Jy word uitgenooi na 'n onvergeetlike avontuur by Reddford House The Hills, in Pretoria. Ons jaarlikse Kleuterzone Kids Fest is geskeduleer vir 31 Mei tot 2 Junie, en dis propvol bekroonde kindervermaak in Engels en Afrikaans sowel as heerlike kos en markstalletjies.

Item 1 of 6

31 MEI | 09:30 | GROOT-VERHOOG
Rondomtalie

(Afr) Daar is niks beter as 'n topklas-musiekproduksie nie, en dié een is geskep deur sterre in die vermaakbedryf: die koning van kinderrympies en -stories, Jaco Jacobs, en die talentvolle Anna Davel, wat die musiek geskryf het. Sy vertel stories, sing haar gunstelingliedjies, en Schoemé Steenkamp en die PuppeTrix-poppe kom maak ook 'n verskyning.
Die prys sluit algemene toegang tot die feesterrein in.

31 MEI | 11:30 | DIE POPPEKAS
Babah-Go-Round

'n Spesiale teaterervaring vir babas tussen 4 maande en 2 jaar oud. Die vertoning is nie gebonde aan 'n spesifieke taal nie. Kom ervaar die seisoene oor die wêreld heen in hierdie vertoning wat ontwerp is om kinders se verbeelding op hul ontwikkelingsfase aan te gryp.

Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein.

31 MEI | 10:30 | BUITE-VERHOOG
Lollos

(Afr) Lollos kry 'n glinsterende kaartjie in sy posbus: 'n uitnodiging na die sirkus! Die Lalalanders is bitter opgewonde, maar dan gebeur iets vreemds, en die sirkusmeester vra hul hulp. Sal hulle dit kan regkry? Kom kyk self!


Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein.

31 MEI | 10:00 | DIE POPPEKAS
Kito Meerkat en die vriendskapsirkel

(Afr) Kito Meerkat en sy kleurvolle groep vriende navigeer die lewe se op en af, liefde en lag in dié hartverwarmende poppekas-teaterstuk. 'n Vertoning wat diversiteit, goedheid en die krag van ware konneksies tussen mense vier.

Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein. Beperkte plek beskikbaar.

31 MEI | 12:00 | GROOT-VERHOOG
Alice in Wonderland

(Eng) Dié toweragtige produksie is interaktief en groot pret! Kinders neem deel en help Alice om haar pad Wonderland toe te vind. Op pad beleef hul die Koningin se kompetisie en die Maltrap Hoedemaker se teepartytjie. Die pragtige kostuums, professionele akteurs en toweragtige storie maak dit die avontuur van 'n leeftyd vir jong kinders.
Die prys sluit algmene toegang tot die feesterrein in.

31 MEI | 13:30 | DIE KOMBUIS
Marinda Kook

(Afr) Vanjaar kyk kinders nie net hoe daar gekook word nie. Dié keer moet hulle 'n kook-skattejag vol leidrade volg om toegang tot 'n toweragtige teepartytjie te kry. Ontmoet die Wit Haas en die Koningin van Harte, en help Marinda om seker te maak die teepartytjie verloop vlot!

Die prys sluit algemene toegang tot die feesterrein in.

31 MEI | 11:30 | 14:30 BUITE-VERHOOG
CJ die Nar

'n Grappige kulkunstenaar wat twee keer per dag 'n vertoning lewer, een keer in Afrikaans (die vroeë vertoning) en een keer in Engels (die tweede vertoning). Kom kyk hoe CJ die kinders laat skaterlag met sy grappies en toorkunsies.
Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein.

31 MEI | 11:30 BUITE-VERHOOG
Pumpkin Pop-Up

(Eng) Kom luister hoe die skrywer Bianca Flanders haar splinternuwe boek, Pumpkin Finds Her Beat, op 'n opwindende, interaktiewe manier voorlees – met musiek! Pumpkin gaan op 'n toweragtige reis waar sy die vreugde van musiek met stories deel en snaakse karakters langs die pad ontmoet. Maak reg vir dans en vingers klik, want Pumpkin het 'n beat om te deel!
Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein.

