Blomme
Jou gids vir ’n toer deur Suid-Afrika
se vyf blomstreke
Die blomme kom, ja – maar wanneer?
Die reën was later as verlede jaar, maar meer as voldoende vir ’n uitstekende blomjaar, meen kenners uit al vyf blomstreke. Hulle gee wenke oor wanneer om die beste blomme in hul streke te sien.
Warm, droë somers en goeie winterreën is die wenresep vir veldblomme, meen Christel Marais van Swartland Toerisme.
“En dit het ons beslis gehad! Ek voorspel dus ’n baie goeie veldblommeseisoen.”
Dit is die boodskap uit die ander blomstreke ook.
Hester Havenga het die foto geneem in die Tankwa-Karoo, naby die Tankwa Nasionale Park.
Hester Havenga het die foto geneem in die Tankwa-Karoo, naby die Tankwa Nasionale Park.
Hele streek
Namakwa-blommekamp
Geen blommesafari is volledig sonder ’n besoek aan die Namakwa Nasionale Park in die Noord-Kaap nie – dit is immers een van die mees skouspelagtige blomkoninkryke ter wêreld.
Gee jou oor aan die betowerende wêreld van die Namakwa-blommekamp, ’n seisoenale, tydelike toevlugsoord, waar ikoniese veldblomlandskappe die rustige see ontmoet. Luukse suites bied ’n ongeëwenaarde uitsig oor die see.
Hierdie eiesoortige veldblom-en-see-safari-ekstravaganza is geldig van 11 Augustus tot 15 September teen vanaf R3839 per persoon wat deel, per nag. Die tarief sluit in verblyf in een van 15 luukse en suite-kothuistente, elk met ’n uitsig oor die see, elektriese komberse, en warm storte. Dit sluit ook ontbyt, middagtee en ’n driegangaandete in. Daar is ’n kontantkroeg.
Vir meer inligting stuur e-pos aan info@experiences.co.za of bel of WhatsApp vir Charmane Johnston by 083 652 5489.
Swartland Toerisme
Die Swartland is sinoniem met son, sielerus, sirkelroetes, selfdoen en sommer baie blomme, naby aan die huis. Skaars 40 minute se ry vanuit Kaapstad, en die platteland sprei sy blomtapyt uit. Waar presies is die Swartland? Stel jou voor: Die Swartland-streek lê soos ’n lewensgordel om die Weskus-lyf en sluit die dorpe Yzerfontein, Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Koringberg en die Riebeekvallei in. Vir diegene wat as’t ware met Jan Tuisbly se karretjie wil gaan blomme kyk, is ’n sirkelroete via die R27 tot by Yzerfontein, die R315 na Darling, die R307 na Moorreesburg, die R311 na die Riebeekvallei en die R45 na Malmesbury, ’n gemaklike daguitstappie ver. Die N7 terug vanaf Malmesbury na Kaapstad is so goed soos om met ’n perd terug stalle toe te ry.
Swartland Wyn- en Olyfroete
Alombekend vir sy gehaltewyn- en olyfprodukte, is die Swartland deesdae ook ’n gewilde wyntoerismebestemming. Kom kuier hierdie lente in die karaktervolle dorpies, besoek die plaaslike proelokale en ervaar die warm gasvryheid van sy mense. Die streek is by uitstek bekend vir sy shiraz en chenin blanc-wyne.
Die golwende landskap van die Swartland is ’n lus vir die oog in Augustus en September met groen koringlande, afgewissel met geel canola, en wingerde wat uit hul wingerdslaap ontwaak.
