HIER IS ONS TOP-10
Stem nou en jy kan óók ’n vakansie in Mauritius wen!

Die inskrywings vir Huisgenoot se Mej. Tiener-kompetisie het ingestroom en dit was ’n enorme uitdaging om die finaliste te kies. Elkeen is slim, uniek, talentvol en beeldskoon op haar eie manier. Hier is hulle – die 10 finaliste vir Huisgenoot Mej. Tiener 2024.

En nou wil ons hoor wat die publiek sê. Stem vir jou gunsteling!

  • Huisgenoot het die top-10-finaliste aangewys nadat ons deur al die inskrywings gesif het.
  • Nou is jy aan die stuur. Kyk na die foto’s en video’s, besluit op jou gunsteling en stem. Onthou: Jy kan vir net een finalis stem, so maak seker jy kyk mooi voor jy kies.
  • Jy kan net aanlyn op hierdie Mej. Tiener-kompetisieblad stem – en net tot 2 Mei 2024.
  • Die finaliste met die meeste stemme sal in ag geneem word wanneer Mej. Tiener aangewys word.
  • Ons wenner word teen einde Mei aangewys.

  • Die wenner stap weg met ’n vakansie vir 'n gesin van vier in Mauritius, met trots geborg deur World Leisure Holidays.
  • Haar verhaal sal in Huisgenoot verskyn, met haar inlasfoto op Huisgenoot se voorblad.
  • Haar verhaal sal ook verskyn op huisgenoot.com en op Huisgenoot se sosiale media platforms.
  • Sy sal as model op Huisgenoot se modeblaaie pryk.
  • Sy sal verskyn as ’n gas-aanbieder in ’n program op die VIA-televisiekanaal.
  • Sy wen ’n pryspakket van Tapputi Egyptian Perfume Oils wat vyf botteltjies parfuumolie, notaboeke en drasakke insluit. Sy kan ook genooi word om as model in bemarkingsmateriaal vir dié handelsmerk te verskyn.
  • En dan stap die wenner ook weg met R10 000 in kontant!
  • Die 10 finaliste wen elkeen twee botteltjies parfuumolie, ’n notaboek en drasak van Tapputi Egyptian Perfume Oils.

  • Die wenner stap weg met ’n vakansie vir 'n gesin van vier in Mauritius, met trots geborg deur World Leisure Holidays.
  • Haar verhaal sal in Huisgenoot verskyn, met haar inlasfoto
    op Huisgenoot se voorblad.
  • Haar verhaal sal ook verskyn op huisgenoot.com en op
    Huisgenoot se sosiale media platforms.
  • Sy sal as model op Huisgenoot se modeblaaie pryk.
  • Sy sal verskyn as ’n gas-aanbieder in ’n program op die VIA-televisiekanaal.
  • Sy wen ’n pryspakket van Tapputi Egyptian Perfume Oils wat vyf botteltjies parfuumolie, notaboeke en drasakke insluit. Sy kan ook genooi word om as model in bemarkingsmateriaal vir dié handelsmerk te verskyn.
  • En dan stap die wenner ook weg met R10 000 in kontant!
  • Die 10 finaliste wen elkeen twee botteltjies parfuumolie, ’n notaboek en drasak van Tapputi Egyptian Perfume Oils.

Stem vir jou gunstelingfinalis in Huisgenoot se Mej. Tiener-kompetisie en teken in op World Leisure Holidays se nuusbrief en jy
kan ’n eilandvakansie vir twee mense wen!

5 lesers staan ook die kans om parfuumolie van Tapputi Egyptian Perfume Oils ter waarde van R3 500 te wen.

Onthou! Kyk eers na al die finaliste se foto’s en video’s. Sodra jy weet vir wie jy wil stem, vul die vorm in en stem. ’n Geoutomatiseerde tellingproses maak seker dat jóú stem getel word.

Amy-Leigh Shirley (16)

Stem hier onder vir Amy-Leigh

Ané Lamprecht (17)

Stem hier onder vir Ané

Carli Oosthuizen (17)

Stem hier onder vir Carli

Danielle Joubert (17)

Stem hier onder vir Danielle

Hildegard Havenga (15)

Stem hier onder vir Hildegard

Jackie de Klerk (17)

Stem hier onder vir Jackie

Lily Mtsweni (18)

Stem hier onder vir Lily

Mareli Jordaan (16)

Stem hier onder vir Mareli

Telisa van Heerden (17)

Stem hier onder vir Telisa

Tiara van Wyk (17)

Stem hier onder vir Tiara

Lees asseblief die reëls, bepalings en voorwaardes noukeurig deur voor jy vir jou gunstelingfinalis stem.

