Wêreldklas podsendings waarvoor jy jou ore kan uitleen. Élke dag, alles op een plek, in Afrikaans.
Beplan jou week se luistergenot met dié skedule.
MAANDAG
VOLLE REEKS
Hofstories
In dié reeks deel Netwerk24-joernaliste ál die drama wat in die week se howe afgespeel het.
Herman Lensing, kospersoonlikheid en Sarie-kosredakteur, nooi ons elke week na sy “kostafel”. Hier stel hy ons voor aan die mense agter die kos wat ons so liefhet.
Heinz Schenk van Netwerk24 se sakeredaksie gesels elke week saaklik (en soms meer smaaklik) oor die groot gebeure in die sakewêreld en die ekonomie.
NUUT!
Die Babbelbende
Palawa die kameelperd en Paloeka die leeu kuier gereeld saam met hul vriendin Bibi in die Babbelboomhuis. Hier speel, sing en gesels hulle graag oor interessante dinge. Ben is net so nuuskierig en hy besoek ‘n interessante plek waar hy inligting kan insamel om die vraag van die dag te beantwoord.
Kuier agter die skerms by die karakters, kenners én die joernaliste wanneer ons die dramatiese en ikoniese stories wat deur die jare in Huisgenoot verskyn het, herleef.
Laaste Kans, die vervolgverhaal
Van Maandae tot Donderdae nuwe episodes van Marita van der Vyver se boek, Laaste Kans.
DINSDAG
Malani Venter klop by dokters en gesondheidskenners aan vir praktiese raad oor alle aspekte van gesondheid, Só kan jy ingeligte keuses maak oor jou welstand.
Met Almal. Oor Alles
Suzaan Steyn gesels met enigiemand oor enigiets wat sin maak in die lewe . . . en soms ook nie.
Luister saam na ‘n wye verskeidenheid van gesprekke met kundiges en kenners, gewone en ongewone mense, plante en diere, en enige iemand anders met interessante inligting en stories om te deel.
Jip
Malani Venter gesels met kenners en rolspelers oor kwessies wat die skoolgemeenskap raak – van akademiese prestasies en uitdagings tot die werklikhede waarmee tieners, ouers en onderwysers daagliks te doen kry.
Loop terug in tyd saam met die aanbieders Bun Booyens en Francois Haasbroek wanneer hulle oor dié mense en gebeure gesels wat die verloop van die geskiedenis verander het.
Bly Boer
Landbou.com se podsendingreeks Bly Boer wil boere inspireer om nie net aan te hou boer nie, maar ook om vreugde in hul dagtaak te vind.
Laaste Kans, die vervolgverhaal
Van Maandae tot Donderdae nuwe episodes van Marita van der Vyver se boek, Laaste Kans.
WOENSDAG
VOLLE REEKS
My pa is Theo Vorster
Die 26-jarige Mia Vorster en haar pa, die bekende ekonoom Theo Vorster, gesels openhartig oor als van persoonlike geldsake en finansiële beplanning tot begrotings en Bitcoin.
Die Onderhoud
Netwerk24 se Almari Wessels en Jana van der Merwe gesels met die groot nuusmaker van die week en vra die vrae wat saak maak aan dié mense wat 'n verskil maak.
VOLLE REEKS
Tech vir Tannies
’n Podsending wat tegnologie verduidelik soos dit hoort: rustig, eenvoudig en sonder oordeel. Johan Anker neem jou stap vir stap deur dinge soos WhatsApp, sosiale media, slim-TV’s, Google Drive, kabels en kunsmatige intelligensie, sodat jy die digitale wêreld beter kan verstaan en met selfvertroue kan gebruik. Dis Tech vir Tannies, en wel, vir ooms ook!
Rapport se sportverslagspan ontleed weekliks al die groot nuus op die plaaslike en internasionale sportveld.
OPPIE CHASE
Ons almal sien maar wat ons wil sien, sê die bekroonde skrywer Chase Rhys. En wat hý sien, kry nou ’n naam, ’n tyd en ’n platform: Luister hier na sy staaltjies uit sy rubrieke wat in Rapport verskyn het.
Laaste Kans, die vervolgverhaal
Van Maandae tot Donderdae nuwe episodes van Marita van der Vyver se boek, Laaste Kans.
