Jet Home verstaan jou liefde vir alles wat luuks en knus is – en boonop teen die perfekte prys. Jou huis is ’n plek van geluk, maak dit dus stylvol en rig jou ruimte in met hierdie uitgesoekte stukke.

Donsdekens, dekens en aksentkussings is soos juweliersware vir jou bed – versier die bed dus met kleur, tekstuur en ’n tikkie luukse. Klink ’n glasie op ’n bekostigbare droomhuis!

Mikrovesel-moethêlinne

Sagvoelend, kreukeltraag en word vinnig droog


Polikatoen

Haal asem, kreukeltraag en duursaam


Linnegroottes

Jy’s een treetjie nader aan die slaapkamer van jou drome. Volg net ons riglyne vir linnegroottes hieronder:

• Enkel: W130 x L200

• ¾: W150 x L200

• Dubbel: W200 x L200

• Koningin: W230 x L200

• Koning: W230 x L200

Al ons vulstof is plaaslik van herwinde bottels gemaak. Vir die vulstof van elke kussing herwin ons 25 500 ml-plastiekbottels uit die omgewing en vir elke dubbel-vulstof is dit 36 500 ml-bottels.


Ken jou vulstof

Balvesel: Buitengewoon sag en pof vinnig terug – gemaak van herwinde materiaal, sagvoelende oortreksel, antibakteries en nie-allergenies. Masjienwasbaar.

Hol vesel: Uitstekende waarde vir geld, gemaak van herwinde materiaal, liggewig, haal asem, sagvoelende oortreksel, antibakteries en nie-allergenies. Masjienwasbaar.

Latex: Bied buitengewone ondersteuning en gemak, pof buitengewoon mooi terug – antibakteries en hipo-allergenies.

Hierdie oulike duvets sorg vir ’n spatsel pret waaroor kinders gek sal wees. Dis skielik baie koeler (en meer knus) om in jou eie bed te slaap.

Koop handdoeke vir elke gebruik en begroting – met handdoekreekse wat hoë gehalte, bekostigbare luukse en duursaamheid kombineer.