Deur


Tjop-tjop terug skool toe!


Is jy opsoek na nuwe kosblikidees? Kinders sal dié verbasend maklike, smullekker resepte en kosblikkombinasies nie net geniet nie, maar sal dalk selfs anders na groente begin kyk – wie sou byvoorbeeld kon raai kekerertjies kan in ’n koekie voorgesit word? Daarby is daar nie ’n resep wat jou langer as 30 minute in die kombuis sal hou nie, en dis alles propvol voedingstowwe.


WORTELTOEBROODJIES MET HEERLIKE SJOKOLADEBRUINTJIES


Jy sal die volgende produkte vir die kosblik nodig hê. Ons verskaf ook hier onder die bestanddele en die resepte.

RHODES QUALITY: Lemoensap, botterbone en ingemaakte peerhelftes
SASKO: Low GI Seeded Whole-wheat Brown Bread
SMARTBITE: Rice Pops Sour cream & Chives Flavour

Kraakvars worteltoebroodjies

Vir 2 | Voorbereidingstyd: 5-10 min


Bestanddele

  • 4 snye gebotterde Sasko Low GI Seeded Whole-wheat Brown Bread
  • 1 groot wortel, geskil
  • 4 groot slaaiblare
  • 4 snye mozzarellakaas
    tandestokkies of sosatiestokkies

Metode
1. Sny die korsies van die Sasko Low GI Seeded Whole-wheat Brown Bread af, indien verkies.
2. Gebruik ’n groenteskiller om plat wortelrepies te vorm wat ’n mens maklik op ’n broodjie kan pak.
3. Maak die toebroodjies met die brood, wortelrepies, mozzarellakaas en blaarslaai. Hou die broodjies bymekaar met tandestokkies of sosatiestokkies as dit nodig is.
Jy kan ook ’n rolletjie in plaas van ’n broodjie maak deur elke sny brood te pak met die wortel, blaarslaai en kaas en dit dan op te rol in plaas van toe te maak. Sny die lang ‘broodrol’ dan in dun rolletjies (byna soos soesji) en steek met ’n sosatiestokkie vas om dit bymekaar te hou.

WENK
ROU WORTELS: Hierdie helderkleurige groente bevat baie vitamiene, sowel as minerale wat tandbederf beveg en ooggesondheid bevorder.
RHODES QUALITY BEANS: Bone is ’n uitstekende bron van plantaardige proteïen wat spysvertering bevorder. Steek hulle weg in hierdie eetgoed, jou kinders sal nie eens daarvan weet nie.
SMARTBITE RICE POPS: Hierdie smaaklike snoepgoed het min kalorieë en sout. Saam met die proteïen in die bruintjies en die toebroodjies sal dit die bloedsuikervlak egalig hou.

Heerlike sjokoladebruintjies

Maak ongeveer 12-14 bruintjies | Voorbereidingstyd: 10 min | Baktyd: 20 min | Tyd om te set: 30 min


Bestanddele

  • 1 x 410 g Rhodes Quality butter beans, gedreineer
  • 1 x 410 g Rhodes Quality pear halves, gedreineer
  • 2 eiers
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 60 ml (¼ c) klapperolie of botter, gesmelt
  • 60 ml (¼ c) dik bruinsuiker, of ’n suikerplaasvervanger
  • 80 ml (⅓ c) klappermeel
  • 2,5 ml (½ t) strooisout
  • 60 ml (¼ k) kakao plus ekstra vir strooi

Metode
1. Voorverhit die oond tot 170°C. Voer ’n 20 cm vierkantige koek- of bruintjiepan uit met bakpapier en olie dit met ’n baksproei. Kry jou voedselverwerker gereed.
2. Voeg die Rhodes Quality butter beans en Rhodes Quality pear halves by die verwerker en pols tot dit gekap is. Voeg die eier en vanielje by en pols tot glad.
3. Voeg die suiker en botter by en pols tot dit gemeng is. Voeg die res van die bestanddele by en skakel die verwerker ’n laaste keer aan om die mengsel heeltemal glad te kry.
4. Skep die mengsel in die voorbereide pan en bak vir 20 min. Skakel die oond af en los die bruintjies vir nog 30 min in die oond.
5. Verwyder die bruintjies en laat hul eenkant staan om behoorlik af te koel. Strooi kakao oor, sny in vierkante of (of druk in vormpies as jy dit verkies). Stoor die bruintjies in ’n lugdigte houer in die yskas.

