Welkom by die eerste tree na huiseienaarskap by Absa! Of jy jou eerste huis wil koop, in ’n tweede huis wil belê, jou droomhuis wil bou of uiteindelik daardie spesiale huis vir gesinsvakansies – Absa sal jou help om dit te verwesenlik.

Beveilig jou toekoms en maak die (rooi) deur oop om ’n tree nader aan jou drome te kom – dis net ’n klik ver!

Absa haal die stres uit daardie eerste tree met ’n maklike proses om jou aan die gang te kry!

Baie mense droom van ’n eie huis – dit dui op bestendigheid, veiligheid vir jou en jou gesin, ’n mooi nuwe begin en ’n durende nalatenskap. Die proses skrik jou dalk af, maar jy kan met ’n paar maklike stappe jou toekoms begin beplan en jou droom verwesenlik.

Indien jy al gedroom het hoe jy die die voordeur van jou eie huis oopsluit, is Absa-huislenings hier om dit ’n werklikheid te maak. Absa-huislenings haal die onsekerheid en kompleksiteit uit die huiskoopproses en bied jou ’n duidelike pad na huiseienaarskap.

Vind uit of jy kwalifiseer om aansoek te doen om ’n lening vir jou eerste huis, om jou droomhuis te bou of in jou volgende eiendom te belê. Absa is die vennoot wat jy kan vertrou.

Jy kan tot tot 100% kry van die finansiering wat jy nodig het, wat jou drome heeltemal binne jou bereik bring – met mededingende koerse en buigsame voorwaardes.

Die digitale aansoekproses vir huislenings is vinnig en moeiteloos – wat dit ook maklik maak om jou huislening na Absa om te skakel! Jy kan selfs aansoek doen om beurtkrag-oplossings om seker te maak die ligte in jou huis is altyd aangeskakel.

Wat meer is, wanneer jy jou verbandakte registreer, kan jy R10 000* kontant van Absa Rewards terugkry. Dis ons manier om dankie te sê dat jy ons toelaat om deel te wees van jou pad na huiseienaarskap.

B’s & V’s geld.

Kry die uitmuntende voordele wanneer jy vir ’n
MyHome- of eerstekoper-lening kwalifiseer

Kwalifisering vir ’n huislening by Absa

Hier is wat jy moet weet – en wat jy vir jou aansoek sal nodig hê.

Soorte huislenings

Ons verstaan dit kan oorweldigend wees om die wêreld van huislenings te betree, dus het ons die proses vir jou vereenvoudig.

Met Absa Rewards kan jy tot 30% terugkry op sekere kruideniersware, gesondheids- en skoonheidsinkopies, asook op brandstof- en digitale leefstyltransaksies. Maar het jy geweet jy kan ook kontant terugkry wanneer jy vir ’n huislening registreer?

Indien jy ’n bestaande Tjekrekening by Absa het of een oopmaak, aktiveer jou Absa Rewards-rekening en koppel dit aan die Absa-rekening waaruit die maandelikse paaiement op jou huislening betaal sal word. Maak seker dat jy ’n maandelikse debietorder vir hierdie rekening onderteken sodat jou huislening-paaiement daaruit onttrek kan word en jy vir hierdie ongelooflike aanbod in aanmerking kom. Lees die B’s & V’s en vind hieronder uit hoe om aansoek te doen !

Absa Rewards is sedert 2023 gratis! Geen maandelikse ledegeld vir Absa Rewards sedert 1 Januarie 2023 meer nie, wat beteken groter waarde, meer voordele en meer kontant terug – absoluut GRATIS vir Absa-kliënte!

Dis binne jou bereik om ’n huis te besit met Absa-huislenings.

Geniet die eenvoud, aanpasbaarheid en uitmuntende voordele van ons pasgemaakte oplossings. Laat ons jou vennoot wees op die pad na huiseienaarskap.

B’s & V’s geld. Absa is ’n Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer en Geregistreerde Kredietverskaffer.
Reg No. NCRCP7