Met eenvoudige aanpassings kan jy ’n tweedehandse foon soos nuut laat voel en dit ’n ware weerspieëling van jou maak.
Hier is tien maniere om ’n tweedehandse foon nuwer en meer persoonlik te laat voel:
1. Maak die foon deeglik skoon:
Gebruik ’n mikrovesel-lap en isopropiel-alkohol om die skerm, agter- en sykante en poorte van die foon skoon te maak. Dit verwyder nie net vuilheid en aanpaksels nie, maar gee dit ook ’n vars gevoel.
2. Doen ’n fabrieksterugstelling van die toestel
Alhoewel Cash Converters al hul tegnologiese produkte voor ’n herverkoop uitvee, is daar niks wat jou keer om dit weer te doen nie. ’n Fabrieksterugstelling vee alle vorige data, apps en instellings uit. Dit verseker dat jy met ’n skoon bladsy begin, nes ’n nuwe foon.
3. Dateer die bedryfstelsel en apps op:
Kyk vir enige beskikbare opdaterings vir die bedryfstelsel en geïnstalleerde apps. Opdatering na die nuutste weergawe kan werkverrigting, sekuriteit en algehele bruikbaarheid verbeter. En onthou om al jou gunstelingtoepassings soos speletjies, sosiale media of winkel-apps af te laai.
4. Installeer ’n nuwe lanseerder of tema:
Pas die voorkoms en gevoel van jou foon aan deur ’n nuwe lanseerder of tema te installeer. Dit verander die ikone, tuisskermuitleg en animasies, wat die foon ’n vars voorkoms gee.
5. Verander die muurpapier en sluitskerm:
Stel ’n nuwe muurpapier en sluitskermprent op wat jou persoonlikheid of belangstellings weerspieël. Foto’s van familie of gelukkige herinneringe is altyd ’n goeie idee – om die waarheid te sê, hoekom gaan jy nie uit vir die geleentheid en skep ’n paar herinneringe in die proses nie! Die gebruik van hoëresolusie-beelde of dinamiese agtergronde gee ’n baie gesofistikeerde voorkoms.
6. Pas luitone en kennisgewings aan:
Niemand hou daarvan om ’n vreemde luitoon of klank te hê nie. Bestee tyd om na die foon se klankopsies te luister en jou gunsteling vir knoppies, wekkers, luitone en meer te kies. Hierdie klein verandering kan die foon meer nommerpas vir jou laat voel.
7. Kry 'n nuwe foonhouer en skermbeskermer:
Koop ’n nuwe foonhouer wat by jou styl pas, saam met ’n splinternuwe skermbeskermer. Dit beskerm nie net die foon nie, maar laat dit ook nuut in jou hande lyk en voel.
8. Organiseer jou apps:
Rangskik jou apps op ’n manier wat by jou gebruikspatrone pas. Skep verskillende lêers, verwyder ongebruikte apps en voeg nuttige komponente (widgets) of skakels by die tuisskerm.
9. Optimaliseer batterywerkverrigting:
Gaan die batterygesondheid na en kalibreer dit indien nodig. Gebruik batterybesparende modusse en bestuur agtergrond-apps om batterylewe te verbeter en algehele werkverrigting te verbeter.
10. Voeg persoonlike bykomstighede by:
Oorweeg dit om bykomstighede soos draadlose oorfone, ’n pop-sok of ’n gepaste stilus by te voeg. Hierdie bykomstighede kan die gebruik van die foon lekkerder en meer uniek maak vir jou voorkeure, en boonop het Cash Converters dit ook in voorraad!
So, waarvoor wag jy? Loer by jou naaste Cash Converters in om jou foon op te gradeer. Tweedehands beteken jy sal geld spaar, en jy sal natuurlik ook die opsie hê om jou ou foon te verkoop.
