As dit kom by beleggings, is daar nie een oplossing wat vir almal werk nie. Elkeen het sy eie finansiële aspirasies, verskillende benaderings tot risiko en 'n unieke tydsraamwerk waarin finansiële mylpale bereik moet word.

Glacier verstaan dit en bied beleggings wat individuele behoeftes in ag neem. Of jy kapitaal wil beskerm, meer inkomste wil genereer of kapitaalgroei wil sien, Glacier bied 'n verskeidenheid kollektiewe beleggingsfondse om van te kies.

By Glacier is daar wêreldklas beleggingsoplossings en planne vir elke fase van jou lewe, wat finansiële kenners en gerespekteerde finansiële instansies byeenbring op een gerieflike plek.

Glacier is 'n beleggingsplatform wat jou verskeie opsies op een plek bied. Dit spaar tyd en moeite
en help jou om ingeligte besluite te neem.

deur Tatum Whiting

As jy reg is om die volgende tree op jou beleggingsreis te neem, bied Glacier van Sanlam jou 'n eenstop-oplossing vir beleggings. Dit maak dit maklik om jou horisonne te verbreed en die uitdagende proses van belê te vereenvoudig. Maar wat beteken 'n "eenstop-oplossing" regtig?

Glacier is 'n beleggingsplatform. Dit vereenvoudig die proses van belê vir individue deur te dien as 'n gerieflike spilpunt waar 'n klomp plaaslike sowel as internasionale fondse van verskillende batebestuurders op een plek beskikbaar is.

Die platform doen navorsing om te kyk dat die betrokke fondse voldoen aan die bedryf se standaarde en vereistes voor hulle dit beskikbaar maak aan beleggers. Die platform ondersoek ook die nakoming van finansiële wetgewing en risikobestuur, en maak seker rapporteringsprosedures en nakomingsraamwerke is in plek om betroubaarheid en doeltreffendheid te verskaf.

Dis belangrik om te besef beleggingsplatforms dien as bewaarders van beleggings, maar is nie direk betrokke by die bestuur van beleggers se geld nie. Die batebestuurders bly verantwoordelik vir die groei en bestuur van 'n fonds, en die algemene groei van 'n belegging word bepaal deur die onderliggende fondse waaruit dit saamgestel is.

Saam met jou finansiële raadgewer kan jy 'n beleggingsplatform soos Glacier gebruik om verskeie oplossings te kombineer en 'n diverse beleggingsportefeulje saam te stel. Dit maak die proses baie makliker en beperk administrasie tot die minimum aan die belegger se kant. Glacier verskaf ook inligting en aanlyn gereedskap om selfs meer tyd te spaar.

Wonder jy of dit die beste opsie vir jou is?
Hier is die voordele van Glacier se beleggingsplatform:

  • Jy kan fondse meng en pas om aan jou persoonlike behoeftes te voldoen.
  • Geniet 24/7 aanlyn toegang vir jou gerief.
  • Spaar tyd en administrasie – al jou beleggings lê op een platform.
  • Persoonlike administrasie verskaf state, belastingsertifikate en boekhoudienste.
  • Die platform dien as middelman tussen jou (die belegger), die finansiële raadgewer en die batebestuurder.

Vra jou finansiële raadgewer waarom jy nie by Glacier van Sanlam is nie - vandag nog!

Wonder jy dalk waarom jy steeds 'n batebestuurder nodig het as jy 'n beleggingsplatform gebruik? Hier is meer.

'n Beleggingsplatform soos Glacier en 'n batebestuurder is twee aparte entiteite in die finansiële bedryf. Die beleggingsplatform dien as die middelman tussen die belegger, 'n finansiële raadgewer (iemand wat die belegger help besluite neem) en die batebestuurder ('n maatskappy wat die beleggingsfondse bestuur).