Bergrivier
Bergrivier Toerisme
Ervaar hierdie blomseisoen die rustige skoonheid van die Bergrivierstreek, net 90 minute se ry vanaf Kaapstad. Geleë in die hartjie van die Weskus, is Bergrivier die ideale wegspringplek vir jou blomme-avontuur. Daar is pragtige veldblomme in elke rigting, met maklike toegang tot die noordelike Weskus en die suidelike kus se verborge juwele. Geniet die prentjiemooi landskappe, waar die velde in helder kleure blom. Of jy ’n natuurliefhebber of fotograaf is, of net op soek na ’n rustige wegbreek, Bergrivier bied jou ’n gemaklike tuiste. Geniet gesellige verblyf, wonderlike gasvryheid en die geleentheid om die streek te verken. Maak jou blomreis spesiaal deur in Bergrivier te bly, met die natuur net buite jou deur. Vir meer besoek bergriviertourism.co.za.
Cederberg
Piekenierskloof-bergoord
Dié oord is bo-op die Piekenierskloofpas geleë, met ’n uitsig oor Citrusdal en die Cederberg. Die Piekenierskloof-bergoord is modern toegerus en bied uitstekende konferensiegeriewe asook ’n verskeidenheid van verblyfopsies, van privaat hotelsuites tot selfsorg-chalets vir tot ses mense. Verwag ware plattelandse gasvryheid, liplekker-kookkuns by die Kloof-restaurant, en talle aktiwiteite om jou verblyf nóg lekkerder te maak. Vir die kinders is daar ’n klimraam, trampoliens en ’n reuse-skaakstel op die speelgrond. ’n Potspeltafel en tafeltennis in die speletjieskamer sorg ook vir heerlike gesinsvermaak. Volwassenes kan in die volledig toegeruste kroeg, binnenshuise verhitte swembad en privaat spa ontspan. Jou verblyf is die poort tot die Cederberg en omliggende blomstreke.
AfriCamps by de Pakhuys
Neem hierdie seisoen die alternatiewe blommekykroete deur die skilderagtige Pakhuispas in die noordelike Cederberge. Die de Pakhuys-gasteplaas is die tuiste van 10 ten volle toegeruste AfriCamps-boetiektente. Dit is hier, net 30 minute buite Clanwilliam, waar jou veldblomavontuur begin. AfriCamps by de Pakhuys spog met skouspelagtige blommeprag reg voor jou tent, maar jy kan ook die Agter-Pakhuis- en Biedouwvallei verken wat op jou drumpel lê. Om jou verblyf by de Pakhuys of enige van AfriCamps se 18 liggings in SA te bespreek, besoek africamps.com of stuur e-pos na hello@africamps.com.
Carmién-tee/De Tol
Skop jou blommekyk-reis af by De Tol Padstal, ook bekend as die poort na die rooibos-streek en die tuiste van die Carmién-teewinkel. Ervaar uitsonderlike tee, kos en Carmién-jenewer of -wynparings met jou eie tee. Probeer ook hul rooibos-vonkelystees en die nuutste rooibos-mengsels soos Gut, Brain en Boost. Bring die hele gesin vir lekker koffie, koel drankies, ligte etes en opwindende aktiwiteite vir kinders – troeteldiere is ook welkom!
Vind die De Tol Padstal bo-op die Piekenierskloofpas, op die N7 op pad na Citrusdal. Die Carmién-teereekse is ook beskikbaar in bekende kleinhandelaars soos Dis-Chem, asook op carmientea.co.za
The Baths
The Baths is ’n oord met ’n warmwaterbron op ’n sitrusplaas naby Citrusdal.
Die water kom uit 'n artesiese bron. Water wat in die Koue Bokkeveldberge versamel, sink deur die sandsteen tot dit 'n diepte bereik waar die omliggende aarde uiters warm is. Druk bou op en dwing die water onder die Olifantsrivier in en anderkant op, waar dit teen 43 ºC in die kloof opkom.
Verblyf is beskikbaar in chalets, woonstelle en karavaan- en kampeerplek. Die verskeidenheid verblyfopsies sluit in 16 chalets en 19 woonstelle met braaigeriewe. Al die chalets en sommige woonstelle het hul eie jacuzzi.
Besoek thebaths.co.za of stuur e-pos na reservations1@thebaths.co.za of reservations3@thebaths.co.za.
