Alles wat jy moet weet om die regte keuse te maak
wanneer dit by besparing en volhoubaarheid kom.
Die keuse van energiedoeltreffende toestelle is ’n deurslaggewende stap om jou koolstofvoetspoor te verklein en op elektrisiteitsrekeninge te bespaar. Met soveel opsies beskikbaar, kan dit jou help om ingeligte keuses te maak as jy verstaan waarna om te kyk.
1. Soek die etiket vir energiedoeltreffendheid
Hierdie etiket, wat deur die Suid-Afrikaanse regering vereis word, dui aan hoe energiedoeltreffend ’n toestel is. Soek vir toestelle wat hierdie etiket dra, wat wissel van A (mees doeltreffend) tot G (mins doeltreffend). Volgens wet moet die volgende toestelle hierdie etiket dra: wasmasjiene, tuimeldroërs, lugversorgers, skottelgoedwassers, elektriese oonde, yskaste en vrieskaste, geisers en tuimeldroërs. As jy waar moontlik toestelle met ’n gradering van A+++ kies, kan dit lei tot aansienlike besparings op jou elektrisiteitsrekeninge terwyl dit ook die omgewing bevoordeel.
2. Oorweeg hoe gereeld jy ’n toestel sal gebruik, en vir hoe lank
’n Tuimeldroër is byvoorbeeld iets wat jy dalk nie so gereeld soos die wasmasjien gebruik nie. As jy dus sukkel om te besluit of een te kry wat hoogs doeltreffend is, is dit belangriker dat die toestel wat jy die meeste gebruik, en meer gereeld, prioriteit kry in terme van energiedoeltreffendheid. Toestelle soos yskaste en vrieskaste moet ook aan hoë standaarde voldoen, want hulle sal altyd aan wees.
3. Oorweeg die tipe toestel
Verskillende soorte toestelle het verskillende vlakke van energiedoeltreffendheid. Voorlaaiwasmasjiene is oor die algemeen meer water- en energiedoeltreffend as toplaaiers. Induksieplate is ook doeltreffender as tradisionele elektriese stowe. Doen navorsing oor die doeltreffendste tipes om jou energiebesparings te vergroot.
4. Dink aan grootte en kapasiteit
Om die regte grootte vir jou huishouding te kies, is van kardinale belang. Oorgroot toestelle kan lei tot vermorsing van energie. ’n Groot skottelgoedwasser kan byvoorbeeld oortollige water en energie verbruik as dit nie volgelaai is nie. Maak seker die toestel voldoen aan jou behoefte om so doeltreffendheid moontlik te wees.
5. Doen navorsing oor volhoubare handelsmerke
Ondersteun handelsmerke wat volhoubaarheid prioritiseer deur eko-vriendelike vervaardigingsprosesse of die gebruik van herwinde materiale. Belegging in sulke handelsmerke dra nie net by tot omgewingsbeskerming nie, maar bevorder ook verantwoordelike sakepraktyke in Suid-Afrika.
Cash Converters het ’n wye reeks handelsmerke en soorte toestelle in voorraad. Maak seker jy loer by jou naaste winkel in om deur die opsies te kyk en die regte besluit vir jou huis te neem. Deur ingeligte besluite te neem, kan jy energieverbruik aansienlik verminder, geld bespaar en bydra tot ’n gesonder planeet – en as jy dit by Cash Converters doen, sal jy die potensiaal vir besparings en omgewingsvolhoubaarheid verdubbel!