EIERSLAAITOEBROODJIE MET KEKERERTJIE-EN-AVOKADOSMEER


RHODES QUALITY : Tropiese sap en kekerertjies
SASKO: Low GI Oats & Honey Flavoured White Bread
SMARTBITE: Rice Pops Cheese & Onion Flavour
EKSTRA: Rou amandels, komkommerskyfies en water

Vir 1 | Voorbereidingstyd: 5-10 min

Eierslaaitoebroodjie

Bestanddele

  • 5 ml (1 t) mayonnaise
  • 5 ml (1 t) dubbelroom ongegeurde jogurt
  • 1 gekookte eier, afgedop en gekap
  • ’n takkie pietersielie, fyn gekap
  • sout na smaak

Toebroodjie

Bestanddele

  • 15 ml (1 eetl.) kekerertjie-en-avokadosmeer (resep onder)
  • 2 snye Sasko Low GI Oats & Honey Flavoured White Bread, gebotter
  • 6-8 dun komkommerskyfies

Metode
1. Eierslaai: Meng alles saam en geur met sout na smaak.
2. Toebroodjie: Smeer die kekerertjie-en-avokadosmeer op ’n sny Sasko Low GI Oats & Honey Flavoured White Bread. Pak die komkommerskyfies bo-op.
3. Skep die eierslaai bo-op die komkommerlaag en maak toe met die oorblywende sny brood.

WENK:
EIERS: Eiers bevat al 9 noodsaaklike amino-sure, die boustene van proteïen. Hierdie aminosure kan nie deur die liggaam vervaardig word nie, dit moet deur middel van voedsel ingeneem word. Eiers bevorder ook ’n helder verstand, verskaf energie en skep ’n gevoel van versadigdheid.


Romerige kekerertjie-en-avokadosmeer

Maak ongeveer 500 ml (2 k) se smeer | Voorbereidingstyd: 3-5 min

Bestanddele

  • 1 x 410 g Rhodes Quality chickpeas, gedreineer
  • 1 groot avokado, ontpit en geskil
  • sap en fyn stukkies skil van 1 suurlemoen
  • ½ knoffelhuisie, opsioneel
  • 30 ml (2 eetl.) olyfolie + ekstra vir bedekking
  • 15 ml (1 eetl.) ekstra volroom ongegeurde jogurt
    sout na smaak

Metode
1. Plaas die Rhodes Quality chickpeas, avokado, suurlemoensap en -skil en knoffel in die voedselverwerker en pols tot glad.
2. Voeg die olyfolie en jogurt by en sit die voedselverwerker weer aan tot alles goed gemeng is. Geur met sout na smaak.
3. Skep die smeer in ’n skoon bottel en bedek dit met ’n bolaag olyfolie om te keer dat dit verkleur. Seel met ’n lugdigte deksel en stoor in die yskas tot nodig.

WENK:
RHODES QUALITY CHICKPEAS: Kekerertjies is ’n ryk plantaardige proteïen en ’n uitstekende bron van vitamiene, minerale en vesel. Dit is ook lae GI en ondersteun gesonde bloedsuikerbeheer.
SMARTBITE RICE POPS: Hierdie smaaklike snoepgoed het min kalorieë en sout. Saam met die proteïen in die bruintjies en die toebroodjies sal dit die bloedsuikervlak egalig hou.
SASKO LOW GI OATS & HONEY FLAVOURED WHITE BREAD:
*Hawermout: Hawermout voeg vesel by hierdie heerlike witbrood. Die verrykte brood sal ook jou kinders ekstra energie gee wanneer die dag lank raak.

