publiek kan dan op Huisgenoot se spesiale aanlyn Mej. Tiener-kompetisieblad vir hul gunstelinge stem.
  • Dan is dit tyd om die wenner aan te wys in Huisgenoot en op huisgenoot.com!
  • Jy kan net aanlyn op Huisgenoot se
    Mej. Tiener-kompetisieblad inskryf.
  • Vul jou besonderhede in, asook jou ouers/voogde se besonderhede, en laai ’n foto van jou op saam met ’n kort motivering oor die redes waarom jy Mej. Tiener 2024 moet wees.
  • Gaan volg Huisgenoot op TikTok en deel met ons ’n kreatiewe video waarin jy meer oor jouself vertel. Onthou, tag @Huisgenoot en gebruik #HGMejTiener2024.
    Dit sal ons help om jou video te vind.
  • Huisgenoot sal die 10 finaliste aanwys, en hulle kontak vir ’n onderhoud wat in Huisgenoot en op huisgenoot.com sal verskyn.
  • Die TikTok-video's van die 10 finaliste sal aanlyn gepubliseer word op die Mej. Tiener-kompetisieblad en op huisgenoot.com.
  • Die publiek kan dan op Huisgenoot se spesiale aanlyn Mej. Tiener-kompetisieblad vir vir hul gunstelinge stem.
  • Dan is dit tyd om die wenner aan te wys in Huisgenoot en op huisgenoot.com!
  • Die wenner stap weg met ’n vakansie vir haar en haar
    gesin in Mauritius, met trots geborg deur World Leisure Holidays.
  • Haar verhaal sal in Huisgenoot verskyn, met haar inlasfoto
    op Huisgenoot se voorblad.
  • Haar verhaal sal ook verskyn op huisgenoot.com en op
    Huisgenoot se sosiale media platforms.
  • Sy sal as model op Huisgenoot se modeblaaie pryk.
  • Sy sal verskyn as ’n gas-aanbieder in ’n program op die VIA-televisiekanaal.
  • Sy wen ’n pryspakket van Tapputi Egyptian Perfume Oils wat vyf botteltjies parfuumolie, notaboeke en drasakke insluit. Sy kan ook genooi word om as model in bemarkingsmateriaal vir dié handelsmerk te verskyn.
  • En dan stap die wenner ook weg met R10 000 in kontant!
  • Die 10 finaliste wen elkeen twee botteltjies parfuumolie, ’n notaboek en drasak van Tapputi Egyptian Perfume Oils.
  • Die wenner stap weg met ’n vakansie vir 'n gesin van vier in Mauritius, met trots geborg deur World Leisure Holidays.
  • Haar verhaal sal in Huisgenoot verskyn, met haar inlasfoto
    op Huisgenoot se voorblad.
  • Haar verhaal sal ook verskyn op huisgenoot.com en op
    Huisgenoot se sosiale media platforms.
  • Sy sal as model op Huisgenoot se modeblaaie pryk.
  • Sy sal verskyn as ’n gas-aanbieder in ’n program op die VIA-televisiekanaal.
  • Sy wen ’n pryspakket van Tapputi Egyptian Perfume Oils wat vyf botteltjies parfuumolie, notaboeke en drasakke insluit. Sy kan ook genooi word om as model in bemarkingsmateriaal vir dié handelsmerk te verskyn.
  • En dan stap die wenner ook weg met R10 000 in kontant!
  • Die 10 finaliste wen elkeen twee botteltjies parfuumolie, ’n notaboek en drasak van Tapputi Egyptian Perfume Oils.

Lees asseblief die reëls, bepalings en voorwaardes deur voor jy inskryf vir Mej. Tiener.

1. Om in te skryf vir Mej. Tiener, moet jy aan die ouderdomsvereistes voldoen. Net tienermeisies tussen die ouderdom van 13 en 18 kan inskryf vir Huisgenoot se Mej. Tiener-kompetisie.

2. Jy moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees en in Suid-Afrika woon.

3. ’n Ouer of wettige voog moet toestemming gee dat jy aan die kompetisie mag deelneem. Media24 behou die reg voor om bewys aan te vra dat jy die kind se ouer of wettige voog is. As jy nie so ’n bewys kan lewer nie, sal jy gediskwalifiseer word van deelname aan die kompetisie, en as jy reeds ’n prys gewen het, enige prys verbeur.

