’n Vel wat styf voel, gebarste lippe, skurwe elmboë en knieë en skene, ingeskeurde naelvelletjies, gebarste hakke, jeukerigheid en ontsteking . . . wil droogheid jou uit jou vel laat kruip? 

Wanneer jy nie goed voel of op jou beste lyk nie, kan dit tot selfbewustheid lei, jou selfbeeld afbreek, en jou selfs van aanraking laat wegskram. Maar of jy ’n slegte tyd beleef of ekstra versorging nodig het weens mediese toestande, Eucerin bied hulp en hoop om jou vel te herstel vir sagte aanraking met selfvertroue. 

Eucerin is Suid-Afrika se #1 velsorghandelsmerk wat deur dermatoloë aanbeveel word. Eucerin het vir langer as 100 jaar sy-aan-sy saam met dermatologiese en farmaseutiese vennote wêreldwyd gewerk om te verstaan hoe jy jou vel ten beste kan beskerm, voed en versorg. Ons het onsself aan navorsing en vernuwing op die gebied van velsorg toegewy. Eucerin se UreaRepair PLUS-reeks bevat aktiewe bestanddele wat onmiddellike verligting bied vir ’n droë vel en die simptome daarvan. En met volgehoue gebruik kan Eucerin UreaRepair PLUS die natuurlike blos van ’n gesonde vel herstel. 

Deur te verstaan watter faktore tot ’n droë vel lei, kan ons dit voorkom en behandel deur leefstylveranderinge en die gebruik van spesifieke velsorgprodukte soos die Eucerin UreaRepair PLUS-reeks. Vat dus jou droë vel vas en kry jou blos terug!

Gesonde vel

’n Gesonde vel is nie net die liggaam se pragtige geskenkpapier nie, dis ons eerste linie van verdediging. Hier is vier wonderlike dinge wat ons huidselle daagliks produseer om ons veilig te hou:

  1. Antibakteriese en antifungus-stowwe, soos louriensuur en sapiensuur.
  2. Melanien en proteïene wat jou vel teen beskadiging deur ultraviolet (UV) -strale beskerm.
  3. Natuurlike bevogtigende faktore (NMF’s), soos urea, pirrolidoon-karboksielsuur,  laktaat (melksuursout) en hialuronaatsuur wat met vog verbind om die vel sag en soepel te hou.
  4. Drie oppervlaklipiede – seramiedes, vrye vetsuur en cholesterol – wat die selle in die vel bymekaar hou en die vel se bufferfunksie bevorder om vog binne te hou en skadelike stowwe buite te hou.

Hoe droog die vel uit?

Wanneer die vel se prosesse onderbreek word (deur faktore in die omgewing om ons, of inwendige faktore soos die liggaam se outo-immuunreaksies), hou die vel op om genoeg van die NMF’s en lipiede wat nodig is om ons te beskerm, te vervaardig. Wanneer daar nie genoeg lipiede, soos seramiedes, op die oppervlak is nie, verdamp vog van die vel en die belangrike vogverbindingstowwe, die NMF’s, raak maklik verlore. NMF’s onttrek nie net vog uit die omgewing nie, dit verbind ook met vog in die dieper huidlae. Dus, sonder genoeg NMF’s word die natuurlike vloei na die boonste huidlae onderbreek. Die gevolg is ’n vel wat toenemend droër raak en minder in staat is om die liggaam te beskerm.

Tien oorsake van ’n droë vel

Omgewingsfaktore

Die ses hoofsnellers in die omgewing wat tot ’n droë vel kan lei, is:

  1. Die weer: Strawwe weerstoestande, seisoensveranderings in temperatuur en humiditeit kan die vel uitdroog, afhangende van waarvoor jou liggaam gevoelig is.
  2. Die son: Blootstelling aan UV-ligstrale kan ook tot ’n droë vel lei omdat dit die veroudering van die vel versnel. Lees hier meer oor uitdroging weens ouderdom.
  3. Verkeerde versorging: Velsorgprodukte wat sterk chemiese bestanddele bevat kan die vel se beskermende olies vernietig, asook langdurige blootstelling aan warm water en oormatige afskilfering. Lees hier meer oor sagte reiniging en veilige velsorgroetines.
  4. Medikasie: Sekere mediese behandelings, soos dialise, bestraling en chemoterapie, is daarvoor bekend dat dit die vel uitdroog, asook verskeie akneebehandeling en enige medisyne wat ’n uriendrywende uitwerking (insluitende bloeddrukmedikasie. Vra ’n dokter of ’n apteker indien jy bang is medisyne kan tot uitdroging van die vel bydra.
  5. Dieet: ’n Tekort aan voedingstowwe, onversadigde vetsure en vitamiene kan tot ’n droë vel bydra. Vitamiene C en E bevorder ’n gesonde vel.
  6. Te lae inname van water: Die vel onttrek en gebruik sowat ’n halwe liter water per dag uit die dieper huidlae in ’n proses genaamd trans-epidermese waterverlies (TEWL). Die vel verloor ook daagliks water deur sweet.