Dink aan die beleggingsplatform as die spilpunt wat al dié partye byeenbring en 'n gebruikersvriendelike omgewing skep waar beleggers met gemak hul beleggings in verskillende fondse kan bestuur en monitor. Dis 'n gerieflike diens wat verskeie beleggingsopsies, soos uittree-annuïteite of uitkeerfondse, alles op een plek bied. Dit het beleggingsfondse en -meganismes wat finansiële adviseurs in staat stel om persoonlike portefeuljes vir kliënte te skep deur te belê in fondse van verskillende batebestuurders.

Die platform verskaf toegang tot 'n klomp batebestuurders en beleggingsopsies om dit vir beleggers gerieflik te maak om die fondse te vind waarin hulle wil belê sonder om elke batebestuurder individueel te moet kontak.

Glacier Navorsing het getoon hoe meer opsies beskikbaar is, hoe beter is die risiko-aangepaste winste oor tyd.

'n Batebestuurder is verantwoordelik vir die bestuur van die beleggings binne 'n fonds. Hulle ontwikkel en implementeer beleggingstrategieë wat hul risiko- en winsdoelwitte weerspieël. Die batebestuurder se kennis word gebruik om wins en groei te verbeter in vergelyking met die mark as 'n geheel, maar hulle kan nooit die impak van die onderliggende fondse of breër marktoestande vermy nie. Mense glo dikwels 'n beleggingsplatform is gekoppel aan 'n batebestuurder, maar dit is nie die geval nie.

Die Glacier-beleggingsplatform, byvoorbeeld, bestuur nie die geld nie - selfs al kies jy, of jou adviseur, jou batebestuurders deur die platform. Dis die batebestuurders wat verantwoordelik is vir die groei, wat weer gekoppel is aan die onderliggende beleggings van die fonds. 'n Platform is nie verantwoordelik vir 'n batebestuurder se sukses nie. Wat die platform wel doen, is om die nodige navorsing en agtergrondkennis op te doen oor die batebestuurders om te verseker dat hulle aan standaarde en vereistes van die bedryf en die platform voldoen.

Vra jou finansiële raadgewer waarom jy nie by Glacier is nie - sommer vandag!

Wanneer jy belê, wil jy resultate hê - hier is meer oor hoe jy groei behoort te meet.

Om die neseier waaraan jy al jare werk te belê, kan uitdagend voel, maar dis 'n belangrike stap na die behoud en groei van jou geld. As jy al aan die spaar is om jou korttermyn-mylpale te behaal en nou reg is om te begin belê, is hier raad wat jou op die regte pad sal plaas.

Belangrike faktore wanneer jy belê:

  • Jou behoeftes sal bepaal wat jou beleggingstrategie gaan wees. Byvoorbeeld: Belê jy vir aftrede, om 'n huis te koop, of om jou kinders se opvoeding te finansier?
  • Besluit hoe gemaklik jy is met risiko. Langer tydsraamwerke laat jou toe om hoër-risiko-beleggings te maak, terwyl 'n korter beleggingstyd beteken jy sal dalk meer konserwatiewe keuses moet maak om jou geld te bewaar.
  • Besluit hoe gemaklik jy is met potensiële markverskuiwings.
  • Doen navorsing oor jou beleggingsopsies om jou portefeulje te diversifiseer en jou risiko te versprei.
  • Bly op hoogte met die mark, ekonomiese tendense en insigte uit die bedryf wat dalk jou beleggings kan beïnvloed.

Sodra jy 'n belegging gemaak het, is dit baie belangrik om groei te monitor om seker te maak jy is op die regte pad. Glacier van Sanlam laat jou toe om die meeste te maak van beleggingsgeleenthede en om rigting te verander daarvolgens.

Om die sukses van jou beleggings te evalueer en te weet of jy die regte besluite geneem het, is dit belangrik om sekere sleutelindikators te ken. Dit kan uiters voordelig wees om die raad van 'n finansiële kenner te vra om jou op die pad te begelei. Die Glacier-navorsingspan verskaf riglyne om jou te help om jou beleggings se jaarlikse groei te verstaan en hoe om slim beleggingsbesluite te neem. Hier is meer oor hoe om jou beleggings te meet.