Clanwilliam-veldblomskou
Die Clanwilliam Veldblomskou, met die tema "Nostalgie", vind vanjaar plaas van 23 Augustus tot 3 September in die Blomkerk. Die welbekende landskapontwerper en wenner van verskeie toekennings vir landskapuitstallings wêreldwyd, Leon Kluge, sal die blomskou op 22 Augustus om 17:30 amptelik open.
In ag genome die tema word daar vanjaar erkenning gegee aan die blomskoue van toeka se dae en die vrywilligers wat die skou op die been gebring het, en daar word gekyk hoe die blomskou deur die jare ontwikkel en uitgebrei het. Foto's van die eerste blomskoue wat destyds gebou is en van blomskoue deur die jare, sal ook uitgestal word.
Die blomskou is oop op bogenoemde datums vanaf 08:30 tot 16:30 daagliks. Toegang beloop R80 per volwassene en R10 per kind.
Vir navrae oor verblyf, stuur 'n WhatsApp aan Kyla Smit by 074 775 0334. Vir navrae oor die blomskou, bel die voorsitter, Erna du Plessis, by 082 889 9555.
Vir algemene navrae, bel die Clanwilliam Toerismekantoor by 027 482 2024 of 078 766 0688.
Velskoendraai
Velskoendraai is ’n padstal met ’n verskil, want hier is hulle trots op die produkte wat plaaslik vervaardig en verbou word. Die tradisionele kos soos bobotie, afval en waterblommetjiebredie gaan jou laat verlang na kuiers in jou ouma se huis. Of dit nou vir ontbyt, teetyd of middagete is, Velskoendraai is die eerste stop in Clanwilliam, en sal nooit jou laaste stop wees nie.
Meer as 350 verskillende soorte rooibostee-produkte word hier verkoop. Bederf jouself met seep, room, sjampoe en vele ander rooibos-lyfprodukte. Geniet ook die gewilde rooibos-proe, waar jy meer kan leer van die geskiedenis en verbouing en hierdie besonderse uitvoerproduk.
Velskoendraai bied ’n groot verskeidenheid peuselhappies vir padkos en produkte soos konfyt, hekelwerk, leerprodukte, olyfolie, seep – ideale geskenke vir die familie tuis. Die wynwinkel bied ’n groot verskeidenheid plaaslike wyne, terwyl die ruim speelplek met sy springkasteel die kinders lank sal besig hou. Troeteldiere is ook welkom.
Vir meer inligting, skakel Louise Nortjé by
083 460 3773.
House of Rooibos
Besoekers aan Clanwilliam kan gerus gaan inloer by die pragtige House of Rooibos-inligtingsentrum by die Rooibos Country Club. Hier, in die hartjie van die rooibosbedryf, bied House of Rooibos insiggewende uitstallings, sowel as ’n oudiovisuele aanbieding van 10 minute oor die geskiedenis, produksieproses en gesondheidsvoordele van hierdie eg-Suid Afrikaanse drankie.
House of Rooibos het ook ’n winkel met ’n opwindende en innoverende reeks oorspronklike en gegeurde rooibostee, rooibosverwante kos en kosmetiese produkte, aandenkings en geskenkitems. Die voorraad word voortdurend aangevul.
Hulle bied ook ’n teeproe aan en daar het onlangs ’n spog-restaurant op die perseel oopgemaak, waar jy na hartelus kan smul aan lipleklekker geregte – waarvan verskeie ook rooibos bevat.
Maak dus ’n uitstappie daarvan en besoek House of Rooibos!
Vir meer inligting, skakel 066 115 7749, of stuur e-pos na sales@rooibosltd.co.za of amor@rooibosltd.co.za. Besoek ook houseofrooibos.info.