Inwendige faktore

Die vier grootste inwendige faktore wat uitdroging veroorsaak, is:

  1. Gene: Die vel se vogvlakke word deels bepaal deur genetika. Verskillende mense sal in identiese toestande verskillende veltipes vertoon. Sommige mense is net meer vatbaar vir ’n droë vel. 
  2. Velprobleme: Ekseem (atopiese dermatitis), diabetes, igtiose, en psoriase het almal ’n genetiese komponent wat huiduitdroging insluit. Lees hier meer oor die oorsake, tekens en behandeling van siektes soos psoriase en ekseem.
  3. Hormone: Hormoonveranderings tydens puberteit, swangerskap of menopouse kan ’n droë vel veroorsaak.
  4. Ouderdom: Namate ’n mens ouer word, raak die vel se kliere van nature minder produktief. Minder lipiede is beskikbaar, die vel verloor sy elastisiteit, digtheid verminder en die vel verloor mettertyd sy jeugdige voorkoms. Lees hier meer oor droogheid weens ouderdom.

’n Droë vel kan op enige plek op die liggaam voorkom, maar sekere dele is meer vatbaar vir uitdroging of selfs skurfheid en barsies, soos die voetsole en elmboë. Dit gebeur wanneer die droogheid na die dieper huidlae deurdring. Indien dit nie behandel word nie, kan droogheid van die vel al hoe ernstiger raak in drie hoofvlakke: matig droë vel, baie droë vel, en uiters droë vel.

Die drie grade van ’n droë vel

Matig droë vel

’n Vel wat matig droog is, voel styf en broos en kan dof en selfs matig skurf voorkom. ’n Donker vel sal vaal lyk en ’n mens kan ’n wit streep op ’n ligter vel trek. Die vel is ook minder elasties. Die eerste tekens van droogheid veroorsaak dikwels nie veel ongemak nie, maar kan tot ernstiger uitdroging lei indien dit nie behandel word nie. 

Die Eucerin-oplossing: UreaRepair PLUS 5% Urea Body Cream

Baie droë vel

Indien die droogheid nie behandel word nie, kan baie droë vel ontwikkel, Dit voel ongemaklik styf, baie skurf of jeukerig, en kan ook matig skilferig voorkom op plekke – asof dit met ’n dun lagie gom bedek is (onthou jy toe jy dit op skool gedoen het?). Die vel kan ’n skurwe, vlekkerige voorkoms ontwikkel en soms lyk asof dit vroeg verouder. Dit is ook meer vatbaar vir irritasie, rooiheid en die risiko van infeksie.

Die Eucerin-oplossing: UreaRepair PLUS 10% Urea Lotion

Uiters droë vel

Uitermatige droogheid kan die huid laat krimp en broos word, wat uiteindelik tot barsies in die vel lei (dink aan ’n droë rivierbedding) en rooierig is – veral op dele wat tydens beweging moet buig, soos die knieë, kneukels, elmboë en selfs die hakke. Sekere dele van die liggaam – die hande, voete, elmboë en knieë – raak maklik uiters droog en skurf met die geneigdheid om barsies (bekend as ragades) asook eelte te vorm, en skilferigheid en jeukerigheid meebring. 

Die Eucerin-oplossing: UreaRepair PLUS 10% Urea Lotion

Psoriase

Psoriase is ’n algemene, chroniese, inflammatoriese velkwaal wat veroorsaak word deur ’n outo-immuun-reaksiesiklus wat ’n genetiese oorsprong het. Tydens uitbrekings van psoriase vervang die liggaam huidselle (keratienselle) meer dikwels en onontwikkelde selle verskyn binne dae pleks van weke op die boonste laag van die vel. Dit lei tot ’n opeenhoping op die opperhuid in growwe, aangetaste kolle, wat plakette of psoriase-letsels genoem word.

Tekens en simptome

’n Vel met psoriase vorm dikwels verhewe, ontsteekte plekke soos ’n uitslag of riffels (wat rooi is op ’n ligte vel en perserig op ’n donkerder vel) en op die opperhuid deur ’n opeenhoping van sterk silwer- of gryskleurige, skilferagtige, droë, dooie huidselle (keratien) bedek word. Hierdie plakette kan tot donkerder kolle op die vel lei. Benewens verleentheid en selfbewustheid kan die toestand pynlik wees vir die lyer en slaappatrone en konsentrasie versteur.

Oorsake

Psoriase word oor die algemeen deur ’n genetiese mutasie veroorsaak, maar kan ook deur bakteriese ontstekings, beseringstres, alkohol- en tabakgebruik aangevuur word, asook sommige medisyne soos anti-malariamiddels en litium. Hierdie snellers kan tot nuwe opvlammings lei wanneer iemand reeds aan psoriase ly. 

Die psoriase-siklus

  • Die immuunstelsel se T-selle val verkeerdelik die gesonde huidselle aan (weens ’n  fout in die genetiese samestelling). 
  • Dit versnel die liggaam se vervaardiging van huidselle.
  • Die onontwikkelde huidselle word te vinnig na die opperhuid gedruk en vorm verhewe ontsteek kolle. 
  • Hierdie ongewone aktiwiteit hits die liggaam aan om meer T-selle te vervaardig. 

