Die beoordelaars het beraadslaag, en ons het ’n wenner: Stepheni Smit. Haar gekrummelde sardien-resep het die beoordelaars beïndruk en sal beslis ’n wenner wees wanneer jy dit self maak.

Gaan loer na haar resep asook dié van die twee naaswenners.

GEKRUMMELDE SARDIENS
Deur Stepheni Smit

Genoeg vir 4-6 (as ‘n happie)
Bereiding: 20 min
Verkoeltyd: 30 min
Gaarmaaktyd: 15-20 min

Bestanddele:
1 x 400 g blik Lucky Star pilchards in soet brandrissiesous
250 ml meel
2,5 ml sout
2,5 ml brandrissiepoeier
15 ml suiker
2 eiers, geklits
250 ml broodkrummels
olie, vir diepvetbraai

VIR VOORSIT
Seesout (optioneel)
Vars pietersielie, gekap
Suurlemoenwiggies
Klaar bereide soetbrandrissiesous

Metode:
1.) Haal die sardiens uit die sous uit en halveer elke vissie versigtig.

2.) Meng die meel, sout, brandrissiepoeier en suiker goed saam. Rol elke vissie in die meelmengsel, skud enige oortollige meel af en pak op ‘n bord.

3.) Doop elke vissie in die eier en rol dan in die krummels – maak seker die vissies is oraloor bedek met die krummels. Pak in ‘n enkellaag op ‘n bord en verkoel in die yskas vir minstens 30 min.

4.) Verhit genoeg olie in ‘n kastrol vir diepvetbraai. Braai die vissies in sarsies tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier.

VIR VOORSIT
5.) Geur die vissies met ‘n bietjie seesout, indien verkies, en sprinkel vars pietersielie oor. Sit voor saam met die suurlemoenwiggies en soetbrandrissiesous.

LUCKY STAR-BOTTERBOONTJIEKERRIE
Deur Daphne King

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 min
Gaarmaaktyd: 45 min

Bestanddele:
15 ml olie
5 ml elk komynsaadjies en swart mosterdsaadjies
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
5 ml gerasperde vars gemmer
2 aartappels, gekil in in stukke gesny
125 ml water
1 x 410 g blik gekapte tamaties
5 ml elk geroosterde masala, fyn komyn en fyn koljander
10 ml borrie
1 x 410 g blik botterboontjies, gedreineer
sout, na smaak
2 x 400 g blikke Lucky Star Pilchards in brandrissiesous

VIR VOORSIT
Vars koljanderblare
Klaar bereide basmatirys

Metode:
1.) Verhit die olie in ‘n kastrol en braai die komyn- en mosterdsaadjies vir ‘n minuut. Voeg die uie by en roerbraai tot goudbruin en gaar.

2.) Voeg die knoffel en gemmer by en roerbraai tot geurig. Voeg die aartappels en water by en braai totdat die aartappels amper sag is en die meeste van die water weg gekook is.

3.) Voeg die tamatie, masala, komyn, koljander en borrie by en laat stadig prut vir 10 min. Voeg die botterboontjies by en verhit. Geur met sout na smaak.

4.) Haal die Lucky Star pilchards uit die sous uit en pak in die kastrol. Skep die kerriesous versigtig oor die vissies, wees versigtig dat die vissies nie te veel breek nie, en laat oor lae hitte prut vir 5 min.

VIR VOORSIT
5.) Garneer die kerrie met die koljanderblare en sit voor saam met die basmatirys.

LUCKY STAR PILCHARDS-SLAAI
Deur Alida Cruywagen

Genoeg vir 2 mense
Bereiding: 15 min

Bestanddele:
1 kop kropslaai, blare van bekaar afgebreek en afgespoel
2 tamaties, in wiggies gesny
1 x 400 g blike Lucky Star pilchards in tamatiesous
4 hardgekookte eiers, afgedop en in wiggies gesny
sout en varsgemaalde peper

SOUS
30 ml mayonnaise
15 ml soet brandrissiesous

VIR VOORSIT
Vars broodrolletjies

Metode:
1.) Rangskik die kropslaaiblare op ‘n groot slaaibord. Versprei die tamaties op die blare.

2.) Haal die Lucky Star pilchards uit die tamatiesous uit (hou die sous eenkant), en breek rofweg in stukke.

3.) Pak die vis en eiers op die slaai. Geur met die sout en varsgemaalde peper.

SOUS
4.) Voeg die mayonnaise en soet brandrissiesous by die oorblywende sous van die pilchards, en meng goed.

VIR VOORSIT
5.) Drup die sous oor die slaai en sit voor saam met die vars broodrolletjies.

1.     Dit is ’n promosiekompetisie genaamd Soveel lekker maniere met Lucky Star (die “kompetisie”) aangebied deur Lucky Star Bpk (Registrasienommer: 1946/022718/06) 8ste VIoer, Oceana House, Jan Smutsstraat 25, Foreshore, Kaapstad (die “borg”) in samewerking met Media24 as mediavennote – onderworpe aan die bepalings van artikel 36 van die Wet op Verbruikersbeskerming, nr. 68 van 2008 soos gewysig (“CPA”) en die regulasies wat daaronder uitgevaardig word, en die terminologie wat in voormelde CPA gebruik word, is op die kompetisie van toepassing.