JAFFEL MET TUISGEMAAKTE TAMATIESOUS, GEROOKTE HOENDER EN KAAS

RHODES QUALITY: Appelsap, gekapte tamaties, tamatiepuree, tamatiepasta
SASKO: Low GI Cranberry Brown Bread
SMARTBITE: Cocoa & Coconut Date Bar
EKSTRA: Jogurt, druiwe en kiwivrug

Jaffel

Vir 1 | Voorbereidingstyd: 2 min | Gaarmaaktyd: 5-7 min

Bestanddele

  • 2 snye Sasko Low GI Cranberry Brown Bread, gebotter
  • 15 ml (1 eetl.) tuisgemaakte tamatiesous (sien resep onder)
  • ½ gerookte hoenderborsie, in dun snye
  • 60 ml (¼ k) gerasperde cheddar of gouda

Metode
1. Spuit ’n jaffelpan met kleefwerende sproei.
2. Plaas ’n sny van die Sasko Low GI Cranberry Brown Bread op die jaffelpan, botterkant op die pan.
3. Smeer die tamatiesous aan die een kant en pak dan die hoender en kaas bo-op. Maak die broodjie toe met ’n sny brood sodat die gebotterde kant na buite wys.
4. Maak die jaffelpan stewig toe en verwyder enige broodkorsies of vulsel wat uitsteek.
5. Bak op die stoof tot goudbruin aan albei kante.


Tuisgemaakte tamatiesous

Maak ongeveer 1 L (4 k) | Voorbereidingstyd: 10 min | Gaarmaaktyd: 15-20 min

Bestanddele

  • 30ml (2 tbsp) olive oil
  • 1 onion, finely chopped
  • 1 garlic clove, crushed
  • 2 bay leaves
  • 1 large carrot, scrubbed and grated
  • 1 sachet (50g) Rhodes Quality Tomato Paste
  • 1 paste cup (240g) Rhodes Quality Tomato Puree
  • 1 tin (410g) Rhodes Quality Chopped Tomatoes with Herbs
  • 60ml (¼ cup) honey
  • 10ml (2 tsp) salt
  • 2,5ml (½ tsp) each smoked paprika and ground cumin

Method
1. Heat the oil in a deep saucepan and fry the onion until soft. Add the garlic, bay leaves and carrot; stir-fry for a minute.
2. Add the tomato paste, puree and chopped tomatoes. Stir and bring to the boil.
3. Add the rest of the ingredients and stir through. Reduce the heat and simmer for 10 minutes. Set aside to cool.
4. Puree the mixture in a food processor until smooth. Pour into a clean jar, seal and store in the fridge until needed.

WENK
RHODES QUALITY CANNED TOMATOES: Gekoopte tamatiesous bevat dikwels baie suiker en sout. Ons het geblikte tamaties in ons tuisgemaakte sous gebruik wat laag is in kalorieë en min vet en sout bevat. Geblikte tamaties is ook ryk aan kalsium en yster. Boonop bevat tamaties antioksidante wat die risiko van hartsiektes verlaag.
SMARTBITE COCOA & COCONUT DATE BAR: Hierdie stafies is vol heerlike dadels! Dit bevat baie natuurlike suiker en minerale, en is ’n goeie energiebron om jou deur die dag te help.

BILTONG-EN-BOTTERSKORSIEBROODJIE


RHODES QUALITY: Rooi druiwesap en kekerertjies
SASKO: Low GI Soy & Linseed white bread
SMARTBITE: Rice Pops Sweet Chili Flavour
EXTRA: Komkommer- en kaasvormpies en ’n perske

Biltong-en-botterskorsiebroodjie

Vir 1 | Voorbereidingstyd: 5 min

Bestanddele

  • 30 ml (2 eetl.) botterskorsiehummus (sien resep onder)
  • 2 snye Sasko Low GI Soy & Linseed white bread
  • 50 g dun biltong
  • ’n paar babaspinasieblare

Metode
1. Smeer albei snye Sasko Low GI Soy & Linseed white bread met botterskorsiehummus.
2. Pak die biltong en babaspinasie op een van die snye en maak die broodjie toe met die ander sny.

WENK
MAER BILTONG: Maer biltong bevat baie proteïen. Dit is ideaal vir kinders wat baie noodsaaklike proteïen nodig het om die liggaam te laat groei en herstel.
BOTTERSKORSIE: Botterskorsie is ryk aan vesel, vitamiene en minerale. Hierdie nutriënte is noodsaaklik vir ’n gesonde immuniteitstelsel en vir ooggesondheid.
SASKO LOW GI SOY & LINSEED WHITE BREAD:
Die lynsaad wat by hierdie smaaklike brood gevoeg is, beveg moegheid en hou jou kinders voller vir langer.