4. Jy mag deur iemand anders (’n ouer of ’n voog) ingeskryf word.

5. Jy moet ’n foto en ’n motivering inskryf deur dit op te laai in die inskrywingsvorm op hierdie webtuiste. Indien jy enige vrae het, stuur asseblief e-pos na mejtiener@huisgenoot.com.

6. Net inskrywings deur hierdie webtuiste word toegelaat.

7. Volg dan ook Huisgenoot op TikTok en deel met ons ’n kreatiewe video waarin jy meer oor jouself vertel. Tag @Huisgenoot en gebruik #HGMejTiener2024 sodat ons jou video kan vind.

8. Die kompetisie begin op 18 Januarie 2024. Inskrywings vir die kompetisie sluit op 29 Februarie 2024 om 17:00.

9. Elk van die 10 finaliste ontvang twee botteltjies parfuumolie, ’n notaboek en drasak van Tapputi Egyptian Perfume Oils. Die wenner se prys sluit die volgende in: ’n Vakansie vir vier in Mauritius, geborg deur World Leisure Holidays, ’n professionele fotosessie deur een van Huisgenoot se fotograwe vir ’n onderhoud in Huisgenoot en op huisgenoot.com en ’n modesessie op ons modeblaaie, ’n verskyning as gasaanbieder op ’n VIA-program en prysgeld van R10 000.
Mej. Tiener wen ook ’n pryspakket van Tapputi Egyptian Perfume Oils, wat vyf botteltjies parfuumolie, notaboeke en drasakke insluit. Sy kan ook genooi word om as model aan ’n fotosessie vir Tapputi Egyptian Perfume Oils deel te neem en in bemarkingsmateriaal vir dié handelsmerk te verskyn. Die geleentheid is onderhewig aan haar reg om so ’n uitnodiging van die hand te wys.

10. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal gevoer word nie.

11. Die toekennings en pryse kan nie geruil word nie.

12. Deur deel te naam aan Huisgenoot  se Mej. Tiener-kompetisie stem deelnemers en hul ouers in dat hul naam en/of foto en/of TikTok-video in Huisgenoot en op huisgenoot.com sowel as op ons spesiale aanlyn Mej. Tiener-kompetisieblad en enige van Huisgenoot se sosiale media platforms gepubliseer en gedeel mag word.

13. Daar is geen inskrywingsgeld vir hierdie kompetisie nie.

14. Jy mag slegs een keer inskryf. As jy meer as een kind wil inskryf, word dit wel toegelaat.

15. Deur hierdie bepalings en voorwaardes te aanvaar bevestig en gee jy as wettige voog toestemming vir die volgende:
(a) Alle regte, insluitend intellektuele eiendomsreg en kopiereg op die foto’s wat jy inskryf vir die kompetisie, berus by jou. Nadat jy die foto’s op die kompetisieblad opgelaai het, sal hierdie regte by Media24 berus.
(b) Buiten soos in hierdie bepalings en voorwaardes gespesifiseer, het Huisgenoot en Media24 geen verpligting, finansieel of andersins, teenoor jou met betrekking tot die publikasie of gebruik van die foto’s nie.
(c) Die gebruik en publikasie van die foto’s, in ooreenstemming met hierdie bepalings en voorwaardes, sal nie jou en jou kind se reg op privaatheid skend nie. Jou en jou kind se privaat besonderhede sal nie met derde partye gedeel word nie.
(d) Die deelnemer kan die geleentheid hê om in ons bemarkingsmateriaal te verskyn, onderhewig aan hul regte om so ’n uitnodiging van die hand te wys.

16. Die finale keuse van die top 10-finaliste in sal deur die Huisgenoot-paneel gedoen word en daardie keuse en besluite is finaal. Media24, en die Huisgenoot-paneel se besluit oor enige aangeleentheid rakende die kompetisie of hierdie bepalings en voorwaardes is finaal, en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

17. Die TikTok-video wat as deel van die inskrywing met Huisgenoot gedeel word en die deelnemer se foto en motivering sal in ag geneem word tydens beoordeling en keuse van die top 10-finaliste.

18. Die publiek sal op Huisgenoot se aanlyn Mej. Tiener-kompetisieblad vir hul gunsteling kan stem, en die finalis met die meeste stemme sal as wenner aangewys word.