2.     Behalwe vir die deelnemers wat in artikel 36 (3) (b) van die CPA beskryf word (sien klousule 10 hieronder), is die kompetisie oop vir individue in besit van ’n Suid-Afrikaanse identiteitsnommer/geldige paspoort/vlugtelingdokumente, 18 jaar of ouer is en tans in die Republiek van Suid-Afrika woon.

3.     Om deel te neem aan die kompetisie, moet deelnemers hul eie Lucky Star-resepte aanlyn via die Shorthand Hub indien by https://projekte.netwerk24.com/kookmetluckystar. Alle ingediende resepte moet die resepte van die deelnemers wees. Deelnemers moet Lucky Star-produkte in die dis gebruik. Die kompetisie-inskrywingspunte sal ook op Media24-platforms gehuisves word. Die borg vestig die aandag van alle deelnemers op die Media24-reëls wat van toepassing is op hierdie kompetisie soos aangebied op die Shorthand Hub aanlyn- en Media24-platvorms.

4.      Huisgenoot, YOU en Drum sal die kompetisie afsonderlik aanbied. Deelnemers mag slegs een keer inskryf en kan slegs op een van die deelnemende Media24-platforms deelneem. Deelnemers wat reeds op een platform van Media24 ingeskryf het, kan dus nie óók op ’n ander platform inskryf nie.

5.      Daar sal verskillende fases in hierdie kompetisie wees, afhangend van die media-publikasies deur Media24 gedurende die kompetisietydperk. Pryse bestaan uit R5000 kontant – vir elke media-publikasie deur Media24: die 1ste prys van R2500, die 2de prys van R1500 en die derde prys van R1000. Die prys bestaan ook uit verskillende Lucky Star-geskenkpakke ter waarde van R500.

6.     Die kompetisie begin op 31 Maart 2021 en sluit om middernag op 20 April 2021.

7.     Die Media24-kosspan sal die top-vyf resepte uitsoek. Lucky Star sal dan die top-drie uitsoek en ’n wenner en twee naaswenners aanwys.

8.     Lucky Star sal die wenner help om ’n professionele video te skep wat wys hoe hul gereg gemaak word. Die video van die uiteindelike Lucky Star-skepping sal op sosiale media gedeel word. Alle regte, insluitend intellektuele eiendomsregte en kopiereg op die professionele video's en promosie-media vir hierdie resepte, behoort aan Lucky Star.

9.     Wenners en die algehele wenner word tydens die duur van die kompetisie op die Shorthand Hub en ook op sosialemediaplatforms (Facebook, Instagram en Twitter) en teen 19 Mei 2021 aangekondig word. Verder word alle korrespondensie rakende die kompetisie verskaf via die Shorthand Hub, Lucky Star Social Media Platforms (Instagram, Facebook, Twitter) en die Media24 Platforms (HUISGENOOT, YOU en DRUM).

10.     Behalwe soos gespesifiseer in hierdie bepalings en voorwaardes, is Lucky Star nie onder enige verpligting, finansieel of andersins, teenoor die deelnemers met betrekking tot die publikasie of gebruik van die ingeskrewe resepte nie.

11.  Die prys sal nie toegeken word aan ’n direkteur, lid, vennoot, werknemer of agent of konsultant, of hul gade, lewensmaat of lede van hul onmiddellike familie, die borg of enige persoon wat direk of indirek beheer word nie, deur die borg of aan ’n verskaffer van goedere of dienste in verband met die kompetisie. Die borg behou die reg voor om ’n wenner te versoek om ’n beëdigde verklaring af te lê wat bevestig dat hy/sy nie binne hierdie kategorie van persone val nie, en moet op verdere versoek hul identiteit kan verifieer deur ’n gesertifiseerde afskrif van hul identiteitsdokument of geldige paspoort te verskaf.

12.  Alle regte, insluitend intellektuele eiendomsreg en kopiereg op die resepte, berus by die deelnemer, maar sodra die resepte via die Shorthand Hub-platform gelaai word, sal sulke regte by Lucky Star en Media24 berus. Lucky Star mag ook die resep gebruik en plaas sodra dit opgelaai is. Die resepte kan op Lucky Star en op HUISGENOOT-, YOU- en DRUM-platforms tydens die inskrywings-, stem- en wenner-aankondigingsfase van hierdie kompetisie gepubliseer word. Die inskrywing wat op die mikro-webwerf geskep word en resepte mag as deel van die stemproses op sosiale netwerke gedeel word. Die paneel se besluit oor enige aangeleentheid rakende die kompetisie of hierdie bepalings en voorwaardes is finaal, en geen korrespondensie sal gevoer word nie. Jy verstaan dat met deelname aan hierdie kompetisie jou resep, foto's en naam op verskillende platforms volgens hierdie bepalings en voorwaardes gepubliseer sal word en dat jy op eie risiko inskryf vir die kompetisie. Media24 en enige borge neem geen verantwoordelikheid vir enige aanspreeklikheid, skade of verlies (direk of indirek) wat voortspruit uit deelname aan hierdie kompetisie nie.

