Lekkerluisters vir die vakansie
Luisterboek
- Haas en Harriët deur Susan Coetzer.
Nataniël se kwessie van die dag
Geen notas, geen voorlesing nie - net eerlike gesprekke voor die kamera. Gelei deur inligting, inspirasie en insig verken Nataniël die skoonheid van boeke, bome, kuns en tydlose geregte. Sonder politiek of negatiwiteit - net suiwer vermaak en wysheid!
Storieman
Luister eksklusief op Klankgolwe na van die mees geliefde plaaslike én sprokiesverhale uit een van die suksesvolste kinderboeke ooit. By die huis of in die motor... Storieman is daar!
Rapport 100 boeke
Spits jou ore vir magies, tragies, skokkend én skreeusnaaks: Rapport bied 'n spesiale podsending-reeks oor die 10 beste romans in Afrikaans aan.
- Klik ook hier vir die volle lys van Rapport se 100 beste boeke in Afrikaans.
Hans hou bruilof, die vervolgverhaal
Volg die avonture van Hans in Hans hou bruilof, geskryf deur Rudie van Rensburg en voorgelees deur Pierre van Pletzen.
Weg! Stories
Die beste rubrieke, sowel as reis-, onthou- en wilde stories uit die gewilde reistydskrifte, Weg! en Weg! Ry & Sleep.
Huisgenoot Slaaptydstories
Ontvlug met Huisgenoot se lekkerste liefdesverhale.
Lekkerluisters vir die vakansie
Luisterboeke
In dié feesmaand kry intekenare sommer twee luisterboeke pasella!
- Ten Slotte deur Eben Etzebeth, voorgelees deur sy broer, Ryen Etzebeth.
Nataniël se kwessie van die dag
Geen notas, geen voorlesing nie - net eerlike gesprekke voor die kamera. Gelei deur inligting, inspirasie en insig verken Nataniël die skoonheid van boeke, bome, kuns en tydlose geregte. Sonder politiek of negatiwiteit - net suiwer vermaak en wysheid!
Rapport 100 boeke
Spits jou ore vir magies, tragies, skokkend én skreeusnaaks: Rapport bied 'n spesiale podsending-reeks oor die 10 beste romans in Afrikaans aan.
- Klik ook hier vir die volle lys van Rapport se 100 beste boeke in Afrikaans.
Storieman
Luister eksklusief op Klankgolwe na van die mees geliefde plaaslike én sprokiesverhale uit een van die suksesvolste kinderboeke ooit. By die huis of in die motor... Storieman is daar!
Hans hou bruilof, die vervolgverhaal
Volg die avonture van Hans in Hans hou bruilof, geskryf deur Rudie van Rensburg en voorgelees deur Pierre van Pletzen.
Weg! Stories
Die beste rubrieke, sowel as reis-, onthou- en wilde stories uit die gewilde reistydskrifte, Weg! en Weg! Ry & Sleep.
Huisgenoot Slaaptydstories
Ontvlug met Huisgenoot se lekkerste liefdesverhale.
'n Luister-en-kook vakansiefees met Herman Lensing
Sjef en kosboekskrywer Elmarie Berry se Geklitste feta en Libanese gemarineerde olywe
Hieroor is in 2025 gepraat!
Rapport se politieke redaksie het oor die groot politieke stories van die jaar gesels.
Rapport se sportverslagspan het die grootste sportnuus die afgelope jaar ontleed.
Netwerk24 se ondersoekende joernaliste, Mia Spies, Almari Wessels, Dennis Delport, Anja van der Merwe en Quinton Lourens, het die groot nuusgebeure elke week onder die vergrootglas geplaas.
Die onderhoud met Mia Spies
Netwerk24 se Mia Spies gesels met die groot nuusmakers van 2025 en vra die vrae wat saak maak aan die mense wat 'n verskil maak.
Ag nee, regtig!
Anita Lloyd en Candice Bester van The Real Housewives van die Wynlande-faam is bekend vir hul vlymskerp tonge en ongefilterde menings. Saam het hulle weekliks die absurditeite van die alledaagse aangepak.
Hanlie Retief gesels met . . .
Hanlie Retief is een van die beste onderhoudvoerders in Afrikaans. Luister hier na 'n keur van haar topprofiele vir Rapport die afgelope jaar.
Wat maak dit SAAK?
Francois Williams en Heinz Schenk van die Netwerk24-sakeredaksie het weekliks saaklik (en soms meer smaaklik) gesels oor die groot gebeure in die sakewêreld en die ekonomie.
Wat kyk Leon en Annie?
Bekende fliekresensent Leon van Nierop en aktrise Annie Malan het elke week heerlik geklets oor dié flieks en fuifkykreekse wat op almal se lippe is.
