Lugbraaiers is al waaroor mense deesdae praat – as jy nie een het nie, dink weer!
By Cash Converters sal jy ’n verskeidenheid lugbraaiers vind in verskillende modelle, make en groottes. Maak seker jy weet wat die beste werk vir jou huishouding, en besoek dan jou naaste Cash Converters winkel om te kyk wat jy kan kry teen ’n prys wat jou sal glimlag. Probeer dan dié lekker resepte vir ’n selfs groter glimlag! Dis maklik, smaaklik en (in sommige gevalle) gesonder.
Brosgebraaide gnocchi
’n Anderster weergawe van Sondag se rooster-aartappels.
Genoeg vir 6
500g-pakkie aartappel-gnocchi
250g-pakkie grofgekapte spek
12 vars salieblare
60ml kanola-olie
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit lugbraaier tot 200°C op lugbraai funksie. Plaas gnocchi, spek en salie in lugbraaiermandjie; verwyder die los rakkie onderin as jou lugbraaier een het. Sprinkel olie oor en meng sodat gnocchi oraloor bedek is. Geur met sout en peper.Lugbraai 22 minute; meng gnocchi halfpad deur die braaityd. Lugbraai vir nog 5-8 minute of tot spek bros en gnocchi goudbruin is. Dreineer op kombuispapier. Geur goed met sout en peper en sit warm voor.
Dáái Sondaghoender
As jy eers eenmaal goeie heel hoender met bruinsous op jou Sondagtafel gehad het, word hierdie resep jou beste vriend!
Genoeg vir 4-6
15ml olyfolie
5ml gerookte paprika
5ml knoffelpoeier
5ml swartpeper
5ml droë tiemie
1 heel hoender
1ui, in skywe gesny
1 knoffelknol, dwarsweg in die helfte gesny
500ml hoenderaftreksel
30ml koekmeel
45ml water
Verhit lugbraaier tot 180°C op lugbraaifunksie. Mengolyfolie, paprika, knoffelpoeier, peper en tiemie. Smeer oor die hele hoender met jou vingerpunte. Pak uie en knoffelhelftes onderin lugbraaiermandjie en plaas hoender bo-op met borskant na onder. Giet aftreksel in lugbraaier. Lugbraai 30 minute. Maak mandjie oop, draai hoender omsodat borskant na bo wys en lugbraai nog 20 minute. Maak mandjie oop, haal hoender uit en hou eenkant. Meng meel en water tot glad. Voeg die mengsel by vloeistof in lugbraaier en meng goed. Lugbraai 10 minute. Maak oop en roer tot gladde sous vorm. Sit hoender voor met sous.
Sjokoladesplinter koekies
Wie kan nou nee sê vir tuisgebakte koekies en warm melk?
Genoeg vir 20-24
175 g (190 ml) sagte botter
200 g (250 ml) witsuiker
65 g (80 ml) bruinsuiker
2 groot eiers
5 ml vanieljegeursel
280 g (500 ml) koekmeel
2,5 ml koeksoda
500 ml sjokoladesplinters
Klop botter, beide soorte suiker, eiers en vanieljegeursel tot lig en romerig. Voeg die res van die bestanddele by en meng tot ’n sagte koekiedeeg. Verhit lugbraaier tot 180˚C op lugbraai funksie. Sny velle bakpapier so groot soos jou lugbraaiermandjie. Gebruik ’n 60 ml-maatkoppie om ewe groot porsies van die deeg te skep en rol elkeen in ’n bal. Plaas balle sowat 2 cm uitmekaar in mandjie. Lugbraai 8 minute of tot goudbruin. Laat koekies 2 minute in lugbraaier afkoel; haal dan uit en laat verder op ’n draadrak afkoel. Herhaal met die res van die deeg.