1 JUNIE | 09:00 | BUITE-VERHOOG
Helenè Bester & Kristi Kat

(Afr) Helenè Bester en Kristi Kat besoek die plaas. Hierdie prettige sing-en-dans-vertoning is vol stories en ideaal vir voorskoolse kleuters tot en met gr. 3. Met nuutverwerkte FAK-liedjies, liedjies uit Bester se pen en die talentvolle Righard van Jaarsveld as Kristi Kat, is dit iets wat ouers, oumas en oupas ook geniet.

Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein.

1 JUNIE | 09:30 & 12:30 | BUITE-VERHOOG
Lollos

(Afr) Lollos kry 'n glinsterende kaartjie in sy posbus: 'n uitnodiging na die sirkus! Die Lalalanders is bitter opgewonde, maar dan gebeur iets vreemds, en die sirkusmeester vra hul hulp. Sal hulle dit kan regkry? Kom kyk self!



Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein.

1 JUNIE | 11:00 BUITE-VERHOOG
Pumpkin Pop-Up

(Eng) Kom luister hoe die skrywer Bianca Flanders haar splinternuwe boek, Pumpkin Finds Her Beat, op 'n opwindende, interaktiewe manier voorlees – met musiek! Pumpkin gaan op 'n toweragtige reis waar sy die vreugde van musiek met stories deel en snaakse karakters langs die pad ontmoet. Maak reg vir dans en vingers klik, want Pumpkin het 'n beat om te deel!

Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein.

1 JUNIE | 10:30 | DIE POPPEKAS
Babah-Go-Round

'n Spesiale teaterervaring vir babas tussen 4 maande en 2 jaar oud. Die vertoning is nie gebonde aan 'n spesifieke taal nie. Kom ervaar die seisoene oor die wêreld heen in hierdie vertoning wat ontwerp is om kinders se verbeelding op hul ontwikkelingsfase aan te gryp.

Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein.

1 JUNIE | 10:30 & 14:30 | BUITE-VERHOOG
CJ die Nar

'n Grappige kulkunstenaar wat twee keer per dag 'n vertoning lewer, een keer in Afrikaans (die vroeë vertoning) en een keer in Engels (die tweede vertoning). Kom kyk hoe CJ die kinders laat skaterlag met sy grappies en toorkunsies.



Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein.

1 JUNIE | 11:30 | GROOT-VERHOOG
Liewe Heksie en die rolskaatse

(Afr) Kom lag lekker saam wanneer die skaam Liewe Heksie moet leer wals vir Blommeland se eie Strictly Come Dancing, en die Silwerroos (of Silwerpapawer, soos sy dit noem) moet beskerm teen die Geel Heks. Dié wonderlike produksie het ’n KKNK Kanna gewen vir beste kinderteater, en is benoem vir ’n Fleur du Cap in dieselfde kategorie.
Die kaartjie sluit algemene toegang tot die feesterrein in.

1 JUNIE | 13:00 | DIE KOMBUIS
Marinda
Kook

(Afr) Vanjaar kyk kinders nie net hoe daar gekook word nie. Dié keer moet hulle 'n kook-skattejag vol leidrade volg om toegang tot 'n toweragtige teepartytjie te kry. Ontmoet die Wit Haas en die Koningin van Harte, en help Marinda om seker te maak die teepartytjie verloop vlot!

Die kaartjie sluit algemene toegang tot die feesterrein in.

1 JUNIE | 13:00 | GROOT-VERHOOG
Pumpkin finds
her kindness

(Eng) Gebaseer op die geliefde kinderboek Pampoenpit se groen gevoel, nou vertaal na Engels en verwerk as 'n teaterstuk wat musiek, poppe en dans insluit. Die musikale produksie vertel hoe Pumpkin leer om jaloesie te hanteer en is benoem vir 'n Fleur du Cap vir beste kinderteater.
Die kaartjie sluit algemene toegang tot die feesterrein in.