Rondeberg
Langs die N7, 20km noord van Clanwilliam, is die Rondeberg-vakansieoord op die Bulshoekdam. Dit is ’n oase vir natuur-, hengel- en watersportliefhebbers. Geen boot? Kom geniet die vlot, kajakke en trapbote te huur. Die goed ingerigte ontspanningsaal is ideaal vir jou volgende funksie of konferensie.
Met chalets vir twee tot agt mense, kliphuisies, privaat en algemene kampeerplek én ’n waterfronthuis is daar verblyf vir elke smaak. Van die eenhede het ook hul eie privaat warmbad.
Besoek rondeberg.com. vir meer inligting.
Lekker doendinge in Clanwilliam
Blomkykseisoen is een van die tye waarna plaaslikes van die Cederberge baie uitsien, want dis wanneer dit hier woel! Alicia Erasmus deel meer oor ’n paar interessanthede in die streek.
Daar is vele toeristetrekpleisters wat Clanwilliam een van die mees geskikte en sentrale oorstaanplekke gedurende blomtyd maak.
Die Ou Tronk-museum is beslis ’n besoek werd. Herschill Pieterse verwelkom besoekers hier met baie staaltjies en stories uit toeka se dae, soos byvoorbeeld die storie van die swart engel wat daar in die een hoek van die binnehof staan. Die storie het te doen met die bekende seun van Clanwilliam, C. Louis Leipoldt, se ma. Laat Herschill julle meer hieroor vertel.
Clanwilliam word beskou as die hoofstad van rooibos en die beste plekke om rooibostee te proe, is by die Velskoendraai-padstal en Thi-Art (gesetel in die House of Rooibos).
By Velskoendraai kan rooibos-entoesiaste meer as 100 soorte rooibos proe, maar blomkykers kan ook ’n lekker plaasontbyt geniet wat jou heeldag energie sal gee om blomme te kyk. Saans verander Velskoendraai egter in ’n gesellige restaurant waar blomkykers elke aand sal wil kom eet en plaaslike wyne proe. Dis die perfekte plek om jou padkos vir blommekyk aan te vul en ’n hekelwerkie, sepie of ander aandenking vir geliefdes te koop. Velskoendraai is onlangs deur die webtuiste Getaway aangewys as een van die top-padstalle in Kaapstad wat jy moet besoek.
Thi-Art is die nuutste toevoeging tot plekke om in Clanwilliam te besoek. Op koue dae brand die kaggel, die koffie is sterk en hul gebak is uit die boonste rakke.
As jy die plaaslewe wil beleef, is die rooibosplaas Skimmelberg ideaal. Hulle bied ook rooibostoere en -proeë op die plaas aan.
Die blommense van Clanwilliam is optimisties dat daar vanjaar weer mooi blomme gaan wees en sien uit daarna om jou te verwelkom!
Namaqua-Weskus
Namaqua-Weskus Toerisme
Die blomkykseisoen is ’n avontuur op sy eie. Die Namaqua-Weskus bied van heerlike Weskus-kos en -wyn tot asemrowende natuurskoon. Daar’s weliswaar iets vir almal! ’n Ontdekkingstog van buitelugaktiwiteite, eetplekke en besienswaardighede sal jou besoek onvergeetlik maak en oorreed om weer en weer terug te keer.
Verken die Olifantsrivier-riviermonding by Papendorp op ’n roeiplank, pak die Viswater-roete op jou bergfiets, of slaan voet tot by die Wandering Whale-labirint. Jy kan ook die versteekte paaie by Gifberg, Knersvlakte, Bossiesee en Hardeveld per voet, fiets of 4x4 gaan verspied.
Geniet ‘n unieke proe- en pas-ervaring al langs die die Weskus-wynroete, wat van Klawer tot Doringbaai strek.
Besoek visitnwc.com vir meer inligting.
