Die top 10 is gekies!
Wie gaan die kroon dra?
Die top 10 sal die kans hê om hul pad na bo te sing by 'n event wat niemand gaan vergeet nie.
Op Saterdag 30 November in die Kaapse middestad, by die Bokeh Karaoke Bar & Lounge,
gaan hulle kompeteer vir die kroon. Maak seker jy is ook daar!
Ons paneel en celeb-beoordelaars, Irvine van der Merwe en Natasha van der Merwe - beter bekend as Nazeem en Susan in die sepie Suidooster - sal daar wees. En ons MC vir dié event is die alter ego van Dean Smith, nog 'n Suidooster akteur: die skreeusnaakse Aunty Bettie!
Jy wil dit nie mis nie!
Scroll af om die top 10 te sien...
Die wenner sal as ’n gaskunstenaar optree by een van Kuier se events en in ’n Kuier-artikel pronk – ’n fantastiese geleentheid vir iemand wat graag sing en daarvan droom om ’n loopbaan in die bedryf af te skop!
Die wenner sal as ’n gaskunstenaar optree by een van Kuier se events en in ’n Kuier-artikel pronk – ’n fantastiese geleentheid vir iemand wat graag sing en daarvan droom om ’n loopbaan in die bedryf af te skop!
Dís die talentvolle tien wat deur ons beoordelaars gekies is.
Shandre Richardson
Lauren Jade Fortuin
Shaundray Van Der Hoorst
Surene van Rooyen
Tyrese Riettels
Chester Fisch
Chrizelda Fluks
Willem Joseph
Chantel Boonzaaier
Alecia Morris - lesergunsteling!
Natasha van der Merwe
Lesers ken haar as Susan Naudé van die sepie Suidooster, maar sy sing self ook en is een van ons celeb-beoordelaars!
Irvine van der Merwe
Hy is eintlik beter bekend as Nazeem Jacobs in Suidooster, maar vir dié event gaan Irvine ons help om die talent te meet as 'n celeb-beoordelaar.
Aunty Bettie
Kry jou kaartjies vir die finaal, want behalwe sangtalent, sal jy die kans kry om Aunty Bettie in aksie te beleef as ons MC!
- Die wenner sal as gaskunstenaar optree by een van Kuier se events.
- Jou verhaal sal in Kuier verskyn, met ’n inlasfoto op Kuier se voorblad.
- Jou verhaal sal ook verskyn op kuier.co.za en op Kuier se sosiale media platforms.
- Die wenner sal as gaskunstenaar optree by een van Kuier se events.
- Jou verhaal sal in Kuier verskyn, met ’n inlasfoto op Kuier se voorblad.
- Jou verhaal sal ook verskyn op kuier.co.za en op Kuier se sosiale media platforms.
Lees asseblief die reëls, bepalings en voorwaardes deur voor jy inskryf vir Kuier Karaoke.
1. Om in te skryf vir Kuier Karaoke, moet jy aan die ouderdomsvereistes voldoen. Net persone van 18 jaar en ouer mag inskryf vir Kuier Karaoke.
2. Jy moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees en in Suid-Afrika woon.
3. Jy moet die inskrywingsvorm invul en ’n video oplaai van tussen 30 sekondes en 1 minuut by kuierkaraoke.co.za
Indien jy enige vrae het, stuur asseblief e-pos na
kuier@kuier.co.za.
4. Jou inskrywing moet a capella wees en mag geensins ’n backing track insluit nie. Inskrywings met backing tracks sal nie in ag geneem word vir die kompetisie nie.
5. Net inskrywings deur hierdie webtuiste word toegelaat.
6. Die kompetisie begin op 18 Oktober 2024. Inskrywings vir die kompetisie sluit op 30 Oktober 2024 om 23:00.
7. Die wenner se prys sluit die volgende in: ’n kans om te sing by ’n Kuier-geleentheid en ’n profiel in Kuier-tydskrif se uitgawe van 2 Januarie 2025.
8. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal gevoer word nie.
9. Die toekennings en pryse kan nie geruil word nie.
10. Deur deel te neem aan Kuier Karaoke stem deelnemers in dat hul naam en/of foto en/of video in Kuier en op Kuier.com sowel as op ons spesiale aanlyn Kuier Karaoke-kompetisieblad en enige van Kuier se sosialemediaplatforms gepubliseer en gedeel mag word.