1 JUNIE | 14:00 | DIE POPPEKAS
Kito Meerkat and the circle of friends

(Eng) Kito Meerkat en sy kleurvolle groep vriende navigeer die lewe se op en af, liefde en lag in dié hartverwarmende poppekas-teaterstuk. 'n Vertoning wat diversiteit, goedheid en die krag van ware konneksies tussen mense vier.
Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein. Beperkte plek beskikbaar.

1 JUNIE | 14:30 | GROOT-VERHOOG
Rondomtalie

(Afr) Daar is niks beter as 'n topklas-musiekproduksie nie, en dié een is geskep deur sterre in die vermaakbedryf: die koning van kinderrympies en -stories, Jaco Jacobs, en die talentvolle Anna Davel, wat die musiek geskryf het. Sy vertel stories, sing haar gunstelingliedjies, en Schoemé Steenkamp en die PuppeTrix-poppe kom maak ook 'n verskyning.

Die kaartjie sluit algemene toegang tot die feesterrein in.

1 JUNIE | 10:00 | GROOT-VERHOOG
Alice in Wonderland

(Eng) Dié toweragtige produksie is interaktief en groot pret! Kinders neem deel en help Alice om haar pad Wonderland toe te vind. Op pad beleef hulle die Koningin se kompetisie en die Maltrap Hoedemaker se teepartytjie. Die pragtige kostuums, professionele akteurs en toweragtige storie maak dit die avontuur van 'n leeftyd vir jong kinders.

Die kaartjie sluit algemene toegang tot die feesterrein in.

2 JUNIE | 09:00 | BUITE-VERHOOG
Helenè Bester & Kristi Kat

(Afr) Helenè Bester en Kristi Kat besoek die plaas. Hierdie prettige sing-en-dans-vertoning is vol stories en ideaal vir voorskoolse kleuters tot en met gr. 3. Met nuutverwerkte FAK-liedjies, liedjies uit Bester se pen en die talentvolle Righard van Jaarsveld as Kristi Kat, is dit iets wat ouers, oumas en oupas ook geniet.

Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein.

2 JUNIE | 09:30 | DIE POPPEKAS
Babah-Go-Round

'n Spesiale teaterervaring vir babas tussen 4 maande en 2 jaar oud. Die vertoning is nie gebonde aan 'n spesifieke taal nie. Kom ervaar die seisoene oor die wêreld heen in hierdie vertoning wat ontwerp is om kinders se verbeelding op hul ontwikkelingsfase aan te gryp.

Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein.

2 JUNIE | 10:00 | GROOT-VERHOOG
Pumpkin finds her kindness

(Eng) Gebaseer op die geliefde kinderboek Pampoenpit se groen gevoel, nou vertaal na Engels en verwerk as 'n teaterstuk wat musiek, poppe en dans insluit. Die musikale produksie vertel hoe Pumpkin leer om jaloesie te hanteer en is benoem vir 'n Fleur du Cap vir beste kinderteater.

Die kaartjie sluit algemene toegang tot die feesterrein in.

2 JUNIE | 10:30 & 13:00 | BUITE-VERHOOG
CJ die Nar

'n Grappige kulkunstenaar wat twee keer per dag 'n vertoning lewer, een keer in Afrikaans (die vroeë vertoning) en een keer in Engels (die tweede vertoning). Kom kyk hoe CJ die kinders laat skaterlag met sy grappies en toorkunsies.




Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein.

2 JUNIE | 11:00 | BUITE-VERHOOG
Lollos

(Afr) Lollos kry 'n glinsterende kaartjie in sy posbus: 'n uitnodiging na die sirkus! Die Lalalanders is bitter opgewonde, maar dan gebeur iets vreemds, en die sirkusmeester vra hul hulp. Sal hulle dit kan regkry? Kom kyk self!



Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein.

2 JUNIE | 12:00 BUITE-VERHOOG
Pumpkin Pop-Up

(Eng) Kom luister hoe die skrywer Bianca Flanders haar splinternuwe boek, Pumpkin Finds Her Beat, op 'n opwindende, interaktiewe manier voorlees – met musiek! Pumpkin gaan op 'n toweragtige reis waar sy die vreugde van musiek met stories deel en snaakse karakters langs die pad ontmoet. Maak reg vir dans en vingers klik, want Pumpkin het 'n beat om te deel!
Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein.