Hoe gereeld moet ek kyk?
Hoe gereeld jy jou beleggings monitor, word bepaal deur hoe gemaklik jy is met risiko, hoe lank jy belê het, en hoeveel likiditeit (kontantvloei) jy benodig. Vir korttermyn-doelwitte is een keer per kwartaal genoeg en vir langtermyn-beleggings een keer per jaar.

Moenie vashaak by wins nie
Terwyl die jaarlikse groeigrafiek 'n oorsig gee van winste en verliese, is dit baie belangrik dat jy die risiko wat gepaardgaan met die tipe belegging, in ag neem. Hoër winste mag saamval met groter onstabiliteit en risiko, terwyl lae winste kom met meer stabiliteit. Assesseer dus jou beleggings se groei binne die breër konteks van risiko.

Neem die fonds se mikpunt in ag
Jou belegging se mikpunt moet saamval met jou persoonlike beleggingsdoelwitte. Vir konserwatiewe strategieë wat gefokus is op kapitaalbehoud, word groei gemeet aan die fonds se vermoë om waarde te beskerm. Vir aggressiewe strategieë wat hoër groei vereis, word die fonds gemeet aan spesifieke mylpale.

Moenie groei najaag nie
Om na vorige jare se groei te kyk en dit telkens te wil verbeter, is 'n algemene fout. Korttermyn-verliese beteken nie noodwendig jy moet van fonds verander nie. Beleggingstrategieë funksioneer in verskillende ekonomiese omgewings, en tendense verander oor tyd. Geduld en vertroue in fondsbestuurders is uiters belangrik vir langtermyn-sukses.

Maak maats met die kenners
Om finansiële adviseurs se raad te vra en hul kennis tot jou voordeel te gebruik, voeg waarde tot jou beleggingstrategie. Adviseurs het toegang tot gespesialiseerde navorsingspanne en hulpbronne en kan insig en persoonlike oplossings bied.

Glacier se beleggingsplatform bied 'n wye verskeidenheid geleenthede wat jy kan verpersoonlik om jou behoeftes te pas.

Om die pad van jongs af te stap is die heel beste geleentheid tot jou beskikking. Hier is opsies.

Die belangrikste beginsels van belegging:

  • Belê so gou jy kan
  • Belê gereeld
  • Belê soveel as wat jy kan
  • Stel 'n plan op
  • Diversifiseer jou portefeulje

Sibabalwe Mgijima, besigheidsontwikkelingsbestuurder by Glacier van Sanlam, sê: “Ek beveel dit hoogs aan dat mense die gewoonte van spaar aanleer, selfs met so min as wat jy het, so vroeg as wat jy kan. Dit moet sommer al met daardie heel eerste salaris wees." Om so vroeg as moontlik te belê hou verskeie voordele in, die grootste daarvan in geld wat opgebou word deur rente en winste wat herbelê word - dis wat beleggers saamgestelde wins noem.

As dit kom by beleggings in jou 20s en 30s, beveel kenners die volgende strategieë aan:

Bou jou noodfonds
Begin deur geld eenkant te sit vir noodgevalle. Oorweeg dit om in 'n trustfonds te belê, wat buigsaamheid bied sowel as die potensiaal van groei. Kies 'n portefeulje wat jou aptyt vir risiko weerspieël.

Begin bou aan 'n uittree-annuïteit (RA of 'retirement annuity')
As jy nie aan 'n pensioenfonds behoort nie of addisionele spaargeld wil hê vir jou aftrede, is 'n uittree-annuïteit 'n goeie opsie. Met 'n minimum aftree-ouderdom van 55, het jy lank tyd om te belê, wat jou 'n groter kans op groei bied. Oorweeg 'n meer aggressiewe portefeulje vir beter langtermyn-winste.