DONDERDAG
In dié reeks gee sielkundiges en kenners raad oor kwessies wat ons geestesgesondheid en welwees raak.
Malani Venter, redakteur van Die Burger se Eiendomme-afdeling, klop by kenners aan oor hoe om slim in die eiendomsmark te belê en slaggate mis te trap.
Weg! Stories
Die beste rubrieke, reis-, onthou- en wilde stories uit die gewilde reistydskrifte, Weg! en Weg! Ry & Sleep.
NUWE REEKS!
Netwerk24 Skolerugby
Netwerk24: Skolerugby bring die jongste skolerugbynuus, strategieë en stories asook ’n weeklikse bulletin met die nuutste ranglyste en ’n voorskou van die komende naweek se aksie. Aangebied deur Corné Krige en Netwerk24-sportjoernalis, Wim Pretorius.
Laaste Kans, die vervolgverhaal
Van Maandae tot Donderdae nuwe episodes van Marita van der Vyver se boek, Laaste Kans.
VRYDAG
Netwerk24 se ondersoekende joernaliste, Mia Spies, Almari Wessels, Dennis Delport, Anja van der Merwe en Quinton Lourens plaas die groot nuusgebeure van die week onder die vergrootglas.
NUUT!
Padlangs
Padlangs is jou geselsprogram waar ons praat oor nuwe motors op die mark, praktiese wenke vir motoreienaars, en die wêreld van Formule Een. Aangebied deur motorredakteur, Marnus Hattingh.
In volle kleur
’n Nuwe podsending waarin drie baanbrekers en gemeenskapsteunpilare met uiteenlopende persoonlikhede en opinies – Netwerk24-adjunkredakteur Theresa Olivier, kunsjoernalis Kelly-Lee Ohlson en Son-redakteur Shantel Moses – laat waai oor alles wat kleurvol is in ons gemeenskappe.
Hanlie Retief gesels met . . .
Hanlie Retief is een van die beste onderhoudvoerders in Afrikaans. Luister hier na 'n keur van haar onlangse profiele vir Rapport.
NUUT! 'Boskonsert' in die Wildtuin
Die Krugerwildtuin vier sy 100ste bestaansjaar op 31 Mei 2026. As deel van Netwerk24 se vieringe van dié mylpaal, lees Hanri Wondergem voor uit Kobie Krüger se kortverhaalbundel Boskonsert: Stories van ’n Wildtuingesin.
Gesprekke oor seks behoort nie taboe te wees nie – dis deel van jou menswees en welwees. Dr. Elna Rudolph en gaste praat eerlik oor slaapkamersake en beantwoord jou mediese en ouerskapsvrae.
VIDEO-RUBRIEK | Nataniël: Kwessie van die dag
Ná 28 jaar van stories vertel, 24 jaar as Sarie-rubriekskrywer, 20 jaar as openbare spreker, asook 26 uiters gewilde boeke, is Nataniël hier met sy eerste video-rubriek.
Kom kyk en luister elke Maandag en Donderdag.
LUISTERVERHALE
ELEKSIE OP ERDVARK,
DIE VERVOLGVERHAAL
Luister die volle verhaal van Eleksie op Erdvark, geskryf deur Rudie van Rensburg en eksklusief vir Netwerk24 Klankgolwe as ’n vervolgverhaal omskep.
NOG OM TE LUISTER
Gesels
Aktrise Leandie du Randt gesels met ander bekendes oor alles wat mooi en interessant in die lewe is.
VOLLE REEKS
Storieman
Kom luister nou ook hier op Klankgolwe na van die mees geliefde plaaslike én sprokiesverhale uit een van die suksesvolste kinderboeke ooit.
By die huis of in die motor... Storieman is daar!
Agnee Rêgtig!
Anita Lloyd en Candice Bester van The Real Housewives van die Wynlande-faam is bekend om hul vlymskerp tonge, ongefilterde menings en hul onmiskenbare chemie. Saam pak hulle weekliks die absurditeite van die alledaagse.
Tuis Tuine met JJ
JJ van Rensburg, tuinmaakkenner, en medeaanbieder Beatrice Moore-Nöthnagel, artikelredakteur van Tuis, deel slim wenke oor dít wat daardie maand in jou tuin moet gebeur sodat jy heeljaar ’n lushof kan geniet.