2 JUNIE | 11:30 | DIE POPPEKAS
Kito Meerkat en die vriendskapsirkel

(Afr) Kito Meerkat en sy kleurvolle groep vriende navigeer die lewe se op en af, liefde en lag in dié hartverwarmende poppekas-teaterstuk. 'n Vertoning wat diversiteit, goedheid en die krag van ware konneksies tussen mense vier.
Die vertoning is ingesluit by algemene toegang tot die feesterrein. Beperkte plek is beskikbaar.

2 JUNIE | 11:30 | GROOT-VERHOOG
Liewe Heksie en die rolskaatse

(Afr) Kom lag lekker saam wanneer die skaam Liewe Heksie moet leer wals vir Blommeland se eie Strictly Come Dancing, en die Silwerroos (of Silwerpapawer, soos sy dit noem) moet beskerm teen die Geel Heks. Dié wonderlike produksie het ’n KKNK Kanna gewen vir beste kinderteater, en is benoem vir ’n Fleur du Cap in dieselfde kategorie.
Die kaartjie sluit algemene toegang tot die feesterrein in.

Laai 'n program hier af

Zinplex Kinderboekkarakter-pret! Kom raak kreatief saam met ons in die kunshoekie vir 'n dag vol pret met blinkertjies, verf, kryte en gom waarmee jy 'n meesterstuk kan skep gebaseer op jou gunsteling-kinderboekkarakter.
Ons het ook 'n snoesige leeshoekie vir kinders. Hier gaan ons kort stories lees op gemaklike stoele en kinders die kans gee om opwindende avonture in nuwe wêrelde te beleef.
Die spesiale Poppekas gaan sorg vir groot vermaak – selfs vir babas! Daar is 'n vertoning spesifiek gemik op babas jonger as 2 jaar.
Kom maak 'n draai by die Buite-verhoog met vermaak soos CJ die Nar, Kristi Kat en Lollos.
Kinders kan baljaar in die buite-speelarea met springkastele, ballonkunstenaars en gesigverfkunstenaars.
 Moenie die markstalletjies met kos, speelgoed en meer misloop nie!

Daarby sorg Ackermans Baby dat enige ouer met 'n baba wat nog doek dra in gemak kan doeke ruil in die spesiale doekeruil-stasie – geen meer gegrawe in jou sak in 'n piepklein badkamerhokkie nie!

Onthou: Kaartjies vir die hoofproduksies sluit al die voordele hierbo van 'n algemene toegangskaartjie in.

Algemene toegang tot die fees kos R80.
Teater- en musiekproduksies begin by R120 en sluit al die voordele van 'n algemene toegangskaartjie in.
GRATIS toegang vir kinders onder 18 maande.


Kry jou kaartjies vandag by quicket.co.za

Ons is op soek na passievolle verkopers wat hul produkte, kos of ander aanbiedinge aan 'n diverse gehoor wil ten toon stel. Of jy nou spesialiseer in opvoedkundige speelgoed, mooi kinderklere of unieke kos, ons wil hê jy moet deel vorm van hierdie onvergeetlike ervaring.

Ons doel is om hierdie interaktiewe geleentheid voort te sit as 'n viering van kos, kreatiwiteit en gemeenskap. As 'n verkoper sal jy 'n toegewyde area hê waar jy jou produk aan die familie-gerigte gehoor van Huisgenoot, YOU en DRUM kan bekend stel. Jy sal ook die kans kry om met ander verkopers netwerke te bou en potensiële nuwe klante ontmoet.

Ons neem die veiligheid van ons gaste ernstig op en sal al die nodige inligting verskaf rakende veiligheids- en gesondheidsprotokol om te verseker almal het 'n heerlike dag.

Moenie hierdie fantastiese geleentheid om deel te wees van Kleuterzone Kids Fest misloop nie! As jy belangstel om deel te neem, kontak
Elodie Booyens by elodie.booyens@media24.com of 011 877 6067 met 'n kort beskrywing van jou produk. Ons kan nie wag om van jou te hoor en Kleuterzone Kids Fest saam 'n sukses te maak nie!