Somervakansies is dikwels die tyd wat ons nuwe stokperdjies toets of ons bestaandes uitbrei. As fotografie jou passie is, gaan jy breed glimlag oor wat by Cash Converters beskikbaar is.
Die somervakansie is jou tyd. Maak hierdie een die beste ooit met ’n stel fotografietoerusting wat nie jou beursie plat laat nie, maar almal se oë sal laat rek. Neem selfs meer asemrowende foto’s en probeer nuwe tegnieke met ’n kamerastel wat buigsaamheid en hoë kwaliteit bied - en boonop al jou herinneringe vasvang. By Cash Converters help ons ook selfoonfotograwe en amateur-rolprentmakers. Hier is al die moet-hê-toerusting wat jy kan kry.
Kameras
Of jy nou op soek is na iets kompaks, ’n ouskoolse DSLR of ’n videokamera om tuisflieks te maak, jy sal die interessantste, bruikbare toerusting by Cash Converters ontdek. Wees ook op die uitkyk vir GoPro-kameras, kwaliteit-kameras om aksieskote en video’s vas te vang, bo én onder die water.
Lense en filters
Van DSLR-lense in hoëgehalte-handelsmerke soos Canon en Nikon, is daar ook opsies wat jy vir selfone kan verken: visooglense en panoramiese skote. As jy met 'n DSLR kamera werk, oorweeg makrolense vir nabyfoto’s soos insekte en blomme, en lang lense vir nabyskote van wilde diere. Panoramiese lense is wonderlik as jy landskappe wil vasvang, terwyl filters jou help om in verskillende beligtingstoestande te kan foto’s neem en atmosfeer aan jou foto’s te gee.
Bykomstighede
Sommige is opsioneel, ander is lekker om te hê. Vir ’n ateljeefotograaf is goeie beligting (’n flits en ekstra ligte) en reflektors byvoorbeeld noodsaaklik. Diegene wat nagskote wil neem, kan dit nie sonder ’n driepoot doen nie. Ander bykomstighede wat ’n groot impak op jou fotografie kan maak, sluit in hommeltuie, vir interessante lugfoto’s en video’s, sowel as bergingsoplossings soos SD-kaarte en eksterne hardeskywe.
Maak dit ’n Desember van kreatiwiteit, opwinding en nuwe herinneringe! Gaan besoek jou naaste Cash Converters-winkel: Make Life Happen.