Botterskorsiehummus

Maak ongeveer 500 ml (2 k) | Voorbereidingstyd: 5 min | Baktyd: 30-35 min

Bestanddele

Geroosterde botterskorsie

  • 500 g botterskorsie in blokkies gesny
  • 30 ml (2 eetl.) olyfolie

Hummus

  • 1 x 410 g Rhodes Quality chickpeas
  • ½ knoffelhuisie, opsioneel
  • 60 ml (¼ k) olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • knippe fygemaalde komyn
    sout, na smaak

Metode
1. Voorverhit die oond tot 190°C. Hou ’n bakplaat byderhand.
2. Geroosterde botterskorsie: Pak die botterskorsiestukke op die bakplaat en drup olyfolie oor. Meng die olie deur die stukke.
3. Plaas die bakplaat in die oond en rooster vir 30-35 min of tot die botterskorsie sag is. Sit eenkant om koud te word.
4. Hummus: Sit die botterskorsie, Rhodes Quality chickpeas en knoffel in ’n voedselverwerker en pols tot dit grof gekap is.
5. Voeg die res van die bestanddele by en pols tot glad. Skep in ’n skoon houer en berg tot 4 dae in die yskas.

WENK
BOTTERSKORSIE: Botterskorsie is hoog in vesel, vitamiene en minerale. Hierdie nutriënte is belangrik vir ’n gesonde immuunstelsel.

PIKANTE TUNATORINGS


RHODES QUALITY: Pynappelsap, agurkies & pitmielies
SASKO: Low GI Whole Wheat Brown Bread
SMARTBITE: Fruit Jellies
EKTRA: Kaas-en-mieliepoffertjies en druiwe


Pikante tunatorings

Vir 2 | Voorbereidingstyd: 10 min

Bestandele

Tunavulsel

  • 1 x 170 g fyn tuna, gedreineer
  • 15 ml (1 eetl.) mayonnaise
  • 15 ml (1 eetl.) jogurt
  • 1 klein wortel, geskil en fyn gerasper
  • 3-4 Rhodes Quality Gherkins, fyn gekap
  • sout, na smaak

Broodtorings

  • 4 snye Sasko Low GI Whole Wheat Brown Bread, gebotter
  • slaaiblare 1 tamatie, in dun skyfies

Metode
1. Hou ’n stukkie tou byderhand om die torings bymekaar te hou.
2. Tuna: Meng alles deurmekaar.
3. Broodtorings: Druk sirkels in die brood met ’n ronde koekiedrukker. Pak tuna, blaarslaai en tamatie op ’n broodvormpie en maak toe met nog een. Bind hulle bymekaar met ’n string tou.

WENK
TUNA: Tuna bevat baie omega 3-vetsure wat voordelig is vir streshantering, kognitiewe funksie, en wat die gesondheid van die hart verseker. Dit bevorder vroeë ontwikkeling en groei.
RHODES QUALITY WHOLE KERNEL CORN: Die antioksidante in mielies beskerm jou kind teen selskade, bevat baie B-vitamiene (wat senuwee- en breinontwikkeling ondersteun) en verbeter die metabolisme.
SMARTBITE VIT C FRUIT JELLIES: Sukkel jy om jou kinders vitamienpille te laat drink? Hierdie lekker vrugtelekkers is die antwoord! Jou kinders sal dol wees daaroor en jy sal sonder sukkel ekstra vitamien C by hul dieet voeg.


Kaas-en-mieliepoffertjies

Maak 20-24 poffertjies | Voorbereidingtyd: 10 min | Baktyd: 15-20 min

Bestanddele

  • 1 x 410 g Rhodes Quality Whole Kernel Corn
  • 250 ml (1 k) gerasperde Cheddar of Mozzarella
  • 3 eiers, liggies geklop
  • 60 ml (¼ k) koekmeel of glutenvrye meel
  • knippie sout

Metode
1.Voorverhit die oond tot 200°C. Spuit 20-24 holtes in ’n mini kolwyntjiepan met kleefwerende baksproei.
2. Meng al die bestanddele deurmekaar en skep die beslag in die panholtes.
3. Bak vir 15-20 min of tot die poffertjies geset is en effens goudbruin bo.
4. Verwyder versigtig uit die pan en laat afkoel op ’n draadrak. Stoor in die yskas in ’n lugdigte houer tot nodig.

