HOEKOM JY BY ONS MOET ADVERTEER
WAT IS NETWERK24?
NETWERK24 bied nuus soos dit ontvou, maar ook die beste leefstylinhoud in Afrikaans!
Al die groot nuus in die land en in jou streek asook sport, sake, landbou, eiendomme, rubrieke, in-diepte ondersoeke, regstreekse dekking, stories oor bekendes, gesondheidskwessies, resepte, reisgidse en slim styl- en dekorwenke. Só help ons jou sin maak van jou wêreld.
Ons vermaak ook graag! Geniet ons aanlyn-speletjies met interaktiewe blokraaie, sudoku's, woordblomme en vasvrae. Kyk, lees en luister ook ons topgehalte multimedia- en spesiale projekte wat als van blits-drama- en -komediereekse, podsendings tot verskeie in-diepte mini-webtuistes insluit.
Alles op een plek!
Wie is Netwerk24?
Ons gemeenskap van gebruikers bestaan uit Afrikaanssprekende mense van verskillende agtergronde – van 44% vroue teenoor 56% mans. Netwerk24 se 1,8 miljoen maandelikse gebruikers, van wie 50% voltyds werk, sorg vir meer as 98 miljoen bladsigte – voorwaar ’n groot gehoor. Die syfers bewys dit: Netwerk24 is veel meer as net ’n nuusblad – dis ’n Afrikaanse ruimte waar gebruikers met gemak kom tyd verwyl.
Gedragstatistieke
GA4 Jul – Aug 2024
SOVEEL VOORDELE
Hier is van die redes waarom jy 'n goeie belegging maak:
Afrikaanse gehoor
Boeiende multimedia-inhoud en kopie in hul moedertaal betrek potensiële kliënte by jou saak en lei só tot daadwerklike resultate.
Onverdeelde aandag
Jou kliënte is besige mense. Jy benodig hul onverdeelde aandag ten einde hul volgehoue ondersteuning te verseker.
Besluitnemers
Produkbekendstellings, katalogusse en geskenkgidse sorg dat jou produkte raakgeskien word.
Netwerk24 wen gereeld toekennings en ons sal jou onderneming ook graag op die wenpad wil sit.
VERTOONADVERTENSIES
Van tradisioneel tot hoogs innoverend
Laat ons lesers jou besigheid raaksien! Vertoonadvertensies help nie net om lesers van jou handelsmerk bewus te maak nie, maar kan oor deurklik na jou webwerf of enige spesiale aanbiedinge wat jy hulle wil oorreed om van gebruik te maak.
Netwerk24 bied verskeie opsies waaruit jy kan kies - tradisionele, sosiale, video of verrykte media.
Hier is van die opsies waaruit jy kan kies:
Tradisioneel
Dis 'n goue oue vir 'n goeie rede – dit werk! Veral wanneer jy bewustheid wil skep, soek jy oë op jou produk.
Bo-aan die webblad
- Afmetings: 728 mm (breed) by 90 mm (hoog)
- Prys: *Vanaf R150 CPM – R375 CPM
- Grootte: 150 kB maks.
- Formaat: JPG, PNG, GIF, of HTML
Medium reghoek
- Afmetings: 300 mm (breed) by 250 mm (hoog)
- Prys: *Vanaf R150 CPM – R375 CPM
- Grootte: 150 kB maks.
- Formaat: JPG, PNG, GIF, of HTML
Bo-aan die foonskerm
- Afmetings: 320 mm (breed) by 50 mm (hoog)
- Prys: *Vanaf R150 CPM – R375 CPM
- Grootte: 250 kB maks.
- Formaat: JPG, PNG, GIF, of HTML
Groot op rekenaar- en foonskerm
- Afmetings: 300 mm (breed) by 600 mm (hoog)
- Prys: *Vanaf R150 CPM – R375 CPM
- Grootte: 250 kB maks.
- Formaat: JPG, PNG, GIF, of HTML
* Tariewe word gebaseer op volume.
Video
- Spesifikasies: Skakel vanaf jou sosialemedia-plasing
- Prys: *Vanaf R150 CPM – R300 CPM
Roterend
- Spesifikasies: Skakel vanaf jou sosialemedia-plasing
- Prys: *Vanaf R150 CPM – R300 CPM
Staties
- Spesifikasies: Skakel vanaf jou sosialemedia-plasing
- Prys: *Vanaf R150 CPM – R300 CPM
Verrykte inhoud
Laat ons lesers op 'n interaktiewe manier by jou handelsmerk betrokke raak.
Swiepkaarte
- Prys: *Vanaf R200 CPM – R500 CPM
- Spesifikasies en spertye op aanvraag
Interaktiewe katalogus
- Prys: *Vanaf R200 CPM – R500 CPM
- Spesifikasies en spertye op aanvraag
Skep 'n speletjie
- Prys: *Vanaf R200 CPM – R500 CPM
- Spesifikasies en spertye op aanvraag
Interaktiewe video
- Prys: *Vanaf R200 CPM – R500 CPM
- Spesifikasies en spertye op aanvraag
Enigiets waaraan jy kan dink, kan ons vir jou moontlik maak
Inhoudsbemarking
Betaal vir inhoudsbemarking wat deur ons span saamgestel word en voldoen aan die publikasie se geloofwaardige redaksionele standaarde terwyl dit ook die gehoor en adverteerder se verwagtinge nakom.