Kry belastingvoordele
Gebruik erkende aftreefondse vir belastingvoordele op jou bydraes. Oorweeg dit ook om 'n belastingvrye spaarrekening oop te maak, soos die Glacier Belastingvrye Beleggingsplan, wat jy kan aanpas en wat belastingvrye groei bied op kapitaalwins en rente.

Vra 'n finansiële adviseur
'n Finansiële adviseur kan jou help om 'n weldeurdagte portefeulje saam te stel wat jou behoeftes en doelwitte weerspieël. Hul kennis kan jou winste verbeter en verseker dat jy ingeligte besluite neem.

MOENIE HIERDIE FOUTE MAAK NIE

Jy maak staat op slegs 'n spaarrekening

  • 'n Gereelde bydrae tot 'n spaarrekening sal nie merkbare groei toon bo en behalwe jou bydraes nie. Oorweeg beleggingsopsies met hoër potensiaal vir groei.

Jou bydraes is vir jare al dieselfde

  • Pas gereeld jou bydraes aan namate jou inkomste groei met salarisverhogings. Vermeerder jou spaargeld om die koopkrag van jou geld oor tyd te behou.
  • Oorweeg dit om 'n beleggingsplatform soos Glacier te gebruik wat jou 'n verskeidenheid fondse en opsies bied, sowel as buigsaamheid, die opsie om dit te verpersoonlik, en die vermoë om jou portefeulje aan te pas namate jou behoeftes en doelwitte verander in verskillende fases van jou lewe.
  • Onthou, dis belangrik om met 'n finansiële adviseur te praat om jou persoonlike omstandighede te oorweeg en 'n omvattende plan te bou wat jou aptyt vir risiko sowel as jou doelwitte in ag neem.

Praat met 'n finansiële raadgewer om
jou by te staan in die proses.

Wonder jy of dit te laat is? Met beleggings is vroeër altyd beter – maar nou is beter as nooit! Hier is wenke.

Wanneer jy jou 40s en 50s betree, behels dit dikwels 'n verskuiwing in jou ingesteldheid tot die toekoms, veral as dit kom by finansies. Jy sit waarskynlik met skuld, mediese uitgawes, jou kinders se opvoeding, 'n huislening en huisaanbouings – en dit alles terwyl jy begin kyk na beplanning vir aftrede. Dis 'n geleentheid om jouself te bemagtig om jou finansiële posisie te verander en ingeligte besluite te neem. Dis van die uiterste belang om op beleggings te fokus wat ooreenstem met jou finansiële doelwitte en 'n vaste toekoms verseker.

Hier is 'n paar sleutelpunte om in ag te neem:

Spaar vir aftrede
As jy nog nie spesifiek vir aftrede begin spaar het nie, is dit belangrik om so gou as moontlik te begin. Verken opsies spesifiek vir aftrede, soos uittree-annuïteite, wat belastingvoordele inhou gebaseer op jou bydraes. As jy reeds spaar, hersien jou spaarbydrae om te verseker daar is genoeg vir wanneer jy wil aftree.

Aggressiewe beleggings
Is jou geld dalk te konserwatief belê? Oorweeg dit om 'n deel van jou beleggings in bates met meer potensiaal vir groei te belê, soos aandele of eiendom, wat die kans bied op winste groter as inflasie en die waarde van jou spaargeld op lang termyn kan bewaar.

Noodfonds
Bou aan 'n noodfonds om onverwagte uitgawes of inkomsteverlies te dek. 'n Goeie mikpunt is om minstens ses maande se salaris weg te sit as buffer. Oorweeg dit ook om te begroot vir onderhoud en herstelwerk aan eiendom soos wat jou bates meer word.