KRAKERIGE GRONDBOONTJIEBOTTERBROODJIE

RHODES QUALITY: Strawberry & banana juice, Strawberry jam
SASKO: Low GI Seeded Whole Wheat Brown Bread
SMARTBITE: Biltong Sliced, Plain
EKSTRA: Springmielies & ’n perske


Krakerige grondboontjiebotterbroodjie

Vir 1 | Voorbereidingstyd: 10 min

Bestanddele

  • 2 snye SASKO Low GI Seeded Whole Wheat Brown Bread
  • 15 ml (1 eetl.) gladde grondboontjiebotter
  • 1 appel, in dun, plat skyfies gesny
  • 10 ml (2 t) Rhodes Quality Strawberry Jam + ekstra indien benodig
    ekstra appel, in stervormpies gedruk

Metode
1. Smeer een van die SASKO Low GI Seeded Whole Wheat Brown Bread-snye met grondboontjiebotter. Pak die appelskyfies bo-op.
2. Smeer die Rhodes Quality Strawberry Jam op die ander sny SASKO Low GI Seeded Whole Wheat Brown Bread. Maak die broodjie toe.
3. Versier die broodjie met appelsterre en ’n druipsel konfyt.

WENK
GRONDBOONTJIEBOTTER: Dis ’n uitstekende bron van proteïene! Hierdie smaaklike smeer bevat nie net al 3 makrovoedingstowwe nie, maar ook die “goeie” onversadigde vette wat vetoplosbare vitamiene help opneem.
NEKTARIENS: Hierdie sappige vrugte is veselryk en verbeter bloedsirkulasie
SMARTBITE- GESNYDE BILTONG: Maer biltong bevat baie proteïen. Dit is ideaal vir kinders wat baie noodsaaklike proteïen nodig het om die liggaam te laat groei en herstel.

HAM-EN-KOMKOMMMERTOEBROODJIES EN KEKERERTJIEKOEKIES

RHODES QUALITY : Apple & Cranberry juice, kekerertjies
SASKO: Low GI Oats and Honey White Bread
SMARTBITE: Beef Biltong Nibbles
EXTRA: Suikervrye kekerertjiekoekies, perskes en bloubessies


Ham, cream cheese and cucumber ribbon sandwich

Vir 1 | Voorbereidingstyd: 10 min | Gaarmaaktyd: 5 min

Bestanddele

  • 2 snye Sasko Low GI Oats and Honey White Bread, gebotter
  • 15 ml (1 eetlepel) roomkaas
  • 4 komkommerrepe
  • 2 snye ham
  • Komkommer in vorms gedruk, opsioneel

Metode
1. Verhit ’n pan en rooster die Sasko Low GI Oats and Honey White Bread snye tot goudbruin. Gebruik ’n koekiedrukker om die brood in vorms uit te druk.
2. Smeer die roomkaas op die broodvorms en maak toebroodjies met die komkommer en ham. Gebruik ’n tandestokkie om die toebroodjie bymekaar te hou as dit nodig is, en versier met komkommervorms.

Kekerertjiekoekies

Maak ongeveer 24 koekies | Voorbereidingstyd: 10 min | Afkoeltyd: oornag | Baktyd: 10-12 min

Bestanddele

  • 1 x 410 g Rhodes Quality Chickpeas, gedreineer
  • 125 g botter, gesmelt
  • 60 ml (¼ k) heuning of suikerplaasvervanger
  • 1 eier
  • 2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
  • 125 ml (½ k) koekmeel of glutenvrye meel
  • 2,5 ml (½ t) bakpoeier
  • 2,5 ml (½ t) fyn kaneel, opsioneel
  • knypie sout
  • 125 ml (½ k) sonneblomsaad, gerooster
  • rou amandels, om af te rond

Metode
1. Plaas die Rhodes Quality Chickpeas, botter, heuning, eier en vanieljegeursel in die bak van ’n voedselverwerker. Pols tot glad.
2. Voeg die meel, bakpoeier, kaneel en sout by en meng goed. Skep in ’n mengbak.
3. Voeg die sonneblomsade by en meng. Maak die mengsel toe en plaas oornag in die yskas.
4. Voorverhit die oond tot 180°. Voer 2 groot bakplate uit met bakpapier en spuit met kleefwerende baksproei.
5. Skep ’n opgehoopte teelepel van die deeg op ’n slag en rol in ’n balletjie. Herhaal met die res van die deeg.
6. Pak die balletjies op ’n bakplaat en druk plat met jou vingers. Plaas ’n amandel in die middel van elke koekie en bak vir 10-12 min tot geset. Verwyder uit die oond en los op die bakplaat om af te koel vir ongeveer 10 min.
7. Pak die koekies op ’n draadrak om heeltemal af te koel. Berg in ’n lugdigde houer tot nodig.