Topikale behandeling

Hoewel daar geen geneesmiddel is nie, is behandelings wat regstreeks op die opperhuid  (topikale behandelings) toegedien word, noodsaaklik vir die bestuur van psoriase tesame met medikasie. Topikale behandelings sluit in middels wat die vel versag en bevogtig, tesame met samestellings wat die buitenste lae van die vel afbreek (keratolitiese draers), kortikosteroïede. Tydens die aanvangfase (waarin die vel plek-plek te veel growwe selle vervaardig), is keratolitiese draers baie voordelig en kan saam met bevogtigers en versagmiddels gebruik word. 

Die gereelde gebruik van versagmiddels en bevogtigers help tydens fases van nuwe opvlamming en ook opklaring van psoriase. Hier is vier belangrike velhulpmiddels vir die beheer van psoriase:

  1. Versagmiddels skep ’n dun lagie op die vel wat vogverlies deur verdamping verminder en belangrike vog binnehou. Dit maak die opperhuid meer soepel en verminder skubberigheid.
  2. Bevogtigers is versagmiddels wat met natuurlike bevogtigsfaktore (NMF’s) verryk is en wat water onttrek en verbind. Meer gevorderde bevogtigers bevat ook aktiewe bestanddele soos gliseriel-glukosied, wat die vel se eie vognetwerk aktiveer om vog uit die dieper huidlae te onttrek en aan die boonste lae te voorsien.
  3. Keratolitiese draer verminder die psoriatiese plaketskubbe deur die keratotiese materiaal in die dooie huidselle af te breek. Salisielsuur is die doeltreffendste van die bekende keratolitiese samestellings. Urea is nog ’n keratolitiese draer wat algemeen gebruik word. As ’n NMF help urea ook om water in die vel te verbind.
  4. Topikale kortikosteroïde het anti-inflammatoriese eienskappe en vertraag die vorming van plakette en gepaardgaande irritasie. Topikale kortikosteroïede van matige sterkte word dikwels voorgeskryf vir psoriase op die gesig, geslagsdele, of plekke wat strekking of buigbaarheid vereis, tesame met versagmiddels en bevogtigers.

Die Eucerin-oplossing: psoriase

Opvlammings

Bykomend tot die versorging van jou vel met sagte, alledaagse reinigers soos UreaRepair PLUS 5% Urea Replenishing Body Wash, bied Eucerin ook aan UreaRepair PLUS 10% Urea Lotion, ’n emulsie wat geen kleur- en reukmiddels bevat nie, maar kragtige bestanddele insluit wat ’n droë vel bestry, insluitende gliseriel-glukosied, urea en seramiede. Die daaglikse gebruik van UreaRepair PLUS 10% Urea Lotion verminder die simptome van veldroogheid wat met psoriasie verband hou.

Remissiefase

Psoriaselyers sal  Eucerin UreaRepair PLUS 5% Urea Body Cream baie doeltreffend vind om die vel sag, soepel en elasties te hou. 

Ekseem

Ekseem (ook genoem atopiese dermatitis – atopies beteken ongewoon in Grieks, en derma verwys na die vel, -itis  dui op ontsteking) is ’n chroniese veltoestand wat verbind word met vel se versperring- en immuunselle. Ekseem veroorsaak die opvlamming van uitermatig droë, baie jeukerige en ontsteekte vel, tesame met skilferigheid en etterigheid. Die ernstige jeukerigheid is van die groot verskille tussen ekseem en psoriase. Ekseem kom meer voor aan die binnekant van die elmboë, agter die knieë en op die heupe.

Tekens en simptome

Ekseem kan lei tot gebarste, droë vel, jeukerigheid en ’n uitslag op geswelde plekke, saam met die verdonkering van die vel rondom die oë. Die uitslag kom voor as rooierige kolle op ’n ligte vel en vaalgrys kolle op ’n donker vel. Die toestand kan op ’n donker vel ook voorkom as knoppe op die arms, bene en bolyf (papulêre ekseem), asook verhewe vel soos hoendervel rondom die haarfollikels (follikulêre beklemtoning). Wanneer hierdie uitbrekings gekrap word, kan dit die vel verdik en ferm, verhewe knoppe op die vel, genaamd prurigo-nodules. Pasiënte met ’n donker vel kan donkerder kolle (hiperpigmentasie) op die vel ontwikkel of ligter gekleurde kolle (hipopigmentasie), wat sal verbleik wanneer die toestand onder beheer is. Wanneer die vel tydens intense opvlamming ernstig aangetas word, kan ekseem lei tot ’n verdere drietal simptome – huidverdikking, hiperpigmentasie of hipopigmentasie, en verskerpte huidlyne – called lichenifikasie (soos kolle of mos op ’n rots).

Oorsake

Ekseem tas die beskermende opperhuid aan en stel dit bloot aan infeksie en irritasie. Sekere gene word met die ontwikkeling van die toestand verbind en mense met ’n familiegeskiedenis van ekseem, asook dié wie se familie allergiese reaksies, insluitende asma en hooikoors het, loop gevaar om ekseem te ontwikkel.

Ekseem kan opvlam deur die gebruik van chemiese middels wat die vel irriteer soos sterk sepe en skoonmaakmiddels. Omgewingsnellers kan alles insluit van koue of droë weer tot vogtigheid, stofmyte, blootstelling aan muf, stuifmeel, hare en skilfers van troeteldiere asook kosallergieë en sensitiwiteit. Hormoonverandering en stres kan opvlamming ook aanwakker.