11. Daar is geen inskrywingsgeld vir hierdie kompetisie nie.
12. Finaliste is verantwoordelik vir hul eie vervoer en/of verblyf na en van die event om aan die top-10-geleentheid deel te neem.
13. Jy mag slegs een keer inskryf.
14. Deur hierdie bepalings en voorwaardes te aanvaar, bevestig en gee jy toestemming vir die volgende:
(a) Alle regte, insluitend intellektuele eiendomsreg en kopiereg op die video wat jy inskryf vir die kompetisie, berus by jou. Nadat jy die video op die kompetisieblad gelaai het, sal hierdie regte by Media24 berus.
(b) Buiten soos in hierdie bepalings en voorwaardes gespesifiseer, het Kuier, die borg en Media24 geen verpligting, finansieel of andersins, teenoor jou met betrekking tot die publikasie of gebruik van die video’s nie.
(c) Die gebruik en publikasie van die video’s, in ooreenstemming met hierdie bepalings en voorwaardes, sal nie jou reg op privaatheid skend nie. Jou privaat besonderhede sal nie met derde partye gedeel word nie.
(d) Die deelnemer kan die geleentheid hê om in ons bemarkingsmateriaal te verskyn, onderhewig aan hul regte om so ’n uitnodiging van die hand te wys.
15. Die finale keuse van die top-9-finaliste, asook die top-6-finaliste wat sal meeding om die finale plek in die top-10, sal deur die Kuier-paneel gedoen word en daardie keuse en besluite is finaal. Media24 en die Kuier-paneel se besluit oor enige aangeleentheid rakende die kompetisie of hierdie bepalings en voorwaardes is finaal, en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Die tiende finalis wat in die top-10 val, word deur leserstemme bepaal uit die top-6 wat daarvoor meeding.
16. Om in aanmerking te kom vir die top 10, moet jy beskikbaar wees vir die top 10 geleentheid op 30 November 2024 van 14:00 tot 17:00 in die Kaapse middestad. So nie, behou Media24 die reg voor om iemand anders te kies.
17. Finaliste sal telefonies in kennis gestel word asook per e-pos waar beskikbaar.
18. Media24 sal die finaliste drie keer gedurende kantoorure (09:00 tot 17:00) probeer kontak. As ons nie die finaliste deur middel van een van die drie oproepe of e-pos in die hande kan kry nie, sal ’n ander finalis in sy/haar plek gekies word.
19. Die finaliste sowel as die wenner sal in Kuier, op die Kuier-tuisblad, die Kuier Karaoke-kompetisieblad sowel as op Kuier se sosialemediaplatforms aangekondig word.
20. Jy verstaan dat deur vir hierdie kompetisie in te skryf, jou voornaam, van en ouderdom sowel as foto en video in die Kuier Karaoke-kompetisie op verskeie platforms gepubliseer sal kan word volgens hierdie bepalings en voorwaardes; en dat jou deelname aan hierdie kompetisie, asook die aanvaarding en/of gebruik van ’n prys, op jou eie risiko is.
21. Media24 en die borg/e neem geen verantwoordelikheid vir enige aanspreeklikheid, skade of verlies (direk of indirek) wat uit deelname aan hierdie kompetisie mag voortspruit nie.
22. Deur aan hierdie kompetisie deel te neem, stem jy in dat Media24 jou af en toe kontak rakende promosies en ander bemarking wat vir jou relevant kan wees, onderhewig aan jou reg om sodanige promosies en bemarking van die hand te wys.
23. Deur aan hierdie kompetisie deel te neem, stem jy in tot die verwerking van jou persoonlike inligting in ooreenstemming met die Media24-privaatheidsbeleid, wat beskikbaar is hier.
24. Werknemers van Kuier of hul kinders mag nie aan Kuier Karaoke deelneem nie.
25. Media24 behou die reg voor om die kompetisie of enige pryse of enige aspek daarvan sonder kennisgewing, op enige tyd en om enige rede te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer. In die geval van sodanige wysiging, uitstelling, opskorting of kansellering, stem jy in om afstand te doen van enige regte, belange of verwagtinge wat jy van Media24 of ons borge mag hê, en erken jy dat jy geen skadevergoeding teen ons en ons borge sal verhaal nie.
26. Jou kans om te stem vir die lesersgunsteling sluit om 09:00 op Maandag, 18 November. Die top 10 sal later dieselfde dag aangekondig word.