Tersiêre onderrig
As jy kinders het wat in die volgende paar jaar met tersiêre onderrig wil begin, is dit wys om nou te beplan en spaar daarvoor. Oorweeg 'n belastingvrye beleggingsplan of -rekening of beleggings met vaste opbrengs as opsies om te help om die uitgawes te dek.

Belasting en kapitaalbehoud
Kyk na beleggings wat belastingvoordele inhou en kapitaalbehoud voorop stel. Uitkeerfondse en ander belastingdoeltreffende beleggings kan help om jou belastingrekening te verminder en jou kapitaal te behou.

Finansiële onafhanklikheid
Mik vir finansiële onafhanklikheid, ongeag jou verhoudingstatus. Belê onafhanklik en vra professionele raad om te verseker jy het 'n veilige finansiële plan in plek. Moenie opgee nie, neem eerder beheer van jou finansiële status.

Laastens, as jy gedink het jou 60s is die einde van jou spaarpad, dink weer. Kiru Padayachee, besigheidsontwikkelingsbestuurder by Glacier van Sanlam, wei uit oor top-beleggingsgeleenthede in jou 60s.

Vra 'n gesertifiseerde finansiële kenner om waardevolle riglyne te bied wat spreek tot jou persoonlike omstandighede en mikpunte.

Jy hoef nie 'n finansiële kenner te wees nie.
Jy moet net 'n vennoot maak van een.

Verbreed jou finansiële kennis deur beter insig te kry in jou fonds se feitestaat – hier is 'n vinnige gids.

Om 'n meer selfversekerde belegger te wees is dit belangrik om jou kennis van die verskeie aspekte van die beleggingsproses te verbreed. Maak seker jy verstaan die basiese terme en beginsels. As jy 'n nuwe belegger is, mag jy dalk nog nie gehoor het van jou fonds se feitestaat nie.

Eenvoudig gestel is dit 'n oorsig van 'n fonds – die fonds se doelwit, blootstelling aan risiko, die fooie, opbrengste en besonderhede oor onderliggende aandele. As jy reeds belê, sal jy weet die feitestaat is 'n gerieflike manier om beleggers meer te vertel van 'n fonds. Dis van die uiterste belang dat jy dié staat verstaan, sodat jy ingeligte besluite kan neem en vergelykings kan tref met ander beskikbare fondse. Dit stel jou in staat om aktief deel te neem aan besluite saam met jou finansiële raadgewer en om die regte vrae te vra.

Moenie geïntimideer voel deur die feitestaat nie. As jy jou finansiële kennis wil verbreed en gebruik maak van beleggingsgeleenthede, is dit die plek om te begin. Dié gids sal jou help kophou.

Fondsdoelwit
Dit is wat die fondsbestuurder as mikpunt stel en as riglyn gebruik wanneer daar 'n verskeidenheid aandele oorweeg word. Dit sluit in die fonds se teikenmaatstaf, beleggingstrategie, ideale tydsraamwerk, onderliggende aandele, prestasiemaatstawwe en plaaslike of oorsese blootstelling. Jy belê met die oogmerk om jou geld te sien groei, maar sommige fondse doen dit meer aggressief as ander. Byvoorbeeld, as jy 'n meer versigtige belegger is – dalk is jy nader aan aftrede – dan sal jy op soek wees na 'n meer gematigde laerisiko-groeifonds met 'n fokus op kapitaalbehoud en minimum onttrekkings.

As 'n beleggingsplatform bied Glacier oplossings wat die hele lewensiklus van beleggers in ag neem, of dit nou voor aftrede, ná aftrede, vir tersiêre opvoeding, belastingvrye beleggings of spesifieke doelwitte is.