Klawer-wynkelders
Klawer-wynkelders is die poort na die Olifantsriviervallei en bied ’n hartlike en vriendelike verwelkoming aan besoekers. Hul indrukwekkende fasade, net ’n klipgooi van die N7-roete, kan nie misgekyk word nie. Klawer is die ideale stop vir diegene wat Namakwaland in die blomseisoen besoek. Besoekers kan bekroonde wyne by die proelokaal koop en ’n wynproe geniet. Klawer-wyne bied ’n paar uitsonderlike plaaslike produkte om as geskenke huis toe te neem, of bloot net as ’n lieflike herinnering aan die Olifantsriviervallei. Klawer-wynkelders kan nie wag om jou te ontmoet nie!
Kontak 027 2161 530 om meer uit te vind of stuur e-pos na ontvangs@klawerwyn.co.za.
Besoek gerus ook klawerwine.co.za.
Lutzville Wingerde
Die Weskus sal áltyd skaamteloos betower. Hierdie sielsverrykende belewenis van die natuur word vermenigvuldig wanneer jy noordwaarts beweeg en die Namakwaland betree, waar die natuur elke jaar 'n skouspel van prentjiemooi blommeprag aanbied.
Waar veldblomme en die see ontmoet, sal jy Lutzville Wingerde langs die Olifantsrivier vind.
Dié kelder produseer jaarliks ’n kaleidoskoop van wyne, maar dit is veral hul kenmerkende sauvignon blanc wat by menige fynproewers ’n blywende indruk laat.
Die proelokaal en restaurant is beslis ʼn kuier werd wanneer jy kom blomme kyk. Verlustig jou hierdie jaar in die beeldskone blomseisoen van die Namaqua-Weskus en neem 'n deeltjie daarvan saam in die vorm van ’n bottel Lutzville-wyn.
Besoek lutzvillevineyards.com vir meer.
Namaqua Wines
Die Keldery-restaurant, ook die amptelike proelokaal van Namaqua Wines, is geleë in die hartjie van die Matzikama-streek. Kom geniet die magiese uitsig oor die Maskamberge deur die restaurant op die R363-pad buite Vredendal te besoek. Die Keldery is die ideale plek om jou droomtroue te hou of enige ander geleentheid aan te bied. Hulle is ook bekend vir hul heerlike tradisionele kos, wynproeë en -parings, sowel as wynaankope. Die kindergeriewe maak dit ideaal om saam met jou familie te besoek.
Vir meer inligting, besoek gerus diekeldery.com of skakel 027 213 3699.
Naries
Naries is ’n pragtige, romantiese wegbreek aan die punt van die Spektakelberg, tussen Springbok en Kleinzee.
Hier bied hulle jou ’n unieke ervaring in 'n asemrowende landskap.
Hulle is ook goed geleë indien jy die groter Namakwa-streek – van die Richtersveld in die noorde tot skeepswrakke in die weste – wil besoek gedurende blomtyd. Naries is in die hartjie van hierdie gebied.
Jy kan kies tussen drie verblyfopsies. Die Namakwa-bergsuites (op die foto hiernaas) is privaat, romanties, luuks en modern. Die Manor House bied vyf ruim klassieke en suite-kamers binne die ou hoofhuis.
Die luukse Kaapse platteland-styl kothuise bied topgehalte-afwerkings en is ideaal vir families. Die Gemsbok-lapa is die nuutste toevoeging tot hul portefeulje en spog met die mooiste panoramiese uitsig.
Van hier kan jy dit skouspelagtige sonsondergange gade slaan.
Besoek gerus hul Facebook-blad vir die jongste nuus en foto's of gaan loer op naries.co.za vir meer inligting.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerders. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.
Hier’s die wenners!
Ons het hierdie jaar heelwat inskrywings vir ons blomfotokompetisie gekry, dalk omdat ons dit oopgestel het vir ander gebiede en nie beperk het tot die vyf blomstreke nie.
’n Span van drie mense van Die Burger sou ’n groep van 10 foto’s vir die finale beoordeling kies. Dit was egter nie so maklik om net 10 te kies nie, en ons het op die ou end 14 gekies.