"Goeie inhoudsbemarking het baie min te doen met 'n produk of diens en alles te doen met 'n idee wat emosie ontlok, wat opvoed en vermaak."
Geborgde inhoud: R25 000 (BTW uitgesluit) per artikel
3 500 minimum bladsigte gewaarborg.
Geborgde inhoud met Infogram: R35 000 (BTW uitgesluit) per artikel
3 500 minimum bladsigte.
Deur 'n egte en betroubare vennootskap te koester, verander ons nuwe adverteerders in lojale kliënte wat voortdurend terugkeer na ons samewerkende ondersteuning.
Oornames
Neem een van ons gewilde landingsblaaie oor en bereik die nismark waarna jy op soek is op die plekke waar die inhoud lê waarin hulle belangstel.
Voorbeelde:
Tuisblad
Nuus
Sake
Sport
Leef
Kunste
Of neem 'n seksie op een van hierdie landingsblaaie oor vir 'n spesifieke geleentheid of onderwerp, byvoorbeeld Eiendomme op Sake, Kos + Wyn op Leef, Landbou op Sake, Wêreldbeker-rugby op Sport, Begrotingsrede op Sake, of Welstand op Leef.
Pryse op aanvraag.
Vang hulle op die regte tyd, op die regte plek
Gebruik e-pos
Stuur die produk, diens of boodskap wat jy wil bemark, direk na die regte mark se inboks en sorg sodoende dat jou kosbare begroting nie verkwis word wanneer dit verkeerde persone bereik nie.
"As sosiale media die skemerpartytjie is, dan is e-posbemarking die koffiekuier. Die oorspronklike een-tot-een kanaal."
- Erik Harbison, bemarkings- en loopbanekenner
Kontak ons om 'n geteikende e-posveldtog te bespreek, waar ons geteikende veldtogte kan aanbied gebaseer op demografie, ouderdom, streek, stad / dorp datapunte, gedrag en sekere werksektor-datapunte.
VASTE POSISIES
As jy van waarborge hou, kan ons vir jou 'n vaste posisie op Netwerk24 waarborg
Daar is sekere dele van die webwerf waarheen 'n lojale gehoor elke dag gaan kyk, soos die landingsblad vir e-publikasies, speletjies, die weervoorspelling, die daaglikse Pretblad en selfs regstreekse dekking van nuusgebeurtenisse en sportwedstryde soos dit gebeur.
Só lyk die opsies waaruit jy kan kies:
Kook en geniet
Die ikoniese Afrikaanse kookboek Kook en geniet is nou digitaal beskikbaar, eksklusief op Netwerk24!
Dit is volledig deur S.J.A. de Villiers hersien.
700+ resepte en kookgidse en wenke
Vaste posisies:
Rekenaar: Bo-aan rekenaarskerm, weerskante van die blad, halfblad, medium reghoek
Foon/tablet: Bo-aan skerm, medium reghoek, groot op tablet- en foonskerm
Speletjies
Daar is 'n baie lojale gehoor wat elke dag hierdie blad besoek en lank op die blad bly om die dag se sudoku, blokraai en woordblom te doen of die vasvra aan te pak. Maak hulle ook jou lojale kliënte.
Vaste posisies:
Video, roterend, staties, animasie
Weervoorspelling
Gemiddeld kry hierdie blad
9 500 bladsigte per maand en 11 000 indrukke. Dit is waar 'n sekere segment van ons gehoor hul weervoorspelling kry en die weer is vir hulle belangrik, want hulle kyk elke dag.
Vaste posisies:
Rekenaar: Bo-aan rekenaarskerm
Foon/tablet: Bo-aan skerm
App: Medium reghoek
Hooftrekke
Wees permanent sigbaar met die eerste oogopslag op al ons landingsblaaie op die skerm. Dit is waar ons lesers vir die hooftrekke van die dag se nuus gaan kyk.
Vaste posisies:
Regs bo-aan al ons landingsblaaie
Luisterboeke
Van die voorste Afrikaanse boeke word opgeneem en maandeliks eksklusief aan Netwerk24-intekenare beskikbaar gestel in die vorm van oudioboeke. Intekenare kan elke maand na 'n nuwe boek luister. Gemiddeld 30 000 bladsybesoeke per maand en ’n gemiddelde van
45 000 luisteraars (afhangende van die boek).
Vaste posisies:
Rekenaar: Bo-aan rekenaarskerm, weerskante van die blad, medium reghoek
Foon/table: Bo-aan skerm, medium reghoek, groot op rekenaar- en foonskerm
Wêreld in ’n neutedop
Jou daaglikse blog met noodsaaklike internasionale nuus in 'n neutedop, soos gerapporteer deur toonaangewende internasionale nuusdienste. Gemiddeld 33 000 bladsigte per dag.
Vaste posisies:
Rekenaar: Bo-aan rekenaarskerm, weerskante van die blad, halfblad, medium reghoek
Foon/tablet: Bo-aan skerm, medium reghoek, groot op rekenaar- en foonskerm
Ons sal hard werk om vir jou uitstekende opbrengs op jou belegging te lewer
Vertel jou handelsmerk se storie en vind die gemeenskap wat dit sal waardeer en daarvan gebruik sal maak.
Ons is hier om jou te help met albei dele van die proses en ons sien uit daarna om met jou te gesels oor hoe Netwerk24 jou kan help om jou besigheid te groei en sy volle potensiaal te laat bereik.