Risikoprofiel
Elke fonds het 'n risikoprofiel wat sy vlak van blootstelling aan aggressiewe bates soos aandele en eiendom aandui. Dit help beleggers om te weet of die fonds pas by hul persoonlike risikoprofiel. Hoërisiko-fondse bied die kans op groter opbrengste – maar gaan ook gepaard met meer onstabiliteit. Laerisiko-fondse fokus op kapitaalbehoud en inkomsteverskaffing. Die rol van 'n finansiële raadgewer is baie belangrik hier, want hulle kan bepaal hoe gemaklik jy werklik is met risiko deur jou 'n stel vrae te vra om jou persoonlike risikoprofiel vas te stel, en jou so beter insig gee in die geskiktheid van 'n fonds vir jou persoonlike portefeulje.

Maatstaf
'n Fonds se maatstaf is die persentasie wat dit graag wil oortref. Dit kan 'n markindeks wees, 'n inflasie-gefokusde maatstaf, 'n gemiddeld of 'n spesifieke maatstaf uniek tot die fondsbestuurder. Die fondsbestuurder sal na vore kom met 'n unieke stel maatstawwe waarteen die fonds gemeet word.

'n Inflasie-gefokusde maatstaf sal min of meer só lyk: ‘VPI (verbruikersprysindeks) + 5%’. Dit beteken die fonds mik om te groei teen 5% hoër as inflasie.

Totale beleggingsheffing
Die totale koste van belegging behels twee kostevereistes verbonde aan die fonds. Die totale-uitgawe-verhouding of TER (total expense ratio) sorg vir die daaglikse fondsbestuursfooie, administrasiekoste, bewaargelde en potensiële prestasiefooie. Transaksiekoste verwys na die fooie betrokke om onderliggende aandele te koop.

Glacier se beleggingsplatform gee jou toegang tot top- plaaslike en internasionale beleggingsfondse om jou portefeulje te pas, insluitend dié wat geskik is vir die spaarsame belegger, alles op een plek.

Kumulatiewe en jaarlikse prestasie
Dié getalle verteenwoordig die fonds se opbrengste oor 'n spesifieke tyd. Kumulatiewe prestasie is die totale opbrengste sedert die fonds se ontstaan, en jaarlikse prestasie is die fonds se gemiddelde opbrengste per jaar oor 'n sekere tydperk. Jaarlikse prestasie beskou oor een, drie en vyf jaar, is tipies 'n aanduiding van die fonds se langtermyn- gemiddelde opbrengs. Sommige feitestate mag ook herhalende opbrengste insluit, wat die fonds se prestasie relatief tot die mark oor 'n spesifieke tyd sal wys.

Hierdie basiese beginsels sal jou help om jou fonds se feitestaat te analiseer, jou finansiële raadgewer meer spesifieke vrae te vra en beter ingeligte besluite te neem oor jou beleggings. As jy enige addisionele inligting oor 'n fonds wil hê, kan jou finansiële adviseur Glacier se navorsingspan kontak vir bystand.

Op soek na meer gedetailleerde inligting om jou fonds se feitestaat te verstaan? Laai die gratis infografika af.

'n Vennootskap met 'n finansiële adviseur is 'n waardevolle belegging – dís hoekom.

As jy eers 'n finansiële raadgewer gekies het, is 'n persoonlike ontmoeting baie waardevol. Om iemand in lewende lywe te ontmoet, hul stem te hoor en hul gesigsuitdrukking te sien help jou om 'n vertrouensverhouding op te bou.

Die mees suksesvolle adviseur-en-beleggerverhoudings is gebaseer op vertroue en 'n sterk band. "So 'n verhouding is minder transaksioneel en meer persoonlik, en het die beste kans om 'n positiewe uitkoms te hê," sê Neal Sinclair, 'n besigheidsontwikkelingsbestuurder by Glacier van Sanlam. Wanneer jy jou raadgewer ontmoet, maak seker jy is voorbereid om die regte onderwerpe aan te raak en vrae te vra. Dit sal die gesprek vinnig aan die gang sit en jou 'n beter begrip van jou finansiële opsies gee.