Die top-14 is na Media24 Nuus se hooffotograaf, Jaco Marais, wat die drie wenners gekies het.
Die wenfoto het aan Edith Oosthuizen twee nagte se verblyf by Piekenierskloof asook ’n teeparing by Carmién-tee losgeslaan.
Renier le Roux was tweede en wen twee nagte se verblyf by Weskushuis in Jacobsbaai.
Alida Benghiat het die derde plek verower en wen ’n geskenkpak van Carmién-tee.
Die pryse is onderhewig aan voorwaardes.
Baie geluk aan die topdrie!
’n Groot dankie aan almal wat die moeite gedoen het om in te skryf vir die kompetisie.
Eerste plek: Edith Oosthuizen vertel sy het hierdie foto van oranje en geel asters laasjaar in September op ’n plaas suid van Nieuwoudtville afgeneem.
Jaco Marais se kommentaar oor die foto is as volg: “Die foto maak my lus om in my voertuig te klim om blomme te gaan kyk en foto’s te gaan neem van die blommeprag. Dit is ook een van die gevalle waar die ou resep van blommefoto’s die wenresep is. Die komposisie van die foto is van so ’n aard dat die boom as fokuspunt dien en dit trek die kyker in die foto in. Die kleure in die foto werk ook goed saam. Baie geluk aan die fotograaf met die wenfoto.”
Tweede plek: Renier le Roux se foto is op 14 Oktober 2023 in die Helderberg-natuurreservaat geneem. “Ek neem elke jaar daar foto’s en het nog nooit so baie watsonias op een plek gesien nie! Goeie reën en veldbrande het seker ‘n rol gespeel. Dit was asof ek in ’n paradys van blomme gestap het!” sê hy.
Jaco Marais se kommentaar oor die foto: “Renier le Roux se foto kom sterk in die tweede plek. Die tweespoor-paadjie trek die kyker in die foto in. Renier se gebruik van die kleiner lensopening maak dat meer van sy foto skerp in fokus is en daar meer diepte met detail is. Die berge en wolke dra ook by tot die atmosfeer van die foto.”
Derde plek: Alida Benghiat het haar foto op 11 Augustus 2023 in die Biedouwvallei geneem. “Blomme wat te sien is, is Heliophila arenaria, Heliophila coronopifolia, Grielum humifusum, vygies en gousblomme,” sê sy.
Jaco Marais se kommentaar op die foto: “Dié foto het al die bestanddele van ’n wenfoto, maar ongelukkig het die komposisie van die foto, net nie uitgewerk nie.
“Die toneel het soveel potensiaal gehad om die wenfoto te kon wees, maar die tegniese uitvoering skiet net te kort. Die kleur van die pers blomme onder in die foto is sterk en gevolglik trek dit die kyker se oog daarna. Dit is net ’n jammerte dat die pers blomme nie op een van die fokuspunte (die reël van derdes) is nie.
“Met die gebruik van die reël van derdes en in ag genome die sterk kleur van die pers blomme in vergelyking met die blou blommetjies wat tans op die fokuspunt is, sou die foto beslis kon wen.”
Die res van die top14
Hier is die res van die top14-inskrywings. Dis in geen spesifieke volgorde nie. Daar is slegs 'n topdrie gekies uit die top14.
Foto: Derek Odendaal. Die blom is ’n Erica maximiliani (rots erica). Hy het dit op 4 November 2023 geneem teen die hange van Elandsberg, buite Ladismith, in die Klein-Karoo.
Foto: Derek Odendaal. Die blom is ’n Erica maximiliani (rots erica). Hy het dit op 4 November 2023 geneem teen die hange van Elandsberg, buite Ladismith, in die Klein-Karoo.
Foto: Hester Havenga. Sy het dit in die Tankwa-Karoo geneem, baie naby aan die Tankwa Nasionale Park, 22 Augustus 2023.
Foto: Hester Havenga. Sy het dit in die Tankwa-Karoo geneem, baie naby aan die Tankwa Nasionale Park, 22 Augustus 2023.
