Swiep op met jou vinger
👆

Armand en Sean Aucamp-­van Noordwyk wys hul huis: Kleiner lewe, groter drome, nou vir kinders!

Sean en Armand Aucamp-­van Noordwyk het die stadsgewoel vir Rawsonville verruil. Hier werk hulle van die huis af, kuier hulle met nuwe vriende – en droom hulle hardop oor ouerskap.

Jayden Adams: ’n Stille swaarkry wat die wêreld nie kon sien nie – en nou die blywende seer ná sy dood

Hy’t die hoogtepunt van sy sportloopbaan bereik, en toe’s hy skielik weg – en nou treur Jayden Adams se mense ná die toernooi van al sy laastes.

’n Nuwe glimlag vir Chantel Struwig: Die groot operasie wat my weer my selfvertroue teruggee

Die model Chantel ­Struwig, bekend vir die wynrooi geboortevlek op haar gesig, het haar onder­lip laat kleiner maak.

My eks het my 10 jaar lank in die hof gehou – nou wil ek keer dat jou eks jou ook breek

’n Egskeiding het haar byna gebreek, maar sy glo haar veldtog sal vroue help wat deur hulle eksmans én die regstelsel in die steek gelaat word.

SA man skep vir ons foonvrede: Só gatvol vir al die ‘spam calls’ – toe bou ek ’n app wat dit blok!

Moeg vir die stortvloed ongevraagde oproepe wat jy kry? Mathew ­Riddle was ook – toe besluit hy om iets daaraan te doen.

Reik na ’n Droom: HG by die ‘goeie fee’ wat help om sterwende kinders se drome te bewaarheid

Vir ernstig siek kinders is ’n droom soms net so kosbaar soos medisyne.Dis die soort hartverskeurende toneel wat hom alte dikwels afspeel. In die kil wit gloed van ’n hospitaal se buisligte lê ’n kind. Hy is skaars tien jaar oud, maar sy vingers lyk soos verskrompelde winterboomtakkies.

Lankstaankampers: Lekker knus in ons karavaan op die kolletjie waar ons sommer permanent kamp

Hulle het besluit om hulle huis vir ’n woonwa te verruil, en nou kamp hulle hier in hulle 70’s sommer alte heerlik op net een kol.

Rugby-roem en ’n Mej. SA-droom vir Manu en Simoné Tshituka: ‘Ons is mekaar se grootste ondersteuners’

Die Sharks-rugbyspeler Manu ­Tshituka en sy vrou jaag elkeen hulle eie drome na – en ondersteun ­mekaar al die pad.

’n Koninklike kiekie! Klein Klerksdorpertjies oor hul Wimbledon-foto saam met prinses Kate

Hulle’t gegaan vir die tennis en gehoop vir ’n paar spelers se handtekeninge, maar toe kry twee klein Klerksdorpertjies ’n ander kishou.

Impi iyeza! HG kuier by die Bokke se kryger – en wanneer jy hom sien, weet net dis oorlog op die veld

Hy’s net so belangrik vir die Bokke soos die Bomb Squad, want hy’s die voordanser wat op die rugbyveld wys dis oorlog.

Skatryk magnaat blaas miljoene om vir ewig te lewe, maar nou veg hy teen ’n seldsame siekte

Die man wat bekend geword het vir sy pogings om die dood te fnuik, werp nou alles in die stryd teen ’n seldsame outoïmmuunsiekte.

Martha Ann Lillard: Vrou met ’n ysterlong neem haar laaste asem

Sy was die laaste mens wat afhanklik was van die ysterlong, daardie kontrepsie wat duisende mense ná polio aan die lewe moes hou. Nou’s sy weg – en die tonnellong ook.

“Jy word hulle mamma”: Die verpleegster wat kinders sonder familie in ‘n hospies versorg

Karen Ströh het al in staatshospitale, aftreeoorde en onkologie-eenhede gewerk. Maar eers by Stepping Stone Hospice het sy geleer hoe groot die krag van ’n glimlag en ’n drukkie kan wees.