Hier is 'n lys om te oorweeg:

Maak seker jou testament is op datum
Baie kan in 'n jaar gebeur. Lewensveranderinge soos huwelike, egskeidings, sterftes en geboortes sal alles 'n invloed hê op jou testament en boedelbeplanning. Dit is belangrik om enige veranderinge in jou loopbaan en begunstigdes aan te dui om te verseker jou wense word korrek uitgevoer. Enige leefstylveranderinge kan belangrik wees en kan jou risikodekking beïnvloed, so gee jou adviseur 'n deeglike opsomming van onlangse gebeure.

Maak seker jou plan is belastingslim
Vra gereeld jou finansiële adviseur of jou huidige plan so belastingslim as moontlik is. Oorweeg strukture om jou kapitaal of inkomste te bewaar of oor te dra en evalueer enige belastingimplikasies van oorsese bates.

Hersien jou risikoprofiel
“As jy nie meer gemaklik is met risiko nie, is dit belangrik om dit met jou finansiële adviseur te bespreek sodat jy dit kan bestuur," sê Neal. Jy mag meer of minder risiko verkies op verskillende tye in jou lewe en dis belangrik om deursigtig te wees. Maak seker jou portefeulje weerspieël steeds jou risikoprofiel en as prestasiesyfers jou doelwitte beïnvloed het, opper jou bekommernisse sodat julle dit kan bespreek en die nodige aanpassings kan maak.

Beleggingsgeleenthede
Vra uit oor die gereedskap en bronne wat jou adviseur gebruik om jou 'n reeks beleggingsopsies te bied teen 'n redelike prys. Oorweeg platforms soos Glacier van Sanlam, wat 'n omvattende reeks oplossings bied sowel as die vermoë om portefeuljes aan te pas na gelang van jou behoeftes. Glacier fasiliteer toegang tot die wydste reeks fondse en oplossings in Suid-Afrika en die geleentheid om jou beleggings rond te skuif soos jou behoeftes verander sonder ekstra kostes. Dié soort buigsaamheid maak saak in jou finansiële beplanning, so as jy nie by Glacier is nie, is dit die moeite werd om jou adviseur daaroor te vra.

Mik vir gemoedsrus
In die era van informasie is dit belangrik dat jy die oorweldigende hoeveelheid finansiële inligting kan verwerk en onderskei tussen betroubare en misleidende inligting. Gebruik jou ontmoeting met die adviseur om enige vrae, bekommernisse of onduidelikhede te opper wat jy in jou daaglikse lewe teëgekom het. Jou adviseur sal konteks en raad spesifiek tot jou persoonlike finansiële situasie kan gee.

“As jy as 'n belegger jou eie navorsing doen en op iets afkom wat jou laat skrik of onduidelik is, neem dit saam na jul vergadering en deel dit. Vra jou adviseur om daaroor uit te wei," is Neal se voorstel.

Om 'n goeie verhouding met jou finansiële adviseur op te bou vra vertroue en neem tyd, en die beste manier vir enige raadgewer om jou geld optimaal te bestuur, is deur gereelde finansiële hersiening. Deur aktief deel te neem aan gesprekke en die regte vrae te vra, kan jy verseker jou finansiële plan bly op koers en reflekteer jou doelwitte en omstandighede.

Neem dié lys saam wanneer jy jou
adviseur ontmoet.

Dis belangriker as ooit om te verseker jou beleggings is veilig en word deur 'n betroubare instansie bestuur.

Tussen die oorlog in Oekraïne, stygende inflasie en die wêreldwye lewenskostekrisis, is daar geen tekort aan onsekerheid en fluktuering in die ekonomiese omgewing nie. 'n Mens wil nie eens oorweeg om met jou geld te speel in so 'n mark nie, maar dis nou belangriker as ooit om jou finansiële toekoms te verstewig.
Beleggings wat as spaargeld gebruik word, het die laaste ruk 'n klomp onstabiliteit ervaar, en dis verstaanbaar as jy wonder of jou aandele of beleggings veilig is in die huidige omgewing. Jy mag dalk ook wonder of die platforms wat jou finansiële raadgewer gebruik om te belê, veilig is.
Glacier van Sanlam, as 'n beleggingsgekoppelde diensteverskaffer (LISP of linked investment service provider), is 'n voorbeeld van so 'n platform. Hier is meer besonderhede oor veiligheid en hoe dit jou beleggings affekteer.

