Moenie onkant betrap betrap word as
die vakansie aanbreek nie – wees
gereed vir enigiets met ’n huis wat oor
al die nodige beskik – van jou
gereedskapstel tot toestelle en meubels
wat jou help om ’n skare te akkommodeer.

Soos ons almal die feestyd tegemoetgaan, kan jy maar weet: toestelle, pype en ander hardwerkende items is altyd geneig om te breek wanneer die huis vol mense is – om nie eens te praat van kook- en skoonmaaktoestelle nie! Hier is ’n handige afmerklys van items wat jy dalk kan oorweeg om aan te vul om die vakansie vlot te laat verloop.

Meerdoelige gereedskapstelle
’n Omvattende gereedskapstel met noodsaaklikhede soos skroewedraaiers, tange, hamers en nutsmesse is perfek vir ’n reeks selfdoenprojekte. Maak seker jou stel toerusting is volledig deur dit na te gaan en enige stukkende of ontbrekende items te vervang. Cash Converters het ’n wye reeks gereedskap van uitstekende gehalte in voorraad wat ’n stel kan voltooi.

Koordlose boor-en-inskroef-stel
As jy ’n opgradering van jou gereedskapstel oorweeg voor die vakansie begin en jy het nie ’n koordlose boor nie, begin hiermee! ’n Veelsydige koordlose boor met ’n stel boorpunte is van onskatbare waarde vir huisverbeteraars. Kies ’n liggewigmodel met ’n lang batterylewe vir ekstra gerief. Doen navorsing oor jou gunstelingmodel en maak seker jy kies die beste – dis een van daardie apparate wat ’n belegging werd is, want jy sal dit vir ’n baie wye reeks take en projekte gebruik.

Persoonlike beskermende toerusting (PPE)
Veiligheidsbrille, handskoene, oorbeskerming, hardehoede, staalpuntskoene en stofmaskers is noodsaaklik vir selfdoenprojekte. Dis dikwels die deel van ’n tuisgereedskapstel wat oor die hoof gesien word, maar eintlik die belangrikste deel – niemand wil in die somervakansie na die ongevalle-eenheid toe jaag nie!

Skottelgoedwasser
Die een toestel wat seker die meeste huwelike gered het! Kom ons wees eerlik: niemand wil agter die wasbak staan ​​en skottelgoed was as hulle tyd saam met familie kan deurbring nie. Maak gesinsetes makliker, vinniger en moeitevry met hierdie gerieflike oplossing.

Bêreplek vir jou gereedskap
’n Stewige gereedskapsak, georganiseerde gereedskapkissie of gaatjiesbordstelsel vir werkswinkels help om gereedskap netjies en toeganklik te hou. Besoek jou naaste Cash Converters om te sien wat jy kan kry. Om jou gereedskap bymekaar te hou is ’n goeie manier om werk plesieriger te maak – geen gesoek na skroewe en skroewedraaiers of ander gereedskap nie – alles word op een veilige plek gehou. Kies opsies met verstelbare kompartemente vir pasmaak, en iets wat jou met een vinnige blik ’n oorsig gee van wat jy het. Dit stel jou in staat om dadelik agter te kom of iets ontbreek of nie op sy plek terugbesorg is nie.

Lugbraaier
As jy nie een het nie, of jy het ’n klein een, is dit dalk nou die tyd om jou kapasiteit te vergroot. Die gebruik van ’n lugbraaier in plaas van die oond spaar tyd, elektrisiteit en olie, maar soms is dit ook net ’n handige hulpmiddel om vinnige versnaperinge of bykosse saam met ’n uitgebreide aandete voor te berei. Dink aan hoenderhappies (nuggets), skyfies, bros geroosterde groente en meer. Jy kan selfs ’n hele hoender daarin sit! Besoek jou naaste Cash Converters om die beskikbare modelle te sien – die opsies is eindeloos!

Tuimeldroër
As die familie op pad is om te kom kuier, is dit dalk nou die tyd om in daardie tuimeldroër te belê. Daar is soveel verskillende modelle beskikbaar, en deesdae kom hulle met ekovriendelike opsies en laer elektrisiteitsverbruik. Daar is niks beter as om jou wasgoed in ’n droër te kan laai wanneer daar gietende somerreën buite val en daar ’n groot klomp kinder- en tienerklere is wat gewas moet word nie.

Cash Converters bied al hierdie gereedskap en toestelle en soveel meer. Besoek jou naaste winkel terwyl jy voorberei vir die somervakansie vol familie en doen-dit-self-dinge, en wees gereed vir enigiets. By Cash Converters is ons leuse: Make Life Happen.