Dié kroonjuwele het ’n SA sprankel

Foto's: Getty Images

Foto's: Getty Images

Die Cullinan-diamantmyn neffens Pretoria het een van die opspraakwekkendste skatte in die Britse koningshuis se versameling edelstene opgelewer.

Die Cullinan-diamant is in verskillende dele geslyp en koningin Elizabeth het in haar leeftyd dié pronkstukke – sommige deel van die koninklike versameling en ander wat sy by haar ouma, koningin Mary, geërf het – gereeld gedra.  

Die Cullinan-diamant is in 1905 in die Cullinan-diamantmyn buite Pretoria gevind. Die allemintige steen van 3 106,75 karaat is deur die destydse Transvaalse kolonie aangekoop en as geskenk vir die destydse Britse monarg, koning Edward VII, gegee vir sy 66ste verjaarsdag. 

Die ongeslypte Cullinan-diamant. Foto: Wikipedia

Die ongeslypte Cullinan-diamant. Foto: Wikipedia

Die steen is per gewone skip na Brittanje gestuur sonder enige polisiebeskerming! Die diamantslyper Abraham Asscher het die diamant in Londen gaan haal en sommer daarmee in sy jas se sak terug na Nederland gereis. Terselfdertyd het ’n skip van die koninklike vloot met ’n leë houer oor die Noordsee gevaar om enige moontlike diewe van die spoor af te gooi. Op die foto slyp Joseph Asscher die diamant.

Foto: Wikipedia

Die grootste deel van die steen is in sewe gesny en die naasgrootste steen in twee. Dié proses het agt maande geduur. Die twee grootste stene, die Cullinan I en Cullinan II, is terug na koning Edward VII, en die res het by Asschers in Amsterdam agterbly as vergoeding vir die slyp van die diamante totdat koning Edward VII in 1907 die Cullinan VI vir sy vrou, koningin Alexandra, gekoop het. Die Suid-Afrikaanse Hoëkommissaris het die res van die Cullinans by die Asschers gekoop en in 1910 aan koningin Mary as geskenk gegee. 

Foto: Wikipedia

Die grootste deel van die steen is die Cullinan I of die Groot Ster van Afrika en weeg ‘n allemintige 530,2 karaat! Dié pragstuk pronk in die vors se septer wat met die kroningsplegtigheid van ’n nuwe monarg gebruik word. Die Cullinan II, die Tweede Ster van Afrika, weeg 317,4 karaat en is in die Imperiale Staatskroon wat ná die kroning by staatsfunksies soos die parlementsopening gedra word. 

Foto: capetowndiamondmuseum

Die Imperiale Staatskroon is in 1838 vir koningin Victoria gemaak (sonder die Cullinan II)  en bevat benewens die Cullinan II ook vele geskiedkundige juwele, soos pêrels wat een aan Elizabeth I se oorlobbe gehang het! Daar is altesame 2 783 diamante, 277 pêrels, 17 saffiere, 11 smaragde en 5 robyne in die Staatskroon.

Koningin Elizabeth II se kroning in 1953. Foto: Getty Images

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

Foto: capetowndiamondmuseum

Foto: capetowndiamondmuseum

Foto: Getty Images

Foto: Getty Images

Koningin Elizabeth II se kroning in 1953. Foto: Getty Images

Koningin Elizabeth II se kroning in 1953. Foto: Getty Images

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

Ouma se splinters

Die Cullinan I en II is deel van die koninklike versameling en die res, wat bekend staan as ‘’Ouma se splinters” is in koningin Elizabeth se private versameling. Sy het die “splinters’’ van haar ouma, koningin Mary, geërf. Op die foto dra Mary die Cullinan I en II as ’n borsspeld en die Cullinan III as ’n hangertjie aan die kroningshalssnoer. Sy dra ook die Cullinan IV op die basis van haar kroon.

In die familie

Koningin Elizabeth en prins Philip (heel regs) besoek in 1958 die poleerkamer van Asschers in Amsterdam, Nederland. Sy het met dié besoek vir die eerste keer vertel dat Cullinan III en IV in die familie as “Ouma se splinters” bekend staan. Dit was ook die eerste keer dat sy dié borsspeld met dié Cullinan-diamante in die openbaar gedra het. Sy het ook die borsspeld afgehaal en dit aan Louis Asscher gegee om te inspekteer. Asscher is ’n neef van Joseph Asscher wat die reuse-Cullinan-diamant geslyp het. 

'n Gunsteling

Die borsspeld met die Cullinan V is een van die koningin se gunstelinge.

Foto: Getty Images

Foto: Getty Images

Foto: Getty Images

Foto: Getty Images

Foto: capetowndiamondmuseum

Foto: capetowndiamondmuseum

En nog...

Dan is daar nog ‘n borsspeld waarin die Cullinan VI en Cullinan VIII hul plek gevind het.

Die Cullinan III en IV is ook in ’n borsspeld geset wat die koningin op spesiale geleenthede gedra het. Foto: Getty Images

Die Cullinan III en IV is ook in ’n borsspeld geset wat die koningin op spesiale geleenthede gedra het. Foto: Getty Images

Foto: Getty Images

Foto: Getty Images

Foto: Getty Images

Foto: Getty Images

Asemrowend!

Die Cullinan VII is deel van die Delhi Durbar-halssnoer. Die Cullinan VII is deur koning Edward VII aan sy vrou, koningin Alexandra, gegee. Alexandra het ná Edward se dood die pragtige diamant aan koningin Mary gegee wat dit in dié halssnoer laat aanbring het.

Foto: capetowndiamondmuseum

Foto: capetowndiamondmuseum

Allesbehalwe gering

Die Cullinan IX is ’n peervormige diamant wat die koningin bitter selde in haar leeftyd gedra het. 

Foto: Getty Images

Foto: Getty Images

Dié borsspeld met die Cullinan VI en VIII is nie gereeld in die openbaar gesien nie. Die koningin het die borsspeld wel in 2002 tydens ’n staatsbesoek aan Jamaika gedra.

Of die koningin haar erfstukke aan die koninklike versameling gaan nalaat of aan haar kinders, kleinkinders of agterkleinkinders, sal net die toekoms kan sê . . .