Geborgde inhoud

Theo Vorster slaan sy swartboekie oop om kykers eksklusiewe toegang te gee tot die binnekring van Suid-Afrika se mees suksesvolle sakeleiers waar hulle hul geheime, mislukkings en miljoen-rand-strategieë in intieme gesprekke deel. Van raadsaal-besluite tot persoonlike oorwinnings, kry jy die insig wat jou eie entrepreneursreis kan transformeer.

Koffie & kapitaal is ’n intieme sakegesprekprogram op VIA (DStv-kanaal 147) met Theo Vorster as gasheer. Die program ondersoek die suksesverhale, sakestrategieë en toekomsvisies van Suid-Afrika se mees vindingryke sakeleiers en entrepreneurs deur sake-insigte met persoonlike stories te kombineer.

Theo bring insig en begrip as mede-stigter van Galileo Capital, ’n onderneming wat hy vanaf 2005 tot meer as R6 miljard se bates teen 2023 help groei het. As gepubliseerde outeur van sakeboeke en ervare finansiële-dienste-entrepreneur, plaas Vorster se bedryfskennis en media-teenwoordigheid hom in ’n goeie posisie om betekenisvolle insigte uit hoëprofiel-gaste te trek.

Kry al die episodes hier

Elke Woensdag sal die skakel na 'n nuwe episode hier opgelaai word vir jou kykgenot.

Episode 1

Van Loveren se Phillip Retief: ‘Bou vir die volgende geslag’

Theo Vorster drink koffie saam met Phillip Retief, besturende direkteur van die Van Loveren-familiewynlandgoed, om te gesels oor leierskap, familiebesigheid, wyn en die besluite wat volhoubare waarde oor tyd bou.

Episode 2

Marais verdubbel Momentum se waarde met kliëntefokus

Jeanette Marais, uitvoerende hoof van die Momentum-groep, gesels oor ’n koppie koffie met Theo Vorster oor die besluite, waardes en beginsels wat haar leierskap rig en die groep se merkwaardige groei dryf.

Episode 3

Theo Vorster: ‘Capitec se groei is nog lank nie verby nie’

Theo se koffiekuier is dié week saam met Henk Lourens, wat van die begin af deel was van Capitec se reis – ’n span wat met ongekompliseerde produkte en innoverende denke die reëls van Suid-Afrika se bankwese herskryf het.

Episode 4

Oud-Bok Wahl lei SA se grootste veiligheidsmaatskappy

Theo en die Springbokrugbylegende Wahl Bartmann geniet ’n koffie saam. As uitvoerende hoof van die Fidelity Groep, wat ontstaan het uit ’n klein familiebesigheid, is Wahl ook ’n baanbreker in die sekuriteitsbedryf.

Episode 5

Elvis Blue: KI dwing musikante om op te tree

By die Elvis Brew-padstal in George, waar goeie koffie die hart van die spyskaart is, gesels Theo en Elvis Blue oor sy reis van geliefde musikant tot entrepreneur met ’n groeiende koffiebesigheid en "lekke man"-gees.

Episode 6

Izak Smit lei PPS tot miljoenrand-sukses

Oor ’n koppie koffie gesels Theo en Izak Smit, uitvoerende hoof van PPS, oor die krag van die "mutual"-model, die betekenis van dienende leierskap en hoe hy ook as avontuurlustige sportman voortdurend grense verskuif.

Episode 7

Bertus Basson skep volhoubare restaurante

Bertus Basson, bekroonde sjef en restaurateur, gesels hierdie week oor ’n koppie koffie met Theo oor die kern van ware gasvryheid, die suksesresep agter sy reeks gewilde restaurante en die geheim vir ’n perfekte pizza.

Episode 8

Tjaart Kruger herbou Tiger Brands se toekoms

Theo se koffiekuier is dié week saam met Tjaart Kruger, uitvoerende hoof van Tiger Brands. Hulle gesels oor hoe dié voedselreus die pas aangee, strategiese omdraaistrategieë en bekende produkte wat miljoene verbruikers bereik.

Episode 9

Jackie van Niekerk: van kelnerin tot magnaat

Oor koffie gesels Theo met Jackie van Niekerk, uitvoerende hoof van die eiendomsgroep Attacq, oor veerkragtigheid, onkonvensionele loopbaankeuses en die bou van dinamiese stedelike ruimtes vir ’n veranderende wêreld.

Episode 10

Kobus Wiese: reuse-Springbok word ’n sakereus

By Wiesenhof in Franschhoek drink Theo koffie saam met die Springboklegende Kobus Wiese en gesels oor sy lewe ná rugby, die bou van ’n koffiehandelsnaam en sy passie vir fynproewergeure en roosterkuns.

Episode 11

Francois Viviers oor Capitec se bemarking

Capitec se merkwaardige groei en vernuwende benadering tot bankwese is in fokus wanneer Theo koffie drink by Francois Viviers en hom pols oor die innovasie en kliëntgerigtheid wat dié sukses dryf.

Episode 12

Nick Liebenberg oor Laeveld Agrochem

Theo se koffiekuier is dié week by oom Nick Liebenberg, stigter van Laeveld Agrochem. Hulle filosofeer oor hoe ’n klein familieonderneming deur verhoudings gegroei het en steeds in mense en grond gewortel bly.

Episode 13

Hoe twee broers WeBuyCars opgebou het

Faan van der Walt, medestigter en uitvoerende hoof van WeBuyCars, het saam met sy broer ’n agterplaasonderneming tot ’n multimiljardrandse JSE-genoteerde handelsmerk uitgebou. Hy sluit by Theo aan vir ’n koppie koffie.

Nuwe episodes van Koffie & kapitaal word elke Woensdag om 19:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Sondae om 18:00.

Koffie & kapitaal word met trots geborg deur Capitec.