Ag, so oulik! Lamine Yamal se kleinboet is die hoogtepunt by vanjaar se Wêreldbekertoernooi

Lamine Yamal is een van die beste sokkerspelers ter wêreld, maar dis sy karnallie van ’n kleinboet wat harte tydens die afgelope Wêreldbekertoernooi gesteel het.

4 dekades en ’n nuwe rekord later: Madonna skop steeds stof in die jonges se oë

Sy’s al 67, maar Madonna maak nog met mening musiek, soos haar mees onlangse album weer bewys Sy was nog nooit iemand wat haar vreeslik gesteur het aan wat ander meen sy “behoort” te doen nie.Nie eens as daardie “iemand” haar eie lyf is nie.

Ons lekkerste avontuur nóg! Roxy Louw se rustige en mooiste seisoen as ma

Die model en DJ Roxy Louw, wat in Maart ’n ma geword het, sê haar ouerskapsreis is een van avontuur en opwinding.

Die Broers is weer op toer – en die keer vaar hulle die Karoo met ou tjorre in

Die akteur Bennie lewe op ’n Karooplaas naby Drie Susters. Die akteur Bennie Fourie het weer sy broers nader gehark vir ’n tweede aflewering van Die Broer Toer. En dié keer ry hulle deur die Karoo – nogal in voertuie ouer as hulle.

Kom put saam met ons inspirasie uit Noord-Afrika: 6 Resepte ideaal vir die winter

Raak meegevoer deur aromatiese geregte met hulle oorsprong aan die bopunt van ons vasteland.

Asma in die winter: Hoesbuie, hoofpyne en ’n toe bors is nie normaal nie – dís wat jy moet weet

Wanneer koue lug jou bors laat toetrek, kan die winter meer as net ’n koue seisoen wees. Só kan jy jou asma beter verstaan en bestuur.

Hardlywigheid by honde: Dit kan by enige hond voorkom en dit kan pynlik wees – kyk uit vir dié tekens

Ja, hardlywigheid is ’n probleem wat ook by honde voorkom, en as dit nie behoorlik behandel word nie, kan dit tot ernstiger mediese probleme lei.

Al is die stappe klein, is dit belangrik om iewers te begin spaar: Hier is al jou raad op een plek

Julie is Nasionale Spaarmaand in Suid-Afrika, maar goeie spaargedrag hoef nie saam met die maand te eindig nie. Die veldtog is in 2001 deur die Suid-Afrikaanse Spaar­instituut ingestel om Suid-Afrikaners aan te moedig om beter te spaar en meer bewus te wees van hulle geldgewoontes.

Skrywer Wilna Adriaanse se drome én nuwe boek ken geen grense: Als oor ‘Grensloos’

Dié verhaal, warm van menslikheid en gebondenheid, sou net deur ’n ouma geskryf kon word. As die ouma boonop ’n gesoute skrywer is, des te liefliker. Ná twaalf boeke, waarvan nege romans is, kom Erika Murray-Theron vorendag met haar eerste kinderboek.

LJ van Zyl beantwoord HG se flitsvrae

Wat is die beste verrassing wat jy al gekry het?

En toe is dit liefde: Daai briefie was nie vir my bedoel nie, maar ék wou hom hê

Ek was ’n tweedejaar-onderwysstudent toe ’n groep lawaaierige rugbyspelers een aand by die dameskoshuis instap.

Jou sterre vir die week

30 Julie 2026

Billy Joel: Wat het geword van die ikoniese ‘Piano Man’-sanger?

Klassieke musiek is sy groot passie. Hy’t op vier met klavierlesse begin, en die werke van Mozart en Beethoven gespeel lank voor die Beatles s’n.

Huisgenoot
ensovoorts

Dié week se voorblad – en die een van 31 Julie 1986