Van afstandonderrig tot gesinsvermaak, maak
seker wanneer jy jou toestelle opgradeer dat jy
die regte een kies vir die familielid wat dit nodig het.

Maak nie saak wie jy is nie, elke lid van jou gesin kan baat vind by ’n toestel wat in hul spesifieke behoeftes voorsien. Of dit nou ’n kleuter is wat opvoedkundige video’s kyk, ’n  tiener wat vir die eksamen voorberei, of grootouers wat met geliefdes in kontak bly, die regte tegnologie kan die daaglikse lewe makliker en meer genotvol maak. Die keuse van die perfekte skootrekenaars, fone en tablette kan elke gesinslid help floreer. Hier is ’n gids om die beste toestelle vir elke generasie in jou huishouding te kies.

Kleuters: Veilige, opvoedkundige pret
Vir kleuters is ’n stewige tablet wat met ouerkontroles toegerus is ideaal. Baie tablette kom met kindervriendelike apps, ouerkontroles en beskermende omhulsels. Hierdie toestelle laat kleuters toe om opvoedkundige inhoud, interaktiewe speletjies en animasiereekse te geniet, terwyl dit ouers gemoedsrus gee dat die inhoud ouderdomsgepas is.

Tweens: Kreatiwiteit en leer
Tweens (pre-tieners) word meer onafhanklik en kan tegnologie gebruik vir skoolwerk, speletjies of om kreatiewe stokperdjies soos teken of kodering te verken. Oorweeg ’n  tablet met ’n stilus vir hierdie ouderdomsgroep. Dit verbreed hul keuses vir sowel opvoedkundige apps as vermaaklikheidsopsies. Dis ook ’n fantastiese hulpmiddel om te skets of aantekeninge te maak.

Tieners: Produktiwiteit en konnektiwiteit
Vir tieners is ’n toestel wat skoolwerk, sosiale media en rekenaarspeletjies moontlik maak, belangrik. ’n Skootrekenaar teen ’n middel-van-die-reeks prys bied die kapasiteit wat hulle nodig het om te studeer, aan projekte saam te werk en om vermaak te stroom. Koppel dit met ’n slimfoon wat goeie kameragehalte en uitstekende batterylewe het, en hulle is 100% gereed om gekonnekteer te bly en herinneringe vas te vang.

Studente: Balans tussen studies en sosiale lewe
Universiteitstudente kort ’n kragtige en draagbare skootrekenaar vir studiesessies, voorleggings en vermaak. ’n MacBook Air of Microsoft Surface-skootrekenaar is ’n  uitstekende keuse, wat die perfekte kombinasie van werkverrigting en mobiliteit bied. Hierdie toestelle kan gewigtige sagteware vir ontwerp of navorsing hanteer, en hul lang batterylewe verseker dat studente die hele dag produktief bly.

Ouers: Bestuur werk- en gesinslewe
Ouers balanseer dikwels verskeie verantwoordelikhede, so ’n veelsydige skootrekenaar soos die HP Pavilion of Dell Inspiron is perfek vir die bestuur van werk, gesinskedules en huishoudelike take. ’n Slimfoon is ’n moet – dit kan werkoproepe, gesinsgespreksgroepe en eindelose foto’s van die kinders hanteer terwyl dit betroubare werkverrigting en veiligheidskenmerke bied.

Grootouers: Bly maklik in verbinding
Oupas en oumas kan groot voordeel trek uit eenvoudige toestelle wat maklik is om te gebruik, afhangende van hul vermoëns en ouderdom. ’n Basiese tablet of slimfoon wat maklik is om te navigeer, bied die funksies wat hulle nodig het vir video-oproepe met die familie, om op die internet rond te snuffel of foto’s te geniet. Hierdie toestelle is ideaal om in kontak te bly, sonder oorbodige funksies.

Die keuse van die regte toestelle kan daaglikse take vergemaklik, almal in verbinding hou en vermaak vir die hele gesin verskaf. By Cash Converters sal jy ’n wye reeks bekostigbare, praktiese opsies kry om gesinslede te verras of hul toestelle op te gradeer, wat wissel van selfone tot tablette en skootrekenaars in ’n verskeidenheid modelle, asook hul bykomstighede. Besoek jou naaste Cash Converters vandag om te sien wat jy kan kry.