Of jy nou in die mark is vir ’n foon, skootrekenaar, tablet of iets anders, Cash Converters wil hê jy moet bewus wees van hierdie advies om seker te maak jy is tevrede met jou aankoop.
Dis maklik om so opgewonde te raak oor bekostigbare pryse op tweedehandse items dat jy net wil koop sonder om alles na te gaan. Hou egter hierdie eenvoudige riglyne in gedagte voordat jy kies.
1. Watter toestel is reg vir jou?
As jy op soek is na ’n rekenaar, tablet of skootrekenaar en jy sukkel om te besluit, oorweeg die volgende: Reis jy baie? Sal jy van ’n afstand af moet werk? En indien wel, sou dit swaarder weeg as die behoefte aan ’n vinnige toestel? Tafelrekenaars dra die voordeel dat jy dit met meer hardeware kan toerus om dit vinniger te maak, terwyl ’n skootrekenaar minder aanpasbaar is. ’n Skootrekenaar is egter baie beter as ’n tablet as jy ernstige werk moet doen soos om Excel-blaaie op te stel of lang dokumente te skryf. As dit bloot e-poskommunikasie en vermaak is waarna jy soek, kan ’n tablet werk – of eerder selfs ’n slimfoon.
2. Doen ’n inspeksie.
Oorweeg die uiterlike voorkoms, kyk na die skerm, raakpaneel (trackpad), sleutelbord en enige skade of krake. Vra dan om dit te toets.
Ondersoek die batterylewe, die poorte vir USB en HDMI, en of hulle werk. Vra oor die geheue van die toestel. Sit dit aan en kyk hoe goed dit werk en hoe lank dit neem om aan die gang te kom. Wees bedag op ’n lawaaierige waaier en vra oor vorige herstelwerk of vervangde onderdele.
Het jy geweet dat elke item in die Cash Converters-voorraad ’n ‘Certified’-kenteken het?
3. Oorweeg versoenbaarheid
As jy reeds Android by die huis gebruik en skielik ’n Apple-produk koop, gaan jy probleme ondervind om tussen die twee te kommunikeer. Hardeware sal ook nie ooreenstem wat laaiers en kabels aanbetref nie.
4. Vergelyk pryse
In elke Cash Converters-winkel sal jy verskeie toestelle teen verskillende pryse kry. Dit staan jou vry om vergelykings te tref om te kies wat die beste vir jou begroting is.
5. Waarborge en kontroles
Weet jy van die ‘Certified’-kenteken? Produkte met hierdie kenteken beteken dat hulle deur ’n streng proses gegaan het om kwaliteit en funksionaliteit te verseker. Boonop bied dit ’n 6-maande waarborg op hierdie produkte.