Topikale behandeling

Topikale terapie is noodsaaklik vir die behandeling van ekseem. Atopiese vel, wat sensitief en geneig tot ’n allergiese reaksie is, is gewoonlik droog en gevoelig, dus moet bevogtigers en versagters sonder reukmiddels gebruik word.

Die Eucerin-oplossing: ekseem

Daaglikse gebruik

UreaRepair PLUS 5% Urea Lotion is geformuleer om die vel te hidreer, jeukerigheid te verminder en te beskerm teen ontsteking wanneer dit aangetas is. UreaRepair PLUS 5% Urea Lotion is ryk en romerig, reukloos en vry van kleur- en preserveermiddels, kan enige tyd aangewend word en bevat kragtige bestanddele om droë vel te bestry, insluitende gliseriel-glukosied, urea en seramied. Die daaglikse gebruik van middels in die reeks help ook om die tydsverloop tussen opvlammings te verleng deurdat dit die vel beskerm en vertroetel en huidgesondheid herstel. Moenie UreaRepair PLUS-produkte op gebarste vel gebruik nie. Raadpleeg altyd ’n dokter vir ’n diagnose en behandeling.

Uiterste gevalle

Meer presiese ondersteuning is nodig indien die vel oop wonde tydens ekseem opdoen. In so ’n geval word die Eucerin AtoControl -reeks aanbeveel vir ’n jeukerige atopiese vel.

Jou vel verander natuurlik oor die jare. Huiddroogheid weens ouderdom bring mee dat die vel toenemend droog, styf en sensitief voel en fyn plootjies maak hul verskyning. Namate mense ouer word moet hulle hul velsorgroetine aanpas en produkte gebruik om hul vel gesond en gemaklik te hou en die sigbare tekens van veroudering te verminder.

Huidveroudering 101

Die menslike vel word oor die jare natuurlik en onvermydelik droër en minder elasties. Maar gewoonlik raak die vel se metabolisme ná die ouderdom van 25 jaar stadiger. Teen die derde dekade van die lewe het die vel begin verander aangesien dit toenemend vog verloor en minder elasties raak, en die eerste fyn plootjies kan om die oë verskyn – ’n bewys van droogheid weens ouderdom. 

Genetika en etnisiteit kan ’n verskil maak aan die tempo waarteen iemand se vel verouder en die ouderdom waarop die droogheid weens ouderdom sigbaar raak. Die tekens van veroudering is minder opvallend en begin later by ’n donker vel. 

Hormoonveranderings speel ook ’n rol. Wanneer die menopouse by vroue begin, kan ’n daling in estrogeenvlakke die vervaardiging van elastiese weefsel in die vel vertraag. 

Só verander jou vel,
laag vir laag

Die horinglaag: Hierdie laag (ook bekend as die stratum korneum, die boonste 10-30 lae van die vel) bestaan uit styfgepakte huidselle (keratinosiete) en stowwe wat gesamentlik NMF’s (natuurlike bevogtigingsfaktore) genoem word. Hierdie NMF’s stel die horinglaag in staat om water te verbind. In ’n jong vel berg ’n gesonde horinglaag 10% tot 20% van die hele liggaam se water op. Namate die vel verouder word die horinglaag beïnvloed deur stadiger prosesse in die vel en uitwendige faktore wat sy versperringsfunksies vertraag. Dit kan nie meer vog in die vel behou nie wat uitdroging tot gevolg het en die verskyning van plooie. Met hierdie belangrike funsie van die vel in die gedrang, kan dit homself nie meer beskerm teen uitwendige faktore nie, wat droogheid weens ouderdom verder aanvuur.

Dermale lae: In hierdie lae onder die stratum korneum, word die struktuur van die vel aangetas en dieper plooie kan voorkom. Elastisiteit en huiddigtheid verlaag en die vel verloor sy jeugdige voorkoms. 

Subdermale lae: In hierdie dieper lae word die selle wat lipiede opberg kleiner en minder.

Droogheid weens ouderdom

Onbehandeld kan die vel se natuurlik toenemende droogheid en sensitiwiteit vererger en in droogheid weens ouderdom ontwikkel.

Sewe simptome van droogheid weens ouderdom is:

  1. Droë vel wat styf voel
  2. Huidgevoeligheid wat tot ontsteking lei
  3. Grofheid
  4. Seerheid wat barsies kan vorm (ragades)
  5. Eeltvorming/skilfering
  6. Jeukerigheid
  7. Sigbare barsies en plooitjies op die huidoppervlak wat mettertyd dieper raak en meer word

Behandeling van droogheid weens ouderdom

Jy kan jou vel se gesondheid en werking ondersteun deur verlore NMF’s aan te vul en die versperringsfunksie te herstel met ’n reeks sagwerkende velsorgprodukte, van lyfseep en reinigers tot beskermende rome en velmiddels. 

Die Eucerin-oplossing: Droogheid weens ouderdom

UreaRepair PLUS 5% Urea Body Cream, ’n emulsie wat vinnig absorbeer word en vry is kleur- en reukmiddels, bevat kragtige bestanddele om ’n droë vel te bestry, insluitende urea en seramiede. Die daaglikse gebruik van UreaRepair PLUS 5% Urea Body Cream verminder die simptome van ’n droë vel wat met droogheid weens ouderdom verbind word, en hou die vel sag, soepel en elasties. Die urea in UreaRepair PLUS 5% Urea Body Cream verbind vog met die vel, en laktate stuur vog na die boonste huidlae en hou dit daar.

