Jy weet wat jy wil hê, maak nou seker jy kies reg

Goeie klank is belangrik. Of jy nou na ’n aksiefliek met omringklank kyk, aan jou musiek-stokperdjie werk of met volle klankeffekte speletjies speel, dit maak ’n groot verskil aan die kwaliteit van jou ervaring.


Moenie dink goeie klank is net vir die gelukkiges nie. By Cash Converters is daar honderde modelle wat jou tuisklankstelsel of ateljee kan opgradeer – sommige teen R10 000 as jy dit nuut sou koop, maar minder as die helfte daarvan by Cash Converters.

Hier is enkele kwessies wat jy moet oorweeg voor jy koop.

1. Doen vooraf navorsing oor produkte wat beskikbaar is
Wat elektroniese toerusting betref, het baie van ons gunstelinge – dikwels vir ’n goeie rede. Dis geen probleem by Cash Converters nie, waar jy ’n wye verskeidenheid handelsmerke sal kry, insluitend gewilde name soos JBL, Samsung, Sony en meer. Maar doen vooraf jou navorsing, sodat as jou model of maak nie beskikbaar is nie, jy weet watter mededingende handelsmerke modelle het met dieselfde standaarde as waarna jy soek.

2. Oorweeg waarvoor dit is
Deel jy ’n huis of wil jy ’n klankdigte ateljee inrig? Of wil jy ’n multikanaalstelsel vir ’n tuisteater hê? Hierdie besonderhede speel ’n groot rol in jou besluite. Topklas-oorfone sal byvoorbeeld ’n beter aankoop wees as jy net bekommerd is oor kwaliteit en nie oor gedeelde klank nie.

3. Is die onderdele nog beskikbaar?
As jy van klassieke luidsprekers hou en dit geniet om aan jou klankstelsel te werk, is dit die moeite werd om die vervaardiger te kontak voor jy koop om te verseker hulle maak nog steeds die onderdele van die luidsprekers of klankbalk wat jy oorweeg.

4. Versoenbaarheid
Werk die klankbalk wat jy oorweeg saam met jou TV, of praat dit met al die toestelle waaraan jy dit wil koppel? Kontroleer ook die bedrading en poorte vir enige skade.

5. Vra om dit te toets
Op die ou end is die klank die ware toets. Moenie skaam wees om die Cash Converters-personeel te vra om jou te help om die klankgehalte van dit wat jy oorweeg, te toets nie.

Noudat jy weet wat jy wil hê, waarvoor wag jy? Besoek nou jou naaste Cash Converters-winkel.

As jy van klassieke luidsprekers hou en dit geniet om aan jou klankstelsel te werk, is dit die moeite werd om die vervaardiger te kontak voor jy koop om te verseker hulle maak nog steeds die onderdele van die luidsprekers of klankbalk wat jy oorweeg.