Waarna om te kyk en hoe die gesertifiseerde kenteken op Cash Converters-produkte werk
Die ‘Certified’-kenteken op Cash Converters-produkte is ’n baie belangrike komponent van die Cash Converters-belofte en -waarborg. Dit beteken die produk het ’n streng proses ondergaan om die kwaliteit en funksionaliteit daarvan te verseker.
Wat beteken ‘Cash Converters Certified’?
- ’n Omvattende data-uitwissing. Cash Converters maak seker dat alle skootrekenaars heeltemal skoongemaak is van enige vorige data sodat jy ’n vars begin op jou nuwe toestel kan geniet.
- Deeglike kontrolering om te verifieer dat elke skootrekenaar in ’n werkende toestand is. Van die inspeksie van die poorte, die batterylewe en fisieke toestand van die item, dit word alles op rekord geplaas.
Kontroleer self
Vir ekstra gerusstelling kan jy die volgende inspeksies uitvoer vir jou eie gemoedsrus.
- Gaan die sleutelbord en raakpaneel (trackpad) na: Maak seker hulle reageer en is nie beskadig nie.
- Fisieke toestand: Neem kennis van krake of ander uiterlike skade. Skakel die skootrekenaar aan en let op na: ’n lawaaierige waaier, ’n hardeskyf wat sukkel of oorverhit is ’n slegte teken.
- Die poorte: Toets of hulle werk - USB, HDMI en meer – om te verseker dat hulle jou nie onverwags in die steek laat nie.
- Die skerm: Kyk vir dooie pieksels, verkleuring, flikkering of lyne op die skerm.
- Batterylewe: Vra oor die batterylewe en toets dit. ’n Battery is ’n noodsaaklike deel van die gerief van ’n skootrekenaar. Wees bewus daarvan dat sommige skootrekenaars nie-verwyderbare batterye het, wat die vervanging van die battery verder bemoeilik indien nodig.
- Bedryfstelsel: Vra oor watter stelsel op die skootrekenaar is, en of dit opgedateer moet word. Dit kan jou geld spaar.
- Vra oor die oorspronklike onderdele en enige vorige herstelwerk aan die rekenaar. Swak uitgevoerde herstelwerk of onderdele wat nie van hoë gehalte is nie, kan in die toekoms probleme veroorsaak.
Watter skootrekenaar is reg vir jou?
Daar is verskeie redes waarom mense skootrekenaars in plaas van tafelrekenaars oorweeg, en jy moet weet hoekom jy in die mark is vir een. Jou werk, en die funksies wat die skootrekenaar moet verrig, sal bepaal wat jou behoeftes is. Oorweeg die volgende:
- Die grootte van die geheue en die vermoë om met eksterne hardeskywe te funksioneer.
- Verwerkingspoed: As jy net aan teksdokumente werk, hoef dit nie so vinnig te wees nie. Maar as jy aan ontwerp, musiek of visuele beelde werk, sal jy ’n vinniger verwerker nodig hê.
- Aanbevelings vir algemene gebruik is ’n Intel i5-verwerker, 8GB RAM en 256GB SSD-geheuekapasiteit.
- Cash Converters beveel aan: Vir ’n inprop-en-speel-opsie, kyk uit vir iets soos die Acer Aspire Notebook (sowat R2 999) vir alledaagse gebruik. Vir ’n goue-middeweg-opsie, oorweeg die Lenovo Ideapad (sowat R4 999). Vir hoër spesifikasies, oorweeg die HP Probook (sowat R7 999).
Waarvoor wag jy? Jy’s gereed om, gewapen met die regte kennis, na jou naaste Cash Converters te gaan en die beste in tweedehandse tegnologie te koop sonder om die spaarvarkie te breek!