Vermy die gebruik van seep en kies liewer sagwerkende lyfreinigers soos Eucerin UreaRepair PLUS 5% Urea Replenishing Body Wash Fluid wat nie die vel se natuurlike beskermende versperring verwyder nie. Dit is verryk met bevogtigende urea en ander NMG’s om huiduitdroging te voorkom.

Droë tot baie droë vel, insluitend droogheid weens diabetes en psoriase, vind baat by gereelde en volgehoue velsorg, en die gebruik van produkte wat spesiaal geformuleer is om die oorsake van droogheid te takel en onmiddellike langdurende verligting van die simptome  bied.

Die behandeling van ’n droë vel verg ’n gespesialiseerde, sagte velsorgroetine wat drie dinge doen:

  1. Reinig die vel sonder om die huidversperring te beskadig.
  2. Herstel vogvlakke en teiken probleemareas.
  3. Beskerm die vel teen verdere skade.

Die versorging van ’n droë vel vereis die volgende ses stappe:

  1. Was jou kopvel, gesig en lyf sagkens met geskikte produkte en louwarm water. Kry belangrike reinigingswenke hier.
  2. Vryf ’n produk wat urea bevat, liggies in ’n klam vel.
  3. Sluit vog in deur bevogtiger oor die hele lyf aan te wend en liggies in te vryf. Lees meer oor die versorging van droë vel op jou lyf hier.
  4. Gebruik produkte wat vir spesifieke dele, soos voete en hande, geskik is. Lees hier hoe om jou hande en voete te versorg.
  5. Wend soggens ’n sonskerm aan met ’n SPF-faktor van minstens 15 aan, en onthou om dit deur die dag weer aan te wend.
  6. Bevogtig jou lippe. Kry nuttige wenke vir lipsorg hier.

Onthou die volgende velsorgwenke om jou roetine van vyf stappe selfs doeltreffender te maak:

  • Wanneer jy was, spoel jou lyfseep deeglik af, maar moenie die vel vryf nie.
  • Druk droog met ’n skoon handdoek tot net klam.
  • Wees geduldig met jou roetine. Dis dalk die aangewese tyd vir podsendings of oudioboeke.
  • Skilfer net een keer per week af, of soos jou dermatoloog aanbeveel.

NB! Babas en jong kinders met ekseem (atopiese dermatitis) het spesifieke velsorgprodukte vir daaglikse gebruik nodig. Maak altyd seker van die ouderdomsaanbeveling wanneer jy enige velsorgproduk kies. 

long black haired woman smiling close-up photography

Photo by Lesly Juarez on Unsplash

Photo by Lesly Juarez on Unsplash

woman in white shirt covering her face with her hand

Photo by Tora Chu on Unsplash

Photo by Tora Chu on Unsplash

Ons reinig om vuilheid, sweet en bakterieë te verwyder, onaangename liggaamsreuke te voorkom en jou vel skoon en gesond te hou. Stort of bad laat ons verfris, verkwik en ontspanne voel. Maar vanweë ons aktiewe leefstyle en sterk bewustheid van higiëne bad baie mense te veel, wat nadelig is vir jou vel. Indien jy ’n sensitiewe vel het, moet jy bedag wees op hoe jy jou vel reinig. 

Reinig ’n droë vel só

Hier is 10 reinigingswenke vir ’n droë vel:

  1. Installeer ’n waterfilter in jou stort- of badkrane indien jy in ’n gebied met harde water (hoë inhoud van minerale soos kalsium en magnesium) woon. Jy kan dit sien in die krytagtige kalkaanslag in jou ketel en stortkop, en of water wat op glase droog word, merke laat. Harde water stroop olie van die vel en laat seepoorblyfsels agter, wat porieë kan verstop.
  2. Kies produkte vir bad en stort versigtig (lees hieronder meer oor die keuse van geskikte reinigers). Dit moet vry wees van preserveer- en reukmiddels, soos Eucerin UreaRepair PLUS 5% Urea Replenishing Body Wash. Kitswenk: Steek ’n kers aan of smelt was indien jy van lekkerruik vertroeteling in die bad hou.
  3. Hou stort- en badwater louwarm – sowat 37 grade C (dieselfde as jou liggaamstemperatuur). Warm water stroop die olies van jou vel. 
  4. Maak jou hele lyf vinnig nat om enige vuilheid sag te maak en lyfseep maklik oor jou vel te versprei. 
  5. Wend lyfseep met ’n skoon waslap (daagliks gewas en vervang) op een area op ’n slag aan, of gebruik net jou hande (die natuurlike riwwe op jou hande is verbasend doeltreffend en word aanbeveel vir mense met ekseem). Vermy my borsels en loefas wat in die badkamer hang en bakterieë uitbroei.
  6. Was die dele waar bakterieë voorkom een vir een, van kop tot tone: jou armholtes, onder die borste, naeltjie, dele met huidvoue, lieste, dye, boude en voete. Masseer die lyfseep liggies in en spoel deeglik af. Moenie seep op die lyf agterlaat nie.
  7. Stort en bad vinnig – minder as 10 minute. Water het dalk ’n neutrale PH-balans van 7, maar die vel is eintlik asidies met ’n ideale PH-balans van sowat 4,7. Dus stroop water alleen die vel van die olies wat die liggaam nodig het.
  8. Druk die vel eerder droog sodat dit ’n bietjie vog behou as om dit met jou handdoek af te vee.
  9. Wend enige gespesialiseerde velbehandelings aan.
  10. Bevogtig goed – binne 3 minute nadat jy klaar afgespoel het – om vog binne te hou. Olierige produkte is baie doeltreffend wanneer dit op ’n klam vel aangewend word.  Lees hier meer oor behandelings vir ’n droë vel.

