Ons gebruik almal ons slimfone vir daaglikse foto’s,
maar weet jy regtig hoe om die beste daarvan te maak?

Hoewel slimfoonkameras ongelooflik kragtig is, benut baie mense nie hul potensiaal ten volle nie. Met net ’n paar wenke en truuks kan jy die kwaliteit van jou foto’s aansienlik verbeter. Hier is hoe om die beste resultate uit jou foon se kamera te kry.

1. Maak jou lens skoon
Dit is een van die eenvoudigste wenke, maar word dikwels oor die hoof gesien. Foonlense word maklik besmeer met vingerafdrukke, vuilheid of stof. Voordat jy ’n foto neem, vee die lens met ’n skoon, sagte lap af. Of as jy probeer fokus en jou foon sukkel en dit lyk of alles in die prentjie bietjie mistig is, is dit waarskynlik die lens. ’n Skoon lens sal skerper beelde en helderder kleure lewer, wat verseker dat jou foto’s van die begin af meer professioneel lyk.

2. Raak aan die skerm om te fokus en self die beligting te verstel
Die meeste foonkameras is toegerus met outofokus, maar deur aan die skerm te raak waar die foto se onderwerp is voordat jy ’n foto neem, verseker dat dit die hooffokus is. Op die meeste fone gee ’n tikkie op die skerm jou ook beheer oor beligting, sodat jy die helderheid kan aanpas deur op of af te gly. Dis veral nuttig wanneer jy foto’s neem in moeilike beligtingstoestande, soos helder sonlig of dowwe binnenshuise omgewings.

3. Gebruik natuurlike lig tot jou voordeel
Goeie beligting is noodsaaklik vir goeie fotografie. Waar moontlik, gebruik natuurlike lig in plaas van jou foon se flits, wat dikwels tot skerp skaduwees of ’n onvleiende plat voorkoms kan lei. Plaas jou onderwerp naby vensters of gaan buite toe vir die beste beligting. As jy buite is, bied vroegoggend of laatmiddag (bekend as die “goue uur”) sagte, warm lig wat foto’s pragtig laat lyk.

4. Speel met komposisie
Om eenvoudige komposisiereëls te volg, kan jou foto’s onmiddellik verbeter. Een van die effektiefste is die “reël van derdes”. Baie foonkameras bied ’n opsie vir ’n roosterpatroon (grid overlay) – gebruik dit om jou onderwerp buite die middel te plaas op een van die kruisings van die roosterlyne. Dit skep ’n meer visueel aantreklike beeld. Eksperimenteer ook met verskillende hoeke; hurk of skiet van bo af om die interessantste perspektief te vind.

5. Redigeer, maar moenie dit oordoen nie
Foonkameras kom nou met ingeboude redigeerhulp, en daar is baie derdeparty-apps beskikbaar vir meer gevorderde redigering. Die aanpassing van helderheid, kontras en kleurintensiteit kan jou foto’s verbeter, maar wees versigtig om dit nie te oordoen nie. Subtiele wysigings sal jou foto’s natuurlik laat lyk terwyl dit die algehele voorkoms en gevoel verbeter. Oorredigering, aan die ander kant, is sigbaar en kan foto’s stylloos laat lyk.

6. Kry die beste foon vir fotografie
As fotografie vir jou belangrik is, doen navorsing oor foonkameras voordat jy jou foon opgradeer. Samsung, Apple en Huawei het almal wonderlike kamera-opsies in hul foonmodelle, maar elke handelsmerk het sy eie voor- en nadele. Sodra jy weet wat jy wil hê, besoek jou naaste Cash Converters-winkel. Hier sal jy ’n reeks topgehalte-fone kry, wat jou die geleentheid bied om vir minder op te gradeer – en herinneringe mooier te verewig.

7. Vir die professioneles: Koop ’n kamera!
Laastens, as jy foto’s met jou foon neem, moet jy weet dat daar sekere perke aan hierdie kameras is. As jy wil eksperimenteer met hoëgehalte-portrette, groot landskappe in uitdagende beligting (soos skemer, of sterrekyk) en redigering in rou formaat, dan is ’n kamera die antwoord. Lees meer daaroor hier:

Cash Converters het ’n wye reeks kameras en bykomstighede vir minder, sodat jy met lense, verskillende groottes kameras, en meer kan eksperimenteer. Lekker kiek!