WENK
SONNEBLOMSAAD (in beskuitjies): Die onversagdigde vette in sonneblomsaad help met hartgesondheid en bevat noodsaaklike anti-inflammatoriese eienskappe. Dis ’n goeie bron van proteïen en help om selwerking te bevorder.
BLOUBESSIES: ’n Smaaklike superkos! Hierdie klein bessies is “kragstasietjies” en ’n uitstekende bron van energie en voedingstowwe. Dis ryk aan antioksidante, help kognitiewe ontwikkeling en help om DNS-skade te voorkom.
RHODES QUALITY -APPEL-EN-BOSBESSIESAP: Bosbessies is ryk aan nutriënte en kan die bakterieë op jou kind se tande verminder.

VLEIS-TAMATIE-EN-BLAARSLAAI-TOEBROODJIE

RHODES QUALITY: Mango-en-lemoensap
SASKO: Low GI Cranberry Brown Bread & Low GI Seeded Whole Wheat Bread
SMARTBITE: White Chocolate
EKSTRA: Dadelballe en bloubessies


Vleis-tamatie-en-blaarslaai-toebroodjie

Bedien 2 | Voorbereidingstyd: 10 min | Gaarmaaktyd: 10-15 min

Bestandele

  • 100 g gerookte bees- of hoendersnye (soos spek gesny)
  • 5 ml (1 t) olyfolie
    Sous
  • 15 ml (1 eetl.) mayonnaise
  • 5 ml (1 t) suurlemoensap
    Toebroodjie
  • 4 snye Sasko Low GI Cranberry Brown Bread
  • blaarslaai
  • 1 tamatie, in dun skyfies gesny

Metode
1. Voorverhit die oond tot 200°C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en spuit die papier met kleefwerende sproei.
2. Pak die vleissnye in ’n enkellaag uit op die voorbereide bakplaat. Drup ’n paar druppels olyfolie oor en rooster vir 10-15 minute tot dit krakerig is.
3. Sous: Meng die mayonnaise en suurlemoensap.
4. Toebroodjie: Smeer van die sous op die Sasko Low GI Cranberry Brown Bread-snye. Maak ’n toebroodjie van die brood, blaarslaai, tamatie en vleis.

Heelgraan-dadelballe

Maak 28-30 | Voorbereidingstyd: 15 min

Bestanddele

  • 4 snye Sasko Low GI Seeded Whole Wheat Bread, verwerk
  • tot krummels in ’n voedselverwerker.
  • 250 g ontpitte dadels, gekap
  • 50 g okkerneute, gekap
  • 60 ml (¼ k) klapper
  • 30 ml (2 eetl.) klapperolie
  • 2,5 ml (½ t) seesoutvlokkies
  • Om af te rond 125 ml (½ k) klapper

Metode
1. Plaas al die bestanddele, behalwe die klapper vir afronding, in ’n voedselverwerker en kap tot dit ’n growwe, taai deeg vorm.
2. Verwyder en sit in ’n mengbak.
3. Rol die mengsel in groot, albastergrootte balletjies.
4. Sit die oorblywende klapper in ’n vlak bak met kante en rol die balle daarin tot elke bal met klapper bedek is.

WENK
DADELS: Dadels is ’n natuurlike versoeter wat breingesondheid bevorder. Dit is ryk aan antioksidante wat siektes beveg en is ’n uitstekende veselbron.
SASKO LOW GI SOY & LINSEED WHITE BREAD:
Die lynsaad wat by hierdie smaaklike brood gevoeg is, beveg moegheid en hou jou kinders voller vir langer.