Is jou reiniger geskik vir jou vel?
Beantwoord hierdie vyf vrae:

  1. Is dit geskik vir my bepaalde veltipe en probleme?
  2. Sal dit strelend wees op my vel en dit nie uitdroog nie?
  3. Stem die PH-balans ooreen met dié van ’n gesonde vel? Gewone seep s’n is sowat 10 en ’n gesonde vel s’n sowat 4,7.
  4. Bevat dit komponente wat lipiede aanvul?
  5. Is dit klinies getoets?

long black haired woman smiling close-up photography

Photo by Lesly Juarez on Unsplash

Photo by Lesly Juarez on Unsplash

Die Eucerin-oplossing: reinigig

Indien jy ’n stryd voer teen ’n droë vel, ongeag wat die oorsaak is, insluitende ekseem en psoriase, kan UreaRepair PLUS 5% Urea Replenishing Body Wash op al vyf vrae ja antwoord. Hierdie sagwerkende, doeltreffende reiniger vir die hele lyf is vry van seep en reukmiddels en bevat urea vir ’n sagte afskilfering, asook lipied om NMF’s soos natriumlaktaat aan te vul om vog na die opperhuid te bring. Eucerin se reeks reinigers en velsorgprodukte is klinies en dermatologies beproef om onmiddellike verligting van droogheid en jeukerigheid te bied en die simptome van ’n droë vel vir 48 uur hok te slaan.

Ná reiniging is bevogtiging die volgende belangrike stap om die balans in jou droë vel te herstel. Gereelde bevogtiging nadat jy gebad of gestort het, verhoog die voginhoud in jou vel, beskerm dit en bevorder die verwydering van dooie huidselle en laat dit glad, sag en gemaklik voel. Maar die velstruktuur verskil effens na gelang van watter deel van die lyf dit is. Verskillende dele van die liggaam word aan verskillende omgewings en prosesse blootgestel. Sommige dele van die liggaam, soos hande, voete en lippe vind baat by spesifieke sorg en geskikte produkte benewens die produkte wat vir die res van die lyf gebruik word. 

Bevogtiging van skurwe, droë vel op die lyf

Die hooffunksie van bevogtigers is om die vogbalans in die boonste huidlae te herstel, jeukerigheid te verlig en ’n sagte, soepel glans aan droë vel te gee. Soek na velsorgprodukte wat kragtige, aktiewe bestanddele,  soos urea, laktaat, seramied-3 en gluko-gliserol in Eucerin UreaRepair PLUS 10% Urea Lotion.

  • Urea en laktaat trek vog na en verbind dit in die opperhuid. Produkte behoort gewoonlik ’n konsentrasie van minstens 5% urea en NMF’s te hê. ’n Baie droë vel wat skurf geraak en gebars het, benodig egter ’n hoër konsentrasie van sowat 10% urea.
  • Waarskuwing: Moenie Eucerin UreaRepair PLUS 10% Urea op gebarste vel of of oop skraapmerke gebruik nie. Laat die barsies eers herstel. Gebruik Eucerin AquaPhor om die barsies te help herstel.
  • Seramied-3 help om die lipied-versperring te herstel, reguleer vogverlies deur verdamping vanaf die vel te vertraag. Die herstelde versperring op die vel kan irritasies beter bestry.
  • Gluko-gliserol. Die vogbalans in die boonste huidlae is afhanklik van die toevoer van vog vanuit die dieper lae. Gluko-gliserol stimuleer die vel se proteïene wat dien as kanale in die verplasing van water (akwaporiene) en help om die natuurlike opwaartse vloei van na die boonste huidlae vol te hou en die vogbalans te herstel.

Professor Ncoza Dlova, ’n dermatoloog en hoof van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Skool vir Kliniese Medisyne, verduidelik waarom urea so belangrik is in moderne dermatologiese behandelings vir ’n droë, jeukerige vel: “Urea word aansienlik verminder in ’n droë vel, dus bevorder die aanvulling van urea die vermoë om vog te verbind en herstel die vel se tekort aan vog. Urea is in dermatologie gevestig as een van die goue standaarde in die behande-ling van ’n droë en baie droë vel vanweë sy kragtige bevogtigingsuitwerking. Dit beteken urea hou jou vel vogtig der water uit die dieper huidlae en die lug te onttrek.”

image

Photo by geissht on Unsplash

Photo by geissht on Unsplash

image

Photo by geissht on Unsplash

Photo by geissht on Unsplash

Alles oor voete

Die daaglikse lewe hou ons op ons tone, maar ons arme voete staan dikwels laaste in die ry in die versorging van ons liggaam. Indien die vel op jou voete so droog is dat jy ’n vuur kan aansteek wanneer jy hulle saamvryf onder die lakens, is dit tyd vir ’n bietjie vertroeteling. Die goeie nuus is jy kan alles behandel, van growwe, droë vel tot eelte en verdikte hakke. Jy sou gou gereed wees om jou beste voet voor te sit in jou mooiste stiletto’s en sandale.