Foto: Alida Benghiat. Die foto is op 8 Augustus 2023 naby Springbok geneem.
Foto: Alida Benghiat. Die foto is op 8 Augustus 2023 naby Springbok geneem.
Foto: Stephan Hauman. Die foto is geneem op 8 September 2023, langs die N1 oppad Kaap toe, net buite Richmond.
Foto: Stephan Hauman. Die foto is geneem op 8 September 2023, langs die N1 oppad Kaap toe, net buite Richmond.
Foto: Pieter Swart. Hy't die foto op 11 November 2023 in Groenpuntpark in Kaapstad geneem.
Foto: Pieter Swart. Hy't die foto op 11 November 2023 in Groenpuntpark in Kaapstad geneem.
Foto: Pieter Swart. Hy het die foto op 19 Augustus 2023 in die Weskus Nasionale Park in Langebaan geneem.
Foto: Pieter Swart. Hy het die foto op 19 Augustus 2023 in die Weskus Nasionale Park in Langebaan geneem.
Foto: Ingrid Newton. Geneem op 15 November 2023 op die Meerendal-plaas in Durbanville.
Foto: Ingrid Newton. Geneem op 15 November 2023 op die Meerendal-plaas in Durbanville.
Foto: Ingrid Newton. Geneem op 11 Augustus 2023 op die Meerendal-plaas in Durbanville.
Foto: Ingrid Newton. Geneem op 11 Augustus 2023 op die Meerendal-plaas in Durbanville.
Foto: Ingrid Newton. Foto is geneem op 29 September 2023 op die Meerendal-plaas in Durbanville.
Foto: Ingrid Newton. Foto is geneem op 29 September 2023 op die Meerendal-plaas in Durbanville.
Foto: Nicky Myburgh. Sy't hierdie foto van die Hesperantha cucullata (bokkeveld-aandlelie) op 7 September 2023 in Niewoudtville geneem.
Foto: Nicky Myburgh. Sy't hierdie foto van die Hesperantha cucullata (bokkeveld-aandlelie) op 7 September 2023 in Niewoudtville geneem.
Foto: Hester Havenga. Hierdie foto ook in die Tankwa-Karoo geneem. "Ek is verskriklik bevoorreg om groot te geword het met ‘n ongelooflike oupa. Hy is ongelukkig in 1986 oorlede, maar het van kleins af ‘n liefde vir die Karoo en veld by my gekweek. Hy was ‘n vurige wolmerino-boer. Hy kon my vir ure besig hou om in die veld rond te loop en te soek na plantjies en diertjies. As ek moeg geraak het van al die stap het hy altyd ‘n klein klippie opgetel en dit onder my tong gesit, dit het natuurlik gehelp dat die moeg vinnig weggegaan het."
Foto: Hester Havenga. Hierdie foto ook in die Tankwa-Karoo geneem. "Ek is verskriklik bevoorreg om groot te geword het met ‘n ongelooflike oupa. Hy is ongelukkig in 1986 oorlede, maar het van kleins af ‘n liefde vir die Karoo en veld by my gekweek. Hy was ‘n vurige wolmerino-boer. Hy kon my vir ure besig hou om in die veld rond te loop en te soek na plantjies en diertjies. As ek moeg geraak het van al die stap het hy altyd ‘n klein klippie opgetel en dit onder my tong gesit, dit het natuurlik gehelp dat die moeg vinnig weggegaan het."
Uitleg: Lizelle van Jaarsveld
Subredakteurs: Adele Myburgh en Elizabeth de Villiers
Bedryfsredakteur: Mari Zeelie
Joernaliste: Danielle Daniëls, Tasneem van Rooyen en Mauricia Petersen
Grafiese ontwerper: Lizzy de Sousa
Assistent-redakteur: Projekte + Platformontwikkeling: Maryke Cumpsty




