KAASTOEBROODJIE-SOSATIES

RHODES QUALITY: Fruit Medley-sap
SASKO: Low GI Soy and Linseed White Bread
SMARTBITE: Milk chocolate
EKSTRA: Jogurt en rou amandels


Kaastoebroodjie-sosaties

Vir 2 | Voorbereidingstyd: 10 min | Gaarmaaktyd: 10-15 min

Bestanddele

Toebroodjies

  • 4 Sasko Low GI Soy and Linseed White Bread, gebotter
  • 15 ml (1 eetl.) mosterd of mayonnaise
  • 100 g cheddarkaassnye

Sosaties

  • ’n paar babatamaties
  • ’n paar pitlose druiwekorrels
  • sosatiestokkies

Metode
1. Maak toebroodjies met die Sasko Low GI Soy and Linseed White Bread-snye, mosterd of mayonnaise en kaas. Sny die broodjies in klein driehoekies of vierkante.
2. Maak sosaties van die klein broodjies, tamaties en druiwekorrels.

WENK
DRUIWE: Druiwe is die natuur se manier om jou energievlak ’n hupstoot te gee! Dit is vol voedingstowwe en smaak heerlik.
RHODES QUALITY FRUIT MEDLEY JUICE:
Kinders wil nie altyd vrugte en groente eet nie. Vrugtesap is egter soet en baie lekker! Dis ’n maklike manier om vir jou kinders elke dag die noodsaaklike vrugte in te gee!

HOENDER-APPEL-EN-AVOKADO-TOEBROODJIE

RHODES QUALITY: Lietsjiesap, appelkooskonfyt
SASKO: Low GI Whole Wheat Brown Bread
SMARTBITE: Berry & cherry date bar
EKSTRA: konfyt-en-hawermoutstafies


Hoender-appel-en-avokado-toebroodjie

Vir 2 | Voorbereidingstyd: 10 min

Bestanddele

Hoendervulsel

  • 1 gaar hoenderfillet, in repe geskeur
  • 1 appel, fyn gekap
  • 15 ml (1 eetl.) mayonnaise

Toebroodjie

  • ’n skeut suurlemoensap
  • 1 avokado, in dun skywe gesny
  • 4 snye SASKO Low GI Whole Wheat Brown Bread, gebotter
  • ’n handvol babaspinasie
  • Om af te rond: Appelvorms, opsioneel

Metode
1. Hoendervulsel: Meng alles deurmekaar.
2. Toebroodjie: Drup die suurlemoensap oor die avokado.
3. Maak 2 toebroodjies met die SASKO Low GI Whole Wheat Brown Bread, babaspinasie, avokado en hoendervulsel.
4. Om af te rond:Versier met appelvorms.

WENK:
AVOKADO: Avokado’s bevat baie voedingstowwe en lewer sowat 20 vitamiene en minerale per porsie! Hierdie voedingstowwe bevorder die brein- en ooggesondheid, is ’n langdurige energiebron en laat kinders versadig voel.
SPINASIE: Dit is ’n beenbouer! Hierdie heldergroen groente is vol vitamiene en minerale wat belangrik is vir sterk bene.
HAWERMOUT: Dit is van nature glutenvry, voorkom hardlywigheid en bevorder ’n gesonde immuniteitstelsel.
SASKO LOW GI WHOLE WHEAT BROWN BREAD: Volgrane is ryk aan nutriënte en help hartsiektes en diabetes voorkom.

Konfyt-en-hawermoutstafies

Maak 12-16 stafies | Voorbereidingstyd: 10 min | Gaarmaaktyd: 15-20 min


Bestanddele

  • 60 ml (¼ k) grondboontjiebotter
  • 60 ml (¼ k) heuning
  • 500 ml (2 k) hawermout
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 125 ml (½ k) klapper
  • 2 appels, gerasper
  • 125 ml (½ k) pampoensade, gerooster
  • 125 ml (½ k) sonneblomsaad, gerooster
  • Om af te rond 60 ml (¼k) Rhodes Quality Apricot Jam

Metode
1. Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ’n groot bakplaat met kleefwerende sproei.
2. Sit die grondboontjiebotter en heuning in ’n mikrogolfvaste bak en verhit vir 30 sekondes. Meng alles tot dit glad is.
3. Plaas die hawermout, sout en klapper in die voedselverwerker en verwerk tot die hawermout fyn is. Skep in ’n mengbak.
4. Voeg die res van die bestanddele en die grondboontjiebotter by en meng goed. Skep in die bakplaat en druk vas. Bak vir 15-20 min. Laat heeltemal afkoel.
5. Smeer die stafies met die Rhodes Quality Apricot Jam. Sny in eweredige porsies en plak aanmekaar soos ’n toebroodjie. Stoor in ’n lugdigte houer.


DIE HEERLIKE FINAAL