Verstaan jou voete se vel

Die vel op jou voetsole het ontwikkel om natuurlik dikker en harder te wees as vel op die res van die lyf, aangesien selle vinniger verdeel weens die intense druk en wrywing. Dit is ook vatbaar vir droogheid en het minder oliekliere. En die daaglikse stremmers – soos beperkende skoene – wat ons dra, kan dit verder uitdroog, veral op die hakke. 

Hande in die lug

Jou hande doen alles. Die vel moet als weerstaan, van groot temperatuurverskille tot sterk chemikalieë in ontsmettingsmiddels vir hande, opwasmiddels, verf en boumateriaal en herhaaldelike reiniging. Hulle moet ook wrywing weerstaan van dinge wat aan hulle trek insluitende die opgewonde hond aan ’n leiband.

Verstaan die vel op jou hande

Die vel op die rugkant van hand is dun, fyn en buigsaam, maar toon gou droogheid en veroudering. Dit moet elasties bly oor die kneukels aangesien ons ons hande vir alles gebruik, maar tog sterk omdat dit dikwels die liggaamssdeel is wat teen goed stamp of skraap. Die dikker, meer stabiele vel op die handpalms, onderkant van die vingers en vingerpunte moet sterk genoeg wees om ’n tou te trek en ’n naald deur materiaal te steek,  maar sensitief genoeg op die punte om goed op te tel wat die helfte so dik soos ’n haar is. Droogheid is ’n probleem vir al hierdie takel.

white cotton buds on white surface

Photo by Kelsey Curtis on Unsplash

Photo by Kelsey Curtis on Unsplash

white cotton buds on white surface

Photo by Kelsey Curtis on Unsplash

Photo by Kelsey Curtis on Unsplash

Die Eucerin-oplossing: Hande en voete

Hande

Hande se stabiele versperringsfunksie is belangrik om die liggaam teen eksterne faktore te beskerm terwyl dit vogtig gehou word. UreaRepair PLUS 5% Urea Hand Cream is sag genoeg om dit soveel soos nodig aan te wend, insluitend elke keer nadag die hande gewas of ontsmet is. Indien jou hande in ’n growwe toestand is, sal UreaRepair PLUS 5% Urea Hand Cream jou onmiddellike verligting bied en jou hande vir tot 48 uur teen verdere droogheid beskem. Aktiewe bestanddele van ’n goue standaard, soos urea, seramied en ander NMF’s verskaf vog en herstel die vel se natuurlike beskermingsversperring om verdere vogverlies te voorkom.

Die meeste mense sukkel in ’n stadium met droë, gebarste lippe, veral in die winter. En moenie vergeet van die fyn, rou barsies in jou mondhoeke nie – elke slukkie en happie sal jou daaraan herinner. Ek wie wil soene hê wanneer jou lippe soos ’n bakkie graanvlokkies voel? 

Algemene probleme met droë lippe

Droë, gebarste lippe: Droë lippe voel styf en ongemaklik. Namate hulle verder uitdroog, bars hulle en is pynlik.

Cheilitis: Dis die term vir inflammasie van een of albei lippe, tesame met inflammasie van die vel rondom die lippe (periorale dermatitis). Buiten ekseem kan cheilitis veroorsaak word deur weerstoestande, allergiese reaksies of as ’n newe-effek by sekere medisyne. 

Lip-lek-ekseem: Lek jy jou droë lippe waarna hulle nóg droër? By sommige mense raak die lekkery ’n gewoonte en kan ’n soort ontsteking meebring, genaamd lip-lek-ekseem of irriterende kontak-cheilitis.

Vier oorsake van droë lippe

Daar is vier hoofoorsake en snellers vir droë lippe: veltipe en toestand, lippe se velstruktuur, die omgewing en sekere medisyne. 

1. Veltipe en toestand: Soos sommige mense meer geneig is tot ’n droë vel as ander, is sommige mense ook meer geneig tot droë lippe. Mense met veltoestande soos ekseem, is meer geneig tot droë, gebarste lippe. 

2. Lippe se velstruktuur: Die lippe se vel is dunner en het minder melanosiete – die selle wat velpigmentasie vervaardig en onderhou – as elders op die liggaam. Hierdie selle beskerm lippe teen die son, en ’n gebrek aan melanosiete maak die lippe meer sensitief vir die omgewing. Lippe het ook nie sweet- of oliekliere nie wat dit vir die vel moeiliker maak om die nodige vog te kry en behou. Namate ons ouer word, is die lippe se vel meer geneig tot droogheid.

