Het jy gedink jou lugbraaier is net vir tjips? Dink weer – van bredies tot brood, jou lugbraaier kan alles doen met die regte gereedskap
Kyk ’n bietjie na hierdie vier stapelitems (wat baie van ons reeds besit) en hoe hulle die funksies van jou lugbraaier heeltemal kan omtower. Dit is moet-hê items, en as jy dit nie het nie of dalk een of meer moet vervang, is die heel beste plek om daarna te gaan soek, jou naaste Cash Converters winkel. Dis hier waar ’n skatkis van betroubare, hoë-gehalte gereedskap vir jou kombuis wag. Van Le Creuset potte tot Bauer panne en Kitchen Aid-mengers – jy weet nooit wat jy dalk mag kry nie.
Die broodpan
Van lasagne tot piesangbrood kan in die lugbraaier gebak word. ’n Broodpan van 10 cm x 20 cm pas gerieflik in die mandjies van die meeste lugbraaiers. Maak seker die pan is nie te hoog nie– dit moenie aan die braaier se element raak nie. ’n Hoogte van 12 cm is ’n veilige keuse.
’n Ronde koekpan
Ronde koekpanne werk veral goed vir die posjeer van eiers, die bak van ontbytgeregte, en selfs ook om kos in te verbruin. Kies eerder koekpanne wat nie kleefvry is nie: dit word gouer warm en help dat kos makliker en gouer bruin braai. Onthou om op te let na die hoogte van die pan – dit moenie aan die element raak nie.
’n Vierkantige koekpan
’n Vierkantige koekpan is jou beste vriend vir roerbraai en rooster in jou lugbraaier. Kies een van sowat 18 cm x 18 cm, en sorg, nes met die broodpan, dat die pan nie aan die element van die braaier raak nie.
’n Pot
’n 22 cm-Gietysterpot pas in die meeste lugbraaiers se mandjies. Jy moet wel in die meeste gevalle die rakkie onderin jou lugbraaiermandjie verwyder en die pot direk op die bodem van die braaier plaas om te verhoed dat dit bo aan die element raak. Maar jy hoef nie noodwendig ’n pot te gebruik nie– een van die metodes hierbo sal net so goed werk.