Navorsing en nakoming
Dis belangrik om die platform of finansiëledienstemaatskappy wat jy gebruik te ondersoek. Soek na inligting oor hul reputasie, diensrekord en nakoming van regulasies in die finansiëledienstebedryf. Maak seker hulle is geregistreer by die toepaslike finansiële owerheid en of hul lisensies op datum is.

Eksterne ouditeurs en nakomingsraamwerk
Kies beleggingsplatforms of finansiële maatskappye wat streng regulasies volg, risikobestuur toepas en waar nakomingsraamwerke in plek is. Eksterne ouditeure kan addisionele versekering bied oor die akkuraatheid en integriteit van finansiële inligting.

Maak seker van kwalifikasies
As jy saam met 'n finansiële adviseur werk, maak seker die persoon het 'n lisensie en is by die toepaslike regulerende owerheid geregistreer. Jy kan iemand se kwalifikasies nagaan en kyk of daar enige dissiplinêre stappe teen hulle geneem is.

Bly op hoogte
Hou jouself ingelig oor die prestasie van jou beleggings en die marktoestande. Kyk gereeld na jou beleggingsportefeulje en konsulteer met jou finansiële raadgewer om te verseker jou beleggings weerspieël jou finansiële doelwitte en risikoprofiel. Lana Paterson, nakomingsbestuurder by Glacier van Sanlam, sê wanneer jy 'n belegging begin, is dit belangrik om goed aandag te gee aan die aansoekvorm wat jy as belegger invul. “Die bepalings en voorwaardes van die aansoekvorm moet aan jou (die kliënt) sê in wie se naam die bates geregistreer word. Dit word onderskryf deur die wet," sê sy.

Die LISP, as 'n administratiewe diensteverskaffer (wat die beleggingsplatform genoem word in hierdie artikel), moet geregistreer wees by die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA of Financial Sector Conduct Authority), wat 'n regulatoriese liggaam vir finansiële instansies is. As jy onseker is of die instansie by die FSCA geregistreer is, kan jy dit op die reguleerder se webblad nagaan, waar daar 'n lys van goedgekeurde maatskappye verskyn.

Die voordeel van 'n beleggingsplatform is dat jy nie deur elke bestuursmaatskappy (ManCo of management company) hoef te werk nie, hoewel jou geld by verskeie belê word. Jy kan tot hulle toegang kry deur die beleggingsplatform. Glacier se platform bied 'n eenvoudige manier om toegang te kry tot vooraanstaande plaaslike en internasionale beleggingsfondse op een plek, met die buigsaamheid om fondse te meng en pas.

Beleggings gaan altyd gepaard met risiko, en dis belangrik om jou eie finansiële situasie, risikoprofiel en beleggingsdoelwitte te oorweeg voor jy enige beleggingsbesluite neem. As jy enige spesifieke bekommernisse of vrae het, is die beste opsie om jou finansiële adviseur te raadpleeg, wat jou persoonlike raad gebaseer op jou individuele omstandighede kan gee.

Raadpleeg jou finansiële adviseur voor jy enige besluite neem oor jou spaar- en beleggingsgeld.

Glacier Financial Solutions (Edms) Bpk is 'n Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste. Sanlam Lewensversekering Bpk is 'n Gelisensieerde Lewensversekeraar, gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste en geregistreerde Kredietverskaffer (NCRCP43).

Het jy reeds 'n finansiële adviseur?
Vra hulle waarom jy nie by
Glacier van Sanlam is nie.