Local is lekker!
Om Suidooster se onlangse 10de verjaarsdag te vier, is staaltjies en agter-die-skerms-stories in dié spesiale podsendingreeks gedeel.
O my volk!
Na vyf jaar in die wonderlikste land in die wêreld, Switserland, het dr. Antoinette van der Merwe en haar gesin besluit om terug te trek na Suid-Afrika. In dié reeks neem sy haar besluit om terug te keer onder die loep en gesels met ander Suid-Afrikaners wat dieselfde gedoen het.
Lyntjie Jaars !horo met verskilmakers uit Namakwaland. Luister na die stories van dominees en dansonderwysers, radio-omroepers en storievertellers, ekonome en entrepreneurs – elkeen met ’n unieke “lyntjie” wat terugloop na hul Namakwalandse wortels.
En ons smaak local!
Sjef en restauranteienaar Anwar Abdullatief se Kooltoegedraaide frikkadelle (‘Ou mense onder die komberse’)
'n Nuwe jaar, 'n nuwe jy
5 tot 9: Wenstrategieë vir die wêreld van werk
Entrepreneur en sakeontwikkelaar Casper Oelofsen gesels met gaste oor wenstrategieë vir ons chaotiese, onvoorspelbare wêreld.
Netwerk24-joernalis Malani Venter klop by dokters en ander gesondheidskenners aan vir praktiese raad oor alle aspekte van gesondheid. Só kan jy ingeligte keuses maak oor jou welstand.
Langer jonger
In Langer Jonger met Sarie gesels Rolanda Marais met dokters, kenners en spesialiste oor gesondheid en mooi-wees, sodat ons so lank as moontlik, optimaal kan leef en floreer!
Bekende sielkundiges en ander kenners gee raad oor kwessies wat jou geestesgesondheid en welstand raak.
Hokaai, ek wil lank lewe!
Ná ’n kankerdiagnose deel die TV-persoonlikheid Shari Kennedy haar gesondheidsreis. Kenners deel hul raad oor hoe om langer, gesonder én lekkerder te leef!
Regrukplanne vir jou huis en tuin
* Tuis-redakteur Wicus Pretorius en kenners staan geeed met planne, truuks en oplossings vir regrukdilemmas in elke leefvertrek in Regruk met Flair.
* In Tuis Tuine met JJ deel tuinmaakkenner JJ van Rensburg en mede-aanbieder Beatrice Moore-Nöthnagel, artikelredakteur van Tuis, slim wenke oor dít wat élke maand in jou tuin moet gebeur om dit in 'n lushof te omskep.
Slim met . . .
Slim met geldsake:
My pa is Theo Vorster
Die 26-jarige Mia Vorster en haar pa, die bekende ekonoom Theo Vorster, gesels openhartig oor persoonlike geldsake, slim finansiële beplanning en wenlesse van bekende sakeleiers.
Slim met eiendom
Malani Venter, redakteur van Die Burger se Eiendomme-afdeling, klop by kenners aan oor hoe om slim in die eiendomsmark te belê en slaggate mis te trap.
Wynand Louw se 101-gidse het ons gehelp sin maak van komplekse dinge waaroor ons in 2025 gewonder het.
Slim teen slenters: Slagoffer van 'n slenter
Niemand wil met ’n slenter uitgevang word nie! Netwerk24-sakejoernalis Stefani Terblanche ondersoek slenters en gee wenke oor hoe om slaggate te vermy.
Aanbieders (en albei ma’s van klein woelwaters!), Marelize Grbich en Charlea Grey, nooi jou saam op die besonderse reis van ma-wees.
Slim met slaapkamersake:
Uit die slaapkamer
Gesprekke oor seks behoort nie taboe te wees nie – dis deel van jou menswees en welstand. Dr. Elna Rudolph en haar gaste praat eerlik oor slaapkamersake en beantwoord jou mediese en ouerskapsvrae.
Onthou jy nog?
Niggies, die podsending.
Die raaiselagtige en hartverskeurende ware verhaal agter kykNET se dramareeks Niggies het kykers landwyd geboei.
Lank, lank gelede
Loop terug in tyd saam met die aanbieders Bun Booyens en Francois Haasbroek wanneer hulle oor die mense en gebeure gesels wat die verloop van die geskiedenis verander het.
Huisgenoot Ware Lewensdramas
Kuier agter die skerms by die karakters, kenners én die joernaliste wanneer ons die dramatiese en ikoniese stories wat deur die jare in Huisgenoot verskyn het, herleef.
Nuushond
Aanbieder en gesoute Media24-joernalis Gerda Engelbrecht gesels met joernaliste of oudjoernaliste om diep te delf in die stories wat hul loopbane en lewens gevorm het.