Rapport-100: Die beste Afrikaanse boeke
Spits jou ore vir magies, tragies, skokkend én skreeusnaaks: Rapport se podsending-reeks oor die 10 beste romans in Afrikaans, aangebied deur die digter Loftus Marais.
Slagoffer van 'n slenter
Niemand wil met ’n slenter uitgevang word nie, maar die kuberkrakers en swendelaars raak al hoe slimmer. Die Netwerk24-sakejoernalis Stefani Terblanche vertel op Slagoffer van ’n slenter hoe slim hulle raak en gee handige wenke oor hoe om katvoet te wees vir slaggate.
HG Vuurwarm
'n Eerste vir Huisgenoot! ‘n Podsending oor menopouse, geskep met die hulp van kunsmatige intelligensie. Alle inligting is ingesamel en nagegaan deur joernaliste en kenners.
Langer jonger met SARIE
In Langer Jonger met Sarie, gesels Rolanda Marais met dokters, kenners en spesialiste oor gesondheid en mooi-wees, sodat ons so lank as moontlik, optimaal kan leef en floreer!
O my volk!
Na vyf jaar in die wonderlikste land in die wêreld, Switserland, het dr. Antoinette van der Merwe en haar gesin besluit om terug te trek na Suid-Afrika. In dié reeks neem sy haar besluit om terug te keer onder die loep en gesels met ander Suid-Afrikaners wat dieselfde gedoen het.
Hokaai, ek wil lank lewe!
Ná ’n onlangse kankerdiagnose deel die bekende TV-persoonlikheid Shari Kennedy haar persoonlike gesondheidsreis. Kenners deel hul raad oor hoe om langer, gesonder én lekkerder te leef!
Niggies, die podsending
Die raaiselagtige en hartverskeurende ware verhaal agter kykNET se dramareeks Niggies het kykers landwyd geboei. En nou is dié podsendingreeks ook hier op Netwerk24 Klankgolwe te kry!
Husse met lang ore
Izelle Venter en Loren Greyling weef gewone mense se unieke stories aanmekaar met ’n Afrikaanse idioom as die goue draad.
- Maandeliks
My hart se punt met Ernusta
Ernusta Maralack van Rapport praat die taal van liefde en gesels met verskillende mense oor die groot liefdes in hul lewe.
Agter die kameras
Wat gebeur werklik agter die skerms op stel van ’n fliek of TV-reeks? Aanbieder-akteur Pascual Wakefield en sy gaste verklap geheime en deel staaltjies wat jou dalk met nuwe oë na jou gunsteling- plaaslike TV-reeks of fliek sal laat kyk.
5 tot 9
Casper Oelofsen, entrepreneur en sakeontwikkelaar, gesels met sy gaste oor ’n wye spektrum van werksdinge vir werksmense, veral in vandag se chaotiese en onvoorspelbare “wildtuin”.
Op 'n Lyntjie
Lyntjie Jaars !horo met verskilmakers uit Namakwaland. Luister na die stories van dominees en dansonderwysers, radio-omroepers en storievertellers, ekonome en entrepreneurs – elkeen met ’n unieke “lyntjie” wat terugloop na hul Namakwalandse wortels.
Nuushond
Aanbieder en gesoute Media24-joernalis Gerda Engelbrecht nooi elke week ’n joernalis of oudjoernalis om diep te delf in die stories wat hul loopbaan en lewe gevorm het.
Regruk met Flair
Gee jou huis nuwe lewe, een leefruimte op ’n slag! Tuis-redakteur Wicus Pretorius en kenners staan by met planne, truuks en oplossings vir regrukdilemmas in elke leefvertrek.
verDUIDELIK
’n Weeklikse 101-gids, aangebied deur Wynand Louw, help ons sin maak van komplekse dinge waaroor ons wonder in ons wêreld.
Wat kyk Leon en Annie?
Bekende fliekresensent Leon van Nierop en aktrise Annie Malan klets elke week heerlik oor dié flieks en fuifkykreekse wat op almal se lippe is.
Huisgenoot Slaaptydstories
Huisgenoot se lekkerste liefdesverhale. Ontvlug saam met ons na ’n wêreld van romanse.