3. Die omgewing: Veranderings in die klimaat en weerstoestande is groot snellers vir droë, gebarste lippe. Tydens die warm droë somermaande kan die son en lugversorging lippe laat uitdroog. En in die winter versnel koue buitelugtemperature, ysige winde, en binneshuise verhitting vogverlies. 

4. Medikasie: Mense wat topikale retinoïede, soos tretinoïen of adapalene aanwend, of orale isotretinoïen as behandeling vir aknee inneem, sukkel dikwels met droë lippe.

Vyf topwenke vir soenbare lippe

Voorkoming is altyd beter as genesing! Volg hierdie topwenke om te glimlag sonder om jou lippe te laat bars: 

  1. Drink baie water om gehidreerd te bly.
  2. Eet gebalanseerd (lae vlakke van vitamien B en yster kan lei tot barsies in die mondhoeke).
  3. Vermy die lek van lippe uit gewoonte.
  4. Wend ’n bevogtigende lipbalsem ten minste twee keer per dag aan of soos nodig.
  5. Bedek jou lippe so veel moontlik in koue, winderige toestande.
persons lips with red lipstick

Photo by Nsey Benajah on Unsplash

Photo by Nsey Benajah on Unsplash

persons lips with red lipstick

Photo by Nsey Benajah on Unsplash

Photo by Nsey Benajah on Unsplash

Die Eucerin-oplossing: Lippe

Benewens daaglikse voorkomende versorging, sal jy ’n bevogtigende lipbalsem wat klinies en dermatologies beproef is en wat geskik is vir jou veltipe en besondere behoeftes, nodig hê wanneer jou lippe droog of gebars is om die ongemak te verlig en jou lippe te beskerm. Eucerin Intensive Lip Balm bied onmiddellike verligting en bevogtig nie net jou lippe nie, maar ook die vel rondom jou mond waarheen barsies en sensitiwiteit vanaf jou lippe kan versprei. Dit word met ’ soen verseël danksy

  • Licochalcone A, wat rooiheid en irritasie verlig;
  • Aandblomolie (Evening primrose-oil), wat die lippe se natuurlike beskermingsversperring help herstel;
  • Pantenol, wat bevogtig en herstel bevorder; en
  • Gliserol, wat intensief bevogtig en die lippe sag en glad laat voel.

Benewens jou prokukte en velsorgroetine is hier nóg vyf dinge wat jy daagliks kan doen jou droë vel te versorg (en waarom dit help):

1. Beskerm teen blootstelling aan die son: Ná reiniging en bevogtiging is beskerming teen die son ons volgende kwelling. ’n Bietjie  sonlig kan jou bui goed doen en beperkte blootstelling aan die son is belangrik vir die liggaam se produksie van vitamien D, wat noodsaaklik is vir beenmineralisering, spier- en senufunksie ondersteuning van die immuunstelsel. Maar te veel blootstelling is uiters skakelik vir die vel, en veral droë ve. Die UV-lig versnel velveroudering wat die risiko van droogheid verhoog. Hier is ’n paar wenke vir pret in die son:

  • Wend sonbeskerming soggens ná jou gewone vogroom aan.
  • Wend dit gereeld aan om die vlak beskerming te onderhou en sonbrand te vermy.
  • Verminder blootstelling aan die son deur beskermende klere te dra.
  • Gebruik sonskerm-produkte wat spesifiek vir ’n droë vel ontwikkel is, soos produkte wat nie parfuum en kleurmiddels bevat nie omdat die droë vel vatbaar is vir irritasie. Die Eucerin Sun Protection-reeks sluit produkte is wat vir enigiemand geskik is, van babas en kinders tot mense met ’n vel wat geneig is tot allergiese reaksies, sensitiewe vel, droë vel, verouderende, vel en selfs mense wat produkte gebruik om olie te beheer.

2. Moenie krap nie: Die onmiddellike verligting is nie die pyn werd! Krappery vererger die skade aan die aangetaste veloppervlak en kan selfs lei tot bloeding, kwesbaarheid, ontsteking en littekens. Hou eerder yspakke in lap toegedraai teen die vel om die area te verdoof as om te krap, probeer akudrukpunte of wend ’n dik bevogtiger met seramied aan. Raadpleeg jou dokter vir meer wenke, insluitend hoe om ’n krappery in jou slaap te vermy.

3. Vermy reukmiddels: Raak ontslae van geparfumeerde bad- en lyfsorgprodukte en vervang wasgoed- en opwasseep, en huishoudelike skoonmaakmiddels met produkte wat geskik is vir ’n sensitiewe vel. En dra handskoene wanneer jy huiswerk doen wat harde chemikalieë insluit.

4. Gebruik ’n lugbevogtiger: Dit is baie nuttig in droër klimate, veral in die winter. Plaas ’n lugbevogtiger op plekke waar jy die meeste tyd deurbring, insluitende jou slaapkamer en kantoor. 

5. Kies natuurlike materiale: Dra klere wat gemaak is van natuurlike materiale, soos katoen en wat nie die vel irriteer nie. Hoewel wol natuurlik is, kan dit die vel irriteer en behoort vermy te word.

white cotton buds on white surface

Photo by Kelsey Curtis on Unsplash

Photo by Kelsey Curtis on Unsplash

white cotton buds on white surface

Photo by Kelsey Curtis on Unsplash

Photo by Kelsey Curtis on Unsplash