1. Media24 behou die reg voor om finaliste te diskwalifiseer wat nié Suid-Afrikaanse burgers is of in Suid-Afrika woon nie.
2. Slegs stemme wat op Huisgenoot Mej. Tiener se stemblad op huisgenoot.com ingedien word, word getel.
3. Die stemme open op 4 April en sluit op 2 Mei om 17:00. Geen laat stemme word getel nie.
4. Om te stem is gratis. Mense wat stem én inteken op World Leisure Holidays se nuusbrief, het die kans om ’n vakansie vir twee na Mauritius te wen. Dié wenner sal deur middel van ’n gelukkige trekking gekies word.
5. Jy mag slegs een keer stem.
6. Die wenner van Mej. Tiener 2024 stap weg met ’n vakansie vir haar en drie mense in Mauritius, met trots geborg deur World Leisure Holidays. Haar verhaal sal in Huisgenoot verskyn, met haar inlasfoto op Huisgenoot se voorblad. Haar verhaal sal ook verskyn op huisgenoot.com en op Huisgenoot se sosialemediaplatforms. Sy sal as model op Huisgenoot se modeblaaie pryk. Sy sal verskyn as ’n gasaanbieder in ’n program op die VIA-televisiekanaal. Sy wen ’n pryspakket van Tapputi Egyptian Perfume Oils wat vyf botteltjies parfuumolie, notaboeke en drasakke insluit. Sy kan ook genooi word om as model in bemarkingsmateriaal vir dié handelsmerk te verskyn. Sy stap ook weg met R10 000 kontant.
7. Die telling deur die Huisgenoot-paneel en die aankondiging van die wenners is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
8. Die toekennings en pryse kan nie geruil word nie. Die oorbetaling van prysgeld verg sekere dokumentasie en jy aanvaar dat ons net betalings kan finaliseer wanneer ons al die nodige inligting en dokumentasie bekom het.
9. Media24 en die Huisgenoot-paneel se besluit oor enige aangeleentheid rakende die kompetisie of hierdie bepalings en voorwaardes is finaal, en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
10. Die wenner sal bepaal word deur die Huisgenoot-paneel. Die stemme van die publiek word in ag geneem wanneer die wenner gekies word.
11. Wenners sal telefonies in kennis gestel word, asook per e-pos waar beskikbaar.
12. Media24 sal die wenner drie keer gedurende kantoorure (09:00 tot 17:00) probeer kontak. As ons nie die wenner deur middel van een van die drie oproepe of e-pos in die hande kan kry nie, sal die finalis met die tweede meeste stemme die wenner word.
13. Die finale wenner sal teen einde Mei op huisgenoot.com asook in Huisgenoot se tydskrif en per sosiale media aangekondig word.
14. Deur jou stem in te stuur, stem jy in dat Media24 jou af en toe kontak rakende promosies en ander bemarking wat vir jou relevant kan wees, onderhewig aan jou reg om sodanige promosies en bemarking van die hand te wys.
15. Deur te stem, stem jy in tot die verwerking van jou persoonlike inligting in ooreenstemming met die Media24-privaatheidsbeleid, wat beskikbaar is by media24.com/privacy-policy.
16. Ons behou die reg voor om die kompetisie of enige pryse of enige aspek daarvan sonder kennisgewing, op enige tyd en om enige rede te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer. In die geval van sodanige wysiging, uitstelling, opskorting of kansellering stem jy in om afstand te doen van enige regte, belange of verwagtinge wat jy van Media24 of ons borge mag hê, en erken jy dat jy geen skadevergoeding teen ons en ons borge sal verhaal nie.
17. Werknemers van Huisgenoot of hul kinders mag nie as die wenners van Huisgenoot se Mej. Tiener-kompetisie aangewys word nie.
18. Werknemers van Huisgenoot, Tapputi of World Leisure Holidays of hul kinders mag nie as die wenners van die gelukkige trekking aangewys word nie.

Lees asseblief die reëls, bepalings en voorwaardes noukeurig deur voor jy vir jou gunstelingfinalis stem.

1. Media24 behou die reg voor om finaliste te diskwalifiseer wat nié Suid-Afrikaanse burgers is of in Suid-Afrika woon nie.
2. Slegs stemme wat op Huisgenoot Mej. Tiener se stemblad op huisgenoot.com ingedien word, word getel.
3. Die stemme open op 4 April en sluit op 2 Mei om 17:00. Geen laat stemme word getel nie.
4. Om te stem is gratis. Mense wat stem én inteken op World Leisure Holidays se nuusbrief, het die kans om ’n vakansie vir twee na Mauritius te wen. Dié wenner sal deur middel van ’n gelukkige trekking gekies word.
5. Jy mag slegs een keer stem.
6. Die wenner van Mej. Tiener 2024 stap weg met ’n vakansie vir haar en haar gesin in Mauritius, met trots geborg deur World Leisure Holidays. Haar verhaal sal in Huisgenoot verskyn, met haar inlasfoto op Huisgenoot se voorblad. Haar verhaal sal ook verskyn op huisgenoot.com en op Huisgenoot se sosialemediaplatforms. Sy sal as model op Huisgenoot se modeblaaie pryk. Sy sal verskyn as ’n gasaanbieder in ’n program op die VIA-televisiekanaal. Sy wen ’n pryspakket van Tapputi Egyptian Perfume Oils wat vyf botteltjies parfuumolie, notaboeke en drasakke insluit. Sy kan ook genooi word om as model in bemarkingsmateriaal vir dié handelsmerk te verskyn. Sy stap ook weg met R10 000 kontant.