13.  Pryse is nie oordraagbaar nie en word slegs aan die wenner toegeken en nie aan ’n verteenwoordiger nie.

14.  As die wenner om welke rede ook al nie gekontak kan word nie of gediskwalifiseer word ingevolge klousule 21 hieronder, sal die prys verbeur word vir herverkiesing op dieselfde basis as wat die oorspronklike wenners gekies is.

15.  Met deelname aan die kompetisie erken die deelnemer en stem in dat die borg, sy agente en verteenwoordigers die reg het om die deelnemer uit te nooi, welke uitnodiging die deelnemer die reg het om te weier, om teenwoordig te wees by die trekking van die name van die wenners of by die aankondiging van die wenners, deelname aan enige bemarkingsaktiwiteit en gebruik van die beeldmateriaal en/of beelde van die deelnemer geheel of gedeeltelik en in verband met die verspreiding, uitsaai en alle advertensies, bemarking en promosies wat met die beeldmateriaal van die kompetisie verband hou.

16.  Wanneer ’n deelnemer ’n inskrywing indien en/of e-posse aan die borg stuur, gee die deelnemer toestemming daartoe om elektroniese kommunikasie van die borg te ontvang en stem in dat alle ooreenkomste, kennisgewings, openbaarmakings en ander kommunikasie wat elektronies deur die borg gestuur word, voldoen aan enige wetlike vereistes, insluitend maar nie beperk nie, tot die vereiste dat sodanige kommunikasie “skriftelik” moet wees.

17.  Met deelname gee die deelnemer toestemming dat die inligting wat verskaf word om vir die kompetisie in te skryf, gebêre en gebruik kan word vir statistiese of bemarkingsdoeleindes deur die borg. Instemming om die inligting van die deelnemer te gebruik, is nie ’n voorwaarde vir deelname aan die kompetisie nie en die deelnemer het die reg om sodanige toestemming enige tyd terug te trek deur die borg telefonies in kennis te stel by 021 415 8600 of per e-pos by info@luckystar.co .za.

18.  Inligting wat van deelnemers versamel word, sal slegs deur die borg gebruik word en sal op geen manier aan derde partye oorgedra of beskikbaar gestel word nie, behalwe as dit slegs vir die gebruik van die borg beskikbaar is.

19.  ’n Deelnemer behou die reg om besonderhede oor die inligting oor die deelnemer te versoek, en om enige inligting wat verskaf word by te werk en/of reg te stel. Hiervoor kan die borg telefonies gekontak word by 021 415 8600 of per e-pos by info@luckystar.co.za.

20.  Die borg se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie, slegs onderhewig aan die toesig en sertifisering van die kompetisie deur ’n onafhanklike rekenmeester, geregistreerde ouditeur, prokureur of advokaat en die verslagdoening daaroor deur die borg se interne ouditverslagdoeningsprosedures.

21.  Met deelname aan die kompetisie erken die deelnemer en stem in tot hierdie bepalings en voorwaardes.

22.  As daar bevind word dat enige deelnemer of wenner hierdie bepalings en voorwaardes oortree of na die mening van die borg met hul deelname aan die kompetisie hul skuldig gemaak het aan bedrieglik, misleidende of gedrag wat skadelik is vir die borg se reputasie, behou die borg die reg voor om sodanige deelnemer of wenner op skriftelike kennisgewing te diskwalifiseer.

23.  Instagram, Facebook en Twitter is geensins direk of indirek aanspreeklik vir enige kommunikasie in alle vorme wat op die kompetisie betrekking het nie. Die kompetisie word geensins geborg, onderskryf of geadministreer deur, of geassosieer met Instagram, Facebook of Twitter nie en hulle sal geensins direk of indirek aanspreeklik wees vir deelname aan die kompetisie of enige optrede deur die organiseerders van die kompetisie nie.

24.  Die deelnemer erken hiermee dat enige vrywillige voorsiening of openbaarmaking van enige inligting aan die borg en/of sy organiseerders verskaf word.

25.  Die promotor kies as plek van dagvaarding en eksekusie vir alle doeleindes onder hierdie kompetisie, hetsy ten opsigte van die hofproses, kennisgewing of ander dokumente of kommunikasie van watter aard ook al: 7de verdieping, Oceana House, Jan Smutsstraat 25, Kaapstad, 8001.

26.  Die borg het die reg om die kompetisie onmiddellik en sonder kennisgewing te beëindig indien dit weens redes buite sy beheer onmoontlik is om met die kompetisie voort te gaan. In die geval van sodanige beëindiging, stem alle deelnemers in om afstand te doen van die regte wat hulle mag hê in terme van hierdie kompetisie en erken dat hulle geen skadevergoeding van die borg, sy direkteure, werknemers en agente sal eis nie.

27.  Die Lucky Star-verbruikershulplyn vir navrae is 0860 102 500.