19. Wenners sal telefonies in kennis gestel word asook per e-pos waar beskikbaar.

20. Media24 sal die wenner drie keer gedurende kantoorure (09:00 tot 17:00) probeer kontak. As ons nie die wenner deur middel van een van die drie oproepe of e-pos in die hande kan kry nie, sal die finalis met die tweede meeste stemme die wenner word.

21. Die finaliste sowel as die wenner sal in Huisgenoot, op die huisgenoot.com en op Huisgenoot se sosiale media platforms aangekondig word.

22. Jy verstaan dat deur jou kind/kinders vir hierdie kompetisie in te skryf, jou kind/kinders se voornaam, van en ouderdom sowel as hul foto en Tik-Tok-video in die Huisgenoot Mej. Tiener-kompetisie op verskeie platforms gepubliseer sal kan word volgens hierdie bepalings en voorwaardes; en dat jou kind se deelname aan hierdie kompetisie, asook die aanvaarding en/of gebruik van ’n prys op jou en jou kind se eie risiko is.

23. Media24 neem geen verantwoordelikheid vir enige aanspreeklikheid, skade of verlies (direk of indirek) wat uit deelname aan hierdie kompetisie mag voortspruit nie.

24. Deur aan hierdie kompetisie deel te neem stem jy in dat Media24 jou af en toe kontak rakende promosies en ander bemarking wat vir jou relevant kan wees, onderhewig aan jou reg om sodanige promosies en bemarking van die hand te wys.

25. Deur aan hierdie kompetisie deel te neem stem jy in tot die verwerking van jou persoonlike inligting in ooreenstemming met die Media24-privaatheidsbeleid, wat beskikbaar is by media24.com/privacy-policy.

26. Ons behou die reg voor om die kompetisie of enige pryse of enige aspek daarvan sonder kennisgewing, op enige tyd en om enige rede te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer. In die geval van sodanige wysiging, uitstelling, opskorting of kansellering stem jy in om afstand te doen van enige regte, belange of verwagtinge wat jy van Media24 of ons borge mag hê, en erken jy dat jy geen skadevergoeding teen ons en ons borge sal verhaal nie.

27. Werknemers van Huisgenoot of hul kinders mag nie aan Huisgenoot se Mej. Tiener-kompetisie deelneem nie.

Lees asseblief die reëls, bepalings en voorwaardes deur voor jy inskryf vir Mej. Tiener.

1. Om in te skryf vir Mej. Tiener, moet jy aan die ouderdomsvereistes voldoen. Net tienermeisies tussen die ouderdom van 13 en 18 kan inskryf vir Huisgenoot se Mej. Tiener-kompetisie.

2. Jy moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees en in Suid-Afrika woon.

3. ’n Ouer of wettige voog moet toestemming gee dat jy aan die kompetisie mag deelneem. Media24 behou die reg voor om bewys aan te vra dat jy die kind se ouer of wettige voog is. As jy nie so ’n bewys kan lewer nie, sal jy gediskwalifiseer word van deelname aan die kompetisie, en as jy reeds ’n prys gewen het, enige prys verbeur.

4. Jy mag deur iemand anders (’n ouer of ’n voog) ingeskryf word.

5. Jy moet ’n foto en ’n motivering inskryf deur dit op te laai in die inskrywingsvorm op hierdie webtuiste. Indien jy enige vrae het, stuur asseblief e-pos na mejtiener@huisgenoot.com.

6. Net inskrywings deur hierdie webtuiste word toegelaat.

7. Volg dan ook Huisgenoot op TikTok en deel met ons ’n kreatiewe video waarin jy meer oor jouself vertel. Tag @Huisgenoot en gebruik #HGMejTiener2024 sodat ons jou video kan vind.

8. Die kompetisie begin op 18 Januarie 2024. Inskrywings vir die kompetisie sluit op 29 Februarie 2024 om 17:00.

9. Die prys sluit die volgende in: ’n Vakansie vir vier in Mauritius, geborg deur World Leisure Holidays, ’n professionele fotosessie deur een van Huisgenoot se fotograwe vir ’n onderhoud in Huisgenoot en op huisgenoot.com en ’n modesessie op ons modeblaaie, ’n verskyning as gasaanbieder op ’n VIA-program en